Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is teënspoed en smart ’n voorwaarde vir geestelike groei? Moet ’n mens swaarkry om vir God iets te beteken? Nee, dis nie ’n absolute voorwaarde nie. Nogtans praat die Here dikwels duideliker met ’n mens in tye van teënspoed. As dit net goed met jou gaan, kan ’n mens later dink dat jy God nie meer nodig het nie.
VOLKSREGERING (36)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
MISLEIDINGSTAKTIEK
Teenstanders van apartheid gebruik misleidingstaktiek om hul saak te stel, byvoorbeeld deur openbare geriewe vir slegs Blankes voor te hou en slegs vir Nie-Blankes te verdoesel, slegs geriewe vir Blankes in treine te noem en slegs vir Nie-Blankes te verswyg. Dan het hulle boonop oneerlik geen melding gemaak dat aan Nie-Blankes goedkoper tariewe vir openbare vervoer toegestaan was nie.
Teenstanders van apartheid, dit is teenstanders van volkseie regerings, is kortsigtig en moedswillig in hulle uitkyk en verduidelikings wat die voordele betref.
Hulle probeer om 'n ongesonde gesindheidverandering by Afrikaners te bevorder deur spottend dit wat vir hulle kosbaar is, op 'n slu manier te probeer afkraak. Dit is 'n deursigtige poging tot emosionele afpersing wat sonder meer verwerp word. Oneerlikheid kan nie lank stand hou nie.
Aan buitelanders, veral in Europa, word vertel dat swartes nie in winkels in blanke gebied toegelaat was nie en dat hulle dus voorrade met moeite in die hande kon kry. Omdat die inwoners in Europese lande nie van die waarheid bewus is nie, glo hulle hierdie onsin sonder meer. Hulle word met die slagspreuk "Slegs Blankes"-geriewe gebreinspoel en die kwaadstokers het geen skaamte of skuldgevoel oor die leuens nie.
Alle godsdienstige gelowe sou dan gelyk wees, dieselfde god, wat verskillend aanbid word. Neem egter een deel van die Drie-eenheid weg en dit is heeltemal 'n ander God wat vir Christene onaanvaarbaar en onvolkome is. Noem die Drie-eenheid en dit is vir ander gelowe onaanvaarbaar. Dit klink soos versoening en goeie maniere om toe te gee aan bewerings wat kastig samehorigheid bevorder, maar beginsels verloën.
Afrikaners en buitelanders word doelbewus gebreinspoel deur voortdurende ongegronde bewerings dat apartheid, en hulle geloof, verkeerd was en buitelanders glo dit maklik sonder om dieper na te dink. Daarby was die massa buitelanders nie in Suid-Afrika nie en beskik hulle oor geen persoonlike ervaring oor wat waar of onwaar is nie. Vir jongmense wat die gebeure van die verlede nie ken nie, klink die aanhoudende valse beskuldigings asof daar regverdiging in steek. Dit is soos 'n uitlokkende skuif in skaakspel waar die lokval eers later duidelik blyk wanneer dit te laat is vir 'n doeltreffende teenskuif.
Kwaadwilliges probeer die saadjie saai dat dit verraad is as een volk nie met 'n ander volk vermeng nie, al sou dit beteken dat sommige sterk beginsels prysgegee moet word om aan te pas. 'n Reënboognasie in Suid-Afrika word voorgehou as synde natuurlike samevoeging van kleure in een reënboog. Dit word dan verdraai om die skyn te wek dat die kleure vermeng, want geen afsonderlikheid van kleure word in hulle beleid voorsien nie. 'n Reënboog se kleure vermeng egter nie. Dit bly apart.
Met die beriggewers (nuusmanne by koerante, tydskrifte, radio en beeldradio) hoofsaaklik in die hande van onnadenkende groepe wat nie die insig het om die waarde van apartheid te kan insien nie, word gebalanseerde inligting van die gewone volkgenote en bewoners in ander lande weerhou. Stadige beïnvloeding vind plaas, want denkendes word selde die geleentheid gebied om hulle saak sonder onderbreking te stel. Verspreiding van inligting deur die regering dra baie gewig sodat skuinsdraai of afwyking van die waarheid moeilik bestry kan word. Apartheiddenkers word selde geleentheid gebied.
Selfs Afrikaanse beriggewers probeer om in die getallesterkere regering se goeie boekies te bly omdat hulle nie durf het om hul eie beginsels uit te leef nie. Hulle weier byvoorbeeld om die lewensbeskouing van die regsinniges oor apartheid in betaalde advertensies te plaas. Dan beweer hulle dat dit teen hulle beleid is. Dit is juis verwerping van vryheid van spraak wat hulle veronderstel is om na te streef. Besef hulle nie wat volkvryheid is nie? Hoekom ontneem Afrikaanse koerante hulle volkgenote dit om hulle saak in vrede en rustig in hulle koerante te stel? Voel hulle nie deel van die Afrikanervolk nie? Is hulle hensoppers wat glo die stryd is verby?
Dit is egter nie so vreemd dat beriggewers poog om 'n regering te behaag nie, al is dit 'n volkvreemde regering. In die proses kyk hulle volkgenote verby. Sou 'n ander regering aan bewind kom, sal hulle 'n ander houding inneem, hulle seile na die wind span. Dit is wat hulle nou doen nadat die volkvreemdes weens getalle aan bewind gekom het. Wat het van hierdie oorlopers (joernaliste en omroepers) se beginsels geword? Kon hulle beginsels ter wille van voordele versaak? Hulle het tog die apartheidbeleid ondersteun.
Die radio– en beeldradiodiens word deur die regering behartig en daarom berig hulle net oor die regering se sienings, en indien hulle noodwendig oor regsinniges se handelinge moet berig, word dit listig so ongunstig as moontlik gestel. Hier is die veelmeer onsigbare geestelike gevaar teenwoordig, die ideologiese gevaar. Hulle het die staatsopset om op die gees van die volk in te werk. Hierdie neiging kom in alle lande voor. Meer opvallend in Suid-Afrika.
Gemeenskapradiodienste het nie dieselfde geleenthede nie omdat hulle lisensies deur bepaalde voorwaardes aan bande gelê word. Gelykmaking tussen rasse en volke in 'n verenigde Suid-Afrika klink mooi, humanitêr, maar as die meerderheidvolk regeer, waar is gelykmaking? Op listige wyse omseil so 'n regering die betekenis van woorde en begrippe deur 'n ander betekenis daaraan te heg as wat aanvanklik bedoel was. Apartheid word byvoorbeeld onwaar as onderdrukking vertolk.