NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie kan na sy jeugjare terugkyk en sê dat hy nié voortvarend en onwys gehandel het nie? Soos Dawid moet ons bid: "Dink nie aan my sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!" (Ps 25). So lief as wat die HERE vir die jong voortvarende Dawid was en hom weer op die regte pad gelei het, so lief het die HERE vir jou wat as jongmens onverantwoordelik was, en sal Hy jou weer na Hom toe terugbring. Bid dan verder saam met Dawid: "Om u Naam ontwil HERE, vergeef my ongeregtigheid want dit is groot."

MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (6)

Lees reeks by  Mandela en sy terroriste-bende

DIE STAAT ROEP MNR. X

"Terwyl ons van die vakbonde geleer is, U Edele, is aan ons verduidelik dat die blanke hierheen gekom het, dat hulle ons land op ’n skelm manier weggeneem het, en ook die rykdom van die land, en dat dit die rede is waarom ons in moeilikhede verkeer. Ons is meegedeel dat ons die Kapitalistiese Regering deur oorlog moet uitwis ... ... dat sabotasie op 16 Desemher 1961 deur die hele land moet begin."

Ons keer terug na die getuies wat die Staat in die Rivoniaverhoor in ’n amper eindelose prosessie na die getuiebank roep.

’n Tagtigjarige blanke, Yaleloo Percival Jelliman, gee oumenstree na die bank waar hy as getuie ingesweer word.

Hy was lid van die "Friends of the Soviet Union”. Op vergaderings van die vereniging het hy Michael Harmel, Lionel Bernstein, adv. Slovo en eerw. Trevor Huddleston leer ken.

Jelliman getuig dat hy die kommunistiese beleid ken.

Hy is teen die einde van 1961 aangestel as opsigter van die plaas Lilliesleaf. Hy is Februarie 1963 weg. Op die plaas het Jelliman onder meer vir Bernstein gesien en het Nelson Mandela, onder die naam David, ’n tyd lank vir hom as kok opgetree.

Thomas Mashifane, die swart voorman op Lilliesleaf, getuig dat hy Mandela en Goldreich na ’n papier teen ’n boom sien teiken skiet het "met ’n geweer waarmee ’n mens voëls skiet”.

Kathrada was ook op die plaas en die beskuldigde Mhlaba.

In opdrag van Goldreich het Mashifane twee swartes aangesê om twee lang pale te kap. Op Goldreich se instruksies is die twee pale aan twee sementpilare naby die buitekamers vasgemaak. Die twee pale is met ’n rooi draad verbind.

Die volgende dag het ’n jong blanke ’n masjien gebring en die draad daaraan vasgemaak.

Agter die kamers is ’n voor gegrawe. ’n Draad is daarin gelê, toegegooi en met die draad aan die pale verbind.

Toe dit klaar was, het die jong blanke met die masjien gewerk. Daar het klanke uitgekom.

Een aand, sê Mashifane voorts, het hy Goldreich gehelp om ’n aantal tikmasjiene en "lang, opgerolde papiere” in die kolegat te plaas. Hy het in die gat geklim en Goldreich het van die voorwerpe aangegee.

Op die plaas is groente gekweek en hoenders aangehou. Die produkte is by die hek verkoop en daar is ook by die Rivonia- polisiestasie en by die Sleepy Hollowgarage daarmee gesmous. Die opbrengs is aan Goldreich gegee.

Tladi, ’n jong swart man, vertel dat hy vier maande voor die klopjag op Rivonia begin werk het.

Op ’n Saterdagmiddag het hy gesien dat twee pale wat hy en ’n ander arbeider gekap het, by die buitekamers staan. Drade is tussen die pale gespan en ’n draad is ingelei by ’n kamer "met baie blink goed”.

Daarna het Tladi die woorde: "Mahlaza leef nie meer nie,” uit ’n masjien in die kamer hoor kom. Hy weet van Mahlaza; hy was ’n onderwyser.

Op 10 Desember kondig dr. Yutar aan dat hy een van ’n paar getuies wil roep wat agter geslote deure moet getuig. Die publiek moet die hofsaal belet word en die man se naam mag nie gepubliseer word nie omdat die Staat vir die veiligheid van die getuie vrees as sy naam bekend sou word, versoek die Staatsadvokaat.

Toe regter De Wet die versoek toestaan, laat die polisie die lede van die publiek die saal verlaat. ’n Swarte word daarop by die sydeur ingebring en ingesweer.

Dr. Yutar lig sy hand in kenmerkende gebaar, die palm half na vore, in die rigting van die getuie.

Hy noem die man op sy naam: Sou dit korrek wees om jou as ’n saboteur te beskryf?—Ja, dit sou korrek wees.

En waar het jy dade van sabotasie gepleeg ? — In Natal.

Die opsienbarendste getuie in die saak is aan die woord. In die loop van die volgende drie maande bring hierdie getuie wat dwarsdeur Suid-Afrika bekend word as mnr. X (soos die koerante hom genoem het) altesaam nege dae in die getuiebank deur. Hy openbaar fantastiese inligting, lig die sluier op wat in die binnekringe van die samesweerders se geledere plaasgevind het. Sy hoofgetuienis alleen beslaan 193 folio’s en hy getuig van meer as twintig sabotasiedade.

Mnr. X ontlok in sy uitspraak die volgende kompliment van regter De Wet wat sê: "Dit het my voorgekom dat hy hoogs intelligent is en ’n merkwaardige geheue het...”

Reeds in Natal het getuie X veel gehoor van mnr. Dirker, luit. Van Wyk se kollega in die Veiligheidsafdeling wat ook aan die Rivoniaklopjag deelgeneem het. Verskeie makkers van mnr. X het hom in Durban gewaarsku dat hy vir die polisieman Dirker moet lig loop wanneer hy die High Command in Johannesburg besoek . . .

Toe X dus die polisieman vir die eerste keer raakloop, reageer hy amper asof hy ’n ou bekende ontmoet: "Mnr. Dirker! Is dit hoe u lyk?”

Die goeie indruk wat getuie X in die hof laat, is ook voor die saak vir senior polisiemanne duidelik. Teenoor hulle het X hom hoflik gedra. Sy gevatheid het ook van goeie intelligensie geblyk.

"Hoe lyk dit, X,” is hy gevra na die opsienbarende onthullings in sy verklaring aan die polisie, "wat gaan jy nou aanvang — by die polisie aansluit?”

"Dit hang af van wat u my kan aanbied?” was sy skertsende weervraag.

"Hoe dan so?”

"Die Kommissaris van Polisie se motorbestuurder is ’n sersant, myne ’n kolonel! Julle het nie ’n pos hoog genoeg vir my nie.”

’n Kolonel het getuie X soms as insittende in sy motor gehad onderwyl die ondersoekwerk nog aan die gang was . . .

Mnr. X lig in sy getuienis die sluier op veral die Natalse sabotasie-aanslae, maar hy wys ook waar die adder se kronkelinge loop. Meer nog, hy skilder die lewe van die kommunistiese samesweerder - sy skoling in kommunistiese begrippe, sy ideale en, nog belangriker, sy ontnugtering.

Mnr. X staan as selferkende saboteur in die getuiebank.

In opdrag van wie het jy die sabotasiedade gepleeg ? — Die Streekbevel het so beveel.

Die Streekbevel ? — Van Durban.

Van wie het die Streekbevel van Durban sy opdragte gekry? — Van die "National High Command”.

En waar is die "National High Command ?” — Aan die Rand.

Waar? — Op Rivonia.

Was jy daar ? — Ja.

Waarom het jy die dade van sabotasie gepleeg? — Sedert 1960 is ons geleidelik Kommunisme geleer, U Edele.

Kommunisme geleidelik geleer . . . van watter vlak af? — Beginnende by die vakbonde.

Wat is julle presies geleer ? Gee net ’n kort opsomming. —- Terwyl ons van die vakbonde geleer is, U Edele, is aan ons verduidelik dat die blanke hierheen gekom het, dat hulle ons land op ’n skelm manier weggeneem het, en ook die rykdom van die land, en dat dit die rede is waarom ons in moeilikhede verkeer.

Mnr. X getuig dat hy in 1957 by die A.N.C., in 1960 by die South African Congress of Trade Unions (Sactu), en in 1961 by die Kommunisteparty aangesluit het.

Vertel ons wat jy verder deur die Kommunisteparty geleer is om te glo ? — Ons is meegedeel dat ons die Kapitalistiese Regering moet uitwis en dat ons ’n regering moet stig wat ’n regering sal wees van werkende mense.

Hoe sou julle die Kapitalistiese Regering uitwis? — Deur oorlog; deur te veg.

Nou, die Kapitalisme sou vervang word deur?—Sosialisme sou eers ingevoer word en daarna Kommunisme.

Het die Kommunisteparty julle gesê wat jul houding moet wees as julle gearresteer sou word? — Wanneer jy gearresteer word, moet jy niks aan die polisie sê nie. Jy moet geen verklarings doen nie.

Ná die voorval by Sharpeville en die noodtoestand wat daarop gevolg het, is die A.N.C. as organisasie verbied. Daarna is dit ondergronds voortgesit.

In dié tyd leer X ’n ander swarte, Stephen Dlamini, ken wat voorsitter is van die Durbanse tak van Sactu. Hy vind ook uit dat Dlamini sekretaris is van die Durbanse tak van die A.N.C. en dat hy ’n sel van die Kommunisteparty in Durban gestig het.

Dlamini het horn van leesstof voorsien — boeke soos Episode deur Harry Bloom, The Last Frontier, Black and White in S. A. en The Roots of Revolt in Africa.

Waaroor het die boeke gehandel? — Die inhoud van almal behandel die swart man in Afrika, die stryd onder die onderdrukking van die blanke, die rykdom van die land wat deur die blankes geëksploiteer word en die planne wat die blankes smee om die hele land in besit te neem.

Het jy geglo wat jy lees ? — Aan die begin het ek dit betwyfel, maar soos ek aangegaan het, het ek dit eindelik geglo.

Is ooit op enige vergaderings van die A.N.C. na Sactu verwys?

—      Ja, dit is altyd op die vergaderings genoem dat as jy ’n lid is van die A.N.C., dan moet jy ’n lid van Sactu wees; as jy ’n lid van Sactu is, dan moet jy ook lid wees van die A.N.C.

Was daar enige verwysing na Sactu op vergaderings van die Kommunisteparty ? — Ja.

Wat was die verwysing?—By die Kommunisteparty was die praatjies dat ons moet organiseer en die mense kry om by Sactu aan te sluit.

Getuie X het so ywerig lede vir Sactu gewerf dat hy persoonlik ’n nuwe vakbond gestig het.

Uit die klasse van Sactu wat Dlamini gereeld gehou het, is mense vir "hoëre opleiding” gekies. Getuie X was een van hulle. Aan hulle is die leerstellings van Marx en Lenin geleer en juis in die tyd is hy as lid van die Kommunisteparty gewerf wat toe reeds sedert 1950 verbode was.

Getuie X vertel voorts dat daar in ’n stadium moeilikheid tussen die militêre afdeling van die A.N.C. en die gewone lede van die A.N.C. was.

Wat was die moeilikheid in die A.N.C.? — Wat ek weet, U Edele, is nie wat ek persoonlik weet of persoonlik meegedeel is nie, maar die algemene praatjies was dat die gewone lede van die A.N.C. nie van die militêre tak gehou het nie.

Billy Nair het hom eendag vertel dat ’n blanke in Durban was om ’n "tak van saboteurs” te stig.

Het jy geweet wie die blanke was ? — Ek het hom nooit persoonlik gesien nie . . . Curnick sê hy was Bernsted — Rusty Bernsted of Bernstein, of iets.

Die blanke man sou aan Billy gesê het die A.N.C. het besluit om tot geweld oor te gaan.

Hulle moes mekaar as "kameraad” aanspreek, byvoorbeeld as "kameraad kaptein”. Hulle was aimal lede van die Kommuniste-party. Hulle is gewaarsku dat selfs al sou hulle ’n redelike vermoede hê dat ’n persoon lid was, so iemand onder geen omstandighede genader moet word nie.

Die taak van die Streekbevel was om in die algemeen die belange van die sabotasie-afdeling te behartig en soldate te werf uit die geledere van Sactu en die A.N.C.; die van die tegniese komitee om wapens te maak en in beheer te staan van enigiets wat vervaardig moes word. Hul opdrag was om alle Regeringseiendom te verwoes.

Die Streekbevel het in Ronnie Kasrils se woonstel vergader waar Harold Strachan gesê het hy kom hulle leer wapens maak omdat die A.N.C. nou besluit het "om bloed te vergiet”. Strachan het gesê hulle moes leer van die wyse waarop die mense in China en Kuba geveg het. Die tyd sou kom dat "ons sou uitgaan in die ope, in die bosse, om guerrilla-oorlog te veg.”

Dr. Yutar: Ja? — Uiteindelik sou dit dan uitloop op algehele oorlog.

Strachan het gesê die High Command het bepaal dat sabotasie op 16 Desemher 1961 deur die hele land moet begin.

Monsters van bomme wat Strachan in die loop van sy lesings gemaak het, is in Durban uitgetoets. Die hele Streekbevel was teenwoordig. Die petrolbom het na dertien minute ontplof.

Na hul opleiding het Strachan per vliegtuig na Port Elizabeth gereis om saboteurs daar op te lei.

Getuie X en sy marine het vier droëladingbomme gemaak en besluit om op 15 Desember al toe te slaan en nie eers tot die volgende dag te wag nie.

Hulle het die teikens vooraf ondersoek en toe bomme gaan plaas by die Bantoesake-kantoor van die munisipaliteit, die kantoor van die Bantoe-kommissaris en by die Kantoor van die Departement Kleurlingsake.

Die bomme is vooraf met seep en ’n lap skoongemaak om vingerafdrukke te verwyder en daarna in Kersfeespapier toegedraai sodat dit na kerspakkies gelyk het.

Getuie X en twee ander het die "werk” by die Bantoesake-kantoor gedoen. Vier aartappelsakkies met sand om die bom vas te pak, is reeds die vorige dag naby die gebou afgelaai. Hulle het vir die bepaalde tyd, 9 nm., gewag. Kort voor nege het X en sy span die bom teen ’n deur gestel en elkeen sy eie rigting ingeslaan.

Hy was by die stasie en op pad om ’n bus te haal toe die skoot afgaan. Net die bom het afgegaan, die ander nie.

Plofstowwe is op verskillende plekke gesteel. Na die eerste vrag is by ’n biblioteek oor die plofstof se eienskappe nagelees. Daarna is ’n waaier gou gekoop om die buit koel te hou!

Op ’n vergadering van die Streekbevel verneem hulle dat die High Command laat weet het dat een van hulle vir opleiding in die gebruik van dinamiet na die Rand gestuur moet word en X word aangewys. Tegelyk moet hy ’n nasionale konferensie van Sactu in Johannesburg bywoon, waar iemand van die High Command hom sal ontmoet.

Niemand daag egter by die konferensie op nie, X weet nie hoe om met die High Command in verbinding te tree nie en keer onverrigtersake terug Durban toe. Daar hoor hy daar was ’n misverstand. In sy afwesigheid het ene Jack Hodgson (’n beweerde medesamesweerder) opgedaag om hom te leer.

X vertrek dadelik terug na Johannesburg met ’n brief aan Jack Hodgson in ’n groter koevert wat geadresseer is aan Leon Levy, die president van Sactu. In Johannesburg verduidelik Hodgson aan X hoe dinamiet, geligniet en knallont werk. Hodgson beduie hom ook hoe dinamiet in paraffienblikke bewaar word en leer hom nuwe metodes om met vryelik beskikbare chemikaliee plofstof te maak.

Terug in Durban leer X ander die "Hodgson-metodes” en hulle begrawe die dinamiet in paraffienblikke, onder meer op die Bluff.

In een stadium is ’n brief van die High Command ontvang dat agt persone gewerf moet word om vir militêre opleiding na die buiteland gestuur te word. Die werwelinge moet st. 8 of 10 hê en tussen 16 en 30 jaar oud wees. Die vereiste kwalifikasie van werwelinge is egter later na st. 6 verlaag. Die eerste groep is in Mei of Junie 1962 gestuur. Later het verskeie ander groepe vertrek.

In Julie of Augustus gaan die lede van die Streekbevel per motor na Reservoir Hill waar hulle in ’n Indiër se sitkamer plaasneem. ’n Indiërvrou roep Mandela uit een van die vertrekke.

Mandela spreek hulle toe en sê hy was in die buiteland, dat hy leiers van Afrikastate ontmoet het en dat hulle almal simpatiek was teenoor die mense in Suid-Afrika.

Mandela se dat die leiers saamgestem het met wat hy besluit het om te doen in verband met die stryd teen die Regering van Suid- Afrika.

Mandela verfel dat hy Eric Mtshali, wat in die eerste groep was wat na die buiteland gestuur is vir militêre opleiding, in Dar-Es- Salaam teengekom het. Mtshali is verstote daar gelaat omdat hy die feit openbaar het dat hy ’n Kommunis is.

Wat Mtshali gedoen het, is ’n baie gevaarlike ding om te doen, sê Mandela. Die Afrikastate is bereid om die swartess te help, maar hulle wil niks van die Kommuniste hoor nie. Daarom, as groepe soontoe gestuur word, moet hulle gewaarsku word om nie uit te lap dat hulle Kommuniste is nie.

Mandela vertel dat hy ook die opperbevelhebber van die Algerynse leër ontmoet het. Die bevelvoerder keur Kommunisme goed en het hom na ’n militêre kamp geneem min of meer op die grens tussen Algerië en Tunisië. Dit was in die tyd wat die Algeryne teen die Franse geveg het en in die kamp is Algerynse guerrillas opgelei.

Op die reis het hy ook Haile Selassie ontmoet wat gesê het dat hy nie alleen bereid is om swartes te laat oplei nie, maar ook die geld sal verskaf vir hul vervoer van Francistown af.

Mandela sê dat hy op sy toer ’n kontantbedrag van R60,000 ingesamel het vir die stryd in Suid-Afrika.

Mandela sê ook blankes en Indiërs kan vir militêre opleiding na Kuba gaan. Werwelinge met matriek kan na Oos-Duitsland gestuur word om opleiding te kry in militêre ingenieurswese en radio-kommunikasie.

Slegs ’n paar dae na die vergadering hoor hulle dat Mandela by Howick gearresteer is, getuig mnr. X. Toe Mandela verhoor word, pleeg hulle ’n aantal dade van sabotasie om hul misnoeë te toon.

Die sekretaris van die inwonersvereniging kla dat die Bantoe- adviesraad teen sy organisasie werk. X maak die pypbomme wat in die huise van lede van die adviesraad gesit moet word.

Verslag word ontvang dat ’n sekere Indiërsakeman ’n Regeringsman is. Sy kantoor word verwoes.

Daar is ’n staking by die Bata-skoenfabriek. Die maatskappy wil nie aan die werkers se eise toegee nie. ’n Bom word daar ontplof om die eienaars skrik te maak.

Hulle besluit om die Nasionale Party se kantore in Durban met dinamiet aan te val, sien daar is mense binne en gaan val Die Nataller (’n Afrikaanse koerant) se kantore aan.

’n Goederetrein aan die Noordkus moet aangeval word. Van die bomme word per abuis op ’n passasierstrein gegooi.

Die High Command vra opnuut dat iemand vir spesiale opleiding na die Rand moet kom. Mnr. X vertrek vroeg in April 1963 want hy moet ook ’n konferensie van Sactu bywoon.

Niemand ontmoet hom volgens die afspraak in Johannesburg nie. Hy gaan na Leon Levy se kantoor en kom later by die beskuldigde Mlangeni se huis uit. Mlangeni is bekend onder die naam Percy en X hoor ook dat hy die bynaam Robot het . . . omdat hy glo vir niks stuit nie.

Na afloop van die Sactu-konferensie kom laai Mlangeni hom een oggend op en hy neem hom na ’n wit dubbelverdiepinggebou in Orlando: die S.K.-gebou.

Mlangeni neem hom na die boonste verdieping, laat hom daar wag en kom later met die beskuldigde Motsoaledi daar aan. Motsoaledi vertel die gebou behoort aan ’n Zoeloe-kruiedokter. Hy sê dit is nuttig om iemand te kan hê wat medisyne hanteer: tussen sy medisyne kan chemikalieë weggesteek word. Die Veiligheidspolisie het reeds ’n klopjag op die gebou uitgevoer maar kon nie tussen die chemikalieë en medisyne onderskei nie.

Mlangeni het nie geweet van die kennis wat X reeds het nie en al wat hy nog moes leer, was hoe swartpoeier en termiet, plaasvervangers vir dinamiet, berei word. Mlangeni gee hom dus R10 om terug te gaan Durban toe.

In Mei 1963 het die High Command weer iemand nodig en hy gaan omdat die ander ingeperk is.

Net voordat hy Johannesburg toe moet vertrek, kom die beskuldigde Mlangeni in Durban aan. In sy baadjie se lapel dra hy ’n kenteken met ’n hamer en sekel daarop.

Mlangeni kom die Streekbevel spreek. Hy sê hy is deur die High Command gestuur. Van Mlangeni verstaan getuie X dat hoofman Sabata van die Transkei sal kom om die Streekbevel te ontmoet. Mlangeni sal Sabata daarna na Johannesburg neem.

Mlangeni sê die High Command het agt manne nodig vir opleiding in die buiteland. Daar word gereël dat hulle op ’n bepaalde datum op Germiston moet aankom waar iemand hulle sal ontmoet. Hulle moet ’n sambreel by hulle hê en op die stasie moet hul leier die sambreel oop en toe maak. Die persoon wat hulle ontmoet sal dan nader kom en sê "Manzi” — water. Die leier moet so teruggroet.

In Johannesburg maak X kontak met adv. Joe Slovo. Slovo wil weet of hy iemand ken waar hy kan oorbly terwyl hy vir hom reëlings tref om die High Command te ontmoet. X gaan bly by Siloro oor. Slovo het hy gedurende sy vorige besoek ontmoet.

Hy vra Slovo om hom te help om Mlangeni of die latere getuie Z te spreek. Hy ontmoet Z die volgende dag by ’n partytjie van die A.N.C. in die Phefeni-Bantoedorp.

Tussen 7 en 8 nm. op 3 of 4 Junie 1963 —dit was donker — neem Z en Brian Somana getuie X na die High Command. Hy sit die hele pad en rondkyk en sien ’n plek genaamd Rivonia-garage of Rivonia-vulstasie.

’n Entjie by die plek verby beveel Z dat die motor moet stilhou. Hulle stap ’n honderd of wat tree met die pad terug en dan deur ’n stuk veld waar daar aanduidings is dat motors daar gery het. Eindelik gaan hulle tussen buitegeboue deur.

Z klop aan ’n deur en hulle gaan ’n grasdakkamer binne. Binne sit Sisulu links van die deur. Mbeki, Kathrada, en ’n onbekende man van Port Elizabeth is ook daar. Sisulu word aan X voorgestel as Allah, Mbeki as Dhlamini en Kathrada as Pedro.

Sisulu sê hy sal X ’n boodskap vir die A.N.C. gee omdat die A.N.C. se verteenwoordiger nie gekom het nie. Die boodskap is dat die A.N.C. teen die einde van Julie (1963) 200 vrywilligers moet organiseer en teen die einde van Oktober, in die platteland, 2,000.

Sisulu is haastig om iewers heen te vertrek, maar voordat hy gaan, sê hy Mbeki sal aan X verder verduidelik.

Mbeki herhaal wat Sisulu gesê het. Hy sê voorts dat as die A.N.C. die vrywilligers georganiseer het, hulle oorgeneem en in groepe van Umkhonto We Sizwe verdeel moet word. Daardie groepe sal dan vir sabotasie gebruik word.

Mbeki sê die organiseerders sal elk R20 per maand ontvang en R14 aan reistoelae; die salaris van die opperbevelhebber is nie genoem nie.

Hy vra Mbeki of die 200 en 2,000 vrywilligers beteken dat die revolusie op die punt is om plaas te vind. Mbeki lag net en sê hy het gehoor daar is nog van die leiers in Natal wat in hul huise slaap.

Mbeki sê hulle moet in Natal soek na ’n plek soortgelyk aan Rivonia — ’n stil plek wat buite die stad is en uit die polisie se oog. Dit sal die leiers in staat stel om daar tuis te gaan as hulle die Streekbevel besoek en soldate wat van opleiding terugkom kan ook daarvan gebruik maak.

Gedurende getuie X se verblyf op Rivonia word die High Command se adres aan hom gegee: The Herbalist, S.K.-Building, P.O. Box (’n nommer), Orlando, Johannesburg. Dit is die gebou waar hy sy opleiding in die vervaardiging en gebruik van swartpoeier gekry het.

Oor die kwessie van die veiligheid van werwelinge wat na die buiteland gestuur word, sê Mbeki dat die High Command reeds met ’n lugdiensmaatskappy ’n ooreenkoms getref het om rekrute twee keer per week in Francistown op te laai. Elke vliegtuig sal 28 rekrute na Dar-Es-Salaam vlieg. Dit sal voorkom dat rekrute onderweg in Rhodesië gearresteer word, soos toe reeds gebeur het.

Mbeki gee die Streekbevel se maandelikse toelaag van R110 aan X. Dit moet voorlopig gebruik word om die rekrute te stuur en dit sal later weer deur die High Command vergoed word.

X bly by die grasdakkamer waar die ander almal besig is om te skryf: Mbeki skryf met die hand en Kathrada nie.

Mbeki wys X ’n afskrif van ’n pamflet wat versprei sal word in die naam van die A.N.C. Die pamflet praat van die Addis Abeba-beraad, Ben Bella en bloedskenkers en herinner die mense aan die viering van 26 Junie 1963. Hulle moet hulle die dag wy aan die stryd en kerse en vreugdevure aansteek.

Mbeki gee die dokumente wat hy opgestel het aan Kathrada wat dit op wasvelle tik. Later gaan X saam met Kathrada na ’n kamer waar Kathrada die wasvel in die afrolmasjien sit. Hy trek handskoene aan en rol afskrifte af.

Hy wys X ’n kassie van sowat een voet by agt duim. Die kassie is in twee afgeskort: in die een afdeling is ’n battery, in die grote die swartpoeier. X herken ’n sigaardoos in die hof as "baie dieselfde” as die een by Rivonia en hy beskryf met behulp van ’n groter voorbeeld wat hy vir die militêre owerheid gemaak het hoe ’n landmyn daarvan gemaak kan word soos die Port Elizabethse man aan hom verduidelik het.

Die man sê die myne sal gebruik word wanneer hulle "werklik veg”.

Die nag slaap X weer saam met dieselfde persone in die grasdakkamer. Mbeki wys hom ’n brief wat hy aan Kenneth Kaunda en Harry Nkumbula van Noord-Rhodesië geskryf het. In die brief bedank hy hulle vir wat hulle vir die werwelinge wat in Noord-Rhodesië gearresteer is, gedoen het. Weens hul ingryping is die rekrute vrygestel.

Hazel Goldreich en haar seun neem X die volgende oggend na ’n bushalte. Sy hou daar stil en wag totdat ’n bus aankom.

Terug in Durban doen hy verslag oor die 15 werwelinge wat die High Command benodig en vergesel hulle na die Rand. Die eerstes van die groep vertrek om 2.15 nm. per trein en X gaan per taxi na Pietermaritzburg om die trein daar te haal. Die ander helfte van die groep vertrek omstreeks 6.30 nm. met ’n ander trein. Die Natalse rekrute reis in twee groepe omdat elf werwelinge wat van Port Elizabeth in een groep gereis het, op die trein gearresteer is.

Die groepe kom op 13 Junie 1963 in Johannesburg byeen in die huis van die persoon wat hulle op Germistonstasie ontmoet het.

X wil ook die High Command spreek omdat hul toelaag van R110 per maand nie gereeld ontvang word nie. Hy word meegedeel dat die High Command besig is; as hy hulle wil spreek, moet hy ’n afspraak maak en dit kon ’n gewag van tot drie dae afgee. X laat sy opdragte van die Streekbevel oordra en gaan Durban toe om die volgende groep rekrute te haal. In Durban besluit die Streekbevel dat as die High Command nie die geld stuur nie, hulle nie met die werwingswerk sal voorgaan nie.

X gaan hierna na Bergville, maar hy doen nie veel moeite om die manne daar op te lei nie. Sy "hart is nie meer met Umkhonto We Sizwe nie”.

Dr. Yutar: Hoekom nie? — Omdat, soos ek reeds gesê het, ek sedert April weggekruip het. Ek is ’n getroude man met twee kinders. Toe ek aangesluit het, is ons meegedeel dat as ons vind die polisie verdink ons, ons dit by die Streekbevel moet aanmeld. Die plan was dat as jy verdink word, jy na veiligheid geneem sal word en dat na jou gesin omgesien sal word. En nog ’n ding: ek is uit my vaste werk geneem. Ek is belowe dat ek ’n maandelikse salaris sou ontvang en sedert Junie 1962 tot die dag van my arrestasie was al geld wat ek vir daardie hele tydperk gekry het R10, hoewel hulle my aangehou belowe het dat my geld sou kom. My geld sou kom totdat ek uiteindelik geen geld meer verwag het nie. Ook die mense — hierdie rekrute wat gearresteer is — ook vir hulle is nie omgegee nie.

Dr. Yutar: Wie het nie vir hulle omgegee nie?

Getuie X: Die High Command. Wanneer hulle, die leiers, hier van Suid-Afrika af gevlug het, is hulle nie gearresteer nie. Maar hulle het nie omgegee vir die veiligheid van ons rekrute nie.

Dr. Yutar: Jy is uit jou werk geneem en daar is so baie beloftes aan jou gemaak . . .

Getuie X het wrang geantwoord: "Mlangeni het ’n motor gehad. Walter Sisulu het borgtog van R6,000 betaal . . . borgtog van R6,000! En toe hy op borgtog uit is, het hy nog ’n motor gehad . . .

Toe X moes vlug, was daar "niemand wat gekyk het wat my kinders te ete gehad het nie”. Sy gesin se kamerhuur (R3 per maand) is ook nooit betaal nie.

X sê dat hulle die High Command se opdrag uitgevoer het om na ’n stil plek eenkant te soek. In die eerste plek kies hulle ’n opstal by Kloof, maar nadat hulle twee weke daar gewoon het en die skrik op die lyf gejaag is, vind hulle ’n nuwe hoofkwartier by Winstonpark. Hy gee die plek die naam "Little Rivonia”.

Toe die leiers by Rivonia gearresteer word, is dit vir sy makkers ’n gevoelige slag, maar hy gee nie om nie.

Het jy daarna voortgegaan met jou sabotasiewerk ? — Nee. Ek kon dit nie meer uithou nie. Maar omdat ek daarin was, kon ek nie meer uit nie.

Op 3 Augustus 1963 word X op Kloofstasie deur speurdersers. Grobler gearresteer.

As lede van Umkhonto het hulle die program van die Kommunisteparty ontvang asook ’n tydskrif, African Communist, wat gereeld uitgestuur is. Elkeen moet die inhoud van die boeke bestudeer en dit dan aan ander lede van sy selgroep gee.

X sêdie bevele van die Kommunisteparty was dat almal ook by die A.N.C. moet aansluit. Die rede was dat daar ’n bietjie moeilikheid tussen Umkhonto en die A.N.C. was en gemeen is dat as die lede van die Kommunisteparty by die A.N.C. aansluit, die moeilikheid opgelos kon word.

Hoe? — Sodat ons die A.N.C. kon beheer.

Sodat die lede van die Kommunisteparty die A.N.C. kon beheer ? — Ja.

Onder kruisverhoor deur adv. V. C. Berrange se X hy glo nog in die A.N.C., maar nie die A.N.C. waarin die Kommunisme ’n rol speel nie. Die optrede van die leiers was verkeerd. Hy het vertroue in hulle verloor.

Die Umkhonto We Sizwe is ’n organisasie van die Kommuniste en nie van die A.N.C. soos aan die gewone lede voorgehou is nie. Die leiers het die gewone lede mislei. Die meerderheid van hulle weet nie dat die leiers van die A.N.C. Kommuniste is nie.

Eers het die leiers in belang van die A.N.C. opgetree, maar sedert die begin van 1963 het dit duidelik geword dat in die belang van die Kommunisme gehandel word. Van die begin van 1963 af het die leiers hul opdragte van die Kommunisteparty gekry.

Hy meen hy het die A.N.C. ’n guns bewys deur te openbaar dat die leiers hulle mislei. Die mense wat hy in sy getuienis in die hof genoem het, is "die mense wat ons mislei het”. Hy is tevrede dat hy deur sy openbarings nie die A.N.C. verraai nie.

Volgelinge lig die sluier... vervolg.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3351 gaste aanlyn