Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na. Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat. Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,  van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling.  Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en van opregte betrokkenheid.  Mag my hart 'n ander hart aanraak  en 'n afdruk van u liefde laat.  En as iemand sou sê: "Jou aanraking het my vandag versterk"  laat hulle agterbly met die wete dat dit u Liefde was wat hul in my ervaar het.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (3)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

Wie het Rhodesië doodgemaak?

’n Vroeë waarskuwing aan Suid-Afrika

OP 2 Maart 1978 is aangekondig dat mnr. Ian Smith van Rhodesië ’n traktaat geteken het om afstand te doen van die regering van sy land en dit te oorhandig aan Swartes wat Rhodesië die afgelope tien jaar met terroristegeweld probeer verower het.

Hierdie ondertekening is dus die vernederende erkenning dat die Witman van Rhodesië die oorlog om behoud van sy land verloor het.

Rhodesië is deel van Suid-Afrika

Daar sal geen moontlikheid vir hierdie Blankes van Rhodesië wees om, soos die Boeremagte van Transvaal en OVS, met andere middele te veg om hulle land terug te kry nie. Wanneer Swart terroristeleiers oorneem, sal die Blankes weinig of geen beskerming hê nie. As hulle nie die Swart terroristeleiers se reëls eerbiedig nie, sal hulle die land uitgegooi of as rebelle ingehok of doodgeskiet word.

So het dit verloop in ander Afrikagebiede. Maar die gebiede was òf veraf òf vreemd aan die Blankes van Suid-Afrika. Rhodesië is nie veraf of vreemd nie.

Duisende van die Blankes van Rhodesië het bloedverwante in Suid-Afri­ka. Rhodesië se sportspanne neem deel aan die Suid-Afrikaanse sportkompetisies; sy hooggeregshof is verweef met dié van Suid-Afrika; daar is Afrikaanse kerke en skole in Rhodesië, die Suid-Afrikaanse Polisie het vanaf 1967 tot 1974 saam met die Rhodesiërs geveg teen die terroriste, en talle van hierdie manne het hulle lewens daarvoor gegee.

Gapende wond

As die Blanke Rhodesiers die stryd om behoud van hulle land gewonne gee, sal dit diep in die lewe van die Blanke volk van Suid-Afrika sny. Dit sal nie net die Rhodesiërs wees wat die stryd verloor het: Dit sal ook Suid-Afrika wees. Dit sal ’n stuk wees wat van die Blanke beskawing in Suider-Afrika afgeruk word. Dit sal ’n deel wees wat van die Blanke volk se veiligheid afgeskeur word. As Rhodesië oorgegee word aan ’n Swart regering, sal dit ’n bloeiende, gapende, sigbare wond laat aan die liggaam van die Blankedom.

Onsigbaar, sal die gapende wond aan die gees van die Blanke volk van Suid-Afrika, nog dieper en pynliker wees. Want as Rhodesië se Witmense moet buk onder ’n Swart regering van terroristeleiers, sal die Blan­kes van Suid-Afrika daarvan aangekla staan: dit is die werk van Suid-Afrika, omdat Suid-Afrika nie saam met Rhodesië die oorlog teen die terroriste wou veg om te wen nie. Suid-Afrika sal daarvan aangekla staan dat hy Rhodesië se Blankes opgeoffer het as die prys vir ’n valse vrede met terroriste wat geen vrede wil hê nie; hulle wil Rhodesië gebruik om Suid-Afrika onder ’n Swart regering te bring.

Suid-Afrika se eer en plig

Die heldhaftige stryd wat die Blankes van Rhodesië die afgelope tien tot twaalf jaar geveg het teen die saamgestelde haat en gekonkel van die Kommunistiese diktators, die Swart diktators van Afrika en die internasionale geldmag van die Rothschilds, die Rockefellers, die Oppenheimers en die Tiny Rowlandse het die verbeelding van Blankes dwarsoor die wêreld aangegryp. Die Rhodesiërs se stryd was Suid-Afrika se stryd en ook die stryd van die Blanke nasies van die wêreld.

Solank Suid-Afrika trou gebly het aan sy morele plig om Rhodesië te steun en te stut, kon geen mag op aarde die Blankes van Rhodesië tot oorgawe dwing nie. Brittanje en die VSA en die WO het geen manier gehad om die terroristeleiers die oorlog te laat wen nie.

Suid-Afrika moet Rhodesië verraai

Daar was net een voorwaarde waarop die Witman van Rhodesië tot oorgawe gedwing kon word: Suid-Afrika moet sy houding verander. Die eis van die Swartes van Afrika en die linkse magshebbers van Rusland, Brittanje en Amerika was:

  • Die Suid-Afrikaanse Polisie moet onttrek word uit die oorlog teen die terroriste.
  • Suid-Afrika moet druk uitoefen dat die terroristeleiers, Nkomo, Sithole en Mugabe uit aanhouding vrygelaat moet word.
  • Die regering van Rhodesië moet gedruk word om hierdie terroriste­leiers na ’n konferensietafel te nooi om vredesvoorwaardes te bespreek.
  • Suid-Afrika moet as bemiddelaar optree om die Blanke regering van Rhodesië te beweeg om Swart meerderheidsregering te aanvaar.
  • Suid-Afrika moet die Blanke regering van Rhodesië laat begryp dat hy sy steun van vroeër nie gaan voortsit nie.

Dat Suid-Afrika tot so ’n skandelike ommeswaai sou instem, kon mense nie glo nie. Tog het dit stap vir stap gebeur, terwyl gedurig valse beloftes gemaak is en misleidende verklarings gedoen is.

“Ons sal die terroriste een vir een uitroei. Ons gaan Rhodesië skoonmaak”, het Suid-Afrika se Minister van Justisie, mnr. Jim Kruger, op 25 Maart 1974 gesê.

Op 10 Maart 1975 het die koerante egter aangekondig: “Suid-Afri- kaanse Polisie veg nie meer in Rhodesië nie”.

Telkens het die Suid-Afrikaanse Regering gesê:

“Ons meng nie in nie. Ons skryf nie aan Rhodesië voor nie. Rhodesië sal nie opgeoffer word as die prys vir vrede nie”.

Maar op 17 Desember 1974 het Die Vaderland op sy voorblad berig: “Die Eerste Minister van Suid-Afrika, mnr. John Vorster, het ’n plan opgestel waardeur ’n Swart meerderheidsregering binne vyf jaar in Rhodesië kan kom”.

Die berig is nooit ontken nie.

Die traktaat wat mnr. Ian Smith dus nou onderteken het om Rhodesië onder Swart meerderheidsregering te stel, is uitgewerk in Suid-Afrika.

Suid-Afrika se beurt

Wat gaan dit vir Suid-Afrika beteken as Rhodesië onder ’n Swart meerderheidsregering gestel word? Is daar enige denkbare voordeel vir Suid-Afrika?

Daar is geen voordeel hoegenaamd nie, net groter probleme, moeiliker militêre toestande, groter verlies van vertroue in die Witman se vermoë en wil tot veg om voortbestaan.

Die betekenis is duidelik: die vuur van die vyand brand steeds nader: Kenia, Noord-Rhodesië, Mosambiek, Angola. En nou Rhodesië en Suidwes-Afrika. Dan kom die Witman van Suid-Afrika se beurt.

Rhodesië se oorgawe sal die voorwaarde wees vir die groter aanslag op die Witman van Suid-Afrika wanneer daar nie meer aan sy grense ander Blanke gemeenskappe is nie.

Waarom nie veg?

Waarom veg die Blankes van Rhodesië nie daarteen nie? Waarom eis die Blankes van Suid-Afrika nie dat daar geveg moet word nie? Dit gaan om alles wat vir ’n volk werd is om voor te veg — vaderland, goed en bloed, godsdiens, beskawing.

Waarom word daar nie geveg nie?

Die antwoord is: die gestadigde inprenting van die idees dat die terroriste se stryd regmatig is, dat die Blankes van Rhodesië die oorlog nie kan wen nie; die geleidelike afbreking van die wil tot weerstand, die invloed van regeringsleiers wat sê dat die prys van stryd te hoog sal wees en die gevolge te aaklig om aan te dink.

So word ’n volk sy wil ontneem om te veg vir wat hy het en wat hy is. So word ’n volk verneder om sy vyande se vredesvoorwaardes te aanvaar.

Dit is wat vir die Blanke volk van Suid-Afrika wag op hierdie pad van valse vrede.

As die Suid-Afrikaanse Regering sy eie bloed in die steek laat ter wille van ’n valse vrede in Rhodesië en Suidwes-Afrika, waarom sal hy nie met dieselfde vyande ook ’n valse vrede sluit wanneer dit gaan om die Witman van Suid-Afrika nie?

Waarom sal die Suid-Afrikaanse Regering veg wanneer Suid-Afrika militêr, ekonomies, politiek en moreel verswak is deur die prysgawe van Rhodesië en Suidwes-Afrika?

Wekroep

Nee. Die waarskuwingsklok lui luid oor Suid-Afrika. Die Rand Daily Mail van 3 Maart 1978 skree dit op sy voorblad uit: “Zimbabwe!” Dit is ’n juigkreet uit die hart van die linkse politiek wat nog standhoudend elke faset van Afrikanernasionalisme en Witmansheerskappy in Suid-Afrika beveg het.

Op dieselfde dag rapporteer die Suid-Afrikaanse koerante dat die Eerste Minister van Suid-Afrika (saam met die Rand Daily Mail) verheug is oor die traktaat wat mnr. Ian Smith onderteken het.

Ná die ondertekening het mnr. Smith gesê dat hy vroeër gesê het dat ’n Swart meerderheidsregering nie in 1 000 jaar in Rhodesië sou kom nie, maar dat hy in Augustus 1976 in Pretoria tot ander insigte gebring is deur dr. Kissinger, wat saam met die Suid-Afrikaanse Eerste Minister, mnr. Smith gedreig het tot aanvaarding van Swart meerderheidsregering vir Rhodesië.

Dieselfde dr. Kissinger het aan die begin van Oktober 1976 in die openbaar gesê dat hy ook Suid-Afrika onder ’n Swart regering wil hê. Dit is die man met wie die Suid-Afrikaanse Regering saamgewerk het om Rhodesië tot Swart meerderheidsregering te dwing.

Hoe gevaarlik hierdie verhouding is, blyk uit mnr. Vorster se verklaring aan Readers’ Digest van Mei 1975 dat hy die VSA as sy leier beskou en hy derhalwe die volgeling van die Amerikaanse politiek is.

Laat elke selfrespekterende en denkende Witmens van Suid-Afrika besef wat aan sy land en sy kinders se toekoms gedoen is deur die verraad aan Rhodesië. Laat elke selfrespekterende en denkende Witmens besef dat daar op die pad van die huidige Suid-Afrikaanse regering geen beveiliging is teen ’n proses van geleidelike oorgawe nie.

As Rhodesië sterf, weet dan wie verantwoordelik was. Dit is die huidige Suid-Afrikaanse Regering van mnr. BJ Vorster. Hierdie Regering, wat die Witman van Suider-Afrika so verswak het, kan nie vertrou word met die lewensbelange van die Witman in Suid-Afrika nie.

(Pamflet versprei in Mei 1978).                                               

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1307 gaste aanlyn