NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gebruik jou tyd reg. Soos Job met groot ontsag aan God in Job 14:4: "Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie."

NIKS IS NUUT NIE... (1)

Dries Bergman

Lees reeks by Niks is nuut nie

DIE EERSTE RASSEBOTSINGS

"Hierdie patroon herhaal hom nog steeds. Duisende Boere het al hul lewens tydens rooftogte verloor.  Die meeste daarvan het na die ontbanning van die ANC in Februarie 1990 plaasgevind."

Die eerste rassebotsing in Suid-Afrika het pas na die volksplanting in 1652 plaasgevind toe swartes blankes van hul besittings begin beroof het.  Dit was die begin van ‘n patroon wat toekomstige goeie rasseverhoudinge sou kelder.  Waar die koloniste vandaan gekom het, was diefstal feitlik onbekend.  Aan die suidpunt van Afrika moes hulle tot hulle skade ontdek dat die plaaslike bevolking 'n ingeburgerde roof-kultuur gehad het en dat hulle hul eiendom nooit veilig was nie.  Roof sou voortaan die motief vir die meeste rassebotsings wees.

Die Hottentotte het wel met die koloniste handel gedryf, maar sodra sake afgehandel is, dikwels 'n dreigende houding ingeneem.  Ten spyte van genoegsame grond tot hul beskikking, het die Hottentotte die grondgebied waarop die klein blanke nedersetting gevestig was telkens opgeëis. Eers nadat Jan van Riebeeck die plaaslike kaptein met geskenke gepaai het, is die spanning tydelik ontlont.

Alhoewel die Hottentotte altyd gereed was om eiendomsreg vir hulself op te eis, het hulle hul nie aan dié van ander gesteur nie.  Op Sondag 19 Oktober 1653 het die Hottentotte die skamele veestapel van die koloniste beroof terwyl die koloniste 'n erediens in die fort bygewoon het.  David Janz, 'n jong koloniste-seun wat as veewagter diens gedoen het, is in die rooftog wreed vermoor.

Hierdie patroon herhaal hom nog steeds. Duisende Boere het al hul lewens tydens rooftogte verloor.  Die meeste daarvan het na die ontbanning van die ANC in Februarie 1990 plaasgevind.  Blanke  eiendom word gereeld op Sondae beroof terwyl die eienaars eredienste bywoon.  Sommige is al selfs deur die booswigte ingewag en by hul tuiskoms aangerand of vermoor.

Die moord op die jong David Janz het die koloniste met weersin vervul.  Hulle het die vyandige houding van die swartes nie begryp nie.  Die koloniste het dan juis uit hul pad gegaan om goeie rasseverhoudinge te kweek.  Wat die koloniste egter nie besef het nie, was dat die Hottentotte hulle welwillendheid as 'n teken van swakheid beskou het wat uitgebuit moes word.

Na die moord op die jong veewagter, het moord en roof 'n toenemende verskynsel aan die Kaap geword.  Die koloniste se nare ervarings met die plaaslike swartes het spoedig ‘n onvermydelike rassekleur- en vooroordeel verkry.  Wanneer swartes in die nabyheid was, het die koloniste geweet om vir hul besittings te keer!

Sedertdien het niks verander nie.  .Met swartes in die nabyheid staar die Boervolk na meer as drie eeue nog steeds eiendoms- en lewensverlies in die gesig. Blankes word byvoorbeeld genoodsaak om hul eiendom met tralies en duur veiligheidstelsels te beveilig ten einde booswigte uit te hou.  Die rustige blanke tuistes van die apartheidsjare het na die ontbanning van die ANC regte tuistronke geword.

Die koloniste het spoedig besef dat hulle baie anders as die plaaslike bevolking was.  Hulle het geen geestelike of kulturele band met die swartes gehad nie.  Hierdie andersheid was nie die gevolg van rasse-meerderwaardigheid of pigmentasie voorkeure nie, maar eerder ‘n Godgegewe andersheid en ongelykheid wat nie gelykgeskaaf of weggeredeneer kon word nie.

Diegene wat dit eeue later met die Bybel onder die arm wou wegredeneer en God se skeppingsverskeidenheid probeer gelykskaaf het, het  vir die grootste rassepolarisasie in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesorg!

Die kontak tussen die Nederlandse volksplanters en die plaaslike swart bevolking het ‘n skerp skeiding tussen beskaafdes en onbeskaafde mense veroorsaak.  Laasgenoemdes se gewelddadige lewenswyse was met wreedheid, plundering, diefstal en doodslag gevul wat hulle hemelsbreed van die beskaafdes met hul Bybelse norme en Europese lewens waardes laat verskil het.

Die koloniste moes hulle noodgedwonge in ‘n bedreigde wêreld tuismaak.  Om te kon oorleef, was hulle genoodsaak om 'n duidelike skeidslyn met die barbare te handhaaf.  Daar was net te veel onoorbrugbare verskille waarvan voorkoms die opvallendste was.  'n Permanente gebiedskeiding het relatiewe vrede verseker.  Daar kon naasbestaan, maar nie saambestaan word nie.

Meer as drie eeue later is hierdie praktiese maatreël opgehef toe apartheid afgeskaf en ‘n vreedsame  naasbestaan met ‘n fatale saambestaan vervang is.    Mense wil nie uit die Bybel of hul volksgeskiedenis leer nie.  Wat God geskei het (Deutr.32:8; Hand.17:26), durf geen mens saamvoeg nie.  'n Vreedsame saambestaan in 'n sogenaamde reënboognasie is 'n hersenskim!

Namate die Kompanjie se handel met die plaaslike swart bevolking toegeneem het, het diefstal ook toegeneem.  Die vryburgerboere het die swaarste onder die diewe deurgeloop. ‘n Boer kon later nie meer sy rug draai nie, of alles, behalwe die baie swaar landbou-implemente is gesteel.  Geroofde goedere moes ontbeer word omdat dit etlike maande geneem het om die geroofde goedere met ander uit Nederland te vervang.   Daarbenewens het die meeste boere van die hand in die tand geleef, sodat daar nie geld vir vervanging was nie.  Dit het talle boere genoodsaak om hul grond te verlaat.

Die roofsugtiges het die Kompanjie in 'n diplomatieke penarie laat beland.  Enersyds moes daar ter wille van die koloniste se veiligheid hard teen die booswigte opgetree word.  Andersyds moes goeie verhoudinge met die oog op toekomstige ruilhandel bevorder word.  Daarsonder sou die verversingspos nie behoorlik funksioneer nie.

Die situasie het later so versleg dat 'n klompie boere 'n versoekskrif aan die Kompanjie oorhandig het waarin hulle dringende optrede teen die booswigte geëis het.  Toe Symon In't Velt kort hierna op sy plaas aangeval en wreed vermoor is, was die gort gaar.  Die Kompanjie was genoodsaak om ferm teen die booswigte op te tree ongeag die gevolge.  Hierdie optrede staan in die geskiedenis as die Eerste Hottentot-oorlog aangeteken waarna ‘n tyd van relatiewe rus en vrede aangebreek het.

Symon In’t Velt was die eerste van duisende Suid-Afrikaanse boere wat aan die hand van swart booswigte gesterf het.   Die grootste slagting het egter ná April 1994 plaasgevind toe meer as 1300 boere binne die eerste tien jaar van swart regering vermoor is.  ’n Mens kan verstaan dat dit destyds voorgekom het toe die aanvallers barbare was. ‘n Mens verwag dit egter nie in vandag se veelgeroemde regverdiger bedeling nie.  Is die swart moordenaars dan nog steeds barbare?

Kort nadat die koloniste korte mette met die rowers gemaak het, is die grondkwessie weer aangeroer.  Die Hottentotte het weereens die grond waarop die nedersetting gevestig was vir hulself opgeëis.  Teen hierdie tyd was Van Riebeeck keelvol vir die hebsugtige inboorlinge en het hom in geen onduidelike taal as volg uitgelaat:

"Julle het nou jul aanspraak op dié land in 'n oorlog verloor.  Ons was genoodsaak om ‘n defensiewe oorlog teen julle te voer omdat julle gedurig ons vee steel en weier om dit terug te gee.  Nou het ons die land met die swaard verower en is van voorneme om dit te behou" (Dinamies vertaal uit Dagregister 111, p.187).

Die vrede wat na die Eerste Hottentot-oorlog vir ‘n tyd lank aan die Kaap geheers het, is in 1672 versteur toe swart rowers drie boere vermoor, vee geroof en 'n plaashuis afgebrand het.  Kort hierna is nog agt koloniste tydens 'n jagtog en ‘n verdere drie naby Saldanhabaai vermoor.  Dit het die Tweede Hottentot-oorlog genoodsaak wat vier jaar lank geduur het.

Die vryburgers het ‘n ernstige tekort aan arbeiders gehad.  Geskikte plaaslike werkslui was feitlik onverkrygbaar en van blanke arbeiders was daar uiteraard weinig sprake.  Van Riebeeck het gehoop om Hottentotte as arbeiders in diens te neem, maar het gou geleer dat hulle niks van werk gehou het nie.  Gevolglik is slawe uit Wes-Afrika ingevoer wat eerder ‘n las as ‘n gerief was.  Ander het uit Indonesië en Madagaskar gekom.

Te min mense is woorde wat dwarsoor die geskiedenis van die Boerevolk geskryf kan word.  Simon van der Stel (1679-1699) was een van die min goewerneurs wat hom vir blanke emigrasie beywer het.  Die koms van die Franse Hugenote (1685) was juis aan hom te danke.  Dit het die blanke bevolking aan die Kaap 'n hupstoot gegee en sinvolle gebiedsuitbreiding beteken.

Namate slawediens al hoe meer beskikbaar geword het, het koloniste handearbeid as benede hul waardigheid begin sien en geweier om hul hande te gebruik.  Dit het 'n negatiewe invloed op die maatskaplike sowel as die ekonomiese lewe aan die Kaap gehad.  Daarbenewens was slawediens alles behalwe voordelig.  Gedwonge arbeid is nooit produktiewe arbeid nie.  Die slawe het so veel tyd as moontlik aan so min werk as moontlik spandeer.

Die toenemende slawe getalle asook die andersheid van die plaaslike swart bevolking het die koloniste gaandeweg laat besef dat hulle tot 'n hoër ontwikkelde ras behoort het.  Dit het spoedig in 'n aristokrasie ontwikkel wat 'n gevoel van trots en waardigheid ingeboesem het. Anderskleuriges het hulle ontuis in hierdie blanke wêreld gevoel sodat rassevermenging, alhoewel dit nie deur die Kompanjie verbied was nie, maar selde voorgekom het.

Ten spyte van die enorme stuk onontwikkelde grondgebied waaroor die Hottentotte beskik het, het hulle alle blanke gebiedsuitbreiding altyd heftig teengestaan.  Hulle kon nie insien dat hierdie gebiedsuitbreiding ook vir hulle voordelig was nie. Hulle misplaaste haat jeens die blanke het alle rede oortref.

Ná die eerste pokke-epidemie (1713) waarin etlike duisende Hottentotte omgekom het, was hulle nie meer in staat om die blanke uitbreidings te keer nie.  Die geweldige lewensverlies was hoofsaaklik aan hulle lae weerstandsvlak as gevolg van hul onhigiëniese lewenswyse te wyte.  Na 'n tweede soortgelyke epidemie (1755) was hulle mag sodanig gebreek dat hulle nooit weer 'n noemenswaardige bedreiging ingehou het nie.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 682 gaste aanlyn