Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek moes eers alles van my nietigheid leer ken voor ek die grootheid van my Skepper kon begryp.
AMPER TWAALFUUR!
In Suid-Afrika staan die jaar 2023 in die teken van al die ellende van ‘n volskaalse kommunistiese revolusie wat nou voltrek word. Die swart massas word gebruik om ons eertydse hoogsontwikkelde eerste-wêreldland tot in die grond af te breek. By die haat wat verskillende swart faksies teenoor mekaar openbaar, gaan dit gepaard met ‘n intense haat teen die witman in die land, veral teen die Afrikanerdom wie se voortbestaan hulle ten alle koste wil uitwis, omdat hy reeds eeue lank die vernaamste struikelblok vorm in die pad van die wêreldgeldmag wat nou besig is om Suid-Afrika volkome onderdanig te maak met Ramaphosa as instrument in die Kabbaliste se hande. Die wêreldgeldmag se eeue-lange ideaal in sy anti-Christelike strewe om ‘n een-wêreldregering tot stand te bring sluit Suid-Afrika, net soos die meeste lande met ondergrondse of ander rykdomme, in.
Die vyand is besig om op verskeie terreine van ons volkslewe sukses te behaal. Een daarvan is die opvoeding van ons kinders want die vyand weet ná twee of drie geslagte se verdraaide inligting sou die kinders teen hulle ouers draai en niks van die waarheid meer glo nie. Hulle word op skool ingeprent dat Piet Retief ‘n groot skurk was en Dingaan ‘n wonderlike held, dat dr Verwoerd ‘n wrede onderdrukker en Mandela ‘n vermaarde vryheidsvegter was. En die ergste, dat daar geen Skepper is nie; dat die aarde deur ‘n Oerknal ontstaan het – praat nie eers van al die leuens oor die “miljoene jare gelede” wat hierdie "Big Bang" en die ontwikkeling plaasgevind het nie. Hiervoor word die wetenskap misbruik om jong mense te leer dat daar nie ‘n God, Skepper van hemel en aarde, bestaan nie. Dit, terwyl God se Woord, wat van die begin af die Waarheid was, juis as bewys gegee is van God se skepping. En waar God uit die prentjie gehaal word, weet ons sal satan dit invul met al sy leuens.
Maar die doel van ons volksplanting hier aan die suidpunt van Afrika is nog nie verwesenlik nie en ons almagtige God sal nie toelaat dat ons verdwyn voordat ons Godgegewe roeping volbring is nie. Daarom sal ons weer ons vryheid herwin, selfs met net ‘n Gideonsbende om die puinhope weer te herbou.
Die hoofsaak is dat die Afrikanervolk sedert sy ontstaan tot vandag voortdurend teen laakbare onreg moes veg. Alhoewel sy vyand oënskynlik elke 100 jaar van gedaante verander het, was en is ons vyand tot vandag toe nog steeds die allesverswelgende en vernietigende anti-Christelike wêreldgeldmag wat na wêreldoorheersing streef – die skatryk globaliste wat instrumente en selferkende kinders van satan is.
Met die Derde Wêreldoorlog op hande is die vraag of die geldmag se planne presies so sal realiseer soos hulle dit beoog. Ons weet hulle wil oorlog hê want uit chaos, steel en roof hulle alles, selfs mense se siele. Maar waarskynlik sal dit ‘n kernoorlog word wat soveel vernietiging, dood en onwerkbare infrastrukture meebring dat selfs die geldmag nie meer genoeg seekatarms sal hê om verder wêreldwye verwoestingswerk te doen nie.
Hier in Suid-Afrika gaan ons nou self ‘n tyd van verwoesting met afbranding en barbarisme binne, gebeure wat onsekere mense se harte van angs sal laat stilstaan. Diegene wat egter deur God gespaar bly sal tot groot verantwoording gehou word vir die opbou en herstel van ons land totdat ons weer die volk sal wees wat Hy wou hê; ‘n nederige, gelowige volk wat sy lewe in die hande van ons almagtige Vader plaas – en nooit weer sy eie heil wil soek nie!
As u vas en veilig wil staan in hierdie tye wat op ons wag, is daar net een resep: om Jesus Christus as jou Skepper, jou Verlosser en jou Bewaker te erken, en paraat en wakker te wees. Moenie uitstel nie, dis amper twaalfuur!