NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Net om God se verborge raad gelowig te aanvaar is reeds suiwer genade; te midde van vrysinnige teoloë, moderne ketters, en hedendaagse sogenaamde nuwe hervormers.

REËNBOOGLAND (10)

Dr JP Botha

Lees reeks by REËNBOOGLAND

Geel (2)

Whang Ling en die ander Asiate

Toe die eerste skeepsvragte met ons Chinese in Julie 1904 in die Durbanse hawe land, het ons besef dat ons in China gewerf is om in Suid-Afrika in die goudmyne te kom werk.  Daarna het ons verneem dat die land ‘n groot tekort aan goedkoop, ongeskoolde, nie-blanke arbeid ondervind het en dat ons Chinese die behoefte daaraan in die goudmyne moes kom voorsien.

Die duisende Bantoes wat voor die Engelse-Boere-oorlog vir die mynbase ondergrond gewerk het, is gedurende die oorlog deur die Engelse só ruim vergoed dat hulle na die oorlog nog geen onmiddellike behoefte gehad het om weer te gaan werk nie.  Hulle het, versadig van hul oorlogtydse geld, in ledigheid gesit en wag op die millennium wat die Engelse hulle beloof het.

By ons aankoms aan die Johannesburgse Rand was ons uitermate verbaas om die algehele verwoeste toestand van die land te aanskou.  Die Engelse het met hulle oorlog teen die Boere feitlik alles vernietig.   Die boerewonings is afgebrand, die veestapel is vernietig en die vrugteboorde is verwoes.  So iets het ons nog nooit gesien nie.

Toe hoor ons dat met die uitbreek van die oorlog tienduisende Randse uitlanders na die hawestede in die suide van die land gevlug het.  Dit het tot ‘n byna algehele stilstand van die Transvaalse goudmynwese gelei.  Die goudopbrengs van die myne was voor die oorlog in 1898 reeds meer as R32 miljoen, maar gedurende die oorlog het dit in 1901 tot skaars R2 miljoen gedaal.

Die man wat vir ons van China af ingevoer het om die goudmyne te kom opkikker, was lord Alfred Milner.  Die Britse owerheid het hom die taak opgedra om hulle twee nuwe verowerde kolonies, die Vrystaat en Transvaal, te bestuur.  Milner was ‘n baie beter oorlogstoker as wat hy weeropbouer was van die verwoeste land waar-aan hy self ‘n groot aandeel gehad het.  Om al die gate toe te stop, het hy groot lenings aangegaan.  Hy was van mening dat indien die Randse goudmyne weer ‘n op-brengs van R32 miljoen kon lewer, sou hy minstens vir Transvaal van ‘n algehele krisis kon red.  Daarom het hy ons Chinese in 1904 in China gewerf om in die goudmyne te kom werk.  In Julie 1904 het die eerstes van ons op die Rand aangekom.  Nege maande later het ons getal reeds op ongeveer 34 000 gestaan en in Januare 1907 het daar 54 000 Chinese in die goudmyne aan die Rand gewerk.

Dit was reeds vroeg in 1903 al bekend dat Milner van plan was om ons Chinese in te voer.  Die Boere, wat toe Britse onderdane geword het, het met alle mag en krag daarteen geprotesteer.  Hulle leier, generaal Botha, het in Julie 1903 op Heidelberg ‘n groot protesvergadering ge-hou.  Milner was só bang dat die Boere dalk dié dag daar ‘n militêre opstand sou begin, dat hy nie minder nie as 500 ekstra konstabels daar saamgetrek het.  Die Boere het geëis dat Milner nie ons Asiate uit China moet invoer nie, maar daardie stugge, hardvogtige, ongenaakbare man het hom nie daaraan gesteur nie.

Die Boere wou ons onder geen omstandighede in die land hê nie en het toe by die Engelse regering geprotesteer teen die uitvoering van Milner se voorgenome planne, maar dié het toe vir hulle laat weet dat die meeste Boere ons Chinese graag in die land wou hê !  Hierdie leuen het die Afrikaners só kwaad gemaak dat hulle ‘n groot volkskongres in Mei 1904 gehou het en ‘n vereniging, Het Volk, gestig het, om hulle teen Milner te help veg.

Milner het egter met die uitvoering van sy planne om ons Chinese as arbeiders in te voer, wel deeglik daarin geslaag om die goudopbrengs te verhoog.  In 1905 was die waarde daarvan reeds meer as R41 miljoen. Maar ons Chinese was nie gewone immigrante nie, maar ongeskoolde kontrak-arbeiders. Ons was onderworpe aan gedwonge repatriasie sodra ons inboektermyn verstryk het.  Nietemin het Milner en die goudbase se maatreël heftige kritiek uitgelok. Al die inwoners van die land, Boer en Brit, het in hulle protes teen ons teenwoordigheid in die land vir Milner en die geldmagnate daarvan beskuldig dat hulle met vuur speel.  In die Britse laerhuis is ‘n mosie van afkeuring teen lord Milner aangeneem. Dit was die einde van Milner se gehate politieke rol in Suid-Afrika. Hy het hom aan die openbare lewe onttrek en in die politieke woestyn verdwyn.

Maar ons Chinese was nog steeds in Suid-Afrika die mees ongewenste element van die hele bevolking.  Daar is beweer dat ons Oosterlinge geensins godsdienstig, moreel en sosiaal by die Blankes se westerse bestaan en leefwyse aanpas nie en dat ons so gou doenlik na die land van ons herkoms teruggestuur moes word.

Die Engelse van die land het saam met die Afrikaners teen ons aanwesigheid in die land protesteer. Daar is menigvuldige bangmaakstories onder die publiek versprei, as sou ons Chinese snags die barakke waarin ons gehuisves was, verlaat en met yslike lang messe op moordtogte rondsluip.  Ek wil nie graag oor die waarheid al dan nie daarvan oordeel nie.

Ons Chinese se teenwoordigheid in Suid-Afrika het selfs in Engeland politieke stof opgejaag.  Die Konserwatiewe regering wat die oorlog in Suid-Afrika gestook het en vir Milner hier geplaas het, se regeertyd was verby en die Liberale Party het hulle in die verkiesingstryd wat gevolg het, oor ons aangeval en kwaai veroordeel.  Die verkiesing het toe aan die pro-Chinese ‘n verpletterende neerlaag besorg en die Liberale Party van sir Henry Campbell-Bannerman het die regering oorgeneem. Toe het daar ‘n juigkreet opgegaan.  Daar is beweer dat dit nie net alleen ‘n oorwinning van die Liberale oor die Konserwatiewe in Brittanje was nie, maar ook ‘n oorwinning van die Afrikaners en die Suid-Afrikaanse Engelse wat met hulle saamgewerk het, oor Milner, die mynmagnate en oor alle jingo’s.

Die Campbell-Bannerman-regering was die Afrikaners goedgesind en het aan Transvaal in 1906 en vir die Vrystaat in 1907 selfregering gegee.  Reeds voor hierdie tyd is die verdere uitreiking van lisensies om nog meer van ons Chinese in te voer, stopgesit.

Generaal Botha het die hoof van Transvaal se nuwe regering geword. Ons Chinese wat toe nog in die land was, is nie dadelik gerepatrieer nie.  Hulle het daarmee gewag tot ons inboektermyn verstryk het.  Onderwyl die laastes van ons in die skip terug na China seil, hoor ons dat die Boere beweer het dat “die hele Chinese gedoente” net ‘n kapitalistiese set was om goedkoop arbeid in die hande te kry, omdat hulle werwing van mynwerkers onder die Suid-Afrikaanse inboorlinge ondoeltreffend was.

So was ons Chinese se verblyf in Suid-Afrika destyds maar baie kortstondig alhoewel ons tans weer 'n groot persentasie verteenwoordig..  Maar ons wil nie eintlik saampraat oor die land se huidige politieke verwikkelinge en rasseverhoudings nie want ons is nie deel van die troebel onderlinge verhoudings wat sy inwoners moet trotseer nie.  Hulle moet maar sonder ons Chinese wat in die land is, in hulle gewaande “reënboognasie” ontwikkel en hulle eie ondergang tegemoetsnel.

BLINK... Vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1333 gaste aanlyn