NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As gelowige Boerevolk het ons vandag die versekering dat God 'n deel van ons volk nie die knieë voor Baäl laat buig het nie, net soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: dat Hy vir Hom 7 000 man uitgehou het en dat Hy dit in "teenswoordige tyd" weer sal doen – uit suiwer genade, nie uit ons verdienste nie. Daarom mag ons daarop staatmaak!

MALEMA, MI6, ZUMA EN ONS

Adriaan Snyman

WAAR SUID-AFRIKA NOU STAAN

"Zuma het in die ANC se Kamp Quatro, in Angola, destyds eiehandig etlike honderde ANC-kaders verwurg of soms net geskiet maar sy bynaam was “die slagter”, want wanneer hy met sy moordorgie klaar was, het daar plasse bloed om hom gelê...   ... volgens my bron in Nederland het Malema geen ander keuse as om Zuma “uit te haal” as hy die leisels wil oorneem en sy revolusie wil deurvoer nie."

Ek het onderstaande inligting enkele dae gelede van ‘n baie betroubare bron ontvang. Hy is jare lank reeds op hoogte met die werksaamhede van MI6, die geheime dienste van Nederland, Frankryk en Israel. Hier skets hy nie net vir ons breedvoerig die gebeure wat gelei het tot Julius Malema se meteoriese opgang in die ANC nie, maar gee ook ‘n moontlike scenario van wat in die nabye toekoms in Suid-Afrika kan gebeur.

MI6 se Plan wat hy in 2006 aan Malema voorgelê het om die ekonomiese mag te bekom, was byna dieselfde as dié wat in 1985 aan Oliver Tambo voorgehou is. Die weerbarstige Julius Malema het al in 2002 hulle aandag getrek toe hy ‘n Cosas-optog deur Johannesburg se strate gelei het wat gekenmerk was deur chaos, geweld en plundering. In die daaropvolgende vier jaar is hy noukeurig deur MI6 gemonitor, en toe nadergetrek.

Vir bykans 18 maande lank is hy deeglik voorberei, met groot somme geld en beloftes van nog meer, vir Operasie Vula II. Net soos sy voorganger, Oliver Tambo, word hy in 2008 ook leier van die ANC-Jeugliga. Van daardie dag af is hy deur MI6 getaak om die jeug gereed te maak vir die Finale Opstand (Final Uprising), waarin o.a. ook swart “informante en teenstanders” genadeloos geëlimineer sou word, blankes hulle ekonomiese mag sou verloor, en as apartheidsskurke uitgewis moes word.

MI6 wat ook vir Robert Mugabe geskool het, het Malema Zimbabwe toe gestuur om by Mugabe te gaan kers opsteek. En hy was nog skaars terug of hy kondig aan dat hy op die myne, plase en banke beslag gaan lê.

Hy word nietemin gewaarsku dat Jacob Zuma sy “grootste teenstander” is en sy pad na die presidentspos kan belemmer; maar MI6 verwag van hom om Zuma (voorlopig) “goed” te behandel, aangesien hy hom gaan nodig kry om sekere doelwitte te bereik.

Toe Zuma, die eertydse veiligheidshoof van die ANC, besef die jong Malema is ‘n “getroue” kameraad wat selfs “bereid is om vir hom te sterf”, het hy onvoorwaardelik sy volle steun gegee aan die opmars om die wit mag ekonomies en fisies te vernietig – heeltemal onbewus daarvan dat Malema besig is met ‘n verraderlike skynspel – presies volgens die voorskrifte van Operasie Vula I: “raak ontslae van opponente wat in jou pad staan”. Die plan waarvolgens hy te werk moet gaan, is glo reeds in plek.

Met die wapenskandaal van enkele jare gelede, is die geldgierige Zuma met bykans R50 miljoen verryk. Iets waarvan Malema deeglik kennis dra en nie sal aarsel om te gebruik, sou Zuma die pappot omroer of mede-ANC-lede teen hom opstook nie.

Om egter sy lojaliteit te bewys, het Zuma op 1 Junie vanjaar die gewese ANC terroris-spesialis, Solly Shoke, as Verdedigingshoof aangestel. Shoke is daarvoor bekend dat hy en Winnie Mandela gedurende die tagtigs sowat 400 “ontroue” ANC-lede met die halssnoermetode laat vermoor het, en hy was ook saam met Zuma in Kamp Quatro waar hulle opleiding in terreur en marteling ontvang het.

Zuma het in die ANC se Kamp Quatro, in Angola, destyds eiehandig etlike honderde ANC-kaders verwurg of soms net geskiet maar sy bynaam was “die slagter”, want wanneer hy met sy moordorgie klaar was, het daar plasse bloed om hom gelê.

Die Weermag bestaan vandag hoofsaaklik uit terroriste wat deel was van die “struggle”. In 1994 is APLA en Umkhoto we Sizwe (albei ook terroriste groepe) daarin opgeneem. APLA (Azanian People’s Liberation Army) het na 1986, sy aanslag teen blankes begin met die kreet “one settler, one bullet”, terwyl Umkhoto we Sizwe (Spies van die Nasie), die ANC se militêre vleuel op 16 Desember 1961 deur Mandela self gestig is om die guirilla-oorlog teen blankes te verskerp.

Met Shoke se aanstelling het Malema dus die versekering dat die Weermag in die komende revolusie sy aan sy met hom sal veg. Pas na Shoke se aanstelling het Malema dan ook begin om die laaste skuiwe vir sy “revolusie”  te maak, wat o.a. die volgende insluit:

1. As geharde Kommunis het hy, soos die res van Afrika se leiers, blankes daarvan beskuldig dat hulle swartes se grond gesteel het, en het geëis dat hulle soos kriminele behandel moet word. In reaksie hierop het swart leerlinge op Jan Kempdorp begin om blanke onderwysers as “honde” uit te skel.

2. Met sy “haatspraak-hofverskyning” het hy en Winnie Mandela, ten aanskoue van die pers en honderde ANC-ondersteuners, mekaar op die trappe van die hooggeregshof gesoen. Daardie soen was ‘n bevestiging  van Winnie dat sy by hom staan, dat die kaders van die ANC se terreurvleuel, Umkhonto we Sizwe, gereed is, en dat sy hulle bevelvoerder in die “finale stryd” sal wees.

3. Toe die eerste blanke plaasboer op 24 Oktober 2000 in Zimbabwe vermoor is, het die hele wêreld wraak gesweer. Selfs Engeland het Mugabe met vergeldingsaksies gedreig; maar tot vandag toe het daar niks van gekom nie en sit hy nog stewig op die perd wat MI6 vir hom in 1980 opgesaal het. Anders as met Egipte, Libië en Sirië het nóg Amerika nóg Brittanje ingegryp om die skending van menseregte in Zimbabwe te stuit. Malema sal dieselfde voordele as sy mentor geniet. MI6 het ook aan hom vrye teuels belowe met sy beplande opmars teen die blankes. Dis hoekom hy hom glad nie steur aan regter Colin Lamont se uitspraak in die gelykheidshof dat die woorde “Dubula iBhnu” (“Skiet die Boer”) haatspraak is nie. Hy wil juis vir die blanke wys dat hy hulle haat, en is woedend vir wittes wat hulle daarteen uitspreek, want “hulle staan in die pad van die revolusie”.

4. Cosatu se optogte is oorgeneem deur aggressiewe jeugdiges wat met handskoene aan en balaklawas, die strate beset het;  almal gewapen met pikstele, panga’s en stokke. Sedert enkele weke gelede verskyn Malema gereeld met die ANC-mus of baret op sy kop. Dis gewoonlik net elite-troepe in ‘n weermag wat dit oppad oorlog toe mag dra. Chris Hani het ook dikwels daarmee verskyn.

5. Nadat pseudo-vakbondlede basiese militêre opleiding by ons weermagbasisse gekry het, is hulle eerste salvo vir die revolusie asfgevuur met ‘n “verskroeide aarde beleid”. Dit was fenomenaal suksesvol: Meer as 700 000 hektaar weiding en landbougrond is in brande vernietig; sowat 3 500 stuks vee het doodgebrand, en sovêr bekend, het twee boere hul lewens in die vlamme verloor. In Bethal het daar tot 6 brande rondom 'n enkele plaas gewoed, en talle boere het hul hele wintervoervooraad verloor.

6. Die talle stakings van die afgelope maande was bloot oefenlope om te kyk hoe deeglik paaie en strate afgesny kan word. Dit was veral die brandstofstaking wat bewys het hoe vinnig paniek en chaos kan ontstaan toe daar binne enkele dae meer as 300 vulstasies sonder brandstof was.

7. Cosato is nou van plan om in Oktober weer met ‘n staking te begin om die heffings op tolpaaie te stuit. En Zwelinzima Vavi het gewaarsku dat hulle nie sal aarsel om die land tot stilstand te bring nie. Maar die eintlik doel is om Malema se Rooi Oktober in te lui. Onder Kommuniste, wêreldwyd, is Oktobermaand van groot belang en waarde. Dit was gedurende Oktober dat die Bolsjewistiese revolusie, wat reeds in Februarie 1917 begin is, ‘n hoogtepunt bereik het met die finale omverwerping van die Russiese regering in Petrograd, ook bekend as St. Petersburg.

8. Die begin én verloop van sy ekonomiese revolusie en oorlog teen die wit minderheid in Suid-Afrika, het hy vir ons op 10 September in Alexandra, met dag en datum, volledig geskets, maar terselfdertyd ook gewaarsku dat daar (wit) ongevalle sal wees: “Die dag het aangebreek en op (wyle) O.R. Tambo (oud-ANC-leier en Jeugliga-president) se verjaarsdag (27 Oktober) neem ons die stryd teen monopolie-kapitaal (die Jode) na die Johannesburgse Aandelebeurs en die Uniegebou (waar Zuma die septer swaai).

“Daarna kom die myne, banke en grondhervorming aan die beurt.

“Die wittes is midadigers, hulle het ons land gesteel, en moet as sodanig behandel word. Ons wil ons grond verniet terughê.

“Ons, die Jeugliga, vra nie om verskoning vir ons standpunte oor nasionalisering van myne en grondhervorming nie…”

Op Facebook bevestig ene Thato Mbateti Mbateti dat die kameradie tussen Zuma en Malema sy einde nader, en dat Malema van plan is om Zuma binne ses weke dood temaak. Moontlik is dit net ‘n ydel dreigement, maar volgens my bron in Nederland het Malema geen ander keuse as om Zuma “uit te haal” as hy die leisels wil oorneem en sy  sy revolusie wil deurvoer nie!

* Dit laat my dink aan wat Siener gesê het:

“Ek sien ’n klein, maer swartetjie halflyf verrys uit die aarde, en gister het ek weer ’n visioen gehad. Ek sien dat die swartetjie gegroei het tot ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar voor dié tyd het ek ook ’n donkerte oor die land sien neerdaal…”

Elders het hy ook gesê hy sien ons kyk in die geweer se bek met ‘n swart vinger op die sneller, maar net voordat die skoot afgaan, verskyn ‘n hand van Bo en klap die geweer weg – dan sien hy hoedat swartes op mekaar begin skiet.

Alles dui daarop dat die vinger op die geweer se sneller net Malema s’n kan wees, want anders as Peter Mokaba wat gesing het “Kill the farmer, kill the Boer!”, sing Malema “Shoot the Boer!” Hy sê dus ondubbelsinnig dat hy ons wil doodskiet!

Sommige kommentare op Adriaan se skrywe

September 18, 2011 at 10:34 pm
Volgens Naspers se berigte lyk dit ook of die datum van die 27 Oktober reg kan wees en dit is ook die datum wat ek en my kinders bespreek het. Ons as gesin het ons reeds voorberei, maar is maar nog baie onseker oor wat alles kan gebeur.

September 17, 2011 at 8:04 pm

...'n 'Afrikanis' wat hier by ons werk het teen die einde van Augustus genoem dat die waarheid vir almal in hierdie land gedurende Oktober bevestig sal word. Hy moet goed ingelig wees, want toe ek hom daarna vra was sy antwoord, “wait you will se during October” nou verstaan ek meer waarvoor ek moes wag!

September 19, 2011 at 3:15 pm

Cosatu het Sondag 'n vergadering in Durban gehad om hul mense te mobiliseer vir die groot Cosatu staking, waar hul belowe het om die land lam te lê op 5 OKTOBER. Dan het Duma Dlamini die mense aangehits om ”Skiet die Boer” te sing. Die berig was ook op SPEKTRUM – RSG.

Hoe ons hier gekom het (Adriaan)

Wat hier gesê word, het my opnuut laat besef dat die Britte se haat en wraaksug teen die Boervolk sedert die 2de Vryheidsoorlog nog niks verander het nie.

Dit was MI6 wat die ANC gehelp het om ons land te vat, en dit gaan ook hulle wees wat Malema gaan bystaan in sy “finale revolusie” wat hy nog vanjaar wil voltrek. ‘n Mens wil nie spoke opjaag nie, maar ek dink dis miskien tyd dat ons in alle erns die waarskuwings wat al op hierdie blog se kommentare uitgegaan het, ter harte neem!

Uit wat aan my meegedeel is, kon ek onderstaande artikel saamstel. Inligting uit ander plaaslike en buitelandse bronne bevestig wat gesê word:

Julius Malema se vinnige opgang in die ANC kan teruggevoer word na Oliver Tambo en Operasie Vula in die tagtigerjare. Tambo is in 1943 gekies as die eerste leier van die ANC se Jeugliga en het later ANC-president geword. Na sy verkiesing as president het hy vanuit sy wegkruipplek in Muswell Hill, Noord-Londen, begin om teenkanting teen apartheid te mobiliseer, en hom terselfdertyd beywer vir die uitwissing van “ontroue” ANC-lede.

Maar al sy pogings om apartheid vanuit die buiteland af te breek, het egter weinig vrugte afgewerp.

Selfs die sogenaamde Sharpville-slagting, waarop Tambo en MI6 hul hoop gevestig het, kon die meerderheid kerkvaders nie van hul ingeslane weg van apartheid laat afsien nie. Op aandrang van die WRK is die Cottesloe-beraad toe in Johannesburg belê. Hulle doel was om die dik, stewige muur van apartheid wat net die blanke ingesluit het,om te stoot. Maar ten spyte van al die Wêreldraad van Kerke se verbete pogings, was daar na afloop van die beraad skaars ‘n krakie in die muur sigbaar.

Die beraad het regstreeks voortgespruit nadat duisende swartes op 21 Maart 1960 in Sharpeville in die Vaaldriehoek aan ‘n protesoptog deelgeneem het (dit was deur MI6 geïnisieer), en Harold Macmillan, eerste minister van Brittanje sy “winde van verandering”-toespraak in die Parlement in Februarie 1960 gelewer het. Altesaam 80 afgevaardigdes van agt Suid-Afrikaanse lidkerke van die Wêreldraad van Kerke het van 7 tot 14 Desember 1960 in Cottesloe vergader om die NP se rassebeleid onder die soeklig te plaas.

Die uiteinde van die beraad was dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk finaal gebrandmerk is as apartheidskerk wat geweier het om standpunt in te neem teen die regering. Slegs enkele predikante was ten gunste van die beraad (waarvan ds. Beyers Naudé die bekendste was).

Gedurende die volgende twee dekades is daar met die invloed van die WRK, baie subtiel liberale teoloë in die topstruktuur van die drie Afrikaanse susterskerke (maar veral die NG Kerk) ingeskuif wat openlik gekant was teen die beleid van differensiasie uit ‘n Christelike oogpunt. Prof. Johan Heyns was hier die leidende figuur.

Teen die vroeë tagtigs het hulle invloed reeds tot op alle vlakke deurgesuur, en het die Britse Geheime Diens besef die tyd is ryp om op te tree. Oliver Tambo is gekontak met ‘n Plan wat SA “sonder slag of stoot in ANC hande sou laat val”. Die Plan was só eenvoudig dat selfs Mandela vanuit sy tronksel laat weet het hy twyfel of dit sal slaag. Maar Tambo het dit aangegryp en dadelik in werking gestel:

Verbode senior ANC figure is uit die buiteland na SA gebring om die “struggle” aan te vuur en swartes voor te berei vir ‘n grootskaalse opstand teen blanke oorheersing én om informante (opponente) in ANCgeledere uit te snuffel en te elimineer.
Die operasie het gelei tot die afkondiging van twee noodtoestande deur PW Botha, en verskerpte maatreëls teen die toenemende swart opstande wat keer op keer op geweld en bloedvergieting uitgeloop het. Maar uiteindelik was dit Botha self wat die apartheidsmuur begin aftakel het toe hy die eerste Kleurlinge in die Parlement toegelaat het. MI6 se plan was só suksesvol dat Nelson Manela in Februarie 1990 vrygelaat is en vier jaar later die land kon oorvat.

Maar na byna 15 jaar in die kussings het die ANC begin besef dat die ekonomiese mag van Suid-Afrika steeds rotsvas in blanke hande is.

En weer was dit sy ou vriend (MI6) wat moes help om hierdie laaste ankerpaal van blanke oorheersing uit te ruk.

In sy voorlegging aan die ANC in Junie 2006 sê MI6 o.a. dat hy in sy ontleding van die Afrikaner  se psige die volgende waarneming gemaak het: Daar is twee uitstaande pilare waarop hulle volkstrots rus, nl. die kerk en sport. Vertroebel eersgenoemde en ontneem hom die tweede en jy sit met ‘n ontwortelde Afrikaner wat verward ronddryf tussen wat reg en verkeerd is. En as hy dan besef dat sy sportpilaar ook kan tuimel, sal hy alles, ja, alles gee om dit nie ook te verloor nie.

Met 1992 se referendum (daar moes gestem word of die NP met die ANC moet onderhandel of nie) – die dominee het toe reeds in sy wolfspak geparadeer, het FW de Klerk die blanke kiesers met behulp van die media netjies in MI6 se slagyster laat trap. Hy het hulle gewaarsku dat as daar nie ja gestem word nie, Suid-Afrika nooit weer internasionaal op sportgebied sal kan meeding nie. Die meerderheid kiesers was verbysterd by die aanhoor daarvan, en kon nie gou genoeg hul kruisie trek om hul vaderland en hul kinders se toekoms weg te gee vir ‘n drie agter die pale nie, maar goddank ons het nie net ‘n halwe “trooster” behou nie, maar ook nog sokker bygekry, waarna geeneen van ons ooit gekyk het nie!

Ook vir die dominee was die sportgod ‘n reddingsboei. Sonder teëspraak kon hy sy preke vervroeg om nie op die rugby-uitsendings inbreuk te maak nie; sy bidure afstel sodat almal aandwedstryde kon bywoon of op TV volg. En nou met die Wêreldbeker in Nieu-Seeland kon meer as 50 predikante hulle kuddes op die oop veld agtergelaat om ‘n vertrapte land, wat nie eens meer aan hulle behoort nie, se basterspan te gaan ondersteun.

...En daarom is ons hier.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 659 gaste aanlyn