NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer ons die herfstyd van ons lewensduur binnegaan is ons geneig om depressief en vol neuroses te raak. Die oorgang van somer waar ons in die fleur van ons lewens was, sterk, vol moed, dapper, gesond, is so dramaties dat ons moet waak teen donker in die gemoed. Herfstyd het self die opwinding van manjifieke kleure: rooi, pers, geel, goud, brons, pragtig! So het die herfs van ons lewe die moontlikeheid om wonderlik kleurvol te wees: vol wysheid, humor, deernis, geduld en baie ander vreugdes wat ryklik bot in hierdie tyd.

REËNBOOGLAND (6)

Dr JP Botha

Lees reeks by REËNBOOGLAND

SWART (4)

4. Tom Makobela en die Tswanas

Ons Tswanas, wat in die geskiedenis van Suid-Afrika ten opsigte van die ander Swart volke en die Blankes maar eintlik deurgaans ‘n onderhorige rol gespeel het, se lewensomstandighede en geleenthede het niks verander nadat die New South Africa tot stand gekom het nie.  Ons -  en ook al die ander Swart inwoners van die land  -  is in werklikheid nou baie slegter daaraan toe as gedurende die jare toe die Blankes in Suid-Afrika regeer het.  Hierdie Kôsa-groepie wat deesdae deur middel van hulle ANC-komplot oor ons almal die septer probeer swaai, bestaan hoegenaamd nie uit die meerderheid van swart stemme in die land nie, maar ons word met elke verkiesing bedreig en stem dan maar uit vrees weer vir hulle.

Toe hulle in 1994 ons stemme nodig gehad het, het hulle die hele Suid-Afrika vol geplak met plakkate soos “Vote for peace!  Vote for jobs!”  Maar nadat hulle in die stoel gaan sit het, is al ons ander Swart stamme totaal vergete.  Moenie dink ons is blind nie.  Ons sien hoe hulle duisende van hul onbekwame makkers aanstel in die poste van die Blankes wat hulle ontslaan het en dat hulle die land se geld uitmors,  want hulle dink soos wat al ons Swartes dink, dat dié een wat baas is, kan maak net wat hy wil.

Daar was ‘n tyd toe ons teen dood en lewe vir hierdie sterk stamme uit die ooste moes vlug.  Die Kôsas het ons nie veel moeilikheid gegee nie, want hulle was te ver van ons af in die Oos-Kaap, maar naby genoeg aan die Blankes by die Visrivier, om hul lewens te vergal.  Maar in die middel van die 18e eeu het eers daardie Zoeloe-tiran, Tsjaka, en daarna daardie Matebele-duiwel, Mzilikazi, se hordes al ons groeiende Tswana-stammetjies van die Noord-Vrystaat, Wes-Transvaal en Betsjoeanaland feitlik uitgeroei.  As dit nie vir die Voortrekkers was en veral vir Hendrik Potgieter nie, was dit seker met ons gedaan.  Hulle het Dingaan verslaan en Silkaats na Bulawayo verdryf en aan ons Tswana-oorblyfseltjies, wat oral uit ons wegkruipplekke tevoorskyn gekom het, weer veiligheid, werk en kos verskaf.

Mettertyd het daar in dié gebiede ‘n hele paar sterk Tswana-stamme ontstaan.  Hulle het veral saamgetrek en versprei in die gebied op die suidwesgrens van Transvaal, waar die Engelse die Boere se diamantvelde van hulle geroof het deur middel van die Keate-uitspraak.  Buiten ons Tswana-stamme, soos dié van Mankoroane, Montsioa en Moshwêtê, was daar in die suidelike deel ‘n Koranna-stam onder Massouw.

In 1881 het daar onluste en stamgevegte uitgebreek tussen Massouw se Korannas en  Mankoroane se Batla-pins.  Die Engelse het vir Mankoroane aangehits en vir hom vrywilligers gewerf, maar 300 van die Boere wat hier rond gewoon het, het vir Massouw gehelp.  Hy het hulle later met ‘n stukkie grondgebied beloon, waarop hulle toe die Republiek Stellaland gestig het.

‘n Bietjie meer noord het daar twee Barolong-afdelings van ons Tswana-stamme gewoon.  Hulle leiers, Moshwêtê en Montsioa, het rusie gemaak oor die opperhoofskap en mekaar aangeval.  Moshwêtê het met behulp van die Boere-vrywilligers wat hom gehelp het, gewen en hulle met grond beloon, waarop hulle die Republiek Gosen gestig het.

Daardie geld- en grondhonger Engelsman, Cecil Rhodes, het die Boere in 1884 van Stellaland en Gosen af laat verdryf, want hulle was in die pad van sy ideaal om alles vanaf die Kaap tot in Kaïro rooi te verf.

Gedurende president Kruger se tyd het ons Tswana-stamme vreedsaam en voorspoedig in die suidwestelike deel van die Republiek gewoon.  Ons het sy goeie regering waardeer en gerespekteer. Ons kon by die Boere werk kry en kos om te eet. Ons het nooit in opstand gekom soos Malobog, Mapog, Makapan en Mojatje, die Reënkoningin van Noord-Transvaal nie, of soos Sekwati wat met sy Bapedi-hordes die Voortrekkers by Ohrigstad en Lydenburg se lewens versuur het nie.

Ja, ons Tswanas het die Boere-republiek se tyd goeie tye beleef.  Oral in die Marico- en Rustenburgse gebied het ons statte gelê, soos by Saulspoort, Mabieskraal, Magatosnek, Mamogaleskraal, Jan-se-kop en  tot by Kaya-se-put.  Met die verskillende afdelings van ons Tswana-volk wat wes van die Republiek gewoon het, het dit eers ook baie goed gegaan.  Hierdie Betsjoeanaland, wat vandag Botswana genoem word, was ons Tswanas se ongeskonde leefwêreld, totdat die Engelse hulle neuse hier kom insteek het.  Hulle het vir Khama en sy Bamangwato’s by Palapye, Bathoen se Bangwaketses by Kanya, Sebele se stam by Gaberones en Linchwe se Bagatlas by Mochudi, teen die Boere opgerui en gedreig om hulle te straf as hulle nie saam teen die Boere veg nie.  Linchwe het toe saam met die Engelse op 25 November 1899 die Boerelaertjie by Derdepoort aangeval.  Hulle het 17 vroue en kinders na Mochudi weggevoer.  Die Boere het hom vir hierdie lelike ding wat hy gedoen het, deeglik gestraf.

Gedurende hierdie oorlog het ons Tswanas toe ook nog verder die verskriklike lelike ding gedoen om die Boere wat besig was om te veg, se plase te oorstroom en te stroop, vir die Engelse te help om die vroue en kinders na die kampe aan te jaag, die huise aan die brand te steek en nog veel meer verskriklike dinge te doen teen die Boere, hulle wat ons vantevore nooit enige kwaad aangedoen het nie.  Dit alles is deur die Engelse veroorsaak.

Gedurende die jare wat daarna gevolg het, het die Afrikanerregering van die land nie probeer om wraak teen ons uit te oefen nie.  Hulle het ons land wat die Engelse van ons afgevat het, weer teruggegee.  Ons het hom toe Boputhatswana genoem.  Maar in 1994 het die New South Africa hom weer ingesluk.

Nou word vir ons die belaglike storie in die vooruitsig gestel van ‘n wonderlike reënboogland, waar alle kleure in een groot warboel saamvloei.  Wat skuil agter hierdie onsinnige idee?  Het die Engelse, wat al soveel moeilikheid in Suid-Afrika gemaak het, nie weer ‘n verskuilde doel daarmee nie?

Bruin... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1358 gaste aanlyn