NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het.

NP-VERRAAD – ONS VOLK VANDAG (4)

Jeanette Koekemoer

Reeks by NP-Verraad - Ons volk vandag

ALMAL DUBBELE AGENDAS...

"Zille was destyds bereid om onder eed te verklaar dat "geeneen" (sou sy die brief gesteel het?) die brief aan haar gegee het nie maar haar woord beteken nie veel nadat ons haar later beter leer ken het nie."

Daar was geen vrede in die Transvaalse nasionale geledere nadat Treurnicht tot Transvaalse leier van die NP verkies is nie. Die skokke van die Inligtingskandaal het Transvaal geruk en die feit dat die vorige Transvaalse NP-leier volkome gediskrediteer is en moes bedank is nie goed hanteer onder leiding van die adjunk-minister wat skielik tot een van die magtigste posisies in die Suid-Afrikaanse politiek verhef is nie.

Treurnicht het voortgegaan om ideologiese paadjies te soek, spesifiek regs van die Regering maar nie oortuigend nie. Al het hy hom nie juis teen Partyleiding verset nie was die gevolge in alle geval botsings omdat dit soos regse houe vir hulle gevoel het – die skoen het goed gepas.   Verder het Treurnicht hom op ondersteuners beroep om  die PW-ondersteuning uit die Partyleiding in die Volksraad te werk sodat hyself opgang sou kon maak.

In die jare sestigs het Albert Hertzog in sy opregte poging om die verraad in die NP te ontbloot 'n ondersteuningsgroep saamgetrek wat in die Herstigte Nasionale Party geëindig het. Treurnicht het met slim beplanning met hierdie groep saamgewerk totdat hy op die nippertjie kop uitgetrek het. Nou het hy homself in 'n soortgelyke situasie bevind – en daar is gewonder wat Treurnicht nou sou doen as die oomblik van waarheid aanbreek.

Eers het alles vir hom goed verloop; hy het daarin geslaag om voormalige Hertzog-ondersteuners 'n rat voor die oë te draai. Daar was ook LV's soos Jan van Zyl, (Sunnyside), en Daan van der Merwe (Rissik). Veral een Kabinetslid, die  Wes-Transvaler, Ferdi Hartzenberg, het hom openlik by Treurnicht geskaar.  Ook SP Barnard van die Randse politiek, en Koos van der Merwe van Jeppe, asook Willie van der Merwe van Meyerton, het hulle gewig by Treurnicht ingegooi. Daarby kan genoem word Casper Uys van Barberton en Tom Langley van Waterkloof, nog manne wat teen minister Fanie Botha gekant was en meestal manne wat ondanks jare lank op Volksraadsbanke, geen bevordering gekry het nie.

Die eerste noembare insident van onmin nadat Treurnicht Transvaalse leier geword het, het plaasgevind nog voor hy minister geword het – spottenderwys genoem die "Bols-grap". Die aanleiding daartoe was 'n grappie wat Treurnicht op 19 Februarie 1979 op Bloubergstrand vertel het tydens sy verjaardag waar die Nasionale Parlementslede van Transvaal en hulle vroue teenwoordig was. Fanie Botha, sy verslane opponent, het pas 'n heildronk op hom ingestel waarna Treurnicht vertel het dat wyle Kosie Gericke, Moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, op 'n dag aan hom vertel het dat hy 'n sinode in Nederland bygewoon het waar baie gepraat is oor die moontlike hulp van die Nederlandse sinode aan terroriste.  Hierna nooi die Nederlandse moderator toe vir Gericke om 'n "glasie Bols" saam te geniet, maar Gericke antwoord dat hy reeds na genoeg "Bols" geluister het. Daar was sekerlik nog 'n paar sinspelings oor die bewoording in die grappie, en adv Louis Nel neem toe aanstoot aan die manier waarop Treurnicht na min Botha verwys wie na syns insiens te na gekom was. Hy rig toe die volgende dag dié brief aan Treurnicht:

"Beste Andries,
Na my besondere oordeel het jy 'n grap vertel en verwysings gemaak wat sowel vulgêr as onvanpas was vir 'n persoon met jou besondere agtergrond en posisie. Ek het die indruk gekry dat jy een van die manne wou wees, maar ongelukkig vergeet het dat daar dames in die geselskap was. Jy het 'n onsmaaklike verwysing gemaak na wat alleenlik geïnterpreteer kan word as die geslagsorgane van mans.
Benewens my eie verleentheid by die aanhoor van jou storie, het 'n Engelssprekende lid van die publiek later gereageer met die woord: 'Afrikaner gutter wit.'
Dit het my weer eens getref dat jy vir die soveelste keer jou humor bind aan 'n verwysing na òf die Bybel òf die bediening. Tewens, ek het jou nog nooit 'n humoristiese storie hoor vertel waarin dit nie voorgekom het nie. Ek en sekerlik ook elke ander Christenmens wat dit moes aanhoor, het daaroor verleë en ongemaklik gevoel.
Jou toespraak was, in die woorde van die seremoniemeester, 'n antwoord op die gelukwensing en toespraak van min Fanie Botha. Gedagtig aan die feit dat min Botha onlangs die onderspit teen jou gedelf het, kan sy toespraak as niks minder nie as ridderlik en in die beste smaak en tradisie van Afrikaner-ordentlikheid beskrywe word. Jy mag dit miskien nie so bedoel het nie en 'n versekering van jou sal my hieroor tevrede stel, maar ek het die indruk gekry dat jy deur middel van die beeldspraak van jou storie min Botha se toespraak wou afmaak as van geen waarde nie.
Jy moes sekerlik agtergekom het dat 'n verbasende klein ovasie jou te beurt geval het  ná jou toespraak.
Ek beskou dit as 'n aangeleentheid waar 'n leier 'n verleentheid was vir sy kollegas en volgelinge, en aangesien dit in die openbaar was, en gedagtig aan die reaksie vanuit daardie oor, ook 'n verleentheid vir die Afrikaner. Ek voel dat dit 'n aangeleentheid is wat deur die Transvaalse swepe met my bespreek moet word en ek stuur derhalwe aan elkeen van hulle 'n afskrif van hierdie skrywe.
Ek wil met hierdie skrywe geensins te kenne gee dat ek of enigeen wat teenwoordig was sonder sonde is nie, inteendeel. Maar die vereistes van gewone respektabelheid plaas onteenseglik 'n perk en dissipline wat nie verontagsaam mag word nie op elkeen na wie opgesien word as leier.
Ek glo dat, as hierdie skrywe 'n herhaling van hierdie ongelukkige gebeure in ons geledere kan voorkom, my standpunt die hoogste belange van die Nasionale Party en van ons almal sal dien.

Met beste groete,
Jou vriend,
Louis Nel, LV."

Treurnicht het dieselfde dag 'n brief aan Nel teruggeskryf, wat nie destyds nie maar later deur die joernaliste, Alf Ries en Ebbe Dommisse, openbaar gemaak is:

"Geagte Louis,
Ek het jou brief ontvang. Jy is die heel eerste persoon wat in die onderhawige grappie 'n onbehoorlike verwysing na manlike geslagsorgane sien – en ek het die ou grappie baie male al vertel. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie en ek poseer nie as onskuldiger as ander mense nie. Dit is net nie vir my 'n assosiasie nie. My vrou ken daardie grappie en sy het my nog nooit gewaarsku dat dit onbehoorlik is nie, om die eenvoudige rede dat ons glad nie daardie verband lê nie.
Wat my reaksie op min Fanie Botha se toespraak betref, het ek volle waardering daarvoor betuig en het ek ook nog enige negatiewe sinspeling uitdruklik teëgespreek – (waarom was dit nodig as alles onskuldig bedoel is...) Juis omdat ek bewus was en is van 'n sekere gevoeligheid wat mag bestaan was dit bewustelik nie my bedoeling om enige vals noot te uiter nie.
Ek dink nie dis nodig om op die res van jou brief te reageer nie. Kollegas het uit hul eie my kom gelukwens met my woordjie en die eerste persoon teenoor wie ek jou reaksie genoem het, was verstom.
Ek is nietemin bereid om apologie aan te bied en ek begin ook inderdaad deur dit aan min Fanie Botha aan te bied.

Groete,
Andries Treurnicht."

Maar dit was 'n leuen, Treurnicht het nie apologie aangeteken nie.  Adv Nel het vermoed dat Treurnicht-volgelinge druk op hul leier uitgeoefen het om dit nie te doen nie. Adv Nel se brief, daarenteen, het beroering veroorsaak nadat dit in die koerante uitgeslaan het. Dit het selfs in die Rand Daily Mail verskyn wat sedert 1948 'n geswore teenstander van die Nasionale Party was – en dít vertel boekevol...

Ook was daar dadelik tugstappe teen Nel, en gerugte dat hy of een van sy kollegas die brief aan die media gegee het – veral Barend du Plessis se naam is genoem . Hy het dit ontken en ook aan die politieke beriggewer van die Rand Daily Mail, Helen Zille, 'n lys met die name van die 22 LV's gegee wat vir min Pik Botha in die premiersverkiesing gestem het. Zille was destyds bereid om onder eed te verklaar dat "geeneen" (sou sy die brief gesteel het?) die brief aan haar gegee het nie  maar haar woord beteken nie veel nadat ons haar later beter leer ken het nie.

Pik, wie later ook bewys het dat sy woord geen waarde in waarheid dra nie, het daarna te kenne gegee dat Treurnicht-volgelinge die brief in die Engelse pers gespeel het,  wat opsigself nie sou verbaas nie maar, nogal nê - "... net soos vroeëre lekkasies uit die NP via die Hertzog-groep by die Engelse pers uitgekom het." Want as ons moet lieg, dan lieg ons goed en behoorlik, nê Pikswart!

Alhoewel Treurnicht dit betwis het is daar in hierdie tyd gerugte versprei dat daar 'n "verkrampte" aanslag gemaak sou word op die setels van verligte LV's wat ministers Pik en Fanie Botha ondersteun het.  Barend du Plessis se naam is heel eerste genoem as "die verkramptes se aartsvyand". Ook die name van Paul Bodenstein, Sam de Beer, Pietie du Plessis en Leon Wessels is hierby ingesluit. Dit het gelei tot 'n buitengewone koukusvergadering van die Transvaalse Nasionale Parlementslede waar Barend du Plessis die enigste was wat adv Nel verdedig het. Die saak is na die dagbestuur van die Transvaalse NP verwys maar juis omdat daar tot op hierdie tydstip geen dissiplinêre optrede teen Connie Mulder  plaasgevind het nie, kon daar nie summier teen Nel opgetree word nie.  Daarom het die dagbestuur  'n drieledige ultimatum as lokval aan Nel gestel:
1.            Hy sal omverskoning vra vir die skrywe, verspreiding en inhoud van die brief;
2.            Geen verdere kommentaar op die aangeleentheid lewer nie;
3.            En voor twaalf-middag op 9 Maart as LV bedank.

Nel het eers alles geweier en 'n versoeningsaanbod gedoen. Hy was later bereid om verskoning te vra vir die verspreiding van die brief maar nie om as LV te bedank indien hy nie lid van die NP bly nie.

Die dagbestuur het adv Nel op 9 Maart formeel uit die NP geskors. Op 'n perskonferensie daarna het Nel gesê dit sou vir die NP beter gewees het as hyself en Treurnicht tot 'n versoening gekom het,  maar die ander wou dit nie hê nie.

Hy het volstaan by wat hy geskryf het.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3268 gaste aanlyn