NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn en siekte is meestal nie 'n straf van God nie maar 'n geleentheid wat Hy aan ons gee vir verskeie redes. Soms is dit net om weer na liggaam en gees te herstel tot daar waar ons weer tyd maak om Hom te loof en tyd te maak vir ander dinge wat gedoen moet word.

GROOTSTE SKEEPSTRAGEDIES OOIT...

... maar wie onthou dit?

Dr Pieter Swart

Meeste mense, wanneer hulle aan skeepstragedies dink, se gedagtes gaan onwillekeurig na die sink van die Titanic in 1912 toe 1 503 persone gesterf het. Die meesleurende rolprent wat enkele jare gelede gemaak is, het boonop gesorg dat hierdie drama nie maklik vergeet sal word nie.

Ander sal dalk ook onthou van die Lusitania wat op 7 Mei 1915 gesink het toe dit deur ‘n torpedo vanaf ‘n Duitse duikboot af gesink is met verlies van 1 198 lewens. Dan was daar natuurlik die Amerikaanse skip die Sultana wat op 27 April 1856 skielik ontplof het terwyl dit onderweg was op die Mississippiriviernaby Memphis, Thenessee, met verlies van bykans 2 200 lewens.

Maar ek dink daar is min wat een van die grootste skeepstragedie ooit, die sink van die WilhelmGustlof, onthou. Of selfs van gehoor het. Die skip is deur drie torpedo’s van ‘n Sowjet duikboot af getref op 30 Januarie 1945. Dit het binne 70 minute gesink en het minstens 5 700 mense gesterf, alhoewel die ramings verskil en party dit op soveel as 7 000 stel. Die skip se drakrag was maar 2 000 en was dus heeltemal oorlaai. Daar was te min reddingsbote en boonop het dit vasgevries wat dit grootliks onbruikbaar gemaak het. Talle het boonop, reddingsbaadjies en al, in die ysige water verkluim. Slegs 900 mense kon uit die ysige Baltiese seewaters gered word. Die skip is so deur Hitler gedoop en vernoem na die Nasionaal-Sosialistiese leier van Switserland wat in 1936 deur ‘n Joodse sluipmoordenaar David Frankfurter vermoor is. Die skip het 25 484 ton geweeg en was een van Duitsland se spogskepe wat aan Duitse werkers bekostigbare vakansies gebied het. Die Duitsers het min gedink van die Russe se vloot en kon skaars glo dat dit gebeur het.

Dan was daar ook die GeneralSteuben en die Goya, beide Duitse skepe met soldate en vlugtelinge aan boord wat eweneens deur Russie duikbote gesink is, onderskeidelik op 10 Februarie en 16 April 1945. Die General Steuben het binne sewe minute gesink met verlies van 3 500 mense. Die Goya weer het in net vier minute gesink met verlies van 7 000 lewens wat dit die grootste enkele skeepstragedie ooit maak saam met die Wilhelm Gustlof.

Met Duitsland wat besig was om die oorlog te verloor en die aanstormende Sowjet magte wat alles in hulle pad doodgemaak het, het honderde duisende na die weste gevlug. Tussen Januarie 1945 en 8 Mei 1945, toe Duitsland gekapituleer het, is groot verwoesting deur Russiese magte aangerig. In Danzig alleen is twee miljoen vasgekeer en is die grootste reddingsoperasie van die Tweede Wêreldoorlog hier uitgevoer wat Dunkirk, waaroor die Britte nou nog in vervoering raak, in die skadu stel. Net 25 000 het gesterf en die res is na veiligheid gebring hoofsaaklik vanweë die knap leiding van skout admiraal Konrad Engelhardt onder leiding van admiraal Karl Dönitz, die hoof van die Duitse vloot.

Wat hierdie skeepstragedies egter ‘n groter tragedie maak en wat boonop nooit vandag enigsins in die hoofstroom media vermeld word nie, is dat dit nie aanvalskepe was nie, maar vlugtelingskepe. Rusland het dit geweet. Maar Stalin, die Weste se bondgenoot, en waarskynlik die grootste mensemoordenaar ooit, het dit juis gedoen omdat hy besiel was met wraak. Dit was dus oorlogsmisdade wat deur Stalin se magte in opdrag van hom gepleeg is. By die Nuremberg-verhore egter moes slegs die Duitsers pa staan vir oorlogsmisdade, so asof die Geallieerdes, en in die besonder Rusland heilig was in hulle optrede gedurende die oorlog, wat dit allermins was.

Dit was dan ook Stalin wat voorgestel het dat die Duitse aangeklaagdes nie verhoor moes word nie, maar summier terreggestel moes word. Oorwinnaar maak die reg, sê hulle. Ook maar goed vir Stalin want mens kan jou net indink wat met hom sou moes gebeur as hy aangekla was van oorlogsmisdade. So ongeveer 50 miljoen daarvan!

Die einste Stalin sou later ook aan die hand van die Jode sterf toe Joodse dokters hom om die lewe gebring het. Maar dit is die onderwerp vir ‘n ander keer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 726 gaste aanlyn