Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Laat ons uit die krisisse waar ons troos van ons hemelse Vader kry, nog iets leer: Hy troos ons NIE om ons te vertroetel nie maar om weer van ONS troosters vir ander te maak.
VOLKSREGERING (4)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
INHOUD VAN APARTHEID
In aansluiting tot die natuurlike ontwikkeling van mense tot volkgroepering soos hiervoor beskryf, is dit nou maklik om dit op die regeerstelsel apartheid van toepassing te maak. Noem dit volkgroepering, segregasie, afsonderlikheid, selfbeskikking, demokrasie, volkseie, nasie, etnisiteit, stam, nasionalisme of beskerming van minderheidregte; enige poging om tussen die begrippe te onderskei, is om hare te kloof. Die wese van elke begrip kom neer op die afsonderlike verskille wat tussen eiesoortige groepe mense (volkgenote) bestaan op grond van 'n gemeenskaplike lewenspatroon, bloed– en geestesverwantskap, 'n kulturele band, eie waardes, bewussyn van eie kenmerke, eie geskiedenis, eie politieke strewes en vele meer. Hierdie verskille het afsonderlik ontwikkel volgens die natuurlike beginsel van apartheid wat alle volke tot stand laat kom het.
Let op dat velkleur alleen 'n baie klein rol, indien enige, in die ontwikkeling van volke gespeel het omdat dit deur al die ander kenmerke oorheers is. Dieselfde velkleur maak swart volke maak nie een gesamentlike volk nie, en so ook nie een volk bestaande uit verskeie blanke volke nie. Hulle bly afsonderlike volke in eie reg, tensy hulle sterk ooreenkomste toon wat beteken dat hulle eintlik een familiegroep vorm. Om van velkleur 'n kwessie te maak, is uiters kortsigtig of moedswillig.
Volk beteken 'n eenderse groep mense met onder andere dieselfde geloof, kultuur, genetiese afkoms, geskiedkundige agtergrond, taal, en oorhoofse politieke strewes met die hoofdoel om wat eie aan die volk is, te beskerm en uit te bou. Die gelyksoortige groep mense wat in 'n bepaalde staatkundige of geestesopset woon, kan kleiner verskille openbaar, maar daar kan nie wyd uiteenlopende verskille in kultuur, taal, geloof en afkoms wees nie.
In die volksmond en geskiedenis van die Afrikanervolk word volk en nasie aan mekaar gelykgestel soos bevestig toe die opsteller en patriot C J Langenhoven duidelik na volk verwys wanneer hy in DIE STEM van Suid-Afrika die woord nasie gebruik. Dit wat volkseie is. So word dit ook in goeie woordeboeke aangedui.
Apartheid is 'n ernstige lewensbeskouing en 'n bestaanswerklikheid. Dit gaan oor die betekenis van die lewe, kennis, korrekte optrede en denkwyse van mense wat eerlik glo dat hulle korrek is met die waardes wat hulle daaraan koppel, en ook oor die grondbeginsels en begrip van lewenswaarhede. Lewensbeskouing word nie deur wetgewing bepaal nie, dog wetgewing kan gebruik word om 'n lewensbeskouing te beskerm.
Apartheid is erkenning van die verskeidenheid van sinvolle sienings oor enige onderwerp of tema, hetsy die wetenskap, ekonomie, sielkunde, geloof, sport, of wat ookal. Soos reeds vermeld, as 'n sportklub besluit om net tennis te beoefen en te bevorder en nie voorsiening vir ander sportsoorte te maak nie, pas die tennisbestuur stilweg apartheid toe. Dit word nie as onderdrukking of benadeling van ander sportsoorte beskou nie.
Hierteen maak niemand beswaar nie. As 'n groep gelowiges in hulle denke van ander kerkgenootskappe verskil en hulle dan 'n eie kerk stig, word dit as vryheid beskou. Hierdie godsdiens-apartheid word as geregverdig beoordeel en juis nie as onderdrukking of oorheersing of minagting van ander nie, maar as vryheid van keuse. Hierdie paragraaf en die voorafgaande een is herhaal omdat dit kenmerkend van apartheid is. Selfs die heftigste teenstander van apartheid aanvaar hierdie beginsel. Wat ‘n erkenning van ondeurdagtheid!!!
Op staatkundige gebied word verskille in volkeienskappe en aparte groeperings egter deur kortsigtiges as gewaande meerderwaardigheid of minagting van ander beskou, al sou die handhawers van apartheid 'n kleiner of groter volk wees. Onverstaanbaar, want geen volk in sy eie grondgebied regeer aldus oor 'n ander of oortree op enige van sy terreine nie. Onderskeie volke word deur hulle eie volkgenote in hulle eie grondgebiede apart van ander volke regeer.
Apartheid benader rasseverhoudings in welwillendheid en nugterheid omdat almal wat dit voorstaan vir ander gun wat hulle vir hulself opeis en toon begrip en respek vir mekaar se lewensvreugde en behoeftes. Menseregte, goeie behandeling, billikheid en ordentlikheid tussen groepe is in apartheid ingebou. Wie dit nie verstaan nie, moet die verkeerde begrip wat hulle self in hulle verbeelding opgebou het, in hersiening neem. Eensydig dink is om te vermink.
Elke volk wat homself regeer voorsien in sy eie behoeftes en het nie nodig om bedelaarshande na ander volke uit te hou nie. Al sou die volk klein wees, bou hy alles uit tot 'n groot ontwikkeling en eie voordeel.
Afsonderlike volke het politieke en ander strukture ontwikkel wat aan hulle bekend is en bou hulle verdere ontwikkeling daarop. Hul eie kultuur is in hulle siel gegraveer. Hulle wil nie ander volke se bouwerke slaafs of gedwonge oorneem nie, maar slegs hulle eie aanpassings maak volgens hul eie omstandighede, aard en behoeftes.
Groot wêreldheersers kon nog nooit verskillende rassegroepe (dit is volke) oorrompel en hulle in vrede bymekaar hou sonder dat dit tot afskeiding en afsonderlikheid gelei het nie. Dit was die groot wêreldheersers wat gekwyn het omdat die kleiner volke teen hulle in opstand gekom het om hulself te regeer.