NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Spaar jouself teleurstelling deur vroegtydig vrede te maak met die feit dat jou grootste opoffering moontlik die minste dank sal kry – en moenie jou daardeur laat ontmoedig nie; dit was nie die doel van jou taak nie.

DIE NUWE SUID-AFRIKA (9)

Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)

NP-leiers gebind deur Broederbond

EK het op 16 Februarie 1987 die volgende brief hieroor gerig aan die toenmalige provinsiale leiers van die NP, naamlik mnr. FW de Klerk, mnr. Chris Heunis, mnr. Kobie Coetsee en mnr. Stoffel Botha:

“In die komende algemene verkiesing wil u party ’n mandaat hê vir mags­deling met die Swartes van Suid-Afrika. U het egter nog geen aanduiding gegee van wat die aard en omvang van die magsdeling sal wees nie. Waar dit so ’n ernstige saak is, is die versuim onrusbarend.

“Dit is veral onrusbarend omdat die Broederbond, waarvan u ’n lid is, in sy onlangse geheime werksdokument met die titel ‘Basiese staatkundige voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner’, ’n uiteensetting van magsdeling met Swartes gegee het wat van uiters ingrypende aard is.

    “In die geheime dokument word die terminologie gebruik wat eie aan u party geword het, soos byvoorbeeld ‘voortbestaan in geregtigheid’, ‘groepsregte wat nie verabsoluteer moet word nie’, ‘deelname op alle vlakke van besluitneming’, magsdeling moet sodanig wees dat daar nie groepsoorheersing sal wees nie’, ‘die regte en aspirasies van groepe moet beskerm en bevredig word’, ens.

“Die Broederbond-dokument gaan egter veel verder en gee duidelik inhoud aan hierdie frases deur onder andere te sê dat die beoogde magsdeling met Swartes ‘inderdaad kan beteken dat in sommige modelle die staats- en/ of regeringshoof nie noodwendig ’n Blanke is nie’, en dat ‘die meerderheid van die regeringslede wel Swart kan wees’. (Par 3.7 en 3.9)

“Hieruit is dit duidelik dat hoewel die waarheid nog effe vermom word deur woorde soos ‘in sommige modelle’, die Broederbond hom in die geheim verbind het tot aanvaar ding van ’n Swart meerderheidsregering en ’n Swart (of Nieblanke) President.

“Wat hierdie slotsom beklemtoon, is die stelling by par. 4.3 van die Broederbonddokument, naamlik dat die toets vir aanvaarbaarheid moet wees wat in ons belang sou wees ‘indien ons byvoorbeeld in opposisie sou be­land’. Dit beteken dat die Broederbond in vooruitsig stel en erken dat volgens sy konstitusionele plan die Blankes in opposisie sou kan beland teen ’n Swart meerderheidsregering. En dan word in die paragraaf verder gesê: ‘menslik gesproke kan daar geen waarborge bestaan nie’, dit wil sê die herhaalde versekerings dat die aspirasies van groepe wat beskerm en bevredig moet word’ en dat daar ‘nie groepsoorheersing’ moet wees nie, is ydel praatjies. ’n Swart meerderheidsregering sal uiteraard die veiligheidsmagte beheer en sal die Blanke opposisie en Blanke volk magteloos en regteloos laat: daar is geen waarborge nie.

Skuld aan kiesers

“Hoe ver die Broederbond al van links geïnfiltreer en gekondisioneer is, blyk uit die laaste paragraaf van die geheime dokument waarin gesê word dat die wydsmoontlike deelname aan die opstel van ’n grondwet verseker moet word, en dan word verklaar dat ook ‘die wat moet voldoen aan die spesifieke vereiste van die afswering van geweld’, ingesluit moet word’n onmiskenbare identifisering van die ANC.

“Dit is derhalwe onbetwisbaar dat die Broederbond die ANC in ’n nasionale konvensie by die opstelling van ’n nuwe grondwet betrek wil hê. En natuurlik as die ANC ’n grondwet help opstel vir Suid-Afrika, sal die verbod op die ANC opgehef moet word, sal hy sy bedinging uitoefen deur rewolusiegerigte aksies, en sal die Regering as ’n deelnemende party aan so ’n konvensie feitlik verlam wees. Dit is presies waarna die Kommunistiese Party strewe. Uit so ’n konvensie moet ’n regering kom waarin die ANC verteenwoordig sal wees, met sy kommunistiese beheer. Dit is die politieke resep waarmee die Kommuniste hulle magsgreep gewoonlik uitvoer: hulle frontorganisasie (die ANC) moet net eers deel van die regering word.

“Niemand kan so naïef wees om te dink dat die Broederbond nie weet dat dit is waarop sy geheime grondwetplan sal uitloop nie. Die indruk is onontwykbaar dat die Broederbond gebruik word om onder Afrikaners hier­die ondermynende idees en verwoestingspolitiek te bevorder.

“U is lid van die Broederbond, soos die groot meerderheid van u mede-Kabinetslede, die Staatspresident inkluis, en die groot meerderheid van die NP-koukus.

“U skuld dit aan die kiesers om te verklaar hoe dit moontlik is dat die Broederbond hierdie infame geheime plan vir ’n Swart meerderheidsrege­ring, met die kommunisties-beheerde ANC daarby ingesluit, onder sy lede kan propageer as u en ander belangrike NP-figure wat Broederbondlede is, nie daarmee akkoord gaan nie.

“Uit my kennis van Broederbondprosedure tydens my lidmaatskap van 1949 tot 1972 is dit heeltemal ondenkbaar dat die Broederbond so ’n radikale dokument sou uitvaardig sonder die medewete en goedkeuring van die Broederbondlede wat NP-leiers is. Die feit dat na verloop van maande waarin hierdie ondermynende dokument openbaar gemaak is, u of enige ander NP-leier dit nog nie gerepudieer het nie, bevestig my afleiding dat u en ander NP-leiers nie beswaar teen die dokument het nie, of dat u magteloos is teen die geknoei van die Broederbond.

“U staan beskuldig daarvan dat u deur u Broederbondlidmaatskap deel het aan hierdie verraderlike gekonkel agter die rug van die Blanke volk om die ANC deur ’n nuwe grondwetlike proses in die regering te laat deel as voorspel tot ’n noodwendige kommunistiese oorname as eindresultaat.

“Ek wil u vra om aan die kiesers van Suid-Afrika duidelik te sê hoe u u Broederbondlidmaatskap regverdig as u nie hierdie geheime geknoei goedkeur om die Blankes uit te lewer aan ’n proses wat noodwendig sal lei tot ’n toekomstige Swart Kommunistiese regering”.

Beteuterde antwoord

Daarop het mnr. FW de Klerk geantwoord. Sy brief was baie kort. Die tersaaklike deel het soos volg gelui:

“Ek erken ontvangs van u brief van 16 Februarie 1987. U het dit goed gedink om ook ’n gelykluidende brief aan die ander drie Provinsiale Leiers van die Nasionale Party te skryf.

“Namens die vier Provinsiale Leiers van die Nasionale Party wens ek mee te deel dat ons geen behoefte daaraan het om per korrespondensie of andersins met u in dispuut te tree oor dokumente van ander organisasies nie”.

Dit is ’n ongelooflik beteuterde en waarheidontwykende antwoord op ’n brief waarin ’n saak van die grootste politieke belang uitvoerig behandel is, met uiters sterk morele implikasies vir De Klerk en sy kollegas. Die brief het aan hulle die geleentheid gegee om of die Broederbonddokument te repudieer of dit te onderskryf. Dit is wat politieke eerbaarheid vereis het.

Die antwoord kan net beteken dat hoewel De Klerk en sy kollegas as Broederbondlede reeds in 1986 verbind was tot aanvaarding van die kommunisties beheerde ANC as gespreksgenoot oor Suid-Afrika se toekoms en tot die beginsel van Swart regering, sonder enige waarborge vir die Afrikanervolk se waardes en regte, hulle verkies het om die kiesers daaroor bedrieglik in die duister te hou.

Hulle het dus as NP-leiers ’n geheime agenda gehad, en het kiesers mislei oor die ingrypende beleid waartoe hulle verbind was weens hulle Broederbondlidmaatskap.

Geen party en geen partyleier kan met selfrespek daarop aanspraak maak nie dat die gebruik van sulke oneerbare politieke metodes aan hom ’n mandaat besorg. De Klerk en sy kollegas se aanspraak dat hulle ’n mandaat het vir hulle uitverkoping van die Blankes aan ’n stelsel van een mens, een stem, Swart meerderheidsregering en medeseggenskap van die Kommunistiese Party deur die ANC, is vals en blote bedrog.

Wat net so belangrik is, is dat die Broederbond nou geïdentifiseer is as ’n instrument van verraad van die Afrikanervolk.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1253 gaste aanlyn