Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die gesinslewe is 'n kweekhuis vir kennis van die lewe. Daar leer die kinders van ouers hoe om hulle lewe te leef. Dit is die plek waar geleer word om intieme, betroubare ek-en-jy verhoudings te kweek. Daar leer ons ook om met onsself en ander oor die weg te kom. Daar leer ons kinders om hulle persoonlikheid te ontdek en uit te leef. Tans is daar meer gebroke gesinne as gelukkige heel gesinne oral in die wêreld en ook in ons mooi land. En dan vra ons nog waarom ons land en ons volk in so 'n toestand is!
NEDERLAND PLEIT TEEN PTA STRAATNAAM- VERANDERINGS
Ou en nuwe straatname hier onder aangeheg
'n Nederlandse politieke party, die Party vir Vryheid (PVV) eis dat die Nederlandse Kabinet ter ondersteuning van die behouding van Suid-Afrika se straatname in Pretoria sal optree.
Die (PVV) het in 'n mediaverklaring gesê die Nederlandse Ambassade in Queen Wilheminalaan behoort te weier dat straatname in Pretoria vervang word met Nuwe Suid-Afrika-name.
Ook die Federasie van Afrikaanse Kultuurverening (FAK) het die Nederlandse minister Mark Rutte om hulp gevra om die straatname te help behou. Die federasie weier glo volstrek dat 25 Pretoriase straatname sommer net geskrap word terwyl dit ook na Nederland verwys. Dit is volgens hulle aanstootlik om strate te gaan vernoem na persone soos Steve Biko en meelopers van die kommunistiese swart bewussyn in Suid-Afrika.
Die FAK het per brief aan Rutte gevra om met die ANC in verbinding te tree in hierdie verband en hulle te probeer omhaal om nie die besondere geskiedenis van die Afrikaner en hulle band met Nederland net so uit te wis nie, aangesien dit die minderheidsgroepe in Suid-Afrika nog verder sal marginalisseer en ook die internasionale wêreld verder sal vervreem. So sal dit ook die Afrikaanse taal 'n groot nekslag toedien. Die FAK verteenwoordig sowat 250 000 Afrikaanse lede.
Die PVV het verder gesê dat die ANC sowat 27 Pretoriase straatname wil verander, ingesluit Beatrix straat en Koningin Wilhelminalaan. Die Nederlandse minister, Halbe Zijlstra is gevra of hy bewus is van die "klap in die gesig van die Nederlandse koninklike familie" om die name te verander. Die verklaring lui verder dat die name 'n herinnering is aan die Boer se stryd teen die Britse owerheid. Die naam Koningin Wilhemina is 'n huldeblyk aan die jong koningin wie in 1900 'n Nederlandse oorlogskip beskikbaar gestel het om President Paul Kruger na Nederland te bring waar hy eindelik oorlede is.
Die ander straatname het historiese karakter uit die Voortrekkergeledere wie 'n Nederlandse agtergrond het en wie almal bygedra het om Pretoria te stig en te ontwikkel.
Nou ja, die pleidooie is wonderlik en goed, maar niemand dink seker dat die ANC hulle regtig hieraan sal steur nie? Hier volg die straatnaamlys wat verander gaan word, met die voorgenome nuwe swart Suid-Afrikaname daarlangs, ten koste van miljarde rande van die reeds verguisde blanke belastingbetaler:
1. Walker/Charlesstraat: Justice Mohammed
2. Proesstraat: Johannes Ramokhoase
3. Duncanweg: Jan Shoba
4. Gen. Louis Botharylaan: January Masilela
5. Esselenstraat: Robert Sebukwe
6. Vermeulenstraat: Madiba
7. Schubartstraat: Sophie de Bruyn
8. Potgieterstraat: Kgosi Mampuru
9. Prinsloostraat: Sisulu
10. Skinnerstraat: Nana Sita
11. Jacob Maréstraat: Jeff Masemola
12. Queen Wilhelminaweg:b Florence Ribiero
13. Van der Waltstraat: Lillian Ngoyi
14. Andriesstraat: Thabo Sehume
15. DF Malanrylaan: Eskia Mphahlele
16. Hans Strijdomrylaan: Solomon Mahlangu
17. Mitchellstraat: Charlotte Maxeke
18. Schoemanstraat: Francis Baard
19. Zambezirylaan: Sefako Makgatho
20. Hendrik Verwoerdrylaan: Johan Heyns
21. Beatrix/Mears/Voortrekkerstraat: Steve Biko
22. Kerkstraat: Stanza Bopape; Helen Joseph; WF Nkomo en Elias Motswaledi
23. Michael Brinkweg: Nico Smith
24. Leah Mangope: Peter Magano
25. Lucas Mangope: Molefe Makinta.