Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Pyn, eensaamheid en angs dryf my na gebed met God. En wanneer ek bid, verdryf dit my pyn, eensaamheid en angs.
VOLKSREGERING (26)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
OMSKAKELING = "TRANSFORMATION"
Daar word dikwels deur die regering na "transformation" verwys, en berigskrywers verwys in Afrikaans foutiewelik na die Romaanse woord transformasie. Romaanse woorde verdring Dietse woorde wat die werklike oorsprong en aard van Afrikaans is, daarom is omskakeling of omskepping meer gepaste en beskrywende vertalings vir "transformation" en kom die werklike bedoeling duideliker na vore.
Die betekenis van die begrip is 'n bewerking waardeur 'n dieptebousel (rotsvaste bouwerk) in 'n oppervlakkige bousel (vlak bouwerk) omgesit word. Dit is soos die omsitting van 'n sterker elektriese stroom in 'n ander swakker spanning. Om 'n omskakeling te kan doen, moet daar 'n vernaamste bron van krag wees waarvan die krag dan na swakker of minder belangrike krag omgeskakel word.
Hoofsaak is dat daar in die eerste plek 'n goeie kragbron moet wees wat na omskakeling deur 'n tweede werktuig benut kan word. Sover vasgestel kon word, is so 'n begrip nog nooit in staatkundige verband omskryf nie. Hoe is dit op die staatkunde van toepassing? Daaraan moet die sommer net napraters dink.
Wat die regering in Suid-Afrika met "transformation" werklik sê en verskuild bedoel, is om die vernaamste bron van krag (blankes wat kragdadig gebou en geskep het), se prestasies te gebruik sodat minder belangrike rolspelers hulle plekke kan inneem. Sportmanne het goeie raamwerke gebou om hulle onderskeie sportsoorte stewig te vestig met goeie bestuur en sportgeriewe. So ook in nywerhede, wetgewing, gesondheid, mediese vooruitgang en ander. Afrikaanse skoolkinders het self gewerk en/of fondse ingesamel om sportgronde te bou en te onderhou en om toerusting vir hulle laboratoriums te verkry. Het skoolkinders wat hulle geriewe nie self opgeknap het nie, gedink dat dit uit die lug moes val?
Nou word blankes se bouwerke gebruik om sportmanne en bedryf-ondernemers en amptenare van ander volke daarin op te neem en word die ervare blankes uitgeskuif. Op gebiede soos onderwys, wetenskap, medies, taalkunde en wat nog, word soortgelyk opgetree. Wat die regering egter nog nie besef nie, is dat die goeie kragbron sodoende mettertyd tot niet gemaak word en dan kan die tweede werktuig nie behoorlik op dreef kom nie. Dit word duidelik weerspieël in die lae standaard van skoliere in wetenskap en wiskunde soos deur onafhanklike buitelandse organisasies bevestig.
Omskakeling kan in hierdie verband dus omskryf word as:
Omskakeling as staatkundige begrip is die miskyk van belangrike vermoëns en bydraes van lede van een volk op allerlei gebiede met die strewe om burgers van ander volke in bevoorregte posisies te plaas, terwyl hulle nie opgewasse is om hulself op dieselfde vlak te handhaaf nie. Dit lei tot algehele agteruitgang op daardie gebiede.
"To our English-speaking friends:
Transformation as political concept is the overlook of important capabilities and contributions of members of one nation in many areas with the aim to let citizens of other nations take over privileged positions while they are not able to hold their own at the same level. This leads to an overall decline in those areas."
Hoe sou jy 'n klompie jare gelede aan volksake gedink het as jy vooruit besef het hoe skeef die politiek en geskiedenis sou verloop? As jy van die beplande omskakeling bewus was, sou jy dit aanvaar het? Die Voortrekkers was bereid om met hul eie bloed te betaal om ons volk te beskerm en het self hard gewerk. Maak ons hulle opofferinge sommer net so tot niet sonder dat ons enige beswaar maak? Langsaam nader hy sy prooi soos 'n slang wat 'n muis hipnotiseer en dan toeslaan met nuwe beginsels. Daar is 'n verbloemde aanslag op ons volk se grondliggende beginsels, volkskeppings en kerklike lewe. Die volkvreemde regering misbruik die prestasies wat die blankes tot stand gebring het om hul eie mense goed te laat lyk terwyl agteruitgang intree.