VERWOERDMAAND

BOERVIN REAGEER OP VALSE AANTUIGINGS

Mediaverklaring: Die waarheid oor aantuigings van ‘Boeremag’-infiltrasie in SITA-sisteme

4 Mei 2018

Mediaversklaring in reaksie op mediaberigte van 2 Mei 2018 waar bewerings gemaak word rakende die sogenaamde infiltrasie van ‘Boeremag-lede’ in regering se SITA sisteme. Hierdie verklaring dien ook as reaksie op bewerings dat voormalige SITA werknemer, mnr André du Toit, betrokke is by SITA-infiltrasie vanuit die gevangenis.

Dit is algemene kennis dat mnr André du Toit vriende is met verskeie werknemers van SAPD en SITA omdat hy ʼn voormalige werknemer van beide instansies was sedert die 90’s.

Sommige van sy voormalige kollegas, wat ook sy vriende is vir baie jare, het vir hom kos gebring tydens die 10+ jaar Boeremagverhoor (2003 – 2013) en bydraes gemaak as blote vriende vir sy mees basiese behoeftes soos telefoonkaarte omdat hy alles verloor het weens die Boeremaghofsaak.

Hy is eers in Oktober 2013 vir ʼn addisionele 20 jaar gevonnis tesame met die ander ‘Boeremag’-slagoffers wat verskeie vonnisse opgelê is. Volgens Boervin se kennis het Du Toit in Oktober 2013 laas met enige iemand op “Facebook” kontak gehad het asook vriendskaplike e-pos kommunikasie met sy vriende. Dit was tydens die periode waartydens hy wettig toegang gehad het tot die Internet weens ʼn hofaansoek wat hy en ander Boeremaglede gewen het. Boervin is onbewus van enige verdere kontak wat Du Toit met die buitewêreld gehad het. Boervin is van mening dat dit  hoogs onwaarskynlik is dat Du Toit SITA se sisteem infiltreer het.

Hierdie aantuigings en beskuldigings is bloot valse propaganda om die sogenaamde ‘Boeremag’ te diskrediteer en om die illusie te skep dat hierdie individue ʼn ‘bedreiging’ is. Die Boeremag het reeds 16 jaar gelede ontbind.

Taktiek van valse beriggewing tydens Boeremagbeskuldigdes se aansoeke

Dit is baie verdag dat hierdie aantuigings wat nou ewe skielik in die parlement gemaak word die hele sogenaamde ‘Boeremag’ betrek. Dit is ook uiters verdag dat die drie dokters Pretorius (Dr Lets, Wilhelm en Johan) subtiel aan die SITA-voorval gekoppel word. Die drie lede van die Pretorius-gesin word valslik aan die voorval gekoppel deur ʼn foto wat in die Citizen-koerant van 2 Mei 2018 gepubliseer is. Boervin vind dit verdag dat die berig geplaas is terwyl daar tans ʼn hofuitspraak hangend is rakende ʼn aansoek van die gesinslede om hul rekenaars in hul selle te hê vir studie-doeleindes. Boonop het die Pretorius-dokters geen kennis van programmering nie en hoegenaamd geen begeerte om enige sisteme te infiltreer nie. Al hul energie word tans toegesprits op hofaansoeke rakende hul gevangenishouding. Die beriggewing gaan dit selfs sover soos die plaas van ʼn video op die Youtube-kanaal, News101. Die video verbind die Pretorius-gesinslede met die parlementêre beriggewing wat op 2 Mei gepubliseer is deur die plaas van ‘n foto in die agtergrond.

In 2011 het van die Boeremagbeskuldigdes ʼn aansoek gebring voor regter Vorster om Internet in hul selle te verkry. Misdaad-Intelligensie en die ondersoekbeamptes het dieselfde tipe vuil taktiek gebruik en dieselfde tipe drogbeelde tydens die aansoek in die media voorgehou. Laasgenoemde is ‘n blatante taktiek om hul hofsaak te belemmer deur voor te hou dat  dit ʼn groot risiko is vir die manne om Internet in hul selle te mag hê omdat hul kwansuis “te gevaarlik” is . Regter Vorster het gelukkig in 2011 deur die vuil taktiek gesien en die aansoek teen die koste van Departement Korrektiewe Dienste toegestaan.

‘Boeremag’ drie in proses om ʼn aansoek te bring in die internasionale menseregte hof

Afgesien van die rekenaar-aansoek is dit is baie interessant dat Misdaad-Intelligensie (MI) weereens as ʼn betrokke party genoem word in die berigte. Laasgenoemde veral omdat die drie Pretorius-dokters tans besig is met ʼn internasionale klagte teen die Boeremagsaak voor die internasionale menseregte-hof.

Noudat MI se uitlokkings en onregmatige optrede tydens die jarelange verhoor onder die kollig geplaas gaan word, word hierdie gerugte gemaak teen die ‘Boeremag’.

Hierdie aantuigings is vermoedelik ook gemaak om negatiewe impak te bewerkstellig teen mnr André du Toit wat in Oktober 2018 in aanmerking kom vir parool.

Verder is van die Boeremaggevangenes se amnestie-aansoeke ook ingedien en hierdie aantuigings in die parlement teen die ‘Boeremag’ is heel moontlik ook gemaak met die doel om ‘n negatiewe impak te hê op President Cyril Ramaphosa se besluit rakende hul presidensiële kwytskelding-aansoeke.

Dit dui net daarop dat die onregverdigheid steeds teen hierdie manne voortduur terwyl hulle tydens die afgelope 16 jaar geen bedreiging vir die samelewing ingehou het nie.

Die spoke wat opjaag word is waarskynlik die gevolg van ʼn uitgediende regse reaksionêre lessenaar van Misdaad-Intelligensie wat die sinvolheid van hul bestaan probeer bewys. MI probeer hul bestaan regverdig in ʼn era waar daar geen regse bedreiging ingehou word nie.

Die volgehoue monitoring van die ‘Boeremag-spook’ is ʼn absolute vermorsing van MI en die polisie se hulpbronne aangesien die sogenaamde ‘Boeremag’ vir die 16 jaar reeds nie meer bestaan nie. Dít terwyl Suid-Afrika van die hoogste moordsyfers ter wêreld het en volksmoord en plaasaanvalle aan die orde van die dag is. Dit is waaragtig tyd vir die sensasie-soekende MI om op te hou met die opjaag van Boeremagspoke en hul toe te spits op die bekamping van die werklike misdaadkrisis in die land.

Boervin se doel is om die menseregte-skending van die Boerevolk se politieke gevangenis nasionaal en internasionaal ten toon te stel. Boervin voer die wettige vrylating van hierdie politieke gevangenis aan. Skenk aan Boervin om ons te help om hierdie doelwit te bereik: http://boervin.org/skenk/

Skakels na mediaberigte aangaande hierdie mediaverklaring:

NETWERK24: https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/boeremag-infiltreer-glo-staat-se-it-stelsel-20180502

NETWERK24 (opvolgartikel): https://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/boeremag-leier-kon-staat-se-inligting-in-tronk-kry-20180502

NETWERK24 (opvolgartikel 2): https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/dis-nie-die-boeremag-se-werk-20180502

MAROELAMEDIA: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/boeremag-het-glo-toegang-tot-sapd-infrastruktuur/

VF PLUS: http://www.vfplus.org.za/nuutste-nuus/bewerings-dat-boeremag-sita-binnedring-n-rookskerm-vir-onbevoegdheid

Vir navrae kontak

Riëtte Pretorius
Woordvoerder van Boervin
E-mail: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Selfoon: 082 776 6597
Webwerf: www.boervin.org

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1873 gaste aanlyn