Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy dat Jesus jou sondes aan die kruis gestraf het sodat jy vergewe kon word? Gaan lei dan met dankbaarheid 'n vrugbare lewe tot eer van sy heilige Naam.

DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (10)

B M Schoeman

(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )

Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.

Regering binne Regering

In ’n betreklik vroeë stadium van die Broederbond se bestaan het prof. Joon van Rooy, voorsitter van die AB, die taak van die organisasie soos volg in ’n omsendbrief geskets: “Laat ons in gedagte hou dat die belangrikste punt vir die Afrikanerdom is om sy uiteindelike doelwit van oorheersing in Suid-Afrika te bereik. Broers, ons oplossing vir Suid-Afrika se probleme is dat die Afrikaner-Broederbond Suid-Afrika moet regeer.”

Min of meer dieselfde tyd is op ’n AB-byeenkoms verder hierop uitgebrei en is dit gestel dat die AB “beheer moet verkry oor alles waarop hy sy hand in elke vertakking van die lewe in Suid-Afrika kan lê.” Lede, het die opdrag verder gelui, moet mekaar help om bevordering in die Staatsdiens of op enige ander terrein van die lewe te kry met die oog daarop om tot belangrike administratiewe posisies te vorder.

Deur die jare het die Uitvoerende Raad hierdie riglyne getrou gevolg en daar is feitlik nie ’n terrein van die openbare lewe wat die AB nie bestryk het nie. Komitees van “deskundiges” is aangestel om elke denkbare faset van die politieke lewe en ook sake buite die politiek te bestudeer, studiestukke daaroor op te stel en die nodige riglyne te verskaf. Toe die Afrikaner in 1948 weer die politieke mag verower, het die Uitvoerende Raad dit sy taak geag om die Regering oor bepaalde vraagstukke te adviseer en aanbevelings daaroor te doen. So het met verloop van tyd eintlik ’n Broederbond- “kabinet” tot stand gekom wat later nie net ’n raadgewende rol teenoor die Regering vervul het nie, maar in werklikheid ook beleid begin formuleer het.

Talle voorbeelde kan genoem word om dit te illustreer. Die nuwe sportbeleid van 1971, wat uiteindelik uitgeloop het op totale rasgeïntegreerde sportbeoefening op alle vlakke in Suid-Afrika, is een. Dit was veral in Vorster se bewindstermyn dat die Uitvoerende Raad hom al hoe meer in die rol van beleidsformuleerder geplaas het. Dit het, om maar een van die moderne terme te gebruik, ’n soort dinkskrum vir die Rege­ring geword. Die oorsprong van bepaalde beleidsrigtings in hierdie tyd kan tot in die binnekamer van die Broederbondleiding nagespoor word.

In hierdie tydperk het ook ’n nuwe ontwikkeling begin intree. In toenemende mate is die Broederbond deur die Regering gebruik as middel om eers die volk voor te berei en te kondisioneer vir veranderings en beleidsafwykings wat in die politiek beoog is. En wanneer die veranderings aangebring is, is die Broederbond weer gebruik om dit in die beste voeë aan die volk voor te lê. Hiervoor is in eie kring omsendbriewe, studiestukke en andere middele aangewend. Na buite is weer van senior Broederbondlede gebruik gemaak om deur middel van toesprake, referate, lesings, ens., ’n groter deel van die volk te bereik. Die klaskamer, universiteitskateder, staatskantore, staatsgesubsidieerde institute, kultuurorganisasies, koerante, sinodesittings — ja, selfs die kerk — is berekend en in toenemende mate hiervoor ingespan. Alles waarop die Broederbond sy hand kon lê, is inderdaad hiervoor gebruik.

In die afgelope twee tot drie jaar is nog ’n nuwe ontwikke­ling waargeneem. Sekere politieke leiers het in die geledere van die boonste hiërargie van die Broederbond vir hulle ’n klompie vertrouelinge versamel wat hulle invloed in die Broederbond moes gebruik om na binne die regte klimaat te skep vir ingrypende beleidsveranderings wat nie meer hulle oorsprong binne die geledere van die Uitvoerende Raad gehad het nie. Mense soos Gerrit Viljoen (voorsitter tot opname in die Kabinet), mnr. D.P. de Villiers (Sasol en UR-lid), W.J. (Wim) de Villiers (General Mining), en andere het al hoe meer in hierdie rol na vore getree.

Dit is insiggewend dat Viljoen, kort na P.W. Botha se bewindsaanvaarding, in gesprekke geen geheim daarvan gemaak het dat hy groot probleme met Vorster in sy laaste bewindsjare ondervind het nie. Vorster het staties geword, het hy vertel, en die indruk gewek dat hy net sy uittrede sit en afwag. Dit het al moeiliker geword om met hom te kon kommunikeer. Maar, het Viljoen bygevoeg, met PW is dit heeltemal anders gesteld; daar is hartlike samewerking.

Dit was dan ook geen verrassing toe Viljoen se naam skielik begin sirkuleer het as een van die persone op Botha se kortlys van kabinetskandidate nie. Omstandighede het dit egter genoodsaak dat hy eers ’n draai as Administrateur-generaal in Suidwes-Afrika moes gaan maak om as voorsitter van die Broederbond die strydende Mudge- en Du Plessis-faksies met mekaar te probeer versoen. Voor sy aanstelling as die Rege­ring se politieke kommissaris in Windhoek en te midde van oplaaiende gevoelens tussen mnr. Dirk Mudge, leier van die Republikeinse Party en die veelrassige Demokratiese Turnhal- le-Alliansie, en mnr. A.H. du Plessis, leier van die Nasionale Party, het die Hoofsekretaris van die Broederbond, mnr. Naude Botha, en verskeie UR-lede besoeke aan Suidwes- Afrika gebring om die breuk tussen die twee groepe te pro­beer heel. Mudge se voortgesette lidmaatskap van die Broe­derbond nadat hy met die NP van Suidwes gebreek het, was glo een van die belangrikste redes vir hierdie botsing.

In Broederbondkringe in Windhoek is die storie ook versprei dat regter M.T. Steyn, die eerste Administrateur-generaal, ’n Vrymesselaar is en dat dit baie bygedra het tot sy ongewildheid onder ’n groot deel van die Blankes van Suidwes-Afrika. Regter Steyn was ’n Vorster-aanstelling en dit is seker nie sonder betekenis dat Botha hom onverwags met die voorsitter van die Broederbond vervang het nie.

Hoe sterk die gevoel werklik teen die Broederbond die afgelope paar jaar onder toonaangewende Blankes van Suidwes-Afrika geloop het, blyk uit ’n brief wat mnr. Barry Steyn, ’n gewese lid van die Hoofbestuur van die Nasionale Party van Suidwes, aan mnr. Kosie Pretorius, nuwe leier van die NP, geskryf het. Dit was Steyn se bedankingsbrief uit die NP.

In sy brief stel Steyn dit dat hy en sy gesin uit die NP bedank omdat dit sedert 1976 vir hulle duidelik begin word het dat die Party stelselmatig besig was om sy beginsels te versaak. Daarna vervolg Steyn onder meer: “Voortaan moes daar hande gehou word met die aartsvyande van die konserwatiewe Afrikaner. Vir ons was dit die finale kus van die dood vir die Afrikaner van hierdie land. In my brief het ek jou ook vriendelik tog dringend versoek om alle bande met die Afrikaner-Broederbond te verbreek. Vir ons en vele andere is die rol wat die organisasie vervul net nie langer aanvaarbaar nie. Genoemde organisasie beywer hom vandag openlik om die integrasiebeleid van die SA Regering te propageer. Hoe jy dit kan vereenselwig met die strewes van die Afrikaner van hierdie land, kan ons net nie begryp nie. Dit is geheel en al onversoenbaar. ”

Dit is ’n onbegonne taak om in beperkte ruimte die AB se rol as beleidsformuleerder en beleidspropagandis volledig te behandel. Enkele voorbeelde is tog van belang.

Die sportbeleid – vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3630 gaste aanlyn