Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk jou persoonlike verhouding met God? Kan mense werklik sien dat jy Jesus liefhet? Getuig jy ooit van Hom? Onthou: niemand kan jou nie die hemel indra nie. Jy moet ’n persoonlike verhouding met Jesus hê, anders is jy verlore!
AFRIKA SE WIT REUS (1)
Klaus D. Vaque
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Hier volg werklike statistiek, vyf jaar vóór swart oorname. Vergelyk dit gerus nou in 2013 met die land se huidige stand ná amper 20 jaar se agteruitgang onder ANC-bewind.
Dat die meeste Afrika-staatshoofde Suid-Afrika, of dan "die wit reus van Afrika" in 1989 met afguns aanskou het, kon 'n mens hulle dit nie kwalik neem nie, waar Suid-Afrika teenoor hulle heeltemal onopsetlik 'n superioriteit aan die dag gelê het, en waaroor hulle slegs maar kon droom. Enkele statistieke kan dit illustreer:
Suid-Afrika produseer meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot-Brittanje.
Die RSA huisves binne sy grense net 6% van die totale bevolking van Afrika en beslaan net 4% van Afrika se hele oppervlakte en tog lewer dit (in 1979) meer as 50% van die gesamentlike elektriese krag, het 74% van alle ge-elektrifiseerde spoorlyne, produseer meer as 24% van die gesamentlike brutonasionale produk en besit 25% van die hele Afrika se telefone.
Van al die laerskoolonderwysers van Afrika werk daar 70% in die RSA asook 4 uit elke 5 dokters.
Die Suid-Afrikaanse treine loop op meer kilometers spoorlyne as Wes-Duitsland s'n, vervoer meer passasiers as Switzerland en het 'n beter stiptelikheidsrekord as Oostenryk.
Suid-Afrikaanse maatskappye werk met mikroskopiese toleransies wat vir kernindustrieë vereis word, bou rekenaars en jagvliegtuie met spuitmotors waarvan die snelheid Mach-2 is (d.i. tweekeer dié van klank), voer motoronderdele uit na 100 lande van die wêreld en het die grootste ammunisiefabriek in die wêreld gebou.
Die RSA besit en onderhou een van die weinig hoogsgekompliseerde uraanverrykingsaanlegte van die wêreld.
Suid-Afrika het die wêreld se grootste algeheel nuwe haweaanlegte in Richardsbaai gebou asook die wêreld se langste spoorlyn vir gespesialiseerde vervoer (ystererts), naamlik die Sishen-Saldanha-verbinding van 860 km, wat nou ook vir algemene vervoer gebruik word.
Suid-Afrika se mynskagdeskundiges, wie se voorvaders met die grootste mensgemaakte uitgrawing (die "groot gat" van Kimberley) kan spog, het 'n diepte van 3,480 meter bereik (dieper as wat mense ooit geboor het) en hulle hou die wêreldrekord vir die diepste loodregte skag wat ooit gebou is nl. 2,948m.
Die olie-uit-steenkool-proses van die reuseonderneming SASOL is een van die grootste prestasies van internasionale tegnologie en die deskundige kennis van die verskillende prosesse is hoog in aanvraag deur soortgelyke aanlegte in Duitsland, die VSA en Japan.
Die nakomelinge van die oorspronklike blanke intrekkers asook latere immigrante - hoofsaaklik Britte, Duitsers, Portugese, Nederlanders en Grieke - het in hierdie deel van Afrika 'n regionale supermag laat ontstaan, wat tans met 'n huidige Blanke bevolking van 4,8 miljoen sonder weerga is in die wêreld – (Blankes het sedert ANC-oorname landuit gevlug en volgens CIA-statistiek is daar in 2013 minder as 2 miljoen Blankes in Suid-Afrika).
Die per-kop-inkomste van die hele bevolking van Suid-Afrika, swartes ingesluit, het in 1983 sowat 2,450 Amerikaanse dollar beloop, was dit nege keer hoër as dié van Mosambiek, vier keer dié van Zambië, meer as drie keer dié van Zimbabwe en byna twee keer dié van die hele streek van Suidelike Afrika.
Vergeleke met die hele streek van Suidelike Afrika (d.w.s. Angola-Botswana, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Swasieland, Zambië en Zimbabwe) is die aandeel van die RSA soos volg:
80% van die gesamentlike bruto nasionale produk (1986)
77% van alle opgewekte elektrisiteit (1980)
97% van alle ontginde steenkool (1980)
98% van alle ontginde ystererts (1980)
82% van alle ontginde chroom (1978)
77% van die mielie-oes (1986)
87% van die koringoes (1980)
57% van die suikerriet-oes (1979)
39% van die beesteling (1980)
80% van die skaapteling (1980)
82% van die besit aan motorvoertuie (1986)
63% van alle geteerde strate (1982)
60% van die treine en haweaanlegte (1985)
84% van alle geïnstalleerde telefone (1977)
In vergelyking met die hele Afrika-kontinent spreek die getalle ook boekdele. Suid-Afrika se aandeel is hier soos volg:
46% van alle motorvoertuie
33% van alle vragmotors
44% van alle trekkers
66% van die hele staalproduksie
40% van die sementproduksie
Die regering streef voortdurend daarna om die lewenstandaard van die nie-Blanke bevolking verder op te stoot om 'n groot tevrede Swart middelklas daar te stel. Die enorme staatsuitgawes wat hiervoor benodig word, word hoofsaaklik deur die Blanke minderheid gelewer, wat daarvoor 'n inflasiekoers van byna 20% moet verdra, omdat die deels-deur-wetgewing-verhoogde lone vir Swartes nie met 'n gelyktydige produktiwiteitstyging gepaard gegaan het nie.
'n Amerikaanse besoeker en kenner van die land het kort gelede gesê dat daar in Suid-Afrika in die laaste 5 jaar meer veranderings deurgevoer is as in die laaste 100 jaar in Amerika. Byna orals is rasseskeiding afgeskaf:
in die treine (somer 1985), in die bioskope (Nov. 1985), in sport. Almal het dieselfde burgerskap gekry (herfs 1985). Die verbod op gemengde huwelike is herroep (lente 1985). Swartes het die reg op grondbesit gekry (begin 1986) en mag in sentrale sakegebiede besighede open (1985). Die voorbehoudsreg op beroepe is so te sê afgeskaf en Swartes is in 'n sentrale opleidingsraad opgeneem. Kleurlinge en Indiërs is in verhouding tot hulle getalle in die parlement verteenwoordig. Swartes het hulle eie demokratiese regerings in hulle nasionale state ("tuislande").
Verskeie vorms van amptelike ontwikkelingshulp het in die tagtigerjare sterk toegeneem. Vir die finansiële jaar 1982/83 is daar in die begroting voorsiening gemaak vir 'n bedrag van 434 miljoen Rand vir hulp aan onafhanklike buurstate, 'n toename van 69% teenoor die vorige finansiële jaar. Die totale amptelike ontwikkelingshulpprogram, met insluiting van toekennings aan krediete, wetlike en tegniese uitgawes vir 1982/83, is in Januarie 1983 vasgestel op R627 600 000.23
As 'n mens die ontwikkelingsprogram vir die selfregerende state binne Suid-Afrika nog hier byreken, kom die bedrag wat kom van Suid-Afrika se belastingsbetalers, wat hoofsaaklik uit Blankes bestaan, te staan op ver meer as 'n miljard (1000 miljoen) Rand. Per kop van belastingbetaler bereken, is dit, sover bekend, 'n absolute wêreldrekord.
Indien u na alles wat u tot hier gelees het, nog steeds oortuig is dat Blank Suid-Afrika hulle Swart medeburgers uitgebuit het, dat die massa-media, baie kerkorganisasies en anti-apartheidsgroepe van die situasie in Suid-Afrika 'n objektiewe beeld gee en dat die land wêreldwye verdoeming en ekonomiese sanksies verdien, lees gerus die volgende aflewerings wat u heel moontlik nuwe insigte sal laat verkry.
Vervolg...