Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie dink dat jou lewe ten einde loop wanneer jy terugslae kry nie – dis deur swaarkry wat ons leer verstaan wat genade is en word die lewe naderhand een wonder van genade te midde van gebeure rondom ons. Dis dan wanneer dinge vir ander soos rampe lyk maar jy sal weet dit is die genade van God.
KERSFEES, EN WOOLWORTHS...
Ockie Oosthuizen Snr. - Voorsitter Vaandel Uitgewers
R50.6 milj se aandele is op een dag alleen verkoop in 902 000 transaksies. En die media swyg in meeste tale...
Kyk net wat kan gedoen word as daar weerstand is. Dis nou amper Kerstyd en ons kan Woorworths nog lekker bykom...
Hulle aandele het met 9% geval in 2 dae. Baie mense het vinnig hulle aandele verkoop en daarmee Woolworths se probleem net groter gemaak. Dit beteken ook dat Woolworths se gekapitaliseerde waarde met 9% verminder het. Aandeelhouers voel dit ook en verkoop aandele dat dit gons.
Dit lyk werklik asof hierdie saak opslae maak – weliswaar nie in die koerante nie.
In die noorde van Pretoria is daar groot woelinge en verlede week het studente en ander personeel en vriende van Aros die WW-winkels in die omgewing toegesak en elkeen het afsonderlik die winkels binnegegaan, ‘n trollie vol allerlei goed gelaai, met hulle “bondgenote” ‘n argument ten aanhore van almal aan die gang gesit, wat daarop uitgeloop het dat hulle kliphard vir almal om te hoor, verklaar het dat hulle nooit weer by WW gaan koop nie. Een van die takke moes hulle deure sluit soveel trollies vol kos en klere en allerlei ander goedere het by die kasregisters gestaan, almal tot oorlopens toe vol.
Uit ‘n ander bron: Saterdagoggend het ek my beskeie deeltjie bygedra en my kleindogter saam met my geneem na ‘n koswinkel van WW en allerhande duur, bederfbare kos in die waentjie gelaai. Toe ons by die kasregister kom, het ek die dame agter die toonbank gevra of sy Afrikaans kan praat. Toe sy dit ontken het ek ook hardop verklaar dat hulle MOS die winkel is wat diskrimineer teen die Afrikaners en ook nie aan blankes werk wil gee nie. Sy het heftig enige kennis daarvan ontken, waarop ek haar verseker het dat ek weet dat sy baie goed weet waarvan ek praat en my trollie (wat seker ongeveer R3000 se kos in gehad het) net daar gelaat en geloop. Moet sê, vir my as volwassene was dit regtig nie aangenaam om so iets te doen nie, maar in hierdie geval het ek gevoel ek kan nie terugsit en niks doen nie!
Ons verneem ook dat ‘n manspersoon by ‘n winkel ingegaan het en talle grimeermiddels soos lipstiffies, blosser, oogskadu, ens. (wat almal in klein houers verpak is) deurmekaar in ‘n groot trollie gegooi. Ek is oortuig dat dit die personeel ure sou neem om dit alles uit te sorteer. As nog ‘n paar sulke dinge gaan plaasvind, is ons seker die winkel sal 'n plan moet maak.
Ongelukkig het dit nog nie deurgesuur na die hele land toe nie, maar miskien kan meer mense aan hierdie aksie deelneem met verreikende gevolge vir blankehaters soos Woolworths.
Dit wil voorkom uit wat met Woolworths gebeur het, die grootste ondersteunersbasis van blankes afkomstig is. Hoe dit ook al sy, enige wegbly-aksie kan deur geen besigheid bekostig word nie en sal elke sakeman deeglik van die protesoptrede kennis móét neem. Ander kettinggroepe sal graag Woolworths as mededinger wil uitskakel, al is dit net in die blanke voorstede.
Ons vertrou net dat mense die druk sal bly toepas totdat dit werklik effektief is, want as die blanke werker vir Woolworths minderwaardig is, waarom moet ons hulle dan help; net om ons verder te onderdruk?
Ons kommentaar: Woolworths ontken glad nie dat hulle net swartes nou aanstel nie. Maar ons het die koopkrag om Woolworths (en enige ander anti-blank-organisasie) op sy knieë te bring!
Hierdie episode het bo alle twyfel bewys wat kan gedoen word as ons besluit om saam te staan.
DIE TYD HET AANGEBREEK DAT ONS SAAMSTAAN TEEN DISKRIMINASIE EN DISKRIMINERENDE INSTANSIES OF BESIGHEDE AANVAT EN SLAAN WAAR DIT HULLE SEERMAAK...