NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

                                                   Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niemand word oud deur bloot ‘n sekere aantal jare te leef nie. Ons word eers oud as ons ons ideale en drome prysgee, en wanneer spyt die plek van ons drome inneem.

DIE IDASA-KOMPLOT IN ‘N NEUTEDOP

Boeta Erasmus, Dagbestuurslid van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB), gee in die hieropvolgende artikel ’n briljante opsomming van die IDASA-komplot wat aanleiding gegee het tot die verknegting van die Afrikanervolk in 1994. Daarbenewens gee hy ook ’n blik op die toekoms van die Afrikaner. Hy wys op die dure plig van die Afrikaner om nou pal te staan en te veg vir dit wat regmatig sy eiendom is, maar deur die slinksheid van Afrikaner-(mis)leiers wat saamgewerk het met die magte van die Duisternis, van ons ontneem is.

Lees ook by hierdie skakel:   https://www.anbsa.co.za/die-waarheid-van-ons-geskiedenis/

Die deursnee Konserwatiewe Party- en Afrikaner Volksfront-ondersteuner (bykans een miljoen Afrikaners) sou tussen 1990 en 1994 nie kon droom dat hulle deur hul eie “leiers”, wat hulle volkome vertrou het, verraai en uitverkoop sou word nie.

So-iets mág nooit weer met die Afrikaner- / Boerevolk van Suid-Afrika gebeur nie!

Dáárom: NEEM KENNIS van wat vóór 1994 gebeur het.

Moet op “prinse” NIE vertrou nie.Die HERE sál op sy tyd aan ons weer wáre nasionalistiese volksleiers skenk, soos ‘n Malan, Strijdom en Verwoerd.

Maar húlle wat wéét wat gebeur het en nogtans die 1994-verraad probeer ontken of doelbewus verswyg, IS NIE TE VERTROU NIE!!!

“Selfbeskikking” en ‘n “Volkstaat” was die retoriek wat Afrikanervolksverraaiers reeds vóór 1994 gebruik het.

Deur regse Afrikaners se gedagtes in die rigting van ‘n “volkstaat” te stuur (waarin die Afrikanervolk sogenaamd homself sou kon wees onder ‘n eie onafhanklike “Afrikaner-owerheid”) is sy vasbeslotenheid om De Klerk se oorgawe langs die konstitusionele weg by die stembus te stuit, verydel.

‘n “Volkstaat, wat selfs “militêr afgedwing sou word”, (as geelwortel en troosprys) moes die Afrikanervolk daartoe beweeg om van sy politieke mag/seggenskap oor sy Godgegewe Vaderland – die Republiek van Suid-Afrika – afstand te doen.

In die hoogste geheimhouding het “regse” Afrikanerleiers by etlike geleenthede op verraderlike wyse met die vyande van ons volk, die ANC-SAKP-NP-regering, reeds agt maande vóór die April’94-verkiesing, onderhandelinge gevoer.

Tydens een van dié “onderhandelinge” (18 en 19 November 1993 by Farm Inn buite Pretoria) sou hulle namens Die Afrikaner Volksfront aan die ANC-SAKP onderneem:

(a) om die oorgawe-verkiesing in April ’94 nié omver te werp nie

(b) en boonop hul lede aan te spoor om aan die “demokratiese verkiesing” (die weggee van ons land aan Kommuniste) deel te neem.

Die veragtelike “Afrikaner Akkoord” was die vrug van dié geheime gekonkel en geknoei deur verraderlike “leiers” agter die rug van die Afrikanervolk.

Terselfdertyd het hierdie sélfde “Afrikanerleiers” die Boere-krisis-aksie (BKA), wat basies bestaan het uit die Blanke burger-kommando’s verspreid oor ons hele land, op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas “om enige dag tot aksie oor te gaan”, want die April oorgawe-verkiesing gaan verséker (deur “Operasie Jakkals”) militêr verhoed word!

Daarvoor kon ook op die samewerking van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en, sogenaamd, die ondersteuning van ‘n aansienlike deel (44 generaals) van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) gereken word.

Verder is deur hierdie selfde verraderlike “Afrikanerleiers” van verskeie verhoë af aan ons volk dié bedrieglike gerusstelling gegee

(a) dat die oorgawe-verkiesing beslis nié sal plaasvind nie

(b) en dat ‘n “Boere-Afrikaner Volksrepubliek” (‘n Volkstaat!) vir die Afrikanervolk uitgeroep gaan word, waarvoor op 29 Januarie 1994 selfs n “Oorgangs -Volksraad” in die lewe geroep is... natuurlik net om die skyn van erns aan die volk voor te hou.

Die Bophuthatswanna-operasie (11 Maart 1994) was ‘n Nasionale Intelligensie (NI) projek wat, in noue samewerking met dié verraderlike “Afrikanerleiers”, haarfyn beplan en deurgevoer is, ten einde die BKA en AWB as regse “bedreiginge” vir ‘n vreedsame magsoordrag aan die ANC-SAKP, effektief uit te skakel.

Bogenoemde word bevestig deur ‘n geheime skakeldokument van Nasionale Intelligensie op 19 Julie 1993 waarin genl. Tienie Groenewald via die buitelandse ambassade-kantore die vrese vir ‘n regse magsoorname besweer.

Dit lui: “REGSE OPSTANDE SAL NIE PLAASVIND NIE. BKA NAME SAL BEKEND GEMAAK WORD. MOONTLIKE OPSTAND SAL GEPAARD GAAN MET VERNEDERENDE RESULTAAT”.

Dat genl. Constand Viljoen eers die dag ná die Bophuthatswanna-debakel sy “Vryheidsfront” finaal gaan registreer het om aan die April-verkiesing deel te neem “omdat hy toe gesien het dat oorlog nie gaan werk nie” is ‘n leuen.

Genl. Viljoen het geweet wat in Bophuthatswanna gáán gebeur. Hy was deel van die beplanning. Daarom het hy rééds teen die Woensdag (9 Maart), volgens die regulasie vir alle partye, sy kandidatelys by die OVK in Kempton Park ingehandig en dus die Vryheidsfront finaal geregistreer.

Dat soveel as moontlik Blankes en veral Afrikaners aan die oorgawe verkiesing van April-‘94 moes déélneem, OM LEGITIMITEIT AAN DIE “NUWE POLITIEKE BESTEL” TE GEE, was die essensie van die IDASA-komplot.

‘n Oproep tot die Afrikanervolk in 2025:

Mag ons volk homself losmaak van hierdie verraderlike “politieke bestel” wat wederegtelik beheer oor ons Vaderland vanaf 1994 verkry het.

Laat ons weer VERENIG op die grondslag van ware Afrikanernasionalisme (dit is Vaderlandsliefde) om so ‘n eenheidsmag BUITE die bestel te wees, wat soos ons voorgeslagte in geloof in die Drie-enige God van die Bybel ons volkstryd voortsit, met as vertrekpunt, Suid-Afrika is ons Godgegewe erfenis.

Hiér is ons volk gebore, deur die HERE gewil, en hiér lê ons Godgegewe roeping in diens van Sy koninkryk.

Waar laat bogenoemde ons?

Die Afrikanervolk is in 1994 op verraderlike wyse deur “leiers” wat hy vertrou het uit sy regmatige politieke seggenskap oor sy Vaderland – die Republiek van Suid-Afrika – gekul. Hy het NIE sy toestemming gegee dat mag aan Kommuniste oor sy Vaderland oorgedra mag word nie.

Vandag besit die Afrikanervolk, na 30 jaar, alleen deur die genade van ons hemelse Vader, ten spyte van ‘n gestadigde “oorlog” wat teen hom gevoer word waarvan derduidende plaasaanvalle getuig, stééds verreweg die grootste deel van die ekonomies-aktiewe landbougrond in Suid-Afrika.

Hoewel baie gedwing was om teen hul sin te immigreer, het vele wat hul werk verloor of op “vroeë pensioen” geplaas is ná 1994, deur entrepreneurskap nuwe besighede in ons dorpe en stede landwyd gevestig en opgebou.

Om ons grond en eiendom, ons erfgoed, prys te gee om ons in die buiteland of in ‘n “Volkstaat” te gaan vestig, is om aan die ou verraadsplanne uitvoering te gee en die HERE se bewaring oor ons in ons Vaderland te misken.

As dit vir ons net om ons materialistiese voortbestaan gegaan het, sou ons inderdaad ons wortels hier kon uittrek en elders heen vlug, maar dan versaak ons die geloof van ons voorgeslag, hou ons op om Afrikaner- en Boerevolk te wees en kies ons vir die tydelike materialisme en individualisme van die ongeloof.

Al is soveel duisende boere en hul dierbares die afgelope 40 jaar op die grusaamste wyses op plase en elders vermoor of vermink is hul offers (soos die 27 000 Boervroue en –kinders in die konsentrasiekampe) nié tevergeefs nie.

Ons is deur die HERE se bewaring nóg in ons Vaderland. Hóm kom die wraak toe.

Maar om te vlug is om die “boodskap” uit te stuur dat die druk dividende lewer. Dán word die druk op húlle wat nog vasstaan net gróter.

Plaasaanvalle leer ons Boerevolk weer om saam te staan. Elke aanval wat afgeweer word bring mense nader aan mekaar en ons vyande verloor moed.

Maar waar Boere-gemeenskappe weens druk uitmekaar spat (verkoop en wegtrek) bied ons ons grond op ‘n skinkbord aan. So bereik die Kommuniste hul doel.

By al die mooi dinge wat in Orania gebeur mág ons nie vergeet dat die HERE hierdie héle land as erfdeel aan ons toevertrou het nie.

Diegene wat ywer vir ‘n “Volkstaat” aan die hand van die “Afrikaner Akkoord” of op welke wyse ookal wil afstand doen van die Vaderland (wat aan die nageslag behoort), ons Godgegewe erfenis. As ons “tevrede” is met ‘n Volkstaat gee ons aan die ANC-SAKP “toestemming” om met hul plundering van die afgelope 30 jaar voort te gaan. En wat sal uiteindelik van ons “Volkstaat” oorbly wanneer die hele land in chaos en anargie en stamgevegte ten gronde gaan?

Ons erfenis, ons Nabotswingerd, die vólle deel van ons Vaderland bekend as Blank Suid-Afrika, wat deur ons voorgeslag van die wildernis ontworstel is, mág ons nie van ons nageslag vervreem nie!

Deur hoë en dure offers is ons Vaderland deur ‘n Godvresende voorgeslag as erfenis aan ons toevertrou. Hoe sal ons dan nie ook bereid wees om ook ten bloede toe te stry om hierdie land ook weer vir ons nageslag te kan nalaat nie?

Mag ons aanvaar dat in 30 jaar afgebreek is wat God in 300 jaar deur die nasate van Geus en Hugenoot tot stand geroep het?

Nie meer lank nie... Vasbyt! Die HERE hét die onreg en verraad gesien... en sien vandag steeds. Hý sál op die regte tyd ons wéér in ons land herstel, as dit in sy Raad so beskik is.

Laat ons op ons knieë voor Hóm buig en Hom om genade smeek. Ons behoud is, soos by Bloedrivier, alléén in sy welbehae geleë.

Soos ons voorgeslagte, soos blyk uit ons geskiedenis, in hul standvastigheid en geloofskrag volhard het deur die aller omstuimigste tye, só moet ons óók doen.

Laat dié onder ons wat van die ware geloof afvallig geword het tot Hóm terugkeer. Ons heil lê NIE in die raadsale van die wêreld of om die onderhandelingstafel met Kommuniste nie.

Mag die HERE ons Afrikanervolk genadig wees en ons in ons Vaderland op sy tyd herstel om Hom vry te kan dien, soos die Woord ons leer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3692 gaste aanlyn