NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan vir God niks wegsteek nie; nie ons swaarkry, ons sonde of ons liefde vir Hom nie. Kyk net hoe goed ken Hy ons: in Ps 139 sê Dawid: "U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al".  Natuurlik, want Hy het ons gemaak!

CHRISTEN-REAKSIE OP SA-GEBEURE

Hein Toerien

Christene se reaksie op gebeure in die land word tans veel meer getoets as net deur die litigasie oor die plek van ’n godsdienstige etos in skole. Word gewoon by die kore aangesluit soos dié wat eis dat pres. Jacob Zuma en die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen die trekpas moet kry? Word die blinde oog op onregte gewerp? Of word skouer aan die wiel gesit om die onregte uit die weg te ruim?

Die verhaal van die drie bome

Israel het wêreldbekende inheemse bome, maar hulle is nie almal baie bekend as besonder geskikte timmerhout nie. Die stamme is dikwels bonkig, knoetsig, en selfs vervleg, sodat met die bou van die eerste tempel sederhout uit die teenswoordige Libanon ingevoer moes word.

Drie inheemse bome het groot drome vir die toekoms gehad. Die een wou graag eendag ʼn beroemde koning se skip word. Die tweede wou graag ’n skatkis word, en die derde wou graag tot teen die hemel groei.

Toe die eerste afgekap is, is ’n vissersskuitjie van hom gemaak. Dit is die skuitjie waaruit Jesus op die See van Galilea vir die menigte gepreek het.
Die tweede boom se hout is gebruik om ʼn krip van te maak – die krip waarin Jesus met sy geboorte neergelê is. Die derde boom se hout is gebruik om die kruis vir Jesus se kruisiging te maak.

God is liefde

Die boodskap is duidelik. Dit is reg dat die Christen daarna streef om sy Godgegewe talente in te span om te streef om die beste te wees wat hy kan wees. Maar dikwels het God ander planne in Sy Raadsplan oor waar ons aangewend moet word – en sal die Christen uit die aard van die Christelike etiek steeds die beste daarin probeer wees wat hy kan wees.

Dit is geen fatalistiese gedagte nie.

In 1 Joh. 4:8 lees ons: “Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.” In vers 12 staan: “Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.Klik hier om die hele hoofstuk te lees.

Ons ken almal die bekende 1 Korintiërs 13 se pragtige beskrywing van die liefde. Vers 9 stel dit ook duidelik: “Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik…” Ons weet nie alles nie, maar dat dit wat ons doen in liefde gedoen moet word, is duidelik, en wat liefde behels, is duidelik.

Suid-Afrika se drie bome

Die nuuskommentaar is nie bedoel om ʼn teologiese ontleding te wees nie, maar gebaseer op aktualiteite. Tog kan geen samelewing ook sonder norme en etiek wees nie, maar die jongste misdaadsyfers, die politieke verwikkelinge en universiteitsdebakels laat tog vrae ontstaan oor waarheen die land met sy sekulêre grondwet heen op pad is.

Suid-Afrika het ’n aantal wêreldbekende houtsoorte waarvan peperduur meubels vervaardig kan word – bome “wat ten hemele” reik. Ons dink aan die stinkhout- en geelhoutreuse. Ander houtsoorte word gebruik vir die mooiste kerfwerk, en die ysterhout is baie bekend vir sy hardheid. Een van die bekende Vader Claerhout se behoeftige swart leerlinge het weens ’n probleem om geskikte hout te kan bekostig, die mooiste Christusbeeld uit ’n spoorweg-dwarslêer gekerf.

Wat sou Suid-Afrika se bome as die mees gesogte plekke van aanwending beskou? Sou so ʼn boom dalk graag die podium in die parlement as sy grootste ideaal beskou? Sou ’n tweede meen ʼn lessenaar in die woning van die president sou sy ideaal wees? ʼn Derde sou seker reken die preekstoel in ’n bekende kerk is die ideaal.

Maar sou hierdie bome nie teleurgesteld wees nie? ʼn Mens kan jou indink dat die gedrag van die “agbare” LP’s die boom waaruit die podium gemaak is, soms sal laat wens hy is eerder vir die maak van toiletpapier gebruik.

Die kontroversie op kontroversie oor die president sal die boom van die lessenaar op Nkandla moontlik laat wens hy is as stutpaal diep onder in ʼn myn gebruik waardeur hy die mynwerkers help beveilig teen rotsstortings.

En die hout van die preekstoel, as hy sou kon waarneem hoe ’n deel van die gemeente Sondag vir Sondag met vroom gesigte in die kerk sit, maar daar buite weer hul varkpakke aantrek. Baie steek mekaar in die rug, beskinder die dominee, en gooi God se liefde in Sy gesig terug – net om weer die volgende Sondag met vroom gesigte die kerk in te paradeer. Ja, soms word selfs “in die naam van Christus” opgetree en ander mense, selfs mede-Christene, veroordeel omdat hulle nie presies soos die eie ek glo nie. Hierdie boom sou seker wens hy is eerder vir brandhout opgekap om aan iemand ’n warm maaltyd te kon help besorg.

Hoe word hulle wat met harde oordele deur die lewe gaan se wens weerspieël in die eienskappe van die goeie vrugte van die Heilige Gees? Vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, inskiklikheid, vol genade, onpartydig, nie veroordelend.

Ja, die Christen verduur geen onreg nie, maar dit beteken nie dat hy die drywer van onreg moet wees nie. Hy sal as ouer of as bestuurder tug, maar nie na ʼn onregverdige proses om tot die gevolgtrekking te kom iemand het oortree nie. En hy sal ag slaan op berou.

Media24 het onlangs ’n artikel deur die bekende dr. Piet Croucamp geplaas waarin hy die stelling maak dat geloof ’n privaat aangeleentheid is. Hiervan het die Hervormde Kerk op sy Facebook-blad verskil. ’n Persoon se Christenskap word nie aan- en afgeskakel nie. Van die Christelike godsdiens word soms gesê dat dit nie ’n godsdiens is nie, maar ʼn verhouding met God; ʼn leefwyse – ʼn God-geïnspireerde leefwyse.

Die brandpunte

Ruimte ontbreek om al die brandpunte in die land aan ’n Christelike respons te meet, maar die volgende kan nie daar gelaat word nie:

- Pres. Jacob Zuma: Ook Tim du Plessis skryf in Rapport oor die ANC se skynbare obsessie om die land te laat agteruitboer in sy vasbeslotenheid om Zuma te beskerm. Maroela het onlangs die SAKP se rol hierin bespreek – dat daar as’t ware ’n soort mutualisme tussen die president en die SAKP bestaan.

- Die storm om prof. Jonathan Jansen se kop: Dik vingers word nou gewys na die sweer uiteindelik oopgebars het. Dit is nou nie meer net die geval van twee Kovsie-studente wat na ʼn skynbaar bedenklike proses (as daar ooit ’n proses was), geskors is en “gewese Kovsies” genoem is voor hulle deur die Menseregtekommissie en die hof vrygespreek is nie, of die geval van die vise-rektor wat geskors is omdat sy glo met die Volksblad sou gepraat het nie. ’n Stroom beskuldigings oor ander probleme word nou geopper, en ’n raadslid het uit protes bedank. Die rektor se emosionele skiet uit die heup deur sy herhaalde sinspelings dat prof. Russel Botman nie vanself dood neergeslaan het nie; die gereelde gekruide taalgebruik; en die “oop deur”-benadering wat nie so oop blyk te wees nie, word in sy gesig teruggeslinger. Die onverkwiklike wyse waarop met Kovsies se Christelike etiek weggedoen is, word nou ook weer opgediep. In die media verskyn ’n rits briewe waarin die rektor ʼn rassis genoem word.

- Die skole se godsdiensetiek: Onder die redes wat aangevoer word dat die litigasie geloods word, is dat kinders wat anders glo, ten spyte van godsdiensvryheid, nie net deur klasmaats nie, maar soms ook onderwysers en selfs ’n skoolhoof geteister is. Hierdie optredes is vanuit ʼn Christelike perspektief onchristelik, en moet streng aangespreek word. Maar om die baba met die badwater uit te smyt is kwalik die oplossing. Om die onchristelike en gemene optredes van sommiges wat “in die naam van die Here optree” met die optrede van Christene gelyk te stel en daarom met die Christelike etos weg te doen, is nie die regte manier van doen nie.

- Die parlementêre sirkus: Ja, die wyse waarop die ANC sy meerderheid gebruik om eerder ’n diktatuur van die meerderheid as ’n ware demokrasie beslag te laat kry waarin in algemene belang eerder as sektorale belang regeer word, moet aangespreek word. Daar is byvoorbeeld geen manier waarop die ANC se openlike beleid van kaderontplooiing op iets anders as die diktatuur van die meerderheid neerkom nie, en waarom dit ook duidelik ongrondwetlik is nie. Maar hierdie “demokrasie” kan tog nie met goeie gevolge deur narrestreke vervang word nie.

Die Christen se reaksie

Die Christen word graag teen die kop geslinger dat hy taai is om te vergewe, maar dan word versuim om te kyk of die oortreder enige berou toon oor dit wat hy verkeerd gedoen het. Hoe opreg is iemand se berou as hy sy skuldeiser om genade vra, dit kry en dan buite iemand wat hom ʼn paar oulap skuld se pleidooie vir genade nie wil aanhoor nie, en die persoon laat wegsleep om vervolg te word?

In praktiese terme; die Christen kan nie die onreg verduur nie, maar moet in die proses nie sy oog van die kompas haal en self groter onregte pleeg in sy strewe om die onreg te beveg nie.

En as hierdie skrywer met die skryf hiervan die reëls van veroordeling oortree het, dit word berou. Wanneer die vinger na ʼn ander gewys word, wys daar immers vier vingers terug.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3275 gaste aanlyn