NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn en eensaamheid dryf my na gebed, en wanneer ek bid, verdryf dit my pyn en eensaamheid.

JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (6)

Dr Fred Schwarz

Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou

TEGNIEKE OM DIE BEWIND TE BEMAGTIG

"Die vervanging van die bourgeoisie-staat deur die proletariese staat is onmoontlik sonder 'n gewelddadige revolusie... daar bestaan geen twyfel nie: die revolusionêre diktatorskap van die proletariaat is geweld teen die bourgeoisie... 'n Revolusie is bepaald die mees outoritêre ding wat daar is; dit is die daad waardeur een seksie van die bevolking sy wil op die ander seksie afdwing deur middel van gewere, bajonette en kanonne – want... . Die doel van die revolusie is nie om die beheer oor die Staat te bemagtig nie maar om die Staat te vernietig ".

FILOSOFIE VAN GEWELD
Die kommuniste het beide teoretiese en praktiese tegnieke uitgewerk vir die bereiking van hulle doel van wêreldverowering. Een van hulle fundamentele teoretiese handboeke is Lenin se boek, Die Staat en die Revolusie, wat vandag die wêreld se mees vertaalde boek geword het.

Lenin was besig om die boek te skryf toe hy Switserland in 1917 verlaat en na Rusland teruggekeer het om die Kommunistiese bemagtiging van die bewind te organiseer. Die revolusie wat die Russiese Tsaar in Februarie 1917 tot 'n val gebring het, was geen Kommunistiese revolusie nie maar 'n spontane massa-opstand deur die verskillende groepe mense gesteun. Toe die egte revolusie plaasgevind het, is 'n politieke amnestie verklaar. Daarop het Bolsjewiste en revolusionêre wat deur die wêreld heen verstrooi was, na Petrograd teruggestroom. Stalin het uit sy ballingskap in Siberië teruggekeer om die redakteurskap van die Kommunistiese Party se blad, Prawda, op hom te neem. Trotski het uit Nieu-Skotland gekom, en Lenin van Genève, Switserland, waar sy pen 'n vloedgolf van leesstof uitgestort het om burgeroorlog in Rusland aan te moedig. By sy aankoms in Petrograd het Lenin die revolusionêre werkers meegedeel dat hy gekom het om Rusland te verower en te regeer. Sy aanspraak het heelwat verbasing gewek, veral in die geledere van die ortodokse Marxiste. Daar moet onthou word dat die Bolsjewiste waarvan Lenin die leier was, maar 'n klein partytjie was van sowat twintigduisend lede.  Toe Lenin se Marxistiese kritici hierdie aanspraak verneem, het hulle gesê: "Vaarwel, Lenin die Marxis; welkom, Lenin die anargis!"

Nietemin het Lenin die onmoontlike gedoen. Binne ses maande het hy met 'n klein bende getroue volgelinge die wettige vrugte van die revolusie gesteel, die werkers van Rusland verraai, en die grootste tirannie en diktatorskap wat die wêreld ooit geken het, tot stand gebring. Die Staat en die Revolusie wat hy destyds geskryf het, word nog steeds as 'n fundamentele teoretiese handboek beskou. Daarin sit hy uiteen hoe die Kommuniste die bewind binne-in die Staat moet bemagtig, en wat hulle moet doen wanneer hulle eenmaal aan die bewind is.

Lenin konsentreer hier op die noodsaaklikheid van geweld. Hy beskou regering as die instrument waarmee die heersende klas die onderworpe klas beheer en uitbuit.  Alle regering is klasregering, en die instellings van 'n staat soos die wetgewende, uitvoerende, regterlike magte, die polisiemag en die opvoedkundige inrigtings, is almal die instrumente van die heersende klas om die onderworpe klas uit te buit. Volgens Lenin se stelling was die regerings van Amerika en Europa bourgeoisie-regerings wat net bestaan het om die volk uit te buit. Hierdie regerings kon alleen deur geweld en bloedvergieting omvergewerp word. (Hier is die ANC in 2012 'n uitstekende voorbeel d van die bourgeoisie en sal die proletariaat – die swart massas – in afsienbare tyd met groot geweld die staat omver probeer werp).

Vir Lenin moes mag en geweld nie maar net 'n reaksie wees teen die mag en geweld wat die Kapitaliste gebruik het nie. Vir hom was geweld 'n instrument van positiewe doelstelling en hy was absoluut sonder enige verontskuldigende houding ten opsigte van die gebruik daarvan. Hy verklaar nadruklik dat geweld essensieel is vir hulle doel: "Die vervanging van die bourgeoisie-staat deur die proletariese staat is onmoontlik sonder 'n gewelddadige revolusie."

Waar hy dit sê, gaan Lenin verder as sy mentor, Karl Marx. Marx het die moontlikheid van 'n bloedlose revolusie in Engeland en Amerika toegegee. Marx het beweer dat, aangesien die burokrasie in hierdie lande nie tot dieselfde mate ontwikkel het as in ander Europese lande nie, en aangesien die polisie- en militêre mag van hierdie state nie so groot was nie, daar die moontlikheid bestaan het van 'n vreedsame oorgang na Sosialisme. Lenin het beweer dat daardie toestande nie meer van toepassing was nie. In Europa en Engeland en Amerika moes die revolusie wat die oorgang van die bourgeoisie-staat na die proletariese staat moes bewerkstellig, gewelddadig wees. Daar kon geen sprake van 'n vreedsame, suksesvolle revolusie wees nie.

Een van die bepaalde misdade waaroor Lenin vir Karl Kautski, die leidende Marxistiese teoretikus van die Tweede Internasionale, meedoënloos gekasty het, was die feit dat hy gedurig vasgeklem het aan die moontlikheid van 'n vreedsame oorgang na Sosialisme in Engeland en Amerika, soos deur Marx erken. In sy tirade, Die Proletariese Revolusie en die Renegaat Kautski, skryf Lenin:

"En dan,  was daar in die sewentiger jare enigiets wat Engeland en Amerika uitsonderlik gemaak het ten opsigte van die dinge wat ons besig is om te bepreek? Dit sal vir almal wat enigsins bekend is met die vereistes van die wetenskap met betrekking tot die probleme van die geskiedenis, duidelik wees dat die vraag gestel moet word. Om te versuim om dit te stel is dieselfde as om die wetenskap te vervals, om met drogredenering vorendag te kom. En as die vraag gestel is, kan daar geen twyfel bestaan omtrent die antwoord nie: die revolusionêre diktatorskap van die proletariaat is geweld teen die bourgeoisie; en die noodsaaklikheid van sulke geweld word insonderheid geskep, soos Marx en Engels dit herhaaldelik in besonderhede verduidelik het, deur die bestaan van 'n militêre kliek en 'n burokrasie. Maar dit is presies hierdie instellings wat presies in Engeland en Amerika en presies in die sewentigerjare, toe Marx sy waarnemings gedoen het, nie bestaan het nie. Vandag bestaan hulle wel in Engeland en Amerika."

Die Kommunis se houding ten opsigte van geweld word dikwels verkeerd verstaan. Selfs die teenstanders van die Kommunisme meen dat die Kommuniste nie noodwendig geweld wil hê nie, dat hulle geweld alleen gebruik omdat die uitbuitende klas hulle aanvaarding van die bewind weerstaan. Dit was nooit die opvatting van die Kommunistiese leiers, veral van Lenin en Engels, nie. Kautski, wat die reputasie gehad het dat hy al die werke van Marx van buite geleer het, is skerp deur Lenin aangeval weens sy loue houding ten opsigte van geweld. Kautski se houding was dat dit mag nodig word om geweld te gebruik, maar as dit moes gebeur, sou dit te betreur wees, want geweldpleging was sleg en het diegene wat hulle toevlug daarheen neem, bederf. In antwoord daarop het Lenin aangehaal uit Engels se boek, Anti Dühring:

"...Daardie geweld speel egter ook 'n ander rol (behalwe van 'n duiwelse mag) in die geskiedenis, 'n revolusionêre rol. Dit is, in die woorde van Marx, die vroedvrou van elke ou samelewing wat swanger gaan met 'n nuwe; dit is die instrument met die hulp waarvan maatskaplike voortgang sy weg deurforseer en die dooie, versteende politieke vorme verbrysel. Hiervan is daar geen woord in Herr Dühring nie. Dit is alleen met sugte en steune dat hy toegee dat geweld miskien mag nodig wees vir die omverwerping van die ekonomiese stelsel van uitbuiting – ongelukkig, omdat alle gebruikmaking van geweld dan kwansuis die persoon wat daarvan gebruik maak, demoraliseer. En dit ten spyte van die geweldige morele en geestelike stoot wat elke suksesvolle revolusie gegee het! En dit in Duitsland, waar 'n gewelddadige botsing – wat inderdaad op die volk afgedwing kan word – ten minste die voordeel sou hê dat dit die onderworpenheid wat die nasionale bewussyn deurtrek het as gevolg van die vernedering van die Dertigjarige Oorlog, sou uitwis. En hierdie dominee se gedagtegang – leweloos, laf en magteloos – eis die reg op om die weg aan te wys vir die mees revolusionêre party wat die geskiedenis ooit geken het."

Lenin was 'n entoesiastiese voorstander van geweld. Sy revolusie moes geen vreedsame oorgang wees nie. Dit is moontlik om die genoeë aan te voel waarmee hy Engels se leer oor hierdie onderwerp verkondig het:

"Het hierdie here (die anti-outoritêre mense) ooit 'n revolusie gesien? 'n Revolusie is bepaald die mees outoritêre ding wat daar is; dit is die daad waardeur een seksie van die bevolking sy wil op die ander seksie afdwing deur middel van gewere, bajonette en kanonne – outoritêre middele, as daar ooit so iets is. En as die seëvierende party nie tevergeefs wil geveg het nie, moet hy sy heerskappy handhaaf deur middel van die skrik wat sy wapens sy teensstanders inboesem. Sou die Paryse Kommune een enkele dag stand gehou het as dit nie gebruik gemaak het van hierdie gesag van die gewapende bevolking teen die bourgeoisie nie?Inteendeel, moet ons dit nie die verwyt toeslinger dat dit nie 'n ruimer gebruik van die gesag gemaak het nie?"

DOEL VAN GEWELDDADIGE REVOLUSIE
Die tweede kenmerk van die revolusie wat Lenin in Die Staat en Revolusie beskryf het, was sy doelstelling. Die doel van die revolusie was nie om die beheer oor die Staat te bemagtig nie maar om die Staat te vernietig.  Die grootste gedeelte van die boek is gewy aan die tesis dat die Staat vernietig moet word. Die Staat funksioneer op baie maniere. Dit funksioneer deur die grondwet; deur die uitvoerende gesag – die President, die Kabinet, die Departement van Justisie, Polisie en Verdediging; dit funksioneer deur die wetgewende liggaam, deur die regbank, deur die staatsdiens.

Die doel van Kommunisme was nie om 'n president daar te stel wat die konstitusionele gesag uitoefen nie. Dit was nie om die kabinetslede  aan te stel nie. Die benoeming van regters was nie hulle doel nie. Die doel was om die konstitusie, die wetgewende stelsel, die regterlike stelsel, en die administratiewe stelsel geheel en al te vernietig, om die Staat uit te wis en 'n nuwe Staat van 'n gans ander vorm op te bou.

Lenin se argument was gebaseer op Marx se ontleding van wat in 1871 in die Franse Kommune plaasgevind het, toe die Kommunarde probeer het om die Kapitalistiese Staat oor te neem en dit as 'n instrument van regering te gebruik. Die Kommune is spoedig omvergewerp. Lenin het gesê dat, wanneer 'n Staat toegelaat word om voort te bestaan, dit onvermydelik die saad van 'n teenrevolusie in hom omdra. Sy lede het hulle gevestigde belange in die ou samelewing. Die Staat moet vernietig word. So het William Z Foster, Voorsitter van die Kommunistiese Party van Amerika gesê in sy verklaring:

"Geen Kommunis, ongeag hoeveel stemme hy in 'n nasionale verkiesing sou kry, kan, selfs al wil hy, President van die huidige regering word nie. Wanneer 'n Kommunis aan die hoof van 'n regering in die Verenigde State te staan kom, sal daardie regering nie 'n kapitalistiese regering wees nie maar 'n Sowjetregering, en agter hierdie regering sal die Rooi Leër staan om die Diktatorskap van die Proletariaat af te dwing."

VEROWERING VAN GESAG... Vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 963 gaste aanlyn