Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is net een beproefde raad teen eensaamheid – reik na ander uit. Daarmee slaan jy die duiwel vir ‘n ses! Satan wil hê dat jy in jou eensaamheid mure om jou moet bou. God wil hê dat jy eerder brûe na ander bou. ‘n Mens wat sy hart vir ander oopmaak, kan nooit eensaam wees nie.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (6)
Dr Gustav Norval
Malkoeisiekte-entstof:
Daar is sprake dat malkoeisiekte (Creutzfeld-Jacob siekte) wel deur inenting oordraagbaar is omrede sommige entstowwe op kalfserum gekweek word. Die “Vaccines and Biologicals, Annual Report, 2000” (VBAR 2000) erken dat so ‘n risiko bestaan: “there has been much discussion and regulatory action aimed at minimizing the risk of transmitting Creutzfeld Jacob disease through vaccines and other biologicals.”
Hepatitis-entstof:
Gegee: paar ure na geboorte, dan op 1-2 maande en die derde rondte op 6-12 maande oud.
‘n Enststof teen Hepatitis tipe A (genoem Havrix van GalaxoSmithKlein Co.) het in 2004 op die Amerikaanse mark verskyn en die media het natuurlik Havrix opgehemel: “that keeps you from getting sick” het hulle uitgebasuin. Rerig? Met entstowwe se rekord? Hou in gedagte dat Hepatitis A in 90% van gevalle ‘n simptoomlose siekte is wat vanself sonder behandeling na een of twee maande opklaar, dat 10% gevalle ‘n uiters ligtegraadse simptome ervaar en dat slegs ‘n 0,03% sterftempo voorkom. En as die toestand oor is, is die persoon vir die res van sy lewe daarteen bestand. Het jy dan ‘n entstof nodig teen ‘n siekte wat so lig is? En dan nog vervaardig van HA-virusse wat op mensweefsel van alle dinge gekweek word!: “Each batch of vaccine is made from infected mass of cells which had 1,000 donors.” Nie van een nie maar van duisende donateure!!
Hierdie konkoksie van virusse en mensgene word saam met aluminium (wat brein- en senuweeskade kan veroorsaak), formalien (kan kanker en senuweeskade veroorsaak) en antivriesmiddel (etileenglikol), sonder dat dit vooraf getoets was, in klein kleuters ingespuit vir ‘n siekte wat feitlik onskadelik is (google: “Hepatitis A- Inventing a Market for another Superfluous Vaccine.”). Die vervaardiger skryf op die biljet dat die enstof nie die siekte keer nie, maar uitstel of in sommige gevalle dit selfs veroorsaak. Dan moet die kind elke paar jaar met “boosters” (nog meer van die konkoksies) gespuit word om hepatitis A te keer. Nog meer dollers en nog meer vreemde gene, breinskade, outo-immuunsiektes en kanker vir die ontvanger. Kry liewer die siekte as wat jy hierdie duiwelsresep neem met duisende mense se gene daarin.
In 1986 en 1994 was Alaska-Indiaankinders met hepatitis A-entstof (Merck & Co.) gespuit, waarna talle dood is aan wat later geblyk het Rous Sarkoomvirus(RSV)-kontaminasie van die entstof. As dit kontaminasie was. In 1992 en 1993 was klein Indiaantjies ook gepeper met meningitis-entstof en dit terwyl daar geen rede was om die Indiane te spuit nie. Maar die Indiane besit pragtige ongerepte waterryke majesteuse natuurgebiede waarna big business met begerige oë kyk en ‘n plan moet gemaak word om die lastige inboorlinge uit die pad te kry. ‘n Geval van ‘n Nabotswingerd.
Dakota-Indiane in die VSA het die FDA en CDC in die hof gedaag oor die feit dat hulle die hepatitis A-entststof op hul kinders getoets het, sonder om die ouers vooraf in kennis te stel dat die kinders moontlik blootgestel word aan gesondheidsrisiko’s soos kanker, konvulsies, oogsiektes en selfs dood (Miller). Die owerhede reken waarskynlik dat Indiane goedkoop toetsmateriaal is.
Meer as 2 biljoen mense wêreldwyd het op een of ander stadium die Hepatitis B-virus onderlede gehad. Hiervan word 5% chroniese virusdraers en hulle ly aan chroniese ligtegraadse lewerontsteking wat mag lei tot lewersirose of lewerkanker. Die hepatitis-B-virus maai sowat 1 miljoen mense jaarliks in arm lande af. Die hepatitis B-entstof bestaan uit gisselle wat met hepatitis-virusgene gelaai word, tesame met aluminiumhidroksied, 25 mikrogram timerosal (kwiketiel) en formalien. Soos gemeld lei viruskwekings soms tot die ontstaan van nuwe virustipes en volgens die NS:Jan.1989 het ‘n “nuwe” tipe hepatitisvirus onlangs sy verskyning gemaak: “a new type of hepatitis B against which current vaccines do not afford protection… …routine immunization in an area where hepatitis B is common may have lead to the emergence of the new strain.”
The Lancet:no.228, 1991 wys daarop dat daar ‘n verband is tussen die voorkoms van demiëlinisasie (waar die omhulsels van senuwees beskadig word) en die toediening van die hepatitis entstof. Indien waar, mag dit die toename in die gevreesde siekte multipieële sklerose verklaar. Ander nadelige newe-effekte wat soms met die onnodige toediening van hepatitis B-entstof (Recombivax, Merck) in babas gesien word, behels neurologiese toestande soos ‘Bell’s palsy’ (die gesig verlam skielik), Guillian-Barre Sindroom (tydelike soms langdurige verlamming), lumbare retikulopatie, bragiale plexsus neuropatie (senuweeskade wat die arm aantas) en transverse mieëlitis (Am. Jnl. of Epidemiology:127, 1988). Alles vorms van brein en senuweeskade, en vir wat? Om te probeer keer dat ‘n paar mense van hepatitis-B sterf, (die meeste waarvan in elk geval dwelm-misbruikers en prostitute is), word sowat 80 miljoen babas op 12 uur oue leeftyd met die brousel gedoseer.
Net ter illustrasie, kom ons kyk ‘n bietjie of hepatitis B-entstof (wat President Clinton per wet op die Amerikaanse skoolkinders afgedwing het) rêrig waffers vaar soos daar gespog word: volgens die NVIC en VAERS het daar in 1996 presies 872 gevalle van erge skade (en 48 sterftes) na die toedien van HB-entstof in jong Amerikaanse kinders voorgekom. In dieselfde tyd was daar 279 gevalle van hepatitis-B by ongeënte kinders wat gehospitaliseer moes word. Dit wys dat die entstof meer skade as die siekte doen, maar die Amerikaanse regering hom doof hou vir statistieke wat hul farmafia-vriende se bankrekening benadeel. Die farmafia erken self dat een derde van die HB-geënte kinders geen antiliggame teen die hepatitisvirus maak nie.
Maar wie kry hepatitis-B nou eintlik? Mediese teksboeke vertel ons dat 96% van hepatitis-B-infeksies by junkies, gays en prostitute voorkom en dat die orige 4% by mediese personeel voorkom wat in kontak was met draers se bloed of naaldprik-ongelukke ondervind het. Nou waarom moet 12-uur oue babas daarmee gespuit word? Wat is dit anders as ‘n klugspel om vinnig dollers te maak soos die wet dit in 35 Amerikaanse state vereis? Die Physician’s Desk Reference en die vervaardigers van HB-entstof se brosjure wys daarop dat “adverse reactions” teen die entstof by een uit elke 32 kinders kan voorkom. Dit beteken dat uit die sowat 80 miljoen babas wat die entstof jaarliks kry, ons 250,000 gevalle van fisiese skade te wagte kan wees. Frankryk het die HB-entstof in 1998 op ys gesit, nadat dit duidelik geword het dat baie kinders koors, faringitis, veelvuldige sklerose (MS) en outo-immuunsiektes soos rumatoïede artritis na inenting kry (google: “Hepatitis B Vaccine: More Dangerous than the Disease?”).
Volgens Horowitz ontwikkel soveel as 8% van die ingeënte kinders kroniese outo-immuunsiektes, asook breinskade met outisme en ADHD na hepatitis-B-inenting (sien: “Death in the Air”). In 1999 het die Association of American Physicians and Surgeons in ‘n verslag gemeld dat 440 sterftes, 7,726 noodbesoeke en 2,549 hospitalisasie gevalle in die jaar a.g.v. HB-inenting voorgekom het, waarvan 10% nie herstel het nie agv die skade wat Merck Pharmaceutical Co. se konkoksie veroorsaak het. Vergelyk dit met die 47 sterftes wat hepatitis-B virus in 1996 in die hele VSA veroorsaak het (voor inenting teen Hep-B) en dan sien ons dat die entstof gevaarliker is as die siekte wat dit veronderstel is om te voorkom. Hmmmm. Een groot gruwelike klugspel met miljoene babas se lewens op Mammon se dobbeltafel!
Vervolg...(7)