NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat ons nooit vergeet dat alles en almal aan God se mag onderworpe is nie.  Hy gebruik selfs booswigte as instrumente in sy hand - ’n karwats om stout kinders ’n loesing mee te gee.  God het by geleentheid selfs ’n bose gees gebruik om die afvallige koning Saul te teister. Weet dat God alle mag ook oor Suid-Afrika het.

SOLRANIA: TYD VIR STILBLY, WAG EN KYK IS VERBY

VAN ‘N ORANIËR

Geagte mede-Oraniërs en almal wat indirek betrokke is by Orania asook diegene wat bloot net belangstel in die gebeure in en om Orania.

Dit is duidelik dat Orania nou toenemend en meer as ooit tevore die teiken is van beide die EFF en die ANC. Onthou maar die beginsel van "jou vriende se vyande word outomaties ook jou vyande". (As jou vriende baie vyande het gaan jy ook baie vyande hê). Onthou gerus ook dat die kleine Orania 'n brose en uiters kwesbare spikkeltjie in donker Afrika is en nie in Europa of die VSA gesetel is nie. In Afrika werk dinge bietjie anders as elders in die wêreld.

Van julle sal weet dat ek en andere hierbinne baie gekant is teen die groot voetspoor en die groot betrokkenheid van SoliForum (Solidariteit en AfriForum) in die piepkleine Orania. Die plaaslike bestuur hier en SoliForum is so hand-om-die-blaas dat lg selfs ruim bydra tot die plaaslike dorpsraad se salarisse. (Aan wie maak dit die dorpsraad dus lojaal?) Salarisse wat totaal uit lyn is met wat hierdie dorpie self kan bekostig. Die plaaslike bestuur verwys graag na die "strategiese vennootskap" tussen Orania en Solidariteit /AfriForum. By verre die grootste ontwikkelaar en rolspeler in Orania vir die afgelope 6 jaar is Solidariteit en sy filiale. Ek sien dit as 'n oorname en 'n baie ongesonde monopolie wat hier heers. Die plekkie kan eintlik maar herdoop word na Solrania.

Vir etlike jare reeds het ek en andere gewaarsku teen die grootgattige, arrogante en uitdagende gespog van die Orania bestuur en hulle strategiese vennote in Pta mbt Orania. Ek het gewaarsku dat daardie vennootskap en die gepaardgaande uitdagende gespog ("Ons bou die Stad"-baniere, stadsbou-konferensies ens) 'n groot rooi teiken op hierdie dorpie en sy inwoners verf. Dit verf 'n groot rooi teiken op die rug van elke inwoner, insluitende elke bejaarde, vrou, kind en baba in Orania. Dit verf ook 'n groot rooi teiken op almal hierbinne se beleggings en eiendom en spesifiek die waardes van Oraniërs se eiendomme hier.

Onthou, hier is reeds meer as 'n 100 eiendomme te koop in hierdie piepklein plekkie.

As dit so goed gaan hier soos wat die amptelike Orania bemarking en reklame instrumente, (en die Orania Beweging se toerbussie se bestuurders), en die amptenare van SOLIDARITEIT SE ONTWIKKELINGSMAATSKAPPY IN ORANIA (OOM), die wêreld wil laat glo, waarom wil so baie Oraniërs hulle eiendomme hier verkoop en padgee? As dit so goed gaan hier, waarom staan daardie Te Koop bordjies selfs jare lank voor eiendomme met in die meeste gevalle weinig tot geen belangstelling van kopers nie? Wat is 'n eiendom / aandeel werklik werd as niemand dit wil koop nie? Dit herinner nogal aan Louis Liebenberg se tipe bemarking en reklame net voor hy tronk toe is. Het hy nie ook tot op die laaste nog nuwe beleggers (slagoffers) probeer lok met stories van hoe wonderlik en suksesvol sy onderneming is nie?  

Waarom wil so baie goeie Oraniërs hier padgee? Waarom is daar reeds meer ‘Orania expats’ as Oraniërs? Die antwoord is eenvoudig. Die plaaslike bestuur/direksie en sy strategiese vennote in Pta (Solidariteit en AfriForum) het hierdie plekkie se unieke karakter en visie, asook die vraag na Orania, totaal en al in die grond in bestuur. Ek vermoed daar is moontlike gronde vir siviele eise teen die plaaslike bestuur (gesamentlik en individueel) vir hulle swak strategiese besluitneming en hulle onbevoegde bestuur en hantering van Oraniërs se belange/aandele en hulle eiendomme se waardes hier. Groot en klein plaaslike besighede maak toenemend hulle deure hier finaal toe. Ironies vir 'n plekkie waarmee dit kwansuis so wonderlik goed gaan.

Toerisme en spesifiek vakansie besoekers hierheen is 'n fraksie van wat dit 6 jaar gelede was. Want wie wil in 'n Solidariteit "stadsprojek" kom vakansie hou? Wie wil nog belê in 'n plekkie wat toenemend op risiko geplaas word deur sy bestuur en dié se hand-om-die-blaas verhouding met 'n "strategiese vennoot" soos SoliForum wat soos 'n lomp bul in 'n delikate porseleinwinkeltjie hier instorm en kom maak en breek asof Orania sy eiendom is. Dit, terwyl hulle al hoe meer uitdagende en polities gedrewe uitsprake maak oor alles en nog wat. Dirk Hermann en ander SoliForum amptenare maak links en regs aankondigings oor Orania, met geen mandaat van die meerderheid Oraniërs nie.

Die ANC en die EFF is nie onnosel nie. Hulle sien en lees ook daardie aankondigings en FB plasings waarin Solidariteit en AfriForum se amptenare spog oor hulle skouperdjie se ontwikkeling in die Noordkaap nl Orania. Dieselfde Solidariteit en AfriForum amptenare wat met groot fanfare en luide trompetgeskal Amerika toe hardloop om by die Trump administrasie te gaan kla oor die ANC se rasmalheid. Dis nie baie slim nie want daardie einste SoliForum amptenare is baie intiem betrokke by die leliewit Orania. Van hulle het selfs eiendom in Orania. So lei hulle die vyand se aandag en fokus tot by Orania se voordeur. So verf hulle die rooi teikens op ons en ons kinders se rue.

Intussen het ‘Orania’ ook 'n drieman-afvaardiging Amerika toe gestuur, met geen mandaat van die meerderheid Oraniërs nie, om kwansuis met die Trump administrasie te gaan gesels. Oor wat? Orania is nie 'n demokrasie nie. Die meerderheid Oraniërs het nie eers stemreg nie. Amerika is 'n demokrasie en Trump 'n demokraties verkose president. Trump gaan hom nie steur aan 'n on-demokratiese Solidariteit projek met 3000 inwoners in die middel van nêrens in die Noordkaap nie. Julle mors net ander mense se geld met daai "joyride" Amerika toe.

Wanneer die spreekwoordelike papaja die waaier hier tref gaan Oraniërs stoksiel alleen gelaat word om die SoliForum kastaiings uit die vuur te krap. Net soos wat derduisende goedgelowige mense en naasbestaandes nou alleen gelaat word met die tragiese gevolge van die dodelike C*v*d inspuitings wat Solidariteit se amptenare destyds so fluks aanbeveel het. Dis maar hulle manier. Hulle beweeg net weer aan na 'n volgende "projek".

Terloops, moenie vir die boodskapper kwaad wees nie. Wees kwaad vir die onbevoegde plaaslike bestuur wat toegelaat het dat die plekkie oorgeneem word deur hulle strategiese vennote (lees maatjies) in Pta. Daardie maatjies se vyande gaan nou soos honger wolwe om die brose Orania stelling inneem.

Oraniërs gaan toenemend verstaan waarom ek en andere vir jare reeds 'n klein en onder-die-radar Orania bepleit het. Waarom ons eerder 30 klein Oranias as een arrogante, uitdagende Solrania bepleit het. Niemand het Orania ooit werklik bedreig voordat Solidariteit en AfriForum hier kom oorneem het nie. Hulle vyande is nou ook die kleine en eens vreedsame Orania se vyande. Vir meer as 20 jaar het die ANC die kleine en vreedsame Orania met rus gelaat. Danksy Solidariteit en sy arrogante betrokkenheid by en sy uitdagende gespog oor hulle sg "stad in wording" (Solrania), is daardie vreedsaamheid nou vernietig.

Ek verag SoliForum vir wat hulle aan ons hartsplek gedoen het en steeds doen en ek sal my kind beskerm met alles wat ek het. (En moenie my met 'n toeter "summons" na AfriForum se gebou in Orania nie. Julle het van Orania 'n politieke speelbal en 'n teiken gemaak!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2684 gaste aanlyn