NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense wat een maal baie swaar gekry het, het daarna nooit weer plek in hul lewe vir leë genot nie.

DIE LEUEN OOR “MILJOENE JARE”…

Die ontstellende waarheid is dat ons kinders al jare lank die leuen in die skole leer dat daar geen God is nie en dat die aarde deur ‘n misterieuse slag ontstaan het. Hoe dom kan die satan, vader van die leuen, tog wees om so ‘n onbewese stelling as die waarheid aan te bied!

Dit alles het begin toe die moderne wetenskap ongeveer 200 jaar gelede aan die gang begin kom het en duisende mense deur die leuen van ʼn aarde wat miljoene jare oud is, meegevoer is. Dit was die gevolg van ʼn tuin wat deur die ateïs Charles Darwin omgespit is om sy ongeloofsgemanipuleerde saad in te saai. Die wrange vrugte wat dit voortgebring het, word kortweg ewolusionisme genoem. En wêreldwyd glo die jonger geslagte hierdie leuen wat in almal se kele afforseer word, ook hier in Suid-Afrika waar die staatsskole hulle aan die geldmag se ewolusieleer verbind het. Maar kom ons kyk na werklike feite, nie die onbewese leuens wat die satan mense wil wysmaak nie:

Volgens die Darwin-teorie het dinosourusse ongeveer 220 miljoen jaar gelede op die aarde begin verskyn en teen 65 miljoen jaar uitgesterf. Mense wat deur die verhale van dinosourusse meegevoer is, het vas geglo dat die aarde miljoene jare oud is. Dis ʼn leuen. Die Bybel gee ʼn duidelike tydsraamwerk van duisende jare se geskiedenis waarbinne die dinosourusse ook val:

“En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was” (Gen.1:24-25).

Talle mense glo egter dat die bestaan en uitsterwe van dinosourusse in so ʼn geheimsinnigheid gehul is dat niemand ooit sal weet waarvandaan hulle gekom, wanneer hulle geleef en waarom hulle uitgesterf het nie.  

Volgens die ewolusie-hipotese het dinosourusse lank voor die mens op die aarde verskyn en later weens ʼn katastrofiese gebeure in geheel uitgesterf. Oor die aard en omvang van hierdie katastrofe word wyd bespiegel. Een van die mees lagwekkende sienings is dat hul uitsterwe die gevolg van ʼn impak van ʼn asteroïde was wat die aarde getref en ʼn omwenteling in die natuur veroorsaak het.

Daar word basies twee denkrigtings gehuldig.

Eerstens diegene wat die Bybel glo en dit die uitgangspunt van hul denke maak – die Christenwêreldbeskouing.

Tweedens dat menslike kennis die grondslag van alle denke vorm – die sekulêre wêreldbeskouing.

Ongelowiges moedig mense aan om ʼn sekulêre wêreldbeskouing te huldig maar loop hulle telkens in hipoteses (onbewese stellings) vas. Die Christenwêreldbeskouing het nie hierdie probleem nie omdat hulle by God en nie by die mens begin nie:

“Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis” (Spr.1:7).

Diegene wat die sekulêre wêreldbeskouing huldig, het geen stawende getuienis of enige geskrewe rekords van waarin hulle glo nie.

Met hul Bybelse wêreldbeskouing het gelowiges nie hierdie probleem nie omdat hulle ʼn gesaghebbende Ooggetuie van alle gebeure in die geskiedenis het – God Self.  

Die Bybel handel nie net oor godsdiens nie, maar is ook die geskiedenisboek van die heelal; van dinge wat aan die begin gebeur het en tot die einde nog gaan gebeur. Dit vertel ons wanneer tyd begin het en deel die geskiedenis in hooftrekke mee. Dit begin by die begin oor die sondeval en hoe die dood daarna vir die eerste keer in die wêreld gekom het.

Dit vertel die verhaal van hoe die aarde deur water verwoes is, verskillende tale ontstaan het en hoe God in Jesus mens geword het, gekruisig is, opgestaan en ten hemel gevaar het. Die Bybel sluit met die koms van die nuwe hemel en die nuwe aarde af.

God het alle diere, ook die dinosourusse, op die sesde dag van die skepping gemaak. Dis volgens Bybelse berekening ongeveer 6,000 tot 7,000 jaar gelede. Ná die skepping het God vir Adam en Eva opdrag gegee om oor al die diere op die aarde te heers:

En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen.1:28).

God het die hele skepping vooraf beplan en so uitgevoer:

“Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is ... “ (Ex.20:11).

“Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie” (Joh.1:3).

“...want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape” (Kol.1:16).

Alle diere is dus deur God geskape; elkeen volgens sy eie soort; ook dinosourusse. Fossiele wat later ontdek is, kom uit die sondvloed. Diere wat in water versink en waarvan die beendere deur lae modderslyk bedek word, versteen met verloop van tyd weens die druk daarop.

So het talle fossiele van dinosourusse behoue gebly en is dus niks ouer as 4,500 jaar nie. Alles dui daarop dat hulle vinnig toegeval is. Dit kan maar net die gevolg van ʼn reuse vloed wees. Gevolglik slaan die ewolusioniste met hul aanspraak dat dinosourus-geraamtes miljoene jare oud is, die bal ver mis.

Let daarop dat dinosourus-geraamtes hoofsaaklik op plekke gevind word waar daar op daardie stadium nog geen mense gewoon het nie. God het hulle weggeneem voordat mense daar sou woon.

God het die dinosourusse op die sesde dag saam met al die ander diere gemaak. Dis ook dieselfde dag toe Hy die eerste mensepaar geskep het. Gevolglik was die dinosourusse dieselfde tyd as mense op die aarde en nie miljoene jare vóór hulle soos wat ongelowiges glo nie.

Dinosourusse kon nie voor die skepping van die mens bestaan het nie omdat die dood eers ná die sondeval ʼn werklikheid geword het:

“Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het “ (Rom.5:12).

“Want die loon van die sonde is die dood...” (Rom.6:23).

Gevolglik kon daar geen dood en dus dinosourus-sterftes voor die sondeval gewees het nie.

Die ewolusie-hipotese het ʼn uiters nadelige impak op mense wat nie na die Woord van God wil luister nie en dit kweek ongeloof. As mense die geskiedenis van die Bybel nie meer glo nie, waarom sal hulle dan die sedelike lesse daarvan sowel as die pad na saligmaking glo?

Wie die ewolusie-hipotese aanhang, minag die Bybelse verslag van die mensegeskiedenis en kan enigiets waarmee hulle in die Bybel ongemaklik is, verwerp.

Petrus waarsku:

Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel” (2 Pet.3:3).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1682 gaste aanlyn