Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geloof is nie die gevolg of die rede vir die uitverkiesing nie, maar die BEWYS daarvan dat ons weet God het ons uitverkies tot die ewige lewe.
VOLSKAALSE OORLOG MET RUSLAND NOU ONVERMYDELIK
In 2013 het Victoria Nuland en senator John McCain van Amerika die Oekraïners opgesweep om die wettig verkose regering van Viktor Yanukovych omver te werp. Die goedgelowige Oekraïners het in die strik getrap. Die VSA het sy sin gekry toe hulle gesorg het dat die akteur Zelensky skielik die president word, wat ‘n grap! Die totale chaos en geweld wat vanaf 21 Februarie 2014 tussen die Kiëf-regering en die Russiese seperatiste in die Donbass-gebied losgebars het, het nou uiteindelik in ’n Derde Wêreldoorlog eskaleer. In die afgelope twee jaar is meer as ’n halfmiljoen Oekraïners gedood of gewond, en na skatting het reeds sowat 120 000 Russe ook in die slag gebly.
Gedurende hierdie tyd het die Russiese president Vladimir Poetin die Weste by herhaling vermaan om nie in te meng in die Russies-Oekraïene stryd nie. Want as dit gebeur, sal Rusland nie aarsel om Engeland, Duitsland, Frankryk en Brussels, asook Amerika met kernwapens aan te val nie. Maar sy versoek het op dowe ore geval aangesien die hele gebeure deur Amerika beplan is.
Die insident wat Rusland nou tot optrede dwing, is deur ‘n aanlynwebblad, ONL.com-Web Site soos volg aangekondig: “Oekraïne het in die nag van 5 Junie 2024 ’n missielstelsel binne Rusland suksesvol getref met Amerikaans-vervaardigde wapens. Russiese missiellanseerders is in die proses vernietig met ‘n aanval in die Belgorod-streek.”
Net hierna het pres. Poetin se perssekretaris Dmitri Peskow op ‘n nuuskonverensie aangekondig dat die VSA nou ‘n vyand van Rusland geword het. Dmitri Peskow se dreigement het tot gevolg gehad dat die bekende Duitse dagblad Der Spiegel, die Duitse volk dringend versoek het om onmiddellik hulle skuilpleke en bunkers in gereedheid te bring, want ‘n volskaalse oorlog met Rusland is nou onvermydelik. Intussen het Europa en die VSA inderhaas begin mobiliseer vir hierdie oorlog. Sowat 300 000 Amerikaanse troepe is opdrag gegee om in Noorweë, Nederland, Italië, Griekeland en Turkye vir diensplig aan te meld.
Seker een van Siener van Rensburg se mees ontstellende gesigte vir ons dag is die een waarin hy by verskeie geleenthede die uitbreek en verloop van ’n onvermydelike Derde Wêreldoorlog in sy visioene sien afspeel het.
Op ’n vraag van mnr. Boy Musssmann destyds aan Siener: “Wanneer kom die Derde Wêreldoorlog?” het hy geantwoord “Handelinge 1:7 sê vir ons — ‘Dit kom jul nie toe om die tye en geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie…’ Daarom noem ek nie vir jul ’n datum nie, maar ek noem vir julle sekere tekens en daaraan sal julle weet wanneer hierdie Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek.”
En een van die heel belangrikste tekens wat hy ons gegee het, is die volgende:
“’n Ontsaglike burgeroolog in die weste van Rusland sal uiteindelik op die Derde Wêreldoorlog uitloop. ’n Seeppot op die vuur in Oos-Europa in Rusland sal daardie ontsaglike burgeroorlog veroorsaak.”
Met die “seeppot op die vuur” het Siener beslis nie verwys na die 1918-burgeroorlog wat net na die Oktober-Rewolusie uitgebreek het nie. Want hierdie “ontsaglike burgeroorlog” in Rusland het hy gesê, sal voorafgegaan word deur rassekonflikte in Engeland sowel as dele van Europa en hy sien ook ’n pot met vuur in die suidweste van Afrika. Dis alles gebeure wat eers in óns dag plaasgevind het. Sy visioen kon dus net betrekking hê op die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek wat tot en met 1991 ’n onderdeel van Rusland was.
In ’n visioen beskryf Siener die Derde Wêreldoorlog so:“…Dan slaan die aarde aan die brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop… “
Vergelyk hierdie gesig met wat die profeet Johannes gesien het: Openbaring 14:20 – “…En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde…” Siener beskryf die verdere verloop van die oorlog so: “Baie geheime wapens en ook gas sal oral gebruik word. Terwyl bomme dood en verderf saai, sal nasies en volkere uitgedelg word, terwyl party ophou om te bestaan, sal andere nog daar wees, maar geen waarde meer hê nie. Maar ons Boerenasie sal nie tot niet gaan nie, omdat ons ’n Doel en Bestemming het,” was sy woorde.
In een van sy laaste gesigte skets hy ’n prentjie van die haglike toestand waarin die ganse wêreld verkeer nadat die oorlog beëindig is:
“Hier in Suid-Afrika sal daar dan ongekende vrede, voorspoed en seën heers. Daar is ’n lang volketafel – aan die onderent sit Amerika – ’n swak en onbenullige landjie; ook die magtige Rusland is nog daar, maar hy is kapoet. Engeland se stoel is leeg…” (M.a.w. Engeland sal dan nie meer bestaan nie. Dit sluit aan by die visoen waarin hy gesien hoe Engeland onder die see verdwyn na ’n verwoestende aanval deur Rusland. Poetin se hoofwoordvoerder Dmitri Kiseljow, het hierdie profesie van Siener as ‘t ware bevestig toe hy gesê as Brittanje wapens aan die Oekraïne verskaf waarmee Rusland aangeval kan word, sal Rusland met ’n kernaanval ‘n radio-aktiewe getygolf veroorsaak wat Brittanje tot op die seebodem laat wegsink!)
Siener sê voorts: “…Heelbo aan die kop van die tafel sit Duitsland — die magtigste volk op aarde, en aan sy regterhand, Suid-Afrika — die mees geseënde volk op aarde…”
Vantevore het Siener in ‘n ander gesig, net soos Johanna Brandt, gesien hoe duisende Christen-gelowiges uit Europa hierheen vlug wanneer die wreedste sataniese vervolging deur die Globaliste daar begin. Suid-Afrika sal dan nie net die veiligste land ter wêreld wees nie, maar ook die enigste Christenland, het Siener gesê.
‘n Baie belangrike gesig van hom sluit hierby aan: Hy sien dat wanneer Engeland se ondergang (verdwyning) plaasgevind het, kom daar vanuit die Noordekant ’n galery van die hemel af tot op die aarde. Op die galery was daar al die toebehoorsels van die tabernakel, nl., die verbondsark, die lampstaander, goue kandelare, die tafel met toonbrode en die gordyn. Agter die galery kom toe ’n menigte van kinders uit, vier-vier in gelid, en hulle kom af na die Suide. Van sy eie kinders is ook onder hulle.
Die “Suide” kan net op SA dui, want Siener se kinders sou nêrens anders “afkom” as hierheen nie. En die betekenis van die tabernakel wat by hulle is, word vir ons in Openbaring 21:3 deur Johannes verklaar: “En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: ‘Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God”.
Bron: Siener van Rensburg/ Adriaan Snyman