NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, ek weet nie wat ek van U moet vra nie. U alleen weet wat ek nodig het. U het my liewer as wat ek myself kan hê. Vader, gee asb aan u kind wat hy self nie weet hoe hy dit van u moet vra nie. Ek bring maar net my hart na U en maak dit voor U oop. Amen.

'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (13)

WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN

Jeanette Koekemoer

Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig

Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser

KOEBERG

"Gedurende Mei 1971 het EVKOM die eerste bepaalde stap in die rigting van'n kernkragprogram gedoen toe hy besluit het om potensiële tenderaars in kennis te stel dat hy beplan om sy eerste kernkragsentrale gedurende 1978 in bedryf te stel...   ... is as doeltreffend en bevredigend bewys en niemand was meer bewus van die noodsaaklikheid om spitsbedryfdoeltreffendheid te verseker as juis EVKOM nie – totaal 'n ander prentjie van die ESKOM wat ons vandag ken. "

Die kus noord van Kaapstad is troosteloos, winderig en verlate,  'n gebied van sandduine met immergroenbosse en 'n gladde wit strand wat tot in die verte strek. Wanneer die seisoene verander, rol dik misbanke van die see na die land en in die winter storm reënbuie ongehinderd oor die plat landskap, aangedryf deur die wind wat selde sagter as 'n sterk bries waai. Hier by Duynefontein  het Suid-Afrika se eerste kernkragsentrale, Koeberg, verrys, byna as 'n uitdaging aan die elemente.

Dit is 'n projek wat stewig op gesonde ekonomiese oorwegings gegrondves was. Dit is 'n projek wat dit moontlik gemaak het om aan die toekomstige elektrisiteitsbehoeftes van Wes-Kaapland te voldoen. Alhoewel dit ten volle in die nasionale elektrisiteitsnetwerk ingelyf sou word, sou Koeberg se twee reaktoreenhede van 922 MW elk dié Kaapse gebied onafhanklik maak ingeval 'n kragonderbreking in ander sentrales sou voorkom.

Die oprigting van Koeberg was die hoogtepunt van baie jare se nougesette waardebepaling van wanneer en hoe kernkrag in Suid-Afrika aangewend moes word. Die PELINDUNA-konsep was in verskeie opsigte van nut, maar indien dit suksesvol sou blyk, is daar nie voorsien dat dit noodwendig die grondslag vir die land se kernkragreaktore sou wees nie want afgesien van enige ander oorweging, het dit tog as waarskynlik voorgekom dat kernkrag ekonomies in Suid-Afrika aangewend sou kon word voordat PELINDUNA oor 'n beduidende tydperk as geslaagd bewys is.

Ten spyte van die oorvloedige reserwes goedkoop steenkool in Suid-Afrika, is daar reeds gedurende die vroeë vyftigerjare besef dat die beskikbaarheid van uraan teen lae koste en die vinnige vooruitgang van kernenergie in die buiteland, sou veroorsaak dat kernkrag later in die eeu voordelig in Suid-Afrika aangewend sou kon word.

Alhoewel die kommissie wat in 1956 aangestel is om die moontlike aanwending van kernkrag in Suid-Afrika te ondersoek, grootliks as gevolg van die gebrek aan betroubare kostegegewens oor kragreaktore asook aan deskundigheid oor die kernwetenskap destyds in die land, nie tot besliste gevolgtrekkings kon kom nie, het die RAK se navorsings- en ontwikkelingsprogram beduidende voorsiening vir kernkrag gemaak en is binnelandse en buitelandse ontwikkelinge van daardie dag af dopgehou.

In 1965 het die RAK op versoek van die Minister van Mynwese met 'n formele ondersoek van die ekonomiese aspekte van kernkrag in Suid-Afrika begin. Hierdie ondersoek was eerstens op die gebruik van kernenergie vir die voortbringing van elektrisiteit toegespits, maar het ook 'n waardebepaling van die moontlike toepassing van kernenergie vir die ontsouting van seewater behels. 'n Besondere subkomitee, bestaande uit verteenwoordigers van EVKOM, die uraanbedryf, die Departement van Waterwese en die Suid-Afrikaanse Spoorweë, is saamgestel om onder voorsitterskap van dr H J van Eck leiding aan die ondersoek te gee. Met die oog op die onsekerheid oor die ononderbroke voorsiening van verrykte uraan uit die buiteland, is die bestek van die ondersoek uitsluitlik tot kragsentrales beperk wat natuurlike uraan as brandstof gebruik. Skattings is van die koste gemaak om kernsentrales van verskeie soorte en groottes in SuidAfrika op te rig, en 'n waardebepaling van die uitwerking daarvan om sodanige sentrales in die land se elektriese voorsieningstelsel in te lyf met inagname van faktore soos die beskikbaarheid van verkoelingswater en die koste van die ontsouting van seewater.

Uit die verslag wat in 1968 aan die Regering voorgelê is, is tot die gevolgtrekking gekom dat die laagste kragontwikkelingskoste met swaarwaterreaktore verkry sou kon word wat ook die beste vooruitsigte op toekomstige ontwikkeling getoon het. Verdere ondersoeke is gevolglik op hierdie reaktorstelsels toegespits; meer in die besonder op die Kanadese tipe (CANDU — wat deur swaarwater verkoel en gerem word) met sy aantreklike ekonomie, gevorderde ontwikkeling en beskikbaarheid van gegewens. Uitvoerige kosteskattings vir die oprigting van sodanige sentrales met een of twee reaktore vir inbedryfstelling in Suid-Afrika in die laat sewentiger- of vroeë tagtigerjare is gemaak. Rekenaarprogramme is ontwikkel om die optimering van EVKOM se verskeie ondernemings te vergemaklik en kosteskattings vir hierdie ondernemings, met en sonder die invoering van kernkragsentrales is gemaak.  Uit hierdie pogings 128 het die gevolgtrekking gekom dat 'n kernkragsentrale met 'n elektriese vermoë van ongeveer 350 MW ekonomies mededingend sou wees indien dit teen ongeveer 1978 in Wes-Kaapland in volle bedryf sou wees. Die uitwerking hiervan op die uraanbedryf, die steenkoolmynbedryf, die spoorweë, die plaaslike ingenieursnywerheid en watervoorsiening is in besonderhede nagegaan.

Kernontsouting vir die produksie van vars water uit seewater in die Republiek is egter om ekonomiese redes uitgeskakel. Teen hierdie tyd is reeds bevestig dat reaktore met verrykte uraan as brandstof laer kapitaal- en ontwikkelkoste meebring as reaktore wat natuurlike uraan gebruik. Weens die belowende vordering van die Suid-Afrikaanse verrykingsprojek het verdere ondersoek tot die aanbeveling gelei dat 'n keuse om suiwer ekonomiese redes tussen die kookwater-, drukwater- of stoomontwikkelende swaarwaterreaktore gemaak sou kon word wat almal effens verrykte uraan gebruik. Van hierdie soorte is slegs die eerste twee as bewese beskou — 'n baie belangrike oorweging. Die geskatte kapitaal- en bedryfskoste van hierdie drie tipes was so na aanmekaar dat die finale keuse sterk deur faktore soos die gehalte van die ingenieurswerk, veiligheid, ensovoorts beïnvloed sou word. Dit bet aan die ander kant duidelik geword dat indien'n natuurlike-uraan-reaktor bo 'n verrykte-uraan-reaktor gekies sou word, dit groot bykomende koste oor die leeftyd van die sentrale sou meebring.

Tot op daardie punt het die RAK die leidende rol met die ondersoek van die invoering van kernkrag vervul terwyl EVKOM hoofsaaklik 'n aanvullende funksie gehad het. Namate die vooruitsigte en die uiteenlopendheid van hulle toekomstige verantwoordelikhede duideliker geword het, het die twee organisasies in September 1969 ooreengekom dat dit in openbare belang was dat EVKOM, terwyl dit nog ten nouste met die RAK saamwerk, tog die verantwoordelikheid vir die oprigting en bedryf van kernkragsentrales binne EVKOM se gelisensieerde gebiede aanvaar en dat die RAK van sy kant 'n onafhanklike lisensiëringstak binne sy organisasie in die lewe roep om 'n waardebepaling van die gesondheids- en veiligheidsaspekte van hierdie sentrales te maak en die nodige lisensies en vergunnings daarvoor uit te reik.

Gedurende Mei 1971 het EVKOM die eerste bepaalde stap in die rigting van'n kernkragprogram gedoen toe hy besluit het om potensiële tenderaars in kennis te stel dat hy beplan om sy eerste kernkragsentrale gedurende 1978 in bedryf te stel. 'n Aantal maande later het EVKOM aan sewentien organisasies kennis gegee van sy bedoeling om 'n navraag vir aanbiedinge van 'n sleutelklaar-kragsentrale met'n elektriese vermoë tussen 470 en 625 MW uit te reik. 'n Opname van potensiële bouterreine vir 'n kernsentrale in Wes-Kaapland is reeds vroeër onderneem en die gebied wat gekies is, ongeveer 27 km van Kaapstad, was 'n plaas met twyfelagtige landboukundige waarde wat baie jare vantevore die naam Duynefontein gekry het as gevolg van die baie sandduine wat daarop was. Die dorpie Melkbosstrand is 'n paar kilometer suid van die plaas geleë.  Hierdie is die terrein wat in die navraagdokument aangedui is. Daar is op die sleutelklaarbenadering besluit omdat dit verskeie voordele bo EVKOM se normale veelkontrakprosedure gebied het en 'n aantal probleme uitgeskakel wat andersins ondervind sou word. Daar is verder verwag dat die mededinging sterk sou wees aangesien kontrakte van die omvang van Koeberg skaars is.

Die sewentien instansies wat genader is, is op grond van hulle ondervinding, geriewe en finansiele hulpbronne genader sowel as vir hulle vermoe om sodanige projek of as individuele kontrakteurs of as lede van 'n konsortium te onderneem. Hulle is gevra om besonderhede van die organisasie wat die werk sou doen, besonderhede van die soort reaktor wat aangebied sou word en van soortgelyke aanlegte wat reeds in bedryf of in die proses van oprigting was, voor te lê. Die uitnodiging het benadruk dat aansienlike waarde aan die bereiking van 'n hoë graad van beskikbaarheid en veiligheid geheg sou word en dat enige aanbod op 'n stelsel moes berus wat reeds deur 'n buitelandse regulatoriese owerheid aanvaar is. Uit die antwoorde wat ontvang is, is twee lyste voorberei waarvan een uit nege firmas bestaan het wat as bevoegde potensiële leiers van konsortiums beskou is en die ander uit vyf firmas wat geskikte konsortiumlede kon wees.

Toe het daar egter belangrike ontwikkelings plaasgevind wat EVKOM gedwing het om sy posisie in heroorweging te neem. In die besonder het die kapitaalkoste van kernkragsentrales sodanig gestyg dat voorspel is dat 'n kernkragsentrale nie langer teen die jaar 1978 in WesKaapland ekonomies sou wees nie. Aan die ander kant, het die onverwagte toename in die vraag na elektrisiteit daarop gedui dat 'n eenheid van 1 000 MW in die vroeë tagtigerjare ekonomies in die kragnetwerk ingelyf sou kon word, maar voordat 'n eenheid van hierdie grootte ingeskakel sou kon word, moes die transmissiestelsel na Wes-Kaapland eers versterk word. Dit wou voorkom of ander metodes om elektrisiteit aan hierdie gebied te lewer tot ongeveer 1983 voldoende sou wees, maar dat 'n kernsentrale daarna noodsaaklik sou word. Daar is gevolglik op September 1982 besluit as die datum om die eerste eenheid in kommersiële gebruik te stel, met'n tweede wat twee jaar later sou volg.

Verdere ondersoeke kon geen tegniese of kommersiële redes vind waarom ligte waterreaktore, selfs met 'n vermoë van 1 000 MW, nie aangewend sou kon word nie. Daar was inteendeel sterk ekonomiese beweegredes om hierdie grootte te aanvaar. Dit het voordele ingehou om 'n opsie op 'n tweede eenheid, identies aan die eerste, te verkry. Sodanige eenheid kon dan twee jaar ná die eerste in bedryf gestel word.

'n Ander moontlikheid was om 'n sentrale met tweelingeenhede te bou en die inbedryfstellingsdatums van die twee eenhede een jaar uitmekaar te stel. Vroeg in 1974 het die sewe potensiële konsortiumleiers wat vantevore deur EVKOM uitgesoek is, navraagdokumente ontvang en vyf het aanbiedinge met voldoende besonderhede gedoen om die tenders te beoordeel wat in breë trekke opgestel was. Van hierdie punt of is die Lisensiëringstak van die RAK baie aktiewer betrek en het hulle die tegniese gedeeltes van die tenders in die lig van hulle veiligheidsaspekte beoordeel. Hieruit het drie van die tenders vir 'n volledige kragsentrale binne die omlyning van die navraag as aanvaarbaar na vore gekom. Daar was 'n kombinasie van Suid-Afrika en Wes-Duitsland, 'n Nederlands-Switserse groep en 'n uitsluitlik Franse konsortium.

Voordat EVKOM homself tot die volgende fase verbind het, het hy weer sy uitbreidingsplanne ondersoek om seker te maak dat alles in orde was om voort te gaan. 'n Ondersoek het bevestig dat die eerste Koebergeenheid in September 1982 gereed behoort te wees en die tweede 'n jaar later. Die deurlopende terreinondersoeke wat op die voorlegging van die eerste konsep van die veiligheidsverslag aan die RAK uitgeloop het, het geen redes gemeld wat 'n oponthoud van die projek genoodsaak het nie. Die tenderpryse was sodanig dat dit die projek uitvoerbaar gemaak het en die verpligte kennisgewings van die bedoeling om Koeberg te bou, het in die Staatskoerant en koerante verskyn sonder dat enige ongunstige reaksie daarop gevolg het. Daar kon dus volstoom voortgegaan word. Die drie maatskappye op die kortlys is gevolglik verwittig dat finale tenders nie aangevra sou word nie, maar dat hulle, omdat die voorlopige tenders meer omvangryk was as wat verwag is, gevra sou word om op 'n reeks aanvullende navrae te ontwoord en dat die tenderpryse met 'n nuwe basisdatum, September 1975, bygewerk moes word. Hulle is verder meegedeel dat EVKOM afsonderlike kontrakte sou aangaan vir die voorsiening van die kapitaalaanleg en dienste aan die een kant en vir die vervaardiging van die kernbrandstofsamestelling aan die ander kant.

Gedurende die eerste helfte van 1976 is die Nederlands-Switserse konsortium bestaande uit Getsco, Brown Boveri en Benucom in kennis gestel dat hy met sy tender geslaag het en dat die kontrak, onderworpe aan sekere voorwaardes wat bevredig moes word, aan hulle toegeken sou word terwyl die brandstofkontrak afsonderlik met die General Electricmaatskappy aangegaan sou word. Versekerings is toe van die Regerings van die lande waarin die lede van die konsortium hulle bevind, aangevra met betrekking tot die toestaan van uitvoervergunnings en die voorsiening van risikodekking vir die aansienlike uitvoerfinansiering wat betrokke was. In die geval van Switserland is geen probleme ondervind nie aangesien die land nie uitvoervergunnings verg nie en die uitvoerrisikoversekering reeds toegestaan en bevestig was.

Die verrykingskontrak wat in Mei 1974 tussen die Verenigde State en Suid-Afrika aangegaan is, het 'n presedent vir die VSA met betrekking tot die General Electric-maatskappy se reaktorlisensiehouer gestel en verskeie VSA-agentskappe het reeds op 'n vroeër stadium aanduidings gegee dat die nodige versekerings wel werklikheid sou word, maar dat die voorwaardes daaraan verbonde slegs na die kiesing van die suksesvolle tenderaar bekend sou wees. Geen uitvoervergunning was in die geval van Nederland nodig nie aangesien die bydrae van die Hollandse lede van die projek nie enige spesiale kernmateriaal of toerusting ingesluit het nie. Wat wel nodig was, was 'n politieke beslissing om die finansiële uitvoerrisikodekking te bevestig. 'n Besluit van die Nederlandse Regering was slegs nodig omdat 'n hoë bedrag daarby betrokke was, maar in Nederlandse Parlementêre kringe het gevoelens hoog begin loop en met verloop van tyd het hewige argumente ontwikkel. Toe die tydgrens bereik is, was daar nog geen beslissing nie en die winsgewende kontrak het deur die vingers van die konsortium geglip.

Die kontrak is aan die volgende goedkoopste tenderaar, die Franse konsortium, Framatome-Alsthom-Spie Batignolles Framateg toegeken wat baie vinnig op EVKOM se voorwaardelike bedoelingsbrief gereageer het. Die saak is deur 'n ewe stipte antwoord deur EVKOM beklink met die strekking dat, weer eens onderworpe aan voorgeskrewe bepalings en voorwaardes, die konsortium se aanbod vir die voorsiening van kapitaalwerke, kernbrandstof en -dienste vir die Koebergeenhede 1 en 2 tesame met die meegaande finansieringsgeriewe, aanvaar is. Oor klein veranderings in die ontwerp en in die verwysingsaanleg is daarna onderhandel en die nuwe datums 31 Desember 1982 en 31 Desember 1983 is vasgestel vir die voltooiing van die twee eenhede van 921,5 MW elk. Die formele kontrakdokumente waarin die voorwaardes van die ooreenkoms beliggaam is, is op 5 en 6 Augustus 1976 onderskeidelik in Johannesburg en Parys onderteken.

Dit het egter slegs ooreenkoms op die handelsvlak verteenwoordig en gesien dat die projek sowel van 'n kernaard as van groot omvang was, was dit noodsaaklik om die onderhandelings op regeringsvlak te bekragtig. Dit is gedoen deur die ondertekening op 15 Oktober 1976 van 'n tweeledige ooreenkoms tussen die regerings van Suid-Afrika en Frankryk uitdruklik oor die Koebergprojek. Dit is gevolg deur 'n drieledige waarborg-ooreenkoms tussen Frankryk, Suid-Afrika en die Internasionale Atoomenergie-agentskap waarkragtens kernwaarborge op die Koeberg-kernkragsentrale toegepas sou word om die wêreld gerus te stel dat daar geen wegwending van die reaktore of hulle brandstof vir nie-vreedsame doeleindes kan wees nie. Hierdie ooreenkoms het op 5 Januarie 1977 van krag geword.

Die ywer en doeltreffendheid van die Franse konsortium het dadelik duidelik na vore getree want binne letterlik twee dae na ondertekening van die ooreenkoms, was uitgrawingstoerusting reeds op die terrein en hard aan die werk met die stroping van die oppervlak van die golwende sandduine. Dit was die deelnemers, die Franse sowel as Suid-Afrikaners, se erns met die saak en die drang om by die tydrooster te hou en selfs daarop te verbeter wat tot vandag 'n kenmerk van dié projek is.

'n Dorp en koshuise om die werkers te huisves, het gou-gou verskyn terwyl die groot uitgrawingsmasjiene afwaarts gevreet het om die soliede rotsbodem bloot te lê wat so noodsaaklik is vir enige groot kragsentrale, maar veral vir 'n kernkragsentrale.

Intensiewe vroeë ondersoeke na die opgetekende seismiese aktiwiteit in die gebied, het aangetoon dat aardbewings, hoewel selde, tog daar voorkom. Die aardbewing van die sestigerjare was nog vars in die geheues van die inwoners van Tulbagh en Ceres omdat wydverspreide skade aan hulle geboue aangerig is terwyl opgetekende ooggetuieverslae van 'n aardbewing aan die begin van die negentiende eeu vertel van Robbeneiland wat deur die golwe as gevolg van die versteuring oorstroom is. Ingelyf in die Koeberg-ontwerp, is daar gevolglik 'n unieke, anti-seismiese montering op 'n betonvlot wat op 'n rooster van talle neopreengomlastiekblokke rus vir die reaktore opgerig. Estetiese behoeftes is ook nie buite rekening gelaat nie en volgroeide palmbome is van elders oorgeplant en met draadstutte vasgebind om die aanslae van die feitlik onophoudelike wind te weerstaan.

Gelyktydig met die oprigtingsbedrywighede is die gespesialiseerde opleiding van die personeel wat die voltooide sentrale in bedryf moes hou, voortgesit. Hier was die hoofhindernis wat oorkom moes word, dié van kommunikasie. Snelkursusse in Frans en 'n lang opleidingstydperk waardeur die studente geheel en al vertroud kon raak met hulle nuwe verantwoordelikhede, is as doeltreffend en bevredigend bewys en niemand was meer bewus van die noodsaaklikheid om spitsbedryfdoeltreffendheid te verseker as juis EVKOM nie - totaal 'n ander prentjie van die ESKOM wat ons vandag ken.

RAK, EVKOM en die Franse konsortium het alles wat menslik moontlik is gedoen om te verseker dat Koeberg 'n veilige, belangrike bate vir die land se ekonomie sou wees. Die massiewe strukture in hierdie deel van die Atlantiese kus, is 'n voorbeeld van oorleg, wetenskaplike waaksaamheid en ekonomiese beplanning wat in die dekades wat voorgelê het tot groot voordeel van die Republiek sou strek.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3262 gaste aanlyn