Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons dan verleë staan met dié gebed: 'vergeef ons soos ons vergeef', hou dan met blydskap vas aan die vredevolle versekering: "Ek, Ek is dít wat jou oortredinge uitdelg, om my ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie" – Jes 43:25. God vergeef en vergeet...

RAMAPHOSA EN SY GELDBASE

Cyril Ramaphosa draai homself al hoe vaster

Meinhard Peters

Lees meer by OORSIG EN REPLIEK  

Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Soos ons berig het in die uitgawe van Oorsig & Repliek Nommer 5, het die ANC se topleiding die politieke bande met die Anglo-Amerikaanse magte weer stewiger gebind. Ons ontleding in die vorige uitgawe van OORSIG is onderstreep deur die besoek van Cyril Ramaphosa aan Brittanje waar hy deur koningin Elizabeth II hartlik ontvang is. Die Britse koningshuis het vir dekades lank geen blanke regeringsleier uit Suid-Afrika ontvang nie, behalwe vir FW de Klerk nadat hy die ANC en die SA Kommunistiese Party ontban het. Nelson Mandela is natuurlik met groot gulhartigheid en uitspattige vreugde ontvang. Koningin Elizabeth II het Mandela selfs in Suid-Afrika besoek.

     Ramaphosa het pas van die Britse regering ’n belofte van geldelike hulp ontvang wat R850 miljoen bedra. Dit sal oor die volgende vier jaar glo in SA investeer word. Hierdie bedeltoer van Ramaphosa was in werklikheid ’n internasionale vernedering vir Suid-Afrika. Dat Ramaphosa bakhand in Brittanje moes gaan staan vir geldelike steun is ’n skande. Geen blanke regering het na 1948 dit ooit nodig gehad om ons land so te verneder nie. Dit is natuurlik betekenisvol dat die Britse regering meen hulle moet Ramaphosa met geld huistoe stuur. Dit is naakte omkooppolitiek, en goed moontlik nog ’n beloning vir politieke dienste.

       Ramaphosa moes egter sy bedeltoer vinnig kortknip toe daar onluste in die Noordwes-provinsie uitgebreek het. Dit het sy glans-en-glorie-toer bederf. Op die tuisfront (waar sy aandag na regte moes wees) het dinge sedert die begin van sy termyn begin skeef loop. Binne die eenparty-opset is Suid-Afrika sigbaar onstabiel as gevolg van faksies, korrupsie en vreemde groeperinge wat uit die Zuma-era dateer. ’n Uitgerekte politieke stryd word steeds binne leiersgeledere van die ANC gevoer. Van die faktore waarmee Ramaphosa nou te doen kry, is die volgende:

  1. Voortslepende verdeeldheid en faksiestryde in die KZN-provinsie. Een politieke kommentator het verklaar dat die provinsie tans leierloos is. Dit is waar baie Zoeloes nog met smeulende Zuma-wraaksug vervul is. Ramaphosa moes in Februarie die Zoeloe-koning gaan paai toe laasgenoemde bekommerd geraak het dat sy trustgronde sonder vergoeding onteiein sal word. Onteiening sonder vergoeding word deur baie stamhoofde as ’n bedreiging gesien. Die stamhoofde of “konings” is sedert 1994 almal omgekoop deur middel van subsidies, toelae en verspotte salarisse. Dit hou hulle polities passief. Politieke sluipmoorde onder die ANC en IVP-lede kom gereeld in KZN voor en die ANC moes reeds ’n spesiale kommissie aanstel om die voortslepende geweld te ondersoek.
  2. In die Mpumalanga-provinsie is moeilikhede met grootskaalse korrupsie nog lank nie bygelê nie. Dié provinsie is al geruime tyd gelede onder administrasie geplaas. Dit beteken dat die provinsiale regering onbevoegd verklaar is. Dit is ’n klinkende getuigskrif vir mislukte regering onder swart leierskap. Julius Malema se EFF sorg vir sporadiese proteste en direkte botsings met die ANC se provinsiale gesag en met die sentrale regering. Dit is juis Malema se ambisie om hierdie provinsie vir die EFF te verower.

       Behalwe die Malema-kopseer het Ramaphosa in Mpumalanga te doen met die eertydse Zuma-ondersteuner, David Mabuza. Mabuza het ’n greep op Ramaphosa omdat hy in die doodsnikke van die ANC se leierstryd sy steun van Nskosazana Dlamini-Zuma onttrek het en dit aan Cyril Ramaphosa toegesê het. Dit het die skaal in die guns van Ramaphosa geswaai. Ramaphosa mag hierdie feit natuurlik nie vergeet nie, en hy moes David Mabuza as vise-president in die regering aanstel.

       David Mabuza is ’n magshonger politikus met ’n verdoemende agtergrond. Forensics for Justice het in hulle spesiale ondersoek aangetoon dat Mabuza en sy “sakevennoot”, Sonnyboy Maphanga, valse grondeise ingedien het toe eersgenoemde nog lid van die uitvoerende komitee vir landbou in Mpumalanga was.

  1. Terwyl Cyril Ramaphosa in Aprilmaand in Londen gekuier het, het geweld skielik in Mahikeng in die Noordwes-provinsie uitgebreek. Ramaphosa moes inderhaas terugkeer na Suid-Afrika. Swart betogers het die strate ingevaar en winkels begin plunder; in baie gevalle is die winkels van buitelanders (Indiërs, en andere) vernietig en aan die brand gesteek. Die geweld het oor die hele Noordwes-provinsie versprei en byna in elke dorp is eiendom beskadig of paaie gesluit.

       Die rede wat deur die media vir die geweld aangegee word is “wye ontevredenheid met die premier….” Die betogers sou dan opgetree het teen korrupsie in die provinsie. Dit was egter duidelik dat daar baie meer agter die wekelange betogings gesit het. Betogers het toegesak op die winkels van “buitelanders”. Hierdie handelaars is blankes, Indiërs, Sjinese en swartmense uit ander Afrikalande. Skielik het die openbare media die woord “xenofobiese geweld” vergeet. Xenofobiese geweld is per definisie rasse- of etniese geweld. Om sulke gedrag te beklemtoon sou die natuurlik die mislukking van sosiale integrasie onderstreep — die rampspoedige gevolge van die vermenging van rasse, volke en kulture. En dit mag nie! Daaroor mag daar nie gepraat word nie!

       Om dit as “rassistiese geweld” in te klee pas die media nie. Twee sake wat uit die gesprekke geweer word is:

       Die ANC-regime het nou opdrag gegee dat die Noordwes-provinsie onder administrasie geplaas word, en ’n ministeriële komitee is aangestel om die klagtes van die inwo-ners te ondersoek. In die besonder moet hulle kyk na die verval van mediese dienste, die klagtes oor korrupsie en die ontevredenheid met die premier. Opvallend genoeg was Ramaphosa nie bereid om Supra Mahumapelo dadelik af te dank nie. Ramaphosa het dus aangekondig dat die provinsie vir minstens ses maande onder die nasionale regering se gesag geplaas moet word. Intussen weier Mahumaphelo hardkoppig om te bedank, nadat die ANC hom versoek het om te gaan.

  1. In die Wes-Kaap het onluste en anargie terselfdertyd op verskeie plekke uitgebreek. In Phillipi is motors met klippe bestook en het die polisie 30 mense in hegtenis geneem. Ook hier kan verskeie faktore aangedui word as oorsake. In die meeste gevalle is daar sprake van gebrekkige dienslewering, maar etniese botsings was duidelik deel van die prentjie. In Mitchellsplein het ontstelde Kleurlinge in opstand gekom teen die geweld en anargie wat uit naburige swart plakkerskampe aangestig word. Van die Kleurlingleiers het gesê dat die swart proteste tot gevolg het dat hulle kinders nie skooltoe kan gaan nie en dat dienste en besighede wat vir almal bedoel is afgebrand of vernietig word – onder andere vulstasies, klinieke, kafees en ATM-masjiene. Oral in die Kaapse skiereiland spring swart plakkerskampe op en dan word daar betoog vir elektrisiteit, vars water, behuising, riolering en ander dienste. Kleurlinge sê nou reguit: “genoeg is genoeg!”. Ook hierdie protesaksies en konflikte word nie in die media as etniese botsings of rassekonflik beskryf nie, alles ter wille van politieke korrektheid.
  2. Bo en behalwe die bogenoemde voorvalle het grondbesettings die afgelope twee weke in Johannesburg voorgekom. Swartes daag eenvoudig op met voertuie vol goedkoop boumateriaal soos pale en sinke, en hulle rig dan binne ’n enkele dag ’n groot getal hutte en pondokke op. Dit word onder andere deur leiers van die EFF en die Black First Land First-beweging (BLF) aangemoedig en georganiseer. Enersyds plaas dit groot druk op die ANC en die DA op plaaslike vlak, en andersyds word dit die verskoning vir die ANC op nasionale vlak om grondonteiening te bespoedig.

Die bogenoemde kwellinge wat die ANC onder Ramaphosa in die gesig staar is besig om deur te werk na die ekonomiese terrein waar sakelui die euforiese verwagtings wat hulle in Januarie 2018 gekoester het vinnig begin aanpas. Die ANC het boonop te doen met ’n reeks van ondersoeke wat nuwe skandale stuk-stuk oopvlek, onder andere die ondersoeke na die Guptas se wydverspreide korrupsie. Ses verskillende ondersoeke vind tans in Eskom plaas, en daar is nuwe ondersoeke na wanbestuur in die SA Lugdiens. Al hierdie aksies sal in die volgende maande groot skandes op die lappe bring wat die ANC-regering in die verleentheid gaan stel en dit sal sy verkiesingsveldtog vir 2019 beslis benadeel.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1479 gaste aanlyn