NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Here gee ons krag na kruis.  Moenie jou kruis sleep sodat almal jou kan bejammer nie.  Moenie ‘n smartvraat wees nie!  Aan die manier waarop ons hierdie kruis dra, kan mense sien of Jesus in jou leef of nie.  As ons die kruis met geloof en volharding dra, sal dit ons aan die einde van ons lewe na ‘n ewige heerlikheid deurdra.

MENSVLEIS IN PLEK VAN BEESVLEIS!

Bewyse dat “The Great Reset” vinnig nader kom, kan gesien word in die onlangse besluit deur die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie om diervleis te verbied, en as die geskiedenis enige aanduiding is, sal dieselfde besluit ook vir ander lande geld. Die Amerikaanse verbod sal na verwagting op 1 April 2024 in werking tree. Ander lande volg gewoonlik daarna in sy spore.

Dié besluit kom op die hakke van herhaalde openbare beroepe deur Bill Gates op die Westerse wêreld om op te hou om regte vleis te eet en oor te skakel na laboratorium-gekweekte sintetiese "beesvleis".

'n Uittreksel uit “Bill Gates & His Fake Solutions to Climate Change," is deur The Defender in April 2021 gepubliseer:

"Een van Bill Gates se mees onlangse promosies is sy voorskrifte van sintetiese voedsel vir ontwikkelde lande as 'n manier om klimaatsverandering te bekamp. In 'n onlangse onderhoud met MIT Technology Review, sê Gates hy dink 'alle ryk lande moet na 100% sintetiese beesvleis oorgaan."

Diereprodukte met natuurlike proteïne moet dus nou vervang word met hoogsverwerkte ‘voedsel’ wat in laboratoriums gekweek word, soos sintetiese beesvleis, hoender, vis en eiers. Sintetiese biologie word gebruik vir die hervorming van die DNS van 'n organisme om iets heeltemal nuuts te skep, so kom hierdie ‘kos’ tot stand. Dus praat ons hier al weer van DNS-veranderinge waaraan die mens verder blootgestel moet word. Voldoen die sogenaamde inentings nie genoeg daaraan nie?

Al hoe meer firmas raak betrokke by hierdie vinnig groeiende mark.

Die belaglikheid waarmee die Geldmag vorendag kom om so ‘n stap te regverdig maak die saak nog meer deursigtig. Volgens Gates en ander sintetiese beesvleisvoorstanders – en ook nou die FDA - is natuurlike beesvleisproduksie die primêre oorsaak van klimaatsverandering. Die leuen oor klimaatsverandering word al lank gedryf met die doel om te help om die Nuwe Wêreldorde in werking te stel.

Beesvleisverbruik is glo 'onvolhoubaar', volgens Gates en Kie.

Mens sou wou vra: waarom nou al die diere vakant maak en dit ophou eet? Enige regdenkende sou wag tot die bron opgebruik is en dan begin om sintetiese vleis te eet. Gaan hulle werklik weer al die diere langs ‘n groot gat doodskiet en met stootskrapers daarin stoot en toegooi soos wat by tye in die geskiedenis gedoen is?

Die sterk aanbeveling om beesvleis met nagemaakte vleis te vervang, word gemaak in Gates se boek "How to Avoid a Climate Disaster: The Solutions We Have and the Breakthroughs We Need," wat in Februarie 2021 vrygestel is.

Natuurlik behoort van die nuutgestigde kunsvleisorganisasies soos Impossible Foods ook aan Gates wat hy saam met Google en Jeff Bezos gestig het. Hoe anders!

Impossible Foods het 14 patente maar sy produkte lyk soos niks wat in die natuur gevind word nie. Dit is waarom die maatskappy 14 patente besit met ten minste nog 100 hangende.

Onthou dat natuurlike kosse nie gepatenteer kan word nie, maar Impossible Foods se produkte kan beslis.

En die skepper hou al die kaarte. Hulle besit die "kos" en is die enigstes wat toegelaat word om die "kos" te maak. Alle sintetiese vleisverbruikers wat nie opsies vir regte kos het nie, sal afhanklik wees van die gepatenteerde ultraverwerkte laboratoriumvullis!

ALLE beesvleisprodukte op die rakke vanaf 2024 sal sinteties wees. Sommige sal glo plantgebaseer wees, terwyl ander bestaan uit weefselselle wat op 'n rooster gekweek word. Maar die volle waarheid word nie vertel nie! Noudat daar genoeg lyke op ‘n onderhoubare manier beskikbaar sal wees as gevolg van die gifinspuitings wat NOOIT sal ophou nie, het die satansinstrumente in hierdie bedryf die groenlig gekry om mensvleis te verwerk tot ‘sintetiese beesvleis’.

Voedseluitvinders werk ook lankal aan gekweekte vleis uit menslike selle, wat die 1973 distopiese wetenskapfiksiefilm "Soylent Green" terug in ons gedagtes bring. Die fliek speel af in New York in 2022. Die Aarde is erg oorbevolk, en vir lewensonderhoud kry mense rantsoene water en Soylent Green, wat kwansuis 'n hoë-proteïenvoedsel is wat van plankton gemaak word. Op die ou end ontdek jy in hierdie futuristiese nagmerrie-fantasie dat die hoë-proteïen-drankie eintlik van mense gemaak word. Die ironie is dat die film afspeel in die jaar 2022. Nou, in die jaar 2022, werk wetenskaplikes regtig aan laboratorium-gekweekte "vleis" gemaak van menslike selle wat van die binnekant van menslike wange geoes word, soos gerapporteer deur Tech Times in November 2020.

'n Nuwe 'DIY-maaltydstel' wat gebruik kan word om steaks te kweek wat meestal van menslike selle gemaak word, genoem 'Ouroboros Steak', sal glo later beskikbaar gestel word en is vernoem na die sirkelvormige simbool van 'n slang wat bekend is daarvoor dat hy homself stert-eerste eet. Maar is dit nie makliker om sommer “steaks” uit dooie mense te sny nie?

Vir nou en so lank jy kan is dit een van jou beste aksies om jou kos by 'n plaaslike boer te kry om te verseker dat jy niks sinteties inkry nie!

  • Hierdie artikel is ‘n 1 April-grappie. So op die oog af... maar die meeste feite daarin is dinge wat reeds beplan word en glad nie so vergesog is as wat dit klink nie. Mens sou ‘n weddenskap wou aangaan dat ons hierdie presiese scenario binne afsienbare tyd met ons eie oë sal aanskou.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1910 gaste aanlyn