Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges bevind hul dikwels in die put van die dood. So ook gelowiges soos koning Dawid in Ps.40. Gelukkig kyk gelowiges met ander oë na die put en weet dat hulle nie vir altyd daarin sal wees nie en dat God ook hul hulpgeroep sal hoor en die verlangde verlossing voorsien.
VOLKSREGERING (45)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GOEDGELOWIGE AFRIKANERS
Afrikaners word van kleins af geleer om eerlik te wees. Dit is eerbaar en toon goeie bedoelings in optrede. Met so 'n benadering verwag Afrikaners dan ook dieselfde van ander mense sonder om waaksaam te wees. Piet Retief was so 'n goedgelowige wat, ten spyte van waarskuwings deur van sy eie mense, asook 'n sendeling en ander Zoeloes, goedgelowig aan Dingaan se goeie gesindheid geglo het omdat hy self so ingestel was. Afrikaners is steeds goedgelowig sover dit ander volke betref en neem die ondervinding nie altyd ter harte nie.
Alles is egter nie so ooglopend soos in die geval van Piet Retief nie. Suid-Afrika word tans in sogenaamde metropole ingedeel, maar wat is die diepere betekenis waarna opgelet moet word? Metropool kom uit Grieks met die betekenis van moederstad. Kaapstad is Suid-Afrika se moederstad. Wat lankal goed aan ons bekend is, is 'n kerk as moedergemeente waarvan ander gemeentes afgestig het omdat die moedergemeente te groot en lomp geword het.
In ons geskiedenis is dorpe van tyd tot tyd gestig om dieselfde redes. Dit was dus nie 'n samevoeging van gemeentes of kleiner dorpe om 'n groter eenheid te vorm nie, maar andersom omdat dit meer doeltreffend is.
In Suid-Afrika is metropole of wêreldstede of stadstreke (eerder stadfoefies) verskuilde politieke samevoegings van allerhande volkgroepe met die uitsluitlike doel om blankes, veral Afrikaners, in minderhede te plaas sodat hulle nie seggingskap in besluitnemings van enige stad of dorp kan hê nie. Dit het enkele voordele, maar groter nadele, dog dit is nie vir die volkvreemde regering belangrik nie. Ons mense moet om berekende politieke redes aan bande gelê word.
Sogenaamde metropole en ander foefies word voorgehou as 'n goeie uiterlike om die ware doel te verbloem sodat selfs geleerde mense die uiterlike moet vertrou. Hulle kyk na die ekonomie en besef nie dat daar 'n groter politieke doel is nie. Ons sien net die mooi raak en is onoplettend oor die duisternis daarbenede. Die kragte van die duisternis hou nie van lig nie.
Die president van die ANC het meer as 'n jaar gelede belowe dat die lang uitgerekte hofsake oor korrupsie vinniger afgehandel sal word, maar intussen word dit lewenslank uitgestel. Tydens die onderhandelinge vir oorgawe van ons vryheid is belowe dat ons mense selfbeskikking sal kry en is voorsiening daarvoor gemaak. Die blanke president het dit goedgelowig aanvaar en eie kerke, eie skole en eie gemeenskapslewe belowe. Eintlik nie goedgelowig nie omdat hy geweet het dat die meerderheid dit mettertyd sou afstem. Hy was veronderstel om kommunisme te ken. Soos te verwag, het eie gemeenskapslewe en eie skole lankal in die niet verdwyn. Nou verloor ons ook ons private eiendom, hetsy plase of erwe/huise in dorpe en stede. Te veel van ons mense is goedgelowig.
As gevolg van ons gebrek aan kennis van politiekkunde word fronte geskep wat die skyn van egte volkorganisasies moet dra, maar wat gebruik word om die Afrikaner te mislei. Dan word die frontorganisasies kamma geleidelik en onopmerklik gekaap om ons mense geleidelik te breinspoel om ons kultuur en beginsels daarby aan te pas. Sommige Afrikaanse koerante en radio-stasies doen lustig mee. Ons word as pionne gebruik om die waarheid te verbloem. Let op met wie 'n koerant en radiostasie saamwerk en hoe hulle volkgenote stelselmatig en geleidelik breinspoel om van beginsels af te wyk. Hoe kan 'n linkse Afrikaanse koerant stil-stil en tog openlik met 'n regse radiostasie saamwerk?
Tans is daar verskillende sogenaamde Boere-organisasies waarvan hulle agtergronde moeilik nagegaan kan word, hetsy by wyse van mondelinge of skriftelike getuienis omdat dit toegesmeer word. Met groot bravade word verklaar dat 'n organisasie vir ons volk intree, dog ten spyte van al die gepraat word niks bereik nie. Straatname en dorpsname en maatreëls word steeds verander terwyl ons gepaai word. 'n Valse vlag word vir ons mense gewaai. Hoewel 'n paar ingeligte Afrikaners daarvan weet, kan hulle dit nie openlik sê sonder die bewyse nie. Buitendien word denkende en insigryke volkgenote dikwels nie geglo nie. Wie gee vir wie geld en inligting? Watter Afrikanervereniging of vakbond is betroubaar? Kyk maar na Amerikaanse skakeling, terwyl die VSA van ons grootste vyande is. Ons stamlande is immers in Europa. Maak seker van vaaghede.
Onder 'n vals vlag word vertoulike en belangrike inligting op 'n bedrieglike manier by eerlike Afrikaners ingesamel wat ons ontwapen en dan deur die vyandiges teen ons gebruik word, soos in die geval van die goedgelowige Piet Retief.
Voordat jy 'n organisasie glo wat as 'n pro-Afrikanerorganisasie seine uitstuur, vind uit wie op hulle direksies dien. Hulle antwoord gewoonlik vaag en probeer om swartes of Indiërs se name te vermy. Van ons eie mense swig voor aangeplakte druk of voor die voordele wat aan hulle verleen word. Hieronder is burgerregte verenigings en radiostasies wat ons mense verloën. Aanvanklik was hulle opreg, maar is stilweg deur vreemdes binnegedring wat 'n valse septer rondswaai. Is jy lid van hulle en glo jy sommer voetstoots? Baie volkgenote sal verbaas wees as hulle die waarheid te wete kom.