Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een ding moet jy nooit doen nie, en dis om oor die verlede te tob. Jy kan niks aan die verlede doen nie. Jy kan die horlosie nie terugdraai nie. Die mens kan alleenlik aan die hede en toekoms iets doen. Daarom moet jy jou ophou bekommer oor die dinge wat jy nie kan verander nie.
SA WÁS WEERBAAR MET KERNWAPENS (3)
Lees reeks by SA WAS WEERBAAR MET KERNWAPENS
Jeanette Koekemoer
"Deurentyd is dit duidelik dat Suid-Afrika op alle gebiede meer as paraat was teen buitelandse vyandelikhede. Die standaard van opleiding by ons weermag sowel as die latere artillerie deur onsself vervaardig was van hoogstaande gehalte en het ons in 'n posisie geplaas wat die buiteland hoogs bevrees gelaat het. Sou hulle hul kloue op ons ondergrondse rykdomme wou lê, sou hulle ons moes ontwapen. Om dít te kon vermag, moes hulle 'n verraaier soos F.W. de Klerk koop om die regering omver te werp ...Dat F.W de Klerk en sy verraaiersbende kon wegkom met die leuen dat Suid-Afrika ter wille van vrede en orde aan 'n swart korrupte regime oorhandig moes word, spreek van onkunde onder ons mense. Sy stelling dat ons geen ander keuse gehad het nie as om ons land sonder slag of stoot op 'n skinkbord weg te gee is van alle waarheid ontbloot, dit het die geskiedenis bewys. Elkeen van die duisende lewens wat intussen in die Nuwe Suid-Afrika aan moord geoffer is onder 'n misdaadbende wat in die parlement sit omdat F.W. sowat 45 miljoen rand daarvoor betaal is, sal van die hande van De Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, en al hulle trawante geëis word. En sou dit ons nie beskore wees om hulle in hierdie leeftyd in die openbaar tereg te stel vir hoogverraad nie, sal ons regverdige God van hemel en aarde sorg dat hierdie onreg in die reine gestel word."
Pelindaba
Daar het 'n spesifieke tyd aangebreek toe die Atoom Energieraad gereed was om 'n nasionale kernnavorsingsentrum op te rig. Dit was nadat sekere wetenskaplikes reeds opleiding van hoogstaande gehalte ontvang het, sommige in Brittanje by die Harwell navorsingsentrum en ander in die Verenigde State van Amerika. Nog later is ander vir opleiding gestuur na die Karlruche Kernnavorsingsentrum Wes Duitsland.
Toe die nodige opleiding voltooi is en Suid-Afrika kon voortgaan om te begin met 'n eie kernnavorsingsentrum, is daar 'n 800-hektaar plaas gekoop wat destyds die naam Welgegund gedra het. Dit is onveer 35 km wes van Pretoria en is later herdoop na Pelindaba.
In 1961 is daar op hierdie perseel begin bou en is die eerste geboue in 1963 betrek. Dit het ingesluit 'n kantoor wat deur die Atoom Energieraad as hoofkantoor gebruik is, asook 'n groot laboratoriumgebou.
Terselfdertyd was die Gasverkoelingsprojek aan die gang wat later in drie onderskeie komponente verdeel is en toe genoem is die XYZ projek, in 'n stoor in Du Toit straat in Pretoria. Dr Wally Grant was aan die stuur hiervan. Soos wat dr Ampie Roux later bekend gestaan het as die vader van Suid-Afrika se atoombom-ontwikkeling, het dr Wally Grant bekend geword as die vader van die uraanverrykkingsproses. Later het hulle geskuif na die Shamrockgebou in Skinnerstraat. In 1964 het die ontwikkeling so ver gevorder dat daar met uraan hexafluoried (UF) begin eksperimenteer is wat genoodsaak het dat daar goedtoegeruste laboratoriums nodig is. Daarom is 'n groot struktuur hiervoor aan die einde van 1964 by Pelindaba opgerig genoem die X-Aanleg. Dr Verwoerd was deurentyd direk hierby betrokke en het die goedkeuring vir die oprigting van hierdie aanleg persoonlik gegee. Ook die kernnavorsingsafdeling, veral die uraanverrykingsproses, het dr Verwoerd geweldig geïnteresseer en hy was nou betrokke daarby.
By Pelindaba met sy goed-ingerigte navorsingstoesrusting is daar ook met die ontwikkeling van 'n reaktor begin gelei deur dr Grant. Hy het met die konsep van 'n reaktor gekom wat sou funksioneer wanneer natuurlike uraan gebruik word. Dit sou gebeur deur te werk met baie warm water wat dan deur vloeibare sodium afgekoel word om die proses aan die gang te kry. Hierdie uitvindsel het die naam ontvang van Pelinduna, 'n samestelling van 'Pelin' vir Pelindaba, 'd' vir deuterium, 'u' vir uraan en 'na' vir die sodium daarin gebruik.
Gesofistikeerde ontwikkeling
Die Suid-Afrikaanse kernprojek was baie meer gesofistikeerd as waarvoor dit krediet gegee is. Sommiges het dit darem wel besef soos David Albright, Direkteur van die Internasionale Program van Kerninisiatiewe in Amerika. Hy het 'n artikel vir die Washingtonse Instituut vir Wetenskap en Internasionale Veiligheid geskryf waarin hy onder andere die stelling gemaak het dat die geweertipe kernwapens wat Suid-Afrika vervaardig, enige terroristegroep indien hulle dit in die hande sou kry, onaantasbaar sou maak. Hy het ook in die artikel verwys na die eerste klompie van hierdie geweertipe kernwapens wat in 'n klein geboutjie met die naam Somchem, in die Kaapprovinsie vervaardig is. By Somchem het die wetenskaplikes ook aan die meganiese en tegniese subsisteem van die atoombom gewerk en het hulle 'n klein model ontwerp wat in Mei 1974 getoets is. In 1976 het hulle egter 'n volskaal model getoets wat die hoogstaande waarde van die ontwerp bewys het. Kort hierna is daar by Pelindaba nog geboue opgerig, so 'n entjie verder weg van die eerstes, waarin daar gekonsentreer is op die maak van geweertipe kernwapens.
In hierdie tyd het daar nog 'n gebou verrys waarin ook 'n polsreaktor ontwikkel is vir eksperimentele rekenaarmodelle, waarna verwys is as 'Building 500'. In 1979 is hierdie reaktor in 'n eksperiment getoets wat so suksesvol was dat dáárna verwys is as die komponent wat die 'stert van die draak kielie'.
Daar het ook 'n 'Building 5100', 'n 'Building 5200' en 'n 'Building 5300' gevolg. 'Building 5300' is uitsluitlik ontwerp as 'n laboratorium waar hoë ontploffings getoets is. In die vroeë stadium van die land se kernwapenprogram is ook klein hoeveelhede van hoë ontploffingsmateriaal saamgepers en meganies gevorm in hierdie gebou.
Beskrywing van die soorte atoombomme:
Daar was twee soorte :
1. Die geweertipe waarop Suid-Afrika hoofsaaklik gekonsentreer het en wat identies was soos die bom wat op Hiroshima laat val is;
2. Die tweede een is 'n meer ingewikkelde soort, genoem die 'Implosion Type', net soos die bom wat op Nagasaki laat ontplof is.
Dr Waldo Stumpf
Dr Stumpf, voormalige hoof van die Atoom Energiekorporasie (AEK) het 'n insiggewende artikel geskryf waarin hy vertel dat die Atoom Energieraad wat in 1948 gestig is, sowel as Pelindaba en die ander kernaktiwiteite in Suid-Afrika, gebaseer is op die vreedsame aanwending van kerntegnologie, veral nadat ontdek is dat Suid-Afrika een van die beste verskaffers van uraan is. Almal stem natuurlik nie saam met die 'vreedsame' teorie nie maar is dit nie juis waarom gesê is dat Suid-Afrika homself voorberei het om ten volle weerbaar te wees teen al sy internasionale vyande nie? En met volle reg ook! Soos die spioen Dieter Gerhardt dit gestel het, het Suid-Afrika in 1964 'n onafhanklike kernprogram begin ontwikkel met die beste wetenskaplikes in die wêreld aan die stuur – dit was 'n poging van groot erns, toewyding en motivering sodat ons te midde van sanksies onsself sou kon voorsien van noodsaaklike toerusting byvoorbeeld in die mediese beroep sowel onsself militêr kon verdedig indien nodig. Suid-Afrika het geen plan gehad om oorlog teen ander lande te gaan maak nie maar met soveel internasionale vyande sou die tyd wel aanbreek om hom teen hulle te verdedig.
Dr Stumpf het bevestig dat die ontwikkeling nie maklik kon wees nie en daar is met spoedige uitbreiding groot sukses behaal. Een van hierdie uitbreidings was die Uraanverrykings-korporasie op die Valindaba-grond wat net langs Pelindaba geleë is. Die verrykingsaanleg is genoem die Y-Aanleg en het in 1971 tot stand gekom. Teen Maart 1977 was hierdie aanleg in volle gang. Dr Stumpf voeg daarby dat dit Pakistan dubbel die tyd geneem het om sulke soort sukses te behaal. Gedurende 1978 en 1979 is tonne uraan hexafluried hier ontgin en omgeskakel in HEU as metaal.
Kerneksperiment 1979
In September 1979 is 'n kernontploffing deur 'n Amerikaanse satelliet ongeveer 2 000km suid van Kaapstad waargeneem. In Junie 1980 rapporteer die intelligensiediens van Amerika (CIA) aan die VSA Nasionale Veiligheidsraad dat die twee tot drie kiloton kerneksperiment waarskynlik deur Suid-Afrika sowel as Israel saam uitgevoer is. Die CIA verklaar ook dat hulle talle besoeke van wetenskaplikes en tegnici tussen Suid-Afrika en Israel in die voorafgaande paar jaar opgemerk het met die gevolgtrekking dat Suid-Afrika en Israel wel saam aan 'n kerneksperiment gewerk het. Sou dit opsigself nie al die hele VSA in bewing gehad het nie!
Natuurlik moes daar teen sulke publisiteit wal gegooi word en probeer Washington keer dat die nuus versprei dat 'n "Israeli-Suid-Afrika"-samewerking plaasgevind het. In 'n publikasie "The Message" word uit Washington 'n spul leuens oor hierdie aangeleentheid geskryf sodat daar onduidelikheid oor die vorige gerugte sou ontstaan.
Maar in 1986 vertel 'n Israelse kerntegnikus, Mordechai Vanunu, in 'n onderhoud met die London Sunday Times dat dit algemene kennis by die Dimona kernaanleg was dat talle Suid-Afrikaanse wetenskaplikes, tegnici en metallurgiese ingenieurs by Israel se uitruilprogram betrokke was. Beide die regerings van Israel en Suid-Afrika het natuurlik ontken dat hulle gesamentlik met die ontwikkeling en toetsing van kernwapens besig was.
Interessant, toe Mandela in 1994 die eerste swart kommunistiese president van Suid-Afrika word, het 'n kabinetslid aan 'n koerant vertel dat dit inderdaad 'n kerneksperiment was – daar kan begryp word dat hy onmiddellik gedwing is om sy stelling terug te trek. Van Mandela gepraat: hy het in 1994 toe die ses kernbomme onskadelik gestel is, talle van die biologiese en kernwapens aan sy comrades in Libië verkwansel – en ons het gewonder hoe hy, tronkvoël en bomplanter-terroris, so vinnig 40 miljoen rand sterk kon word...
Suid-Afrika se weermag het gedurende 1975 en 1976 'n ekskursie na Angola onderneem onder die naam Operasie Savannah waartydens hulle feitlik elke geveg gewen het tot groot frustrasie van die Portugese kommunistiese National Front for the Liberation of Angola (FNLA). Dit ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) met outydse wapentuig teen duisende Kubane en Angolese troepe moes veg wat toegerus was met moderne Russiese wapentuig. Die sukses van ons troepe het daarin gelê dat hulle baie goed opgelei was en uitstekende leierskap gehad het. Tog was die wapensituasie 'n agterstand waaraan dringende aandag geskenk moes word ná die onttrekking van ons troepe uit Angola.
Daar was wel sedert 1969 in die SAW 'n behoefte na langafstand artillerie maar tydens die Angola-inval het 'n werklike ontwaking in die soektog hierna plaasgevind. Daar is 'n gerug dat Suid-Afrika hierna Washington se intelligensiediens, die CIA, genader het om met die projek te help. Mens kan maar moeilik glo dat die Amerikaners wat ook agter die Angola-oorname gesit het ons van hulp sou wees, maar teen die einde van die sewentigerjare is die eerste G5 artillerie in die Pretoria-aanleg vervaardig en aan die SAW oorgegee, en daarna die G6. Geen wonder nie die Suid-Afrikaanse joernalis en buitelandse korrespondent Peter Younghusband, het in die Montreal Gazette van 5 April 1980 berig dat die Suid-Afrikaners nou oppad is om neutronmissiele te vervaardig.
Sedert 1979 het die wapenprogram vleuels gekry en is verskeie soorte wapens vervaardig waaronder die neutronskulp in 1982. Die voorsitter van Armscor het by 'n mediakonferensie in September daardie jaar gemeld dat die G5 en G6 artillerie toegerus was om 155mm-rondtes met spesiale kernkoppe af te vuur alhoewel hy vinnig was om by te voeg dat dit nie vir daardie doel ontwerp is nie. Dit is ook bekend dat Israel aan Suid-Afrika van hierdie kernkoppe verskaf het deur dit uitmekaar te haal vir die vervoer na Suid-Afrika waar dit hier weer inmekaar gesit is.
Deurentyd is dit duidelik dat Suid-Afrika op alle gebiede meer as paraat was teen buitelandse vyandelikhede. Die standaard van opleiding by ons weermag sowel as die latere artillerie deur onsself vervaardig was van hoogstaande gehalte en het ons in 'n posisie geplaas wat die buiteland hoogs bevrees gelaat het. Sou hulle hul kloue op ons ondergrondse rykdomme wou plaas, sou hulle ons moes ontwapen. Om dít te kon vermag, moes hulle 'n verraaier soos F.W. de Klerk koop om die regering omver te werp.
Dat F.W de Klerk en sy gespuis kon wegkom met die leuen dat Suid-Afrika ter wille van vrede en orde aan 'n swart korrupte regime oorhandig moes word, spreek van onkunde onder ons mense. Sy stelling dat ons geen ander keuse gehad het nie as om ons land sonder slag of stoot op 'n skinkbord weg te gee is van alle waarheid ontbloot, dit het die geskiedenis bewys. Elkeen van die duisende lewens wat intussen in die Nuwe Suid-Afrika aan moord geoffer is onder 'n misdaadbende wat in die parlement sit omdat F.W. sowat 45 miljoen rand daarvoor betaal is, sal van die hande van De Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, en al hulle trawante geëis word. En sou dit ons nie beskore wees om hulle in hierdie leeftyd in die openbaar tereg te stel vir hoogverraad nie, sal ons regverdige God van hemel en aarde sorg dat hierdie onreg in die reine gestel word.
Mag dit nie te laat wees om die waarheid oor hierdie aangeleentheid te versprei nie. En mag ons hemelse Vader met elkeen van sy kinders wees in die toekomstige tyd waarin ons nog sal leer hoe 'n werklik onstabiele, ontwrigte land lyk – die handewerk van F.W. de Klerk.