NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onvergenoegdheid en ewige gefoutvindery met alles is soos gif in mens se gestel. Daar is net een entstof om dit weg te neem: dankbaarheid. Wanneer probleme oor ons pad kom het 'n gees van dankbaarheid 'n strelende antiseptiese uitwerking.

NP-VERRAAD – ONS VOLK VANDAG (1)

Jeanette Koekemoer

Reeks by NP-Verraad - Ons volk vandag

STEMWERWING, TWIS EN KOPPETELLERY

"Daarna het 'n lang tyd verloop voordat die 1982-skeuring, wat verskil het van die voriges, plaasgevind het met natuurlik as aanloop die 1969-uitstap van bittereinders soos Albert Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en Louis Stofberg."

Selfs sommige behoudende Afrikaners wonder vandag nog waar presies ons eietydse volkstryd tot oorlewing begin het. Die Nasionale Party het dan onder dr HF Verwoerd gegroei tot 'n eendragtige regering wat die volk laat herrys het uit die vorige asse wat ons volksvyande gelaat het.  Ons hele land was van veral die vyftigerjare in 'n duidelik opwaartse ekonomies en politieke groeifase waarin die latere verraad, twis en vernietiging in en vanuit regeringsweë nie soseer te wagte was nie. Die vernietigingsplanne van ons vyande was ook nie aanvanklik vir almal duidelik nie en baie van die aanslae se besonderhede het maar eers heelwat later tot volksgenote deurgedring.   Die feit dat dr Verwoerd vermoor moes word om die tafel in gereedheid te bring vir magsoorgawe het nie op daardie tydstip tot almal deurgedring nie.  Vandag weet heelwat meer Afrikaners en ook ander landsgenote dat die heersende misdaad en huidige poging tot blanke uitwissing in Suid-Afrika nie toeval is nie maar jare se beplanning van ons internasionale vyande geverg het deur verraad en twis binne ons volksorganisasies te bewerk, en grootliks deur middel van die beginsel van 'Verdeel en Heers.' Daarom is die volk vandag in hierdie ellendige toestand in Suid-Afrika.
Ons gaan in 'n paar aflewerings na meer besonderhede kyk na die pad van verdeeldheid tot verknegting wat ons volk moes stap vanaf 1966.

As daar ooit 'n tyd in die bestaan van die Nasionale Party was waar die verraad, twis en noodwendige skeuring op sy duidelikste vir die publiek was, kan ons 1982 gemaklik uitsonder in die tyd toe PW Botha as opvolger van Vorster as premier gekies sou word.

Natuurlik was daar talle ander kere in ons geskiedenis toe twis ook skeuring gebring het byvoorbeeld die skeuring in 1912 ná die beroemde De Wildt-toespraak van genl JBM Hertzog met die standpunt "Suid-Afrika eerste".
So was daar ook groot skade en skeuring ná die Samesmelting toe dr DF Malan se Gesuiwerde Nasionale Party in 1934 in opposisie met 19 LV's gegaan het.
Net so bittere stryd het teen regse Afrikaner-ekstremisme wat in die Ossewa-Brandwag, die Nuwe Orde en die Grys Hemde (veral omdat hulle groot bewondering vir die Nasionaal-Sosialisme van Hitler gekoester het) gewoed. 
Daarna het 'n lang tyd verloop voordat die 1982-skeuring, wat verskil het van die voriges, plaasgevind het met natuurlik as aanloop die 1969-uitstap van bittereinders soos Albert Hertzog, Jaap Marais, Willie Marais en Louis Stofberg.

Natuurlik is hierdie skeuring reeds met basuingeskal ingelui deur die moord op dr HF Verwoerd op 6 September 1966 en die vinnige inhuldiging van John Vorster net daarna (Vorster, die man wat ook onthou word vir die leuen wat hy tydens sy inhuldigingstoespraak verkondig het dat sy 'pad as leier van die NP die pad sou wees van dr Verwoerd').
Daar bestaan nie twyfel dat Vorster se vooraf beplande aanstelling as Eerste Minister deel van 'n geheime beplanning was nie. Daarvoor was daar genoeg 'toevallighede' voor en tydens sy verkiesing.  En kwalik drie jaar later was sy taak afgehandel en het die verbrokkeling van die NP in Oktober 1969 meer sigbaar begin geword toe dr Albert Hertzog, mnre Jaap Marais, Willie Marais en Louis Stofberg as onverbiddelike nasionaliste nie langer in die NP kon aanbly nie en die HNP nog in dieselfde maand gestig het.

Daarná in 1982, het die grootste skeuring in 50 jaar in die Nasionale Party plaasgevind, dié van die Treurnicht-groep. Ondergrawing, geheime vergaderings en kapingsaksies was aan die orde van die dag. Verborge diepliggende redes was hiervoor verantwoordelik.  'Hervorming' ter wille van die internasionale geldmag en sy seekatarm-organisasies was in volle gang. Die realiste en die fundamentaliste word in prof Willie Esterhuyse se boek, 'Die Pad van Hervorming', as die twee hoofbotsende partye in hierdie stryd  aangewys. Die omskrywing van 'realiste' en 'fundamentaliste' was slegs 'n ander benaming vir 'verligtes' en 'verkramptes', juis omdat verraaiers soos FW de Klerk lank voor hierdie ontstuimige tyd met breinspoeling begin het deur van 'verligtes' as 'n pool tussen "reaksionêres" en "integrasioniste" begin praat het, en die 'verkramptes' voortdurend in 'n negatiewe lig gestel het. Met verloop van tyd het hierdie kondisionerende woorde by die publiek ingesink wat die waters vir die vyand minder onstuimig gemaak het sódat die skip van swart kommunistiese oorgawe te water gelaat kon word.

Die 'fundamentaliste' was natuurlik die behoudende groep Afrikaners wat vasgehou het aan die nasionalistiese siening van blanke selfbeskikkingsreg en afsonderlike ontwikkeling vir alle volke in die land. Esterhuyse was nie die behoudende nasionaliste goedgesind nie as mens moet oordeel na sy afkerige verwysings van hierdie groep se "onvermoë" vir meer as een saak. Daarteenoor het hy die sogenaamde "nuwe denkwyse" onder die realiste baie hoog aangeskryf. Ek wonder wat sy antwoord vandag sou wees  as ons hom in 2011 met 'n in-die-oë-vraag kon konfronteer oor die wonderlike "realisme" wat hy voorgestaan het en juis dít ons nou aan die ergste vorm van misdaad, volksmoord en satan se gesante uitgelewer het – veral aan die hand van sy stelling:  "...as die fundamentaliste die oorhand in die wit politiek sou kry, daar net een pad sou wees waarlangs dinge in Suid-Afrika sou verloop: toenemende konfrontasie". Nou ja, sou konfrontasie van daardie aard nie beter wees as die verkragtings en vermoording wat ons vandag beleef nie?

Die skeuring in 1982 het uitdrukking gevind in veral twee leiers wat in die brandpunt gestaan het: die Eerste Minister, PW Botha, en die Transvaalse NP-leier, dr AP Treurnicht. Botha het redelike ervaring gehad toe hy by Vorster oorgeneem het maar uit die veeleisendheid van die Suid-Afrikaanse politiek kon sy soort leierskap nie die saak red nie. Daar is genoeg rede om te glo dat hy nie goeie begrip gehad het van wie en wat presies agter die verdeeldheidspogings gestaan het nie, tog was hy 'n gedugte teenstander en het vir niemand gestuit nie. Vir meer as drie jaar het struwelinge, intriges en ondergrawingsaksies voortgeduur voordat die verskille openlik op die spitsgedryf is.

Natuurlik het die 'kroonprins' van die Nasionale Party, dr Connie Mulder,  wat deur die Inligtingskandaal onttroon is, en steeds gehoop het hy sou Eerste Minister word in plaas van PW Botha, nie 'n onbeduidende rol in hierdie hele ondergrawery gespeel nie.

Mulder se ondersteuners het nie stilgesit nie. Onder aanvoering van Tonie van Tonder, toe LV vir Germiston-distrik, is begin om stemme vir Mulder te werf. Twee van die mees uitgesproke Mulder-manne was SP Barnard van Langlaagte en Koos van der Merwe van Jeppe.  Verskeie Transvaalse ministers, onder ander Fanie Botha, Piet Koornhof en Hendrik Schoeman, het hierdie verwikkeling fyn dopgehou veral omdat die koppetellery so aan die orde van die dag was selfs nog voordat Vorster sy uittrede amptelik aangekondig het.

Alwyn Schlebusch en Louwrens Muller en 'n paar ander was sterk ten gunste daarvan dat Mulder in belang van partyeenheid vir PW Botha moet terugstaan.  Vier dae voor die leiersverkiesing het Schlebusch vir Mulder gekonfronteer en saam met minister Chris Heunis aan hom gesê dat hy liewer moet terugstaan.

Terwyl dié drama hom agter die skerms afgespeel het, het 'n interessante tussenspel op die NP se Transvaalse Kongres van 14 September plaasgevind. In sy hoedanigheid as Minister van Inligting het dr Mulder op verskeie mosies oor Inligting moes antwoord. Hy het onder meer gesê hy het geen skuldige gewete oor die Departement van Inligting nie, hy het slegs Suid-Afrika gedien en volgens hom sou hy so voortgaan. Toe kom hy met die woorde wat later in sy gesig sou ontplof: "Die lawaai oor die Departement van Inligting was net 'n storm in 'n glas water" !

Te midde van stemwerwing en woelinge het die kongres verdaag en die volgende dag op 15 September, het Noordelike koerante berig dat 'n koppetellery op die Transvaalse Kongres aan die gang was. Natuurlik het ander koerante gevolg en algou het die hele land begin gis oor 'n moontlike premiersverkiesing.

In hierdie stadium het die Kaaplanders besef dat hulle nie langer kon wag om die partymasjien in rat te kry vir die veldtog om PW Botha verkies te kry nie. Aan die spits was Pen Kotzé, LV vir Parow, sen Koot van Staden, Alex van Breda, LV vir Tygervallei, sen Hein Basson, Kreppies Niemann, LV vir Kimberley-suid, sen Willem Dempsey en Wouter Kritzinger. Jood Henning en Nak van der Merwe het in ander provinsies die stryd hiermee help stry met die sterk steun van Kaaplandse ministers soos Louwrens Muller en Chris Heunis.

Op 18 September het Vorster van Kaapstad na Pretoria gevlieg. Kritieke besluite oor Suidwes en sy eie toekomsplanne sou hoog op die sakelys van 'n belangrike vergadering wees. Honderde joernaliste van oor die wêreld het die volgende oggend by die Uniegebou opgedaag. In die middagsitting waar Vorster sy kollegas meegedeel het dat hy die premierskap gaan neerlê is hy gevra om dit te oorweeg om die vakante pos as Staatspresident ná Nic Diedericks se afsterwe te aanvaar.

Op 20 September het Vorster 'n groot internasionale perskonferensie in die Uniegebou toegespreek. Daar het hy die aankondiging van sy bedanking as premier gedoen asook dat hy hom as Staatspresident beskikbaar stel. Hierop het Fanie Botha 'n kort mediaverklaring uitgereik in dié woorde: "Ek het gehoop mnr Vorster sou voortgaan as Eerste Minister. Ek is spyt dat hy die leierskap neerlê. Ek is van verskeie kante genader om my beskikbaar te stel vir die premierskap. Omdat ek dit in die hoogste belang van Suid-Afrika ag dat daar in hierdie tyd die grootste moontlike eenheid sal wees, het ek besluit om nie kandidaat te wees nie."

Onderliggend aan Fanie Botha se besluit was dit wyd bekend dat hy nie sou kon wen nie. Hierna het Fanie en sy paar ondersteuners hulle heelhartig agter PW ingewerp, behalwe enkeles soos Barend du Plessis en dr Paul Bodenstein wat hulle na Pik Botha gewend het.

Met Vorster se amptelike aankondiging oor sy uittrede as Eerste Minister en beskikbaarheid as Staatspresident, is die hele voorafgaande magstryd openbaar  gemaak. En die volgende agt dae het die stryd alle ander nuusgebeurtenisse in Suid-Afrika oorheers.

Vervolg... (2)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3261 gaste aanlyn