NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God is 'n God van orde, en Satan verlustig hom weer in chaos.   Oral waar daar chaos heers, regeer Satan.   Mense en volke wat God liefhet, leef ordelik, maar hulle wat Hom haat ervaar geen orde nie.  Kyk maar net wat met ons eie land gebeur het nadat die Christelike grondwet afgeskaf is – tot 60 moorde per dag!

PERSVERKLARING TLU-SA OOS-KAAP

Johan Dorfling

Boere glo nie die ANC se jongste uitlatings nie. Mnr Johan Steyn, TLU-SA Oos-Kaap se voorsitter, sê in 'n onlangse persverklaring dat daar - onverklaarbaar - groot opgewondenheid heers oor die onlangse vergaderings en die paaipraatjies wat daaruit spruit. Die volgende aanhalings kom uit sy persverklaring.

"Ons moet besef dat ons in 'n langtermynstryd teen 'n kommunistiese regering gewikkel is. Hulle maak van elke slinkse plan gebruik - insluitend misleiding en leuens - om hulle teenstanders te paai en te mislei."

"Die ANC by monde van mnr Ramaphosa en ander senior amptenare het dan al tot vervelens toe herhaal dat hulle eiendom gaan onteien sonder vergoeding. Hoekom sal hulle nou ewe skielik daarvan wil afsien?"

Mnr Steyn het beklemtoon dat die ANC geensins in feite, redelikheid, gesprekvoering en ekonomiese werklikhede belangstel nie.

Hierdie woorde namens die boere wat lid van TLU-SA Oos-Kaap is, is so in die kol as wat kan kom.

Die ANC se kommunistiese metode behels dat onredelike valse hoë verwagtings gestel word, dan word toegegee dat die eise te hoog is en word dit drasties verlaag sodat ons mense moet dink dat hulle redelik geword het, dog dit is nie waar nie. Die onredelike eise het nie verval nie. As ons mense voor die verminderde eise swig, het ons reeds verloor, want ons het toegegee. Verdere toegewings word nou van ons verwag en as ons daarteen skop, is ons mense skielik die onredelikes. Die ANC het mos toegegee, nou moet ons ook.

Let wel, die ANC het tot by punt K ge-eis, tot punt F toegegee, waar ons gelukkig voel want ons het hulle beperk. Hulle volgende eis is van punt F tot by punt J en dit klink nou beter. Maar dit beteken dat ons van punt A tot punt J verloor het. Daarna volg nog eise tot ons by punt P uitgekom het. So eenvoudig gestel, beweer ons dadelik dat ons dit nie sal toelaat nie, maar ons is reeds daar sonder dat ons sake oordink het. Ons was geleidelik saggemaak. Dankie TLU-SA Oos-Kaap dat julle raaksien wat min ander mense kan insien.

Kyk net na ander optrede van die ANC. Toe jy ja gaan stem het vir maklike oorname deur die ANC, het jy die hele land net so weggegee. Moenie sê dit was die destydse blanke regering se skuld nie, jy het van punt A reguit tot by punt P prysgegee. Dit was immers jy wat gestem het. Jy kan help om die hele saak om te keer, en moenie dink dit is nou te laat nie. Ons is geestelik sterk genoeg soos die Boere wat die stryd tussen 1902 en 1910 teen die kragtige Brittanje gewen het. Die boere van TLU-SA Oos-Kaap is steeds van daardie stoffasie.

Op die oomblik gaan daar stemme vanuit die swartes op om aan Donald Trump te stel dat hy nie in Suid-Afrika se binnelandse sake moet inmeng nie. Nie-inmenging was die beleid van die apartheidkenners soos dr D F Malan, adv Hans Stijdom en dr H F Verwoerd. Vreemd dat die teenapartheidstryders van apartheidbeginsels gebruik maak. Destyds het juis die ANC en ander swart partye na die buiteland gehardloop om met Suid-Afrika se huishoudelike sake in te meng. Nou swaai hulle om.

Ramaphosa het pas 'n beroep op die opposisie in Zimbabwe gedoen om die uitslag van die verkiesing te aanvaar en saam te werk. Dit is mos inmenging in Zimbabwe se binnelandse sake. Wat hy teenoor Donald Trump doen, moet hy ook teenoor Zimbabwe doen. Dit bewys weer eens dat hy nie geglo kan word nie. Ramaphosa het destyds by Rusland aangeklop om met geweld in Suid-Afrika se binnelandse sake in te meng. Waar Afrikaners by ander lande om hulp aanklop om sonder geweld te help, is dit vir hom onaanvaarbaar. Wat is sy vaste beleid, of het hy niks?  Waar is sy betroubaarheid?

Tans doen die ANC 'n beroep op blankes om saam te werk en met hulle te onderhandel. Maar hulle bied van hulle kant niks aan nie en het niks om met blankes te deel nie. Waarmee kom hulle na gesprekke en vergaderings vir samewerking?  Net mooi niks, net soos voor die 1994 verkiesing, net sinnelose praatjies. Net blankes moet toegee en aan die ANC afstaan. Die klem is nou op grondonteiening waar net blankes moet gee en die volkvreemde regering wil neem. Net wil vat is 'n beter uitdrukking.

Die begrip transformasie word nou afgewater omdat die valsheid daarvan blootgelê is. Transformasie het geblyk die oorneem van goedgeboude strukture op alle terreine deur onkundiges te wees. Oorname sonder vergoeding van suksesse wat blankes bereik het. Saamwerk word nou asof 'n hand van vriendskap na blankes uitgesteek. Kyk 'n bietjie dieper, dit is niks anders nie as om 'n hand uit te steek en van blankes te vat wat hulle het. Dieselfde as in 1994 toe die ANC die regering gevat het sonder om enigiets prys te gee. Die blankes moes hulle politieke beheer, hulle skole, hulle gemeenskaplewe, hulle woongebiede, hulle kerke, hulle besighede en wat nog alles sommer net prysgee. Dit het in 1994 verskuilde geveinsde onteiening van besittings ingesluit.

Moet ons blankes op die uitnodiging van saamwerk met die ANC gunstig reageer. NEE, op geen manier moet ons nog verder teenoor die valsheid van kommunisme buig nie. As geestelik onafhanklik en sterk van inbors moet ons op 'n gelyke vlak en toonaangewend teenoor kommunisme optree. Eerstens moet ons vra wat het die volkvreemde regering om aan ons te bied, en nie wat kan ons nog afstaan nie. Kruiperigheid pas nie by ons geestelike sterkte nie.

Asseblief, staak alle samewerking met kommunisme. Ons kan nie in een span werk nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1158 gaste aanlyn