Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense is gewoonlik só op aardse oorlewing ingestel. Dikwels kwel ons ons soveel dat ons sieleheil skade ly. Ons bou aan aardse skatte en koninkryke waar daar ingebreek en gesteel word. Baie van ons pogings is net 'n gejaag na wind, met geen ewigheidswaarde nie. Maak in hierdie nuwe jaar eerder vir jou hemelse skatte bymekaar; vertrou God en Hy sal vir jou die nodige dinge hier op aarde byvoeg.
VOLKSREGERING (44)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
KINDERS IS VOLK SE TOEKOMS
Dr Verwoerd het verklaar dat die kind aan die geslagte "sin en inhoud gee en aansporing verleen vir alles wat verrig is". Die toestand sonder kinders sou wees: "Een sonder hoop en sonder vooruitstrewendheid op enige terrein van die lewe. Dit sou 'n volk of wêreld wees sonder inisiatief. Daar sou geen rede hoegenaamd wees tot enige inspanning nie, daar sou geen behoefte wees aan navorsing om meer kennis op te diep nie, daar sou geen rede tot skepping wees nie. Vir wie . . . sou ons dit doen? Wat sou die nut van dit alles wees? Wat baat dit om te skep tensy die vrug van jou denke of arbeid aan iemand nagelaat word?"
"Niks wat in ons huidige lewe betekenis het of dryfkrag is, hetsy dryfkrag in die private lewe van die gewone man of die dryfkrag wat die volksleier besiel, het vir ons van dag tot dag waarde as daar nie 'n geslag is wat moet volg nie. Letterlik alles wat ontstaan of wat gereël word, bestaan net omdat die mens vorentoe kyk. Dwarsdeur die eeue is die mensheid besig om aan die wêreld van die toekoms te bou. Hy is selde besig met die hede. Die mens is 'n denkende en skeppende wese omdat hy vorentoe kyk."
"Die kind is 'n prikkel tot die hoogste inspanning. Maar die kind is ook 'n bron van inspirasie. Nie net verstandelike inspanning, nie net inspanning van liggaam en gees vloei voort uit die teenwoordigheid van die kind nie, maar ook die gevoelfaktor wat aan mense dryfkrag gee. Die kind is, deur die liefde wat met hom verbonde is, by ouers en by volk en by kerk die agtergrond vir die offervaardigheid van die mensdom. Die liefde vir die kind vernietig die selfsug."
"Die kind is ons kosbaarste juweel. Ons kan hom nie wegbêre nie. Ons moet hom dra. Ons moet hom nie laat afsteel nie. Ons moet hom behou. Die kind is ons toekoms, ons volk se toekoms, ons kerk se toekoms. Ons kan hom nie laat verlore gaan nie . . . Elke geslag moet besef dat die kind sy voortsetting is. Al sy denke en al sy krag moet hy wy aan hulle wat sal volg."
Elke ouer behoort elke dag soveel tyd moontlik aan opvoeding en kultuurvorming te gee om die voortbestaan van die volk te verseker. Sogenaamde kwaliteittyd is gou verwerp omdat 'n kind voltyds grootmaking nodig het. Hy het dadelik aandag van 'n ouer nodig wanneer hy trots sy eerste treetjies gee of val of tande wissel. Later het hy/sy onmiddellik aandag nodig wanneer hulle met persoonlike probleme worstel, of moet hulle dit by kinderoppassers kry wat in die moeders se plek hulle eie onaanvaarbare volkgebruike toepas?
Ouers wat skei tree onbybels op, maar doen ook hulle kinders lewenslank 'n onreg aan. Dit is onomstootlik die waarheid. Daar is seker onvermydelike gevalle, maar juis dit moet ons probeer vermy. Hierdie is nie 'n beskuldiging nie, maar goed bedoel. Dikwels word die nadele eers na egskeiding besef. Pas dit op jouself toe. As jou ouers sou geskei het, hoe anders sou jou lewe wees? As jou ouers geskei het, hoe het dit jou lewe beïnvloed? Kinders het 'n pa nodig as 'n voorbeeld om na te volg, die sterk man wat leiding aan hulle gee sover dit manlike optrede betref. Die ma is selfs belangriker om leiding te gee wat vroulike optrede betref. Aan moedersknie kry hulle die ontwikkeling en waarde van taalgebruik en die fyner opvoeding in kultuur en godsdiens. Saam bou die ouers aan gebalanseerde beginsels wat karakter vorm.