Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gaan ons Jesus weer sien? Ja, ons gaan! God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ‘n tweede en finale keer gaan kom. Luister wat sê die twee engele vir die dissipels na afloop van die hemelvaart in Hand.1:11: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”.
VOLKSREGERING (19)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VERSIENDHEID
'n Groot staatsman se eerlikheid en versiendheid word dikwels eers na 'n lang tyd besef. Dit is nie ydele oortuigingspraatjies nie. In dr H F Verwoerd se geval is die waarheid opgesluit in sy eie woorde wat vandag, na 67 jaar, getoets kan word. Lees gerus sy openlike onbevange profetiese woorde in talle van sy toesprake. Hier is 'n toespraak in die Senaat gelewer.
5 Desember 1950: "Moet die ontwikkeling van die Bantoe– en die blanke gemeenskappe in die toekoms deurmekaar plaasvind, of geskei van mekaar sover prakties moontlik? Indien die antwoord is "deurmekaar", dan moet die volgende besef word: Oral sal daar mededinging en botsing wees.
Solank, soos nou, die aanrakingsplekke nog betreklik min is, sal die wrywinge en botsings min en minder sigbaar wees. Hoe meer die deurmekaar ontwikkeling egter vorder, des te sterker sal die botsings word.
By sulke botsings sal die blanke minstens vir 'n lang tyd in die sterkere posisie staan, en die Bantoe op elke gebied die onderspitdelwende party wees. Dit moet in hom 'n stygende verset en wrok veroorsaak. Nóg vir die blanke, nóg vir die Bantoe, kan dit die ideale toekoms wees, naamlik van toenemende spanning en botsing, omdat die deurmekaar ontwikkeling vir elkeen nadele meebring.
My punt is dat indien 'n gemengde ontwikkeling in Suid-Afrika die beleid van die toekoms moet wees, dit sal lei tot die verskriklikste botsing van belange denkbaar. Die strewe en begeertes van die Bantoe en die strewe en oogmerke van al die blankes sal teenoorgesteld wees. So 'n botsing kan net ongeluk en ellende vir albei meebring.
Albei, Bantoe en blanke, moet dus nou vroegtydig oorweeg hoe dié ellende van hulle en hulle nageslag afgeweer kan word.
Hulle moet 'n plan vind wat beide bevolkingsgroepe kanse tot volle ontwikkeling van kragte en ambisies kan verskaf sonder dat dit in botsing kom.
Die enigste moontlike uitweg is . . dat albei 'n ontwikkeling aanvaar geskei van mekaar. Dit is al wat die woord apartheid beteken. Enige woord kan vergiftig word deur valse betekenisse daaraan te heg. Dit het met hierdie woord gebeur. Die Bantoe is wysgemaak dat dit onderdrukking beteken, of selfs die wegneem van die naturellegebiede van hulle. Inderdaad word met die beleid van apartheid presies net die teenoorgestelde beoog.
Om bogenoemde onplesierige en gevaarlike toekoms vir albei bevolkingsdele te vermy, neem die huidige (apartheid-)regering (1950) die standpunt in dat hy vir ander gun en wil gee presies wat hy vir homself opeis. Hy glo in die heerskappy van die blanke in sy gebied, maar dan glo hy ook net so in die heerskappy van die Bantoe in sy gebied.
Vir die blanke kind wil hy al die moontlike kanse vir eie ontwikkeling, voorspoed en volksdiens skep in sy eie gebied, maar vir die Bantoe wil hy ook al die geleenthede skep vir die vervulling van ambisies en die verskaffing van diens aan sy eie mense.
Hier is dus geen beleid van onderdrukking nie, maar van die skepping van 'n toestand wat nog nooit vir die Bantoe bestaan het nie, naamlik dat hy met inagneming van sy tale en tradisies en geskiedenis en verskillende volksgemeenskappe 'n eie ontwikkeling kan deurmaak.
Dié kans ontstaan vir hom sodra 'n sodanige skeiding tussen hom en die Blanke tot stand kom dat hy nie laasgenoemde se na-aper en agterryer hoef te wees nie."
Dr Verwoerd het die botsings wat vandag plaasvind, 67 jaar gelede uitgestippel, terwyl hy deur toepassing van apartheid die beste vir die swartmense in die vooruitsig gestel het. Wat 'n diepgaande toekomsblik wat reeds gedurende sy regeringstyd bewys was. Onmiddellik na sy dood was hy uit verskillende oorde aangeprys vir sy onbaatsugtige ywer en eerlikheid en vergesig.
As gevolg van afskaffing van apartheid en geen beskerming van die volkseie, raak mense argeloos met kultuur, geloof, taal, ekonomie, ensovoorts. Sonder toekomsverwagting, sonder vooruitkyk, met slegs aanvaarding van omstandighede raak 'n volk noodwendig los van volkskarakter en verdwyn mettertyd.
Sport is op 'n listige wyse gebruik om Afrikaners te mislei deur te beweer dat ons sportmanne wêreldwyd aanvaar sal word. Vandag word Afrikanersportlui in plaaslike sportspanne verdring. Binnekort sal dit 'n rariteit wees om 'n blanke in 'n Suid-Afrikaanse sportspan te sien. Dit was 'n bedrieglike plan. Sommige Afrikaners het daarvoor geval.