NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Winston Churchill het gesê: Ons maak ‘n bestaan uit wat ons ontvang, maar ons skep ‘n lewe deur wat ons gee.

MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (1)

LUISTER WITMAN!

So is gepraat in ’n pamflet in die naam van die African National Congress wat vroeg in 1963 aan blankes gepos is — nog voor ’n polisieklopjag (toe Suid-Afrika nog 'n eerbare Polismag gehad het) Rivonia in die kalklig gewerp het:

Luister, witman!
Vyf blankes is in die Transkei vermoor, ’n ander doodgekap by Langa . . . Sabotasie kom elke week oor die hele land voor — nou hier, dan daar. Die witmense word paniekerig.
Teen hierdie tempo sal Suid-Afrika binne ’n jaar of twee vasgevang wees in ’n bloediger, heftiger Algerynse oorlog.
Sabotasie en moorde het verlede jaar (1962) vermenigvuldig. Sabotasie en moord sal nie ophou nie.
Vir jou wag daar nou ’n onbepaalde lang toekoms van terrorisme, onsekerheid en stadig kwynende mag. Jy sal ’n geweer aan jou sy hou, nie weet wie om te vertrou nie. Miskien is die straatveer ’n saboteur, miskien het die man wat op kantoor jou tee maak ’n geweer — jy sal nooit veilig wees nie en jy sal nooit seker wees nie.
Jy sal ’n oorlog aangepak het wat jy nie kan wen nie . . .

Daardie pamflet gee ’n skewe beeld. Terwyl met die vlugskrif gepoog is om die Blankes die skrik op die lyf te ja, en dit in die naam van die Swartvolke van Suid-Afrika, het die opstellers daarvan met Blankes saamgewerk – toe reeds was Blankes soos ook later FW de Klerk, aan stuur van sake om 'n revolusie en oorgawe van Blanke regering in Suid-Afrika teweeg te bring.

Lees reeks by  Mandela en sy terroriste-bende

INLEIDENDE OPMERKINGE DEUR DR. PERCY YUTAR, ADJUNK-PROKUREUR-GENERAAL VAN TRANSVAAL EN REGSPRAKTISYN IN DIE RIVONIA-SAAK WAAR MANDELA EN SY TERRORISTE-BENDE SKULDIG BEVIND IS AAN HOOGVERRAAD

"Die gesamentlike optrede was beplan om tot verwarring, gewelddadige opstand en rebellie te lei, opgevolg op ’n geskikte geleentheid deur ’n gewapende inval van die land deur militêre eenhede van buitelandse moondhede. Midde-in die gevolglike chaos, wanorde en beroering, het die beskuldigdes beplan om ’n revolusionêre regering tot stand te bring om administratiewe beheer oor die land oor te neem.  Die beskuldigdes het die egtheid van al hierdie dokumente erken en ook dat hul beleid die eventuele gewelddadige omverwerping van die Regering van Suid-Afrika ingesluit het.  Dit is om hierdie rede dat ek aan die Hof voorgehou het dat dit by uitnemendheid ’n klassieke saak van hoogverraad is; en dit is op daardie bewese feite wat die misdaad uitgemaak het, ongeag wat die misdaad genoem word — dat die beskuldigdes toe skuldig bevind is."

Heeltemal afgesien van wat ek gelees het in die verklarings van getuies, was ek self diep geskok en kon ek beswaarlik glo wat ek gelees het in die dokumente wat of in die handskrif van die beskuldigdes was of in hul besit gevind is.

Hierdie dokumente het duidelik geopenbaar dat die skuldiges doelbewus en kwaadwilliglik die pleeg van dade van geweld en vernietiging dwarsdeur die land beraam en bewerkstellig het, dade gerig teen die huise en kantore van Staats- en munisipale amptenare, asook teen alle lyne en verbindingskanale.

Die beplande doel daarmee was om chaos, wanorde en beroering in die Republiek van Suid-Afrika te ontketen, wat volgens hul planne vererger sou word deur die optrede van duisende opgeleide guerrilla-vegters, wat op verskillende gunstige plekke dwarsdeur die land versprei sou wees. Hierdie eenhede sou dan in die verskillende gebiede gesteun word deur plaaslike inwoners, asook deur uitgesoekte manne wat na sodanige gebiede gestuur is.

Die gesamentlike optrede was beplan om tot verwarring, gewelddadige opstand en rebellie te lei, opgevolg op ’n geskikte geleentheid deur ’n gewapende inval van die land deur militêre eenhede van buitelandse moondhede. Midde-in die gevolglike chaos, wanorde en beroering, het die beskuldigdes beplan om ’n revolusionêre regering tot stand te bring om administratiewe beheer oor die land oor te neem.

Die beskuldigdes het die egtheid van al hierdie dokumente erken en ook dat hul beleid die eventuele gewelddadige omverwerping van die Regering van Suid-Afrika ingesluit het.

Dit is om hierdie rede dat ek aan die Hof voorgehou het dat dit by uitnemendheid ’n klassieke saak van hoogverraad is; en dit is op daardie bewese feite wat die misdaad uitgemaak het, ongeag wat die misdaad genoem word — dat die beskuldigdes toe skuldig bevind is.

In die breë verskaf die dokumente meer as genoegsame bewys van elke aantyging vervat in sowel die aanklag as in die toeligtingsrede, insluitende

  1. die betrokkenheid van Moskou, die Kommunistepartye van Algerië, Sjina, Tsjeggo-Slowakye, Oos-Duitsland en verskeie ander lande ten opsigte van die verskaffing van geldelike bystand, wapens, ammunisie en militêre personeel, maar dit moes natuurlik stil gehou word uit vrees vir internasionale reperkussies;
  2. die feit dat die African National Congress volslae gedomineer is deur die Kommunisteparty van Suid-Afrika en dat hulle altesaam namens minder as 1% van die gehele bevolking van Suid-Afrika gespreek het. Die feit dat hierdie dominasie ook geheim gehou moes word vir die gewone lede van die African National Congress, en
  3. die kollekteer van groot bedrae geld van persone en groepe, en dat die skenkers nie verwittig is van die feite soos in (a) en (b) hierbo uiteengesit nie, en nog minder van die feit dat die geld gebruik sou word vir sabotasie en rewolusie in hierdie land.

Die dokumentêre bewys was so oorweldigend dat dit beswaarlik nodig was om mondelinge getuienis aan te bied ter ondersteuning van die verskillende aantygings wat deur die Staat gemaak is, en om daardie rede het ek minder as die helfte van almal van wie die Polisie verklarings geneem het, as getuies geroep.

Om daardie selfde rede het ek dit ook voldoende geag om in drie van die vier boekdele wat die Staat se afsluitingsrede bevat, ’n feitelike ontleding te gee van die dokumentêre bewysstukke en die mondelinge getuienis sonder enige kommentaar hoegenaamd; slegs in die vierde boekdeel is ’n kritiese ontleding gegee en toe slegs ten opsigte van dokumente handelende oor militêre sake en springstowwe. Na my oordeel het die dokumente meer gesê as wat ek ooit by wyse van kritiese kommentaar kon doen.

Dit is derhalwe geen wonder nie dat ek tydens ’n aansoek om borg gesê het dat die polisie in al die jare van my ervaring nog nooit ’n sterker saak voor my gelê het as teen die beskuldigdes in hierdie saak nie!

Sekere aspekte van die saak het my uiters ontstel.

Eerstens: Alexander Hepple.
Hy het die polisie gesmeek om my te mag spreek, aangebied om getuienis vir die Staat af te lê, en selfs sy eie verklaring getik, wat ’n magdom aan belangrike sake bevat het, asook sy erkenning dat hy ’n lid van die Kommunisteparty van Suid-Afrika is. En as bewys van sy goeie trou het hy die wegkruipplek van Goldreich en Wolpe in Mountain View uitgewys.

Ek het hom toegelaat om die destydse leier van die Johannesburgse Balie te spreek en te raadpleeg, asook andere, aan een van wie hy later geskryf en gesê het dat hy tevrede is dat hy op die regte koers besluit het. Net voor sy ontslag het ek aan hom gesê dat ek kan reël dat hy aangehou word totdat hy getuienis afgelê het of dat ek hom kan laat bewaak. Sy antwoord was dat nie een van die twee stappe nodig is nie. Hy het my sy erewoord gegee dat hy nie sou vlug nie.

Hy het!

Dit is wat die erewoord van ’n Kommunis werd is.

Tweedens, Albert Luthuli.
Hy is ’n man wat deur die wêreld as ’n man van vrede toegejuig is en aan wie inderdaad die Nobelprys vir vrede toegeken is. Nogtans het die dokumente getoon dat hy geraadpleeg is aangaande die nuwe beleid van geweld en sabotasie, dat hy dit goedgekeur het en sy seën daaroor uitgespreek het, en dat hy op hoogte van die verwikkelings gehou is.

Derdens, Alan Paton
’n man wat in die literêre wêreld en as ’n liberale denker loftuitings ontvang het. Nog nooit het ek ’n man so vinnig op ’n getuiebank sien afpeil, selfs voordat sy advokaat sy naam uitgeroep het nie. Hy het natuurlik geweet dat wat hy te sê sou hê, publisiteit dwarsdeur die wêreld sou geniet. Hy het natuurlik nie geweet dat ek ’n volledige legger wat deur die polisie oor hom opgestel is, byderhand het nie.

Onderwyl hy oorsee was het hy sekere krasse maatreëls teen sy geboorteland bepleit, maatreëls wat hy besef het ernstig die mense sou raak wie se saak hy voorgee op die hart te dra. En in 1960 het hy reeds veelseggend gepraat van sabotasie wat eers ’n jaar later uitgebreek het. Hy het voorgegee dat hy ’n profeet was: Ek het dit betwyfel omdat hy op die hoogte was van kwaadaardige, kommunistiese en anti-Suid-Afrikaanse literatuur, en ook in noue voeling met ’n aantal bekende kommuniste en verraaiers van Suid-Afrika. Dit is die rede waarom ek die ongewone stap gedoen het om hom onder kruisverhoor te stel, en ek het dit aan die regter so gestel.

Daar is geen rede waarom die Rivonia-verhoor met al sy opsienbarende onthullings ligtelik verbygegaan of vergeet mag word nie. Dit is moeilik om te glo dat van ten minste drie plekke in die hart van die Rand af — Rivonia, Travallyn en Mountain View — ’n helse en gewelddadige rewolusie beplan kon gewees het en dat sommige van die samesweerders, soos Goldreich, in sake- en sosiale kringe as skadelose, onskuldige mense aangesien kon gewees het.

As dit nie vir die Suid-Afrikaanse Polisie in die algemeen en die Veiligheidsafdeling in die besonder was nie, sou Suid-Afrika homself vandag in ’n bloedige rewolusie bevind het.

Daarom het ek my rede in die Hof, soos ook nou hierdie Inleidende Opmerkinge, afgesluit deur te sê dat die publiek van Suid-Afrika groot dank aan die Suid-Afrikaanse Polisie verskuldig is.

 

VROEË SESTIGERJARE IN SUID-AFRIKA

Agtien  maande al swoeg die Suid-Afrikaanse Polisie se Veiligheidsafdeling om die sabotasievlaag te beheer wat dwarsoor die land uitmasel. Talle kere bly die saboteurs anoniem; dikwels word van die skuldiges aangekeer. Daar word toegesien dat reg geskied: die verdagtes word in die hof aangekla en van hulle word gevonnis.

Daar is egter ander wat hul plekke kan neem en die sabotasie- aanslae duur voort.

Die polisie vind ’n besliste patroon en kan hoegenaamd nie daaraan twyfel dat die hele sabotasieveldtog sekuur en doelbewus beplan word nie . . .

Ook die aard van die aanslag is bekend. Een van die vyand se vlugskrifte sê:

Luister, witman!
Vyf blankes is in die Transkei vermoor, ’n ander doodgekap by Langa . . . Sabotasie kom elke week oor die hele land voor — nou hier, dan daar. Die witmense word paniekerig.
Teen hierdie tempo sal Suid-Afrika binne ’n jaar of twee vasgevang wees in ’n bloediger, heftiger Algerynse oorlog.
Sabotasie en moorde het verlede jaar (1962) vermenigvuldig. Sabotasie en moord sal nie ophou nie.
Vir jou wag daar nou ’n onbepaalde lang toekoms van terrorisme, onsekerheid en stadig kwynende mag. Jy sal ’n geweer aan jou sy hou, nie weet wie om te vertrou nie. Miskien is die straatveer ’n saboteur, miskien het die man wat op kantoor jou tee maak ’n geweer — jy sal nooit veilig wees nie en jy sal nooit seker wees nie.
Jy sal ’n oorlog aangepak het wat jy nie kan wen nie . . .

So is gepraat in ’n pamflet in die naam van die African National Congress wat vroeg in 1963 aan blankes gepos is — nog voor ’n polisieklopjag Rivonia in die kalklig gewerp het.

Daardie pamflet gee ’n skewe beeld. Terwyl met die vlugskrif gepoog is om die blankes die skrik op die lyf te ja, en dit in die naam van die Bantoevolke van Suid-Afrika, het die opstellers daarvan met blankes saamgewerk.

Maar dit was voor die Rivonia-saak, nog voordat die masker afgeruk is.

Die leiers sit veilig in hul skuilplekke wie weet waar in hierdie uitgestrekte land. Hulle is inderdaad onaantasbaar, want die volgelinge ken die leiers nie. Hoe kan hulle ook ? Die volgelinge weet nie wie die lede van hul organisasie se plaaslike bestuur is nie, hulle weet nie wie die gewone lede is van ander takke van hul organisasie nie. A weet nie wie sy leermeester in die sabotasiekuns opgelei het nie, net soos A se toekomstige leerlinge nie sal weet wie hom daardie kennis gegee het nie.

Wie sou die leiers wees?

Suid-Afrika se polisie beskerm blank en nie-blank. Die mag bestaan uit blankes en nie-blankes. In die Veiligheidsafdeling is manne saamgetrek wat skerp kan kyk, wat fyn luister. Die polisie het reeds sterk vermoede wie die ondergrondse leiers kan wees.

’n Paar groepies Bantoes op reis na die Betsjoeanalandse grens word voorgekeer. Enkeles uit daardie groepe beken dat hulle as kandidate deur die African National Congress uitgesoek is en na ander lande op die vasteland van Afrika gestuur word vir militêre opleiding.

Daar is ook ’n ander naam wat opduik: Umkhonto We Sizwe, wat beteken "Assegaai van die Nasie". A1 gou blyk dit die A.N.C. se militêre vleuel te wees. Die polisie is daar goed bewus van.  Op 16 Desember 1961 is daar op baie plekke in die land sabotasie-aanslae in ’n bitsige vlaag gekonsentreer. Hier en daar verskyn dokumente aan pale in Bantoe-dorpe: die manifes van Umkhonto We Sizwe.

Hierin word bekend gemaak dat Umkhonto ’n nuwe organisasie is, gestig deur Bantoes, hoewel dit mense van alle rasse in sy geledere kan insluit. Die organisasie het besluit, word dit verkondig, om die stryd met geweld voort te sit, onder meer deur sabotasie-aanslae op Staatseiendom.

Met verwysing na die dade van sabotasie, se die manifes: "Eenhede van Umkhonto het vandag beplande aanvalle teen Regeringsinstallasies uitgevoer."

Nou kom daar ’n verwikkeling. Walter Sisulu, ’n Bantoe wat voorheen sekretaris-generaal van die A.N.C. was, word in die Johannesburgse landdroshof op borgtog van R6,000 vrygelaat onderwyl sy appel hangende is teen ’n vonnis van ses jaar omdat hy deelgeneem het aan die werksaamhede van ’n verbode organisasie, die A.N.C. — verbode onder meer omdat dit die Bantoe tot geweld probeer aanhits het.

En Sisulu, ’n vyftigjarige lid van die Transkeise volksgroep wat in hierdie stadium reeds goed gevorder het op die pad na hul eie onafhanklikheid, verdwyn spoorloos.

Het hy uit die land gevlug om te voorkom dat hy tronk toe gaan as sy appel nie slaag nie? Niemand weet nie. Maar ’n koevert kom by die Suid-Afrikaanse Persassosiasie (SAPA), die landwye Suid-Afrikaanse nuusdiens, aan.

"Volledige afskrif van openingsuitsending deur Radio Liberation, die radio van die African National Congress, op Woensdag, 26 Junie 1963", is die dokument in daardie koevert se opskrif. Dan volg die radioteks:

Dit is die radio van die African National Congress wat u nou ondergronds roep.

Ons radio praat vandag, 26 Junie, die eerste keer met u, maar nie vir die laaste keer nie. Daar sal meer uitsendings wees.

Ons Congress het besluit dat Walter Sisulu sy huis moet verlaat. Sy huis is deur Vorster gebruik om hom gevange te hou. Vandag gaan hy voort om ons organisasie en die volk te lei. Hy lei nou ondergronds. Hier van ondergronds is Walter Sisulu om met u te praat.

Sisulu neem van die aankondiger oor:

Baie van ons leiers van die A.N.C. het ondergronds gegaan . . . Ons van die A.N.C. sal met nuwe strydmetodes die leiding gee. Die Bantoevolk weet dat eenheid noodsaaklik is. Slegs deur eendragtige optrede kan ons hierdie Regering omverwerp. Ons doen ’n beroep op ons mense om te verenig en te stry.

SAPA oorhandig die dokument aan die polisie. "Vind Walter Sisulu", is die opdrag wat aan elke polisiestasie in die land uitgaan. "Hy bevind hom iewers binne die landsgrense".

Waar soek ’n mens so ’n gevaarlike naald tog in so ’n groot hooimied, so ’n uitgestrekte land ?

Dit is ’n koue wintersdag in Julie 1963. ’n Yswindjie sny om die hoeke van Johannesburg se wolkekrabbers.

Vanuit sy hoekkantoor op die sesde verdieping van The Grays, sit ’n 34-jarige speuroffisier deur uiters geheime lêers van die Veiligheidspolisie en blaai. The Grays, hoofkwartier van die Veiligheidsafdeling in Johannesburg, is ’n hoë siersteengebou in die hartjie van die stad waarna niemand twee keer hoef te kyk nie. Op die grondvloer haas mense hul by ’n apteek in om hoofpynpille of badsout te koop of om ’n doktersvoorskrif te laat berei.

Op die hoeke van die strate wat langs The Grays winkelhaak, haas voetgangers hulle. Oorkant, op ’n oop perseel, is daar ’n plaat motors wat te koop aangebied word.

Min van die haastige verbygangers is daar bewus van dat die polisieluitenant in bevel van die sabotasie-ondersoekafdeling skuins bokant hul koppe in die The Grays-gebou besig is om hom in die beskikbare gegewens te verdiep.

Die luitenant, pas ’n week terug van ’n siekteverloftyd, kyk op sy horlosie. Dis byna drie-uur. Skielik skril die telefoon.

"Luitenant Van Wyk? Dis ek. Kan jy dadelik hierheen kom ? Hier is iemand wat een van julle wil spreek. Dit is dringend. Hy sê as julle more kom, kan dit te laat wees."

Van Wyk ken die man aan die ander kant goed. Daar moet iets aan die kook wees!

"Goed," sê hy, "ek kom dadelik."

Binne enkele minute hou die speurder voor ’n gebou in ’n ander deel van die stad stil.

"Hier in, luitenant,” verwelkom die persoon wat gebel het, hom.

"Is dit die man?” sê Van Wyk. "Laat ons hoor!” spreek hy die vreemdeling saaklik aan.

"Ek weet waar julle Walter Sisulu kan kry.”

"So?”

"Ja,” sê die man kalmpies. "En waar die hoofkwartier van die African National Congress en die Kommunisteparty is.”

"Is jy seker?”

"Ja. Freedom Radio, die Nasionale Bevrydingsbeweging se ondergrondse radio, is ook daar.”

Die verbaasde speurder wil ’n duisend vrae vra, maar die man keer hom.

"Daar is ’n paar voorwaardes".

Die man praat rustig en selfvoldaan. Hy weet wat sy inligting in die tyd vir die polisie werd kan wees.

Van Wyk luister aandagtig na die voorwaardes wat gestel word.

"Is jy seker van jou inligting?”

"Absoluut. Ek was by die plek en ek sal dit weer vind.”

"Jy moet my ’n kans gee,” sê die opgewonde speurder, "ek wil my hoofde raadpleeg.”

Kol. George Klindt, hoof van die Veiligheidsafdeling aan die Witwatersrand, en kol. Venter, adjunk-hoof, luister met verbasing na die jong offisier. Hulle kan dit nie glo dat die informant sulke fantastiese inligting kan aanbied nie.

Kol. (later brigadier) H. J. van den Berg, hoof van die Veiligheidsafdeling in die Republiek, word genader. Hy is dadelik vuur en vlam. Op sy versoek soek kol. Klindt en luit. Van Wyk die informant onmiddellik op.

"Ek dink hy is betroubaar,” bevind kol. Klindt nadat ook hy met die man gesels het.

Weer word aan kol. Van den Berg verslag gedoen. Hy besluit dat aan die voorwaardes van die informant voldoen kan word.

"Ons kan vanaand na die plek ry,” se die informant aan die speurder wat hom dadelik weer besoek, "maar ek moet vermom word. Iemand kan my dalk herken.”

Dis reeds donker toe hulle vertrek. Langs Van Wyk, wat bestuur, sit die informant met ’n sonbril op en met ’n mus diep oor sy ore getrek. ’n Doek span om die kakebeen asof hy tandpyn het. By hulle is nog ’n speurder.

Hulle ry noordwaarts in Oxfordlaan uit die stad uit in die rigting van Pretoria . . .

’n Week later ry hulle egter nog elke nag rond. Elders gaan alles goed tot naby die rykbuurt Sandown waar die man die pad byster raak. Hy kan maar net nie onthou hoe verder gery moet word nie.

“Dis naby 'n plek met die naam IVON, I for ink”,spel hy op Engels. “Ek het die naam daarnaby  geskryf gesien.

Luit. Van Wyk en die man ry 'n hele paar keer verby Rinona verby. Dis 'n lomeryke herehuisbuurt met plaasatmosfeer aan die noordekant van Johannesburg

"Is dit nie Rivonia nie?” vra Van Wyk.

"Nee, dis Ivon, ek onthou dit baie goed — dis dieselfde naam as dié van ’n vrou wat ek ken. Daar’s ’n kerk naby ’n hek met wit pilare waar die pad afdraai. As ons net by die kerk kan kom ...” Die aand van 10 Julie is speurdersersant Jan van Wyk die polisieman wat die offisier en die informant op hul soektog vergesel. Die twee Van Wyks, hoewel nie familie nie, het jare gelede as speurders in Ferndale saamgewerk en dis nou die eerste keer dat hulle weer saam met ’n taak besig is.

"Ou Jan,” se luit. Van Wyk toe hulle vertrek, "hoe lyk dit? Sal ons nie weer vanaand so gelukkig wees soos ons gewoonlik op Ferndale was nie ?” Hy is al moedeloos en glo byna dat die informant nooit die plek sal vind nie.

Jan van Wyk lag. "Meneer, ja, ons hoop maar vir die beste. ’n Mens weet nooit.”

Hulle swaai die motor se neus in die rigting van Pretoria. Enkele minute later is hulle verby die strate wat in vorige nagte tevergeefs gefynkam is.

Nou is hulle in die Rivoniapad. Die motor snel voort. Skielik sit die informant regop.

"Daar is die kerk! Nou is ons naby,” roep hy uit.

"Dis nie ’n kerk nie; dis ’n gewelhuis,” sê die offisier.

"Maar dis hy; dis nou net om die draai . . . ja, ja, hier is ons nou. Hier is die hek!”

’n Paar nagte tevore het hulle by dieselfde plek verbygery — maar in die teenoorgestelde rigting!

Die speurder kyk vlugtig na die wit hekpilare op regs. Hy weet onmiddellik waar dit is: hulle is regoor die woonwapark in Rivonia. Agter die hek is in die skynsel van die motorligte net bome te sien.

"Waar is die huis dan?” wil luit. Van Wyk weet onderwyl hy die brandstof intrap om vinniger te ry. Hy wil nie stilhou nie, wil geen agterdog wek nie.

"Dieper in  -- ’n hele paar honderd tree dieper in.” ’n Mens kan dit nie van die pad afsien nie. Dis 'n groot plek en daar is landerye ook”.

'n Entjie verder kom hulle af op 'n verweerde naamplaat Rivonia wat die informant op 'n dwaalspoor gebring het. Die R en die IA aan die einde is nie duidelik te lees nie en laat die naam op IVON lyk

Terug by sy huis sak die speurder moeg maar opgewonde in sy stoel neer. Die tyd vir aksie het aangebreek, maar nou moet baie fyn beplan word ...

Van wat Van Wyk van die plek weet, glo hy dat wie ook al daar kan wees, sal verkies om in die nag te beweeg. Die beste sal wees om in die dag toe te slaan, besluit hy.

Hoeveel manne sou nodig wees om die plek te omsingel? Daar sal wagte wees wat alarm kan maak — en daardie wagte gebruik sterk vêrkykers, is ’n brokkie inligting waaroor die polisie ook reeds beskik.  Nee, omsingel en toeslaan sal nie deug nie. Daar durf nie tyd verlore gaan nie; vir niemand mag die kans gegee word om moontlike bewysstukke te vernietig nie.

Die aanslag moet baie fyner beplan wees, besef Van         Wyk. Hy moet sy manne op so ’n wyse by die opstal kry dat die verrassingselement tot die grootste voordeel gebruik kan word.        Ook moet hy hulle so kan beheer dat hulle geen aandag sal trek as hulle teenwoordigheid nie nodig blyk te wees nie, as dit blyk dat ’n klopjag om die een of ander rede ongewens is.

’n Voertuig waarin sy manne versteek kan bly? ’n Broodwa? ’n Ambulans?

Dis reeds twee-uur die oggend van 11 Julie 1963 toe ’n moeë luit. Van Wyk eindelik in die bed kruip.

Kol. Venter aanvaar sy jong offisier se voorstelle en die adjunkhoof van die Randse Veiligheidsafdeling staan reeds met die gehoorbuis in sy hand om die Johannesburgse stadsraad telefonies om die gebruik van ’n ambulans te vra, toe hy skielik van plan verander.

Die gebruik van ’n ambulans vir so ’n doel kan dalk reperkussies hê — eendag, wanneer mediese hulp werklik nodig kan wees.

Wat van ’n droogskoonmakerswa ?

Luit. Van W'yk ken die bestuurder van ’n droogskoonmakersaak in die voorstad Fordsburg.

"Luitenant, ek sal nie toestemming mag gee nie; praat met die eienaar,” sê die vriend toe luit. Van Wyk hom bel en sê dat hy ’n voertuig vir polisiewerk wil leen.

Die eienaar vind dit ’n uiters vreemde versoek. "Ek het ongelukkig te veel werk,” reageer hy traag. "Ek kan dit nie bekostig om ’n voertuig af te staan nie. My werk sal stilstaan . . . Waarvoor wil julle die ding gebruik?”

"Dringende polisiewerk,” is al wat luit. Van Wyk mag sê. "Ons sal dit uiters ’n paar uur nodig hê.”

"Ek is jammer. Soos ek sê . . .”

"Ons sal jou R200 gee vir die gebruik van die voertuig. Ons het die ding hoogstens vir ’n paar uur nodig.”

"Man, ja, om julle te help . . . Laat maar haal!” swig die eienaar.

Om die plaas, wat hy nog net in die nag gesien het, noukeuriger te bespied, ry die swartkopspeurder en sy genant, speurdersersant Van Wyk, dieselfde oggend daarheen. Hulle ry met sersant Van Wyk se private D.K.W., ’n soort motor wat nie deur die polisie gebruik word nie.

Met ’n groot draai ry hulle om die landgoed Lilliesleaf. Luit. Van Wyk se indruk van die vorige aand word bevestig. Die plek is baie bebos en taamlik uitgestrek. Van die een kant af is die huis glad nie van die pad af sigbaar nie; van die ander kant af steek net ’n punt van die dak uit. Aan die onderkant van die plaas loop ’n riviertjie.

"Daar is baie wegkomplek,” dink die speurder. Terstond besluit hy dat ’n patrolliehond aan die klopjag moet deelneem.

Kan hy nie in die omgewing meer omtrent die plaas en sy mense uitvis nie? Hy ry by ’n werf in en stel ’n paar versigtige vrae aan die Engelssprekende inwoners — welgestelde mense, soos die meeste ander in die uitsoekbuurt Rivonia.

Ja, die vriendelike huisvrou het al iets eienaardigs opgemerk: sy het gesien dat daar op Lilliesleaf ’n toeloop is van welgeklede Bantoes.

"Die eienaar is ’n mnr. Goldreich. Dis ’n groot plek met buitengewoon baie buitekamers,” vertel sy.

Haar opgeskote seun gaan soms op Lilliesleaf met die Goldreichs se kinders speel. Hy het al gesien hoe blankes en nie-blankes eendag saam in die sitkamer van die huis gesit en drink het . . .

Hierdie vriendelike vrou bevestig onder meer inligting waaroor luit. Van Wyk reeds beskik en die speurder is heelwat geruster toe hulle die sestien myl terug na die stad en The Grays aandurf.

Onderweg knaag die moontlikheid egter weer aan luit. Van Wyk dat niemand tuis sal wees wanneer hulle toeslaan nie, dat die vissies elders sal skuil wanneer die polisie se skepnet in die poel gesteek word.

Dit duur slegs ’n paar minute om Lilliesleaf se telefoonnommer vas te stel en om die eggenote van ’n speurderkollega te versoek om daarheen te skakel.

"Hallo,” antwoord ’n blanke man.

"Goeiemore. Mag ek met mev. Brown praat?” vra die speurder se vrou op Engels.

"Daar moet ’n fout wees,” sê die man aan die ander kant. "Hier woon nie ’n mev. Brown nie.”

Dit is al wat Van Wyk wil weet. Daar is wel iemand in Lilliesleaf se opstal.

Luit. Van Wyk nader ’n klompie speurders. Sommiges word uitgesoek op grond van hul spesiale ervaring in sulke sake. Speurder konstabel Daantjie van den Berg moet die bestelwa bestuur en speurder-sersant "Kleintjie” Kleingeld is sy "assistent”. Speurdersersant Kleingeld, ’n gebore toneelspeler, sal op Lilliesleaf die praatwerk doen. Hy kan Engels praat met die aksent van ’n Jood, Boer, Brit of Bantoe, en hy kan land en sand gesels al is daar op die aarde niks te sê nie.

Luit. Jack van Heerden word genooi spesiaal om sy kennis van radio’s, speurder-adjudant-offisier Carel Dirker en speurder-sersant James Kennedy om hul ervaring in die hantering van politieke sake en dokumente. Sers. Van den Berg, die hondemeester, en sy hond word ook ingesluit. Altesame is daar sestien ervare polisiemanne.

Om 2-uur die middag verneem die sestien in luit. Van Wyk se kantoor vir die eerste keer waarom hulle genader is.

"Kyk, kêrels,” sê Van Wyk, "ek is van plan om vanmiddag ’n klopjag in Rivonia uit te voer. Ek het ’n vae vermoede van wat daar op ons wag. Soos ek dit verstaan, is daar ’n aantal kamers waar ek vermoed dat van ons vriende skuil. Een van hulle is moontlik Sisulu . . .”

Nou moet die speuroffisier net sy opdragte gee.

"As ons daar aankom, moet Kleingeld by die voordeur gaan aanklop en die pad na die Sleepy Hollowhotel vra. Jy kan moontlik ook verneem of daar wasgoed vir droogskoonmaak beskikbaar is, Kleintjie!

"Onderwyl Kleingeld gesels, Daantjie, moet jy uitklim en na die agterkant van die wa beweeg. Jy kan kastig na die bande kyk .. .

"Wanneer die tyd daar is, sal Kleingeld sy voet in die deur steek om te verhinder dat ons uitgesluit raak en iemand binne die kans kry om dokumente te verbrand—julle weet dat sulke dinge al gebeur het.

"Terselfdertyd sal Daantjie die afleweringswa se agterdeur vir ons oopruk sodat ons vinnig kan uitkom.

"Wanneer ons uitspring, kêrels, moet almal dadelik uitsprei en oral dek. Alle bewysstukke waarop afgekom word, moet vir mnr. Dirker en sers. Kennedy gelaat word ...”

In ’n paar voertuie en in klompies vertrek die manne na die polisiestasie op Rivonia. Kol. Klindt en kol. Venter ry ook daarheen. Hier word besluit dat ’n visenteringslasbrief veiligheidshalwe verkry moet word. Dis ’n besondere soort lasbrief wat die Veiligheidsafdeling mag gebruik en net by sy hoofkwartier in The Grays verkrygbaar is.

By die Rivoniapolisiestasie word ’n prisonierskombers geleen. Dit word in die opening tussen die bestuurder se sitplek en die vragdeel van die geleende bestelwa gehang nadat iemand opgemerk het dat die manne in die bak van voor af gesien sou kon word.

Met veertien man en ’n patrolliehond as sy vrag, vertrek die droogskoonmakerswa om drie-uur die middag na Lilliesleaf. In die stuurkajuit is konst. Van den Berg en sers. Kleingeld albei uitgevat in wit jasse. Kleingeld het op die koop toe ’n windmaker pet en ’n donkerbril op.

Van binne af kan die manne agter nie sien hoe daar gery word nie, maar Kleingeld is haarfyn beduie. Regoor die woonwapark is twee hekke. Die naaste een aan die polisiestasie staan altyd toe; hulle moet by die tweede indraai.

Agter in die wa raak dit al effens benoud. Met die klomp manne en ’n hond in die beperkte ruimte is dit hoegenaamd nie gerieflik nie.

By die wit pilare se afdraaipaadjie swaai die wa in. Al met die kronkelpad tussen bome deur gaan dit. Die omgewing lyk rustig en stil en daar is nog geen teken van lewe nie. Ook is ’n huis nie te sien nie. Hoe ver is die huis dan? Die droogskoonmakerswa brom voort en skielik verskyn die massiewe pandak-woning in die bestuurder en sy maat se gesigskring. Die huis staan maklik 500 tree van die hoofpad af.

’n Entjie van die huis af, wat hulle nou skuins van die sykant nader, verskyn ’n Bantoe langs die pad.

Luit. Van Wyk, heel agter in die wa en met Cheetah, die groot patrolliehond, hygend voor hom ingedruk, hoor Kleingeld praat:

"Where’s the master?”

"There’s nobody home,” antwoord ’n Bantoe se stem.

Van Wyk se moed sak in sy skoene. Al die moeite . . . en nou niemand tuis nie! Dat Kleingeld nou met die Bantoe praat oor die pad Sleepy Hollow-hotel toe en oor droogskoonmaakgoed, is hy skaars bewus van.

Hoewel die jong offisier presies so ’n moontlikheid voorsien het en juis daarvoor beplan het, kom sy jagtersbloed in opstand toe die afleweringswa agteruit begin beweeg. Gaan hul poging hier doodloop?

Onderwyl konst. Van den Berg die wa laat terugloop, lig Kleingeld die kombers agter hom so effens weg.

"Het meneer gehoor wat sê die man ? Hy se hier is nie mense nie. Wat maak ons nou?”

Van Wyk worstel met homself. Ja, wat nou? Terugry of ’n waagkaart speel? As hy nou verkeerd sou kies . . .

Lieg die Bantoe nie dalk nie? As dit die plek is wat hulle vermoed, sal die mense mos so optree — sal ’n wag mos vreemdelinge van die werf wil weer...

Van Wyk weet vandag nie wat hom laat besluit nie. Miskien was dit uit moedeloosheid, miskien uit hoop gebore.

"Ons slaan toe!” roep hy uit.

Die wa snork vinnig vorentoe en kom tot stilstand. Onmiddellik word die agterdeur van binne oopgegooi.

Van Wyk is die eerste buite. Het hy reg besluit?

Die koeël is egter deur die kerk. Hy staan ’n oomblik en kyk hoe sy manne al die geboue mooi dek. Hulle hardloop pragtig versprei: party nael voor om die huis, die ander skiet op die buitegeboue af.

Nou hardloop die luitenant op die woonhuis af. Hy weet nie dat hy en sy manne geskiedenis maak nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3349 gaste aanlyn