Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alles in ons land is bedorwe; politiek, kerk, kultuur, handel, ja, alles! Nêrens gaan dit beter as in die verlede nie. Dis die gevolg van die Christengrondwet wat met ʼn sekulêre een vervang is en die Tien Gebooie met ʼn Handves van menseregte! Dit laat ʼn mens aan die woorde van Ps.2 dink: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (:2,3). Suid-Afrika het met iets anders as die nag donker geword!
VOLKSREGERING (51)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
NADELE VAN VOLKVERMENGING
Diegene wat volkvermenging voorstaan, besef nie dat hulle beginsels en siening van sake van 'n ander volk s'n verskil nie. Sonder om die ander in ag te neem, aanvaar hulle dat almal soos hulle moet dink en dieselfde leefwyse moet hê al leef hulle self nie volgens hul eie eise nie. Vra hulle om van hulle geloof, taal, lewenswyse en grondgebied afstand te doen en hulle weier, maar verwag dat ander dit moet doen.
In Suid-Afrika besef ander volke nie dat hulle in sommige opsigte vir die Afrikaners aanstoot gee wat hulle stilweg verwerk nie, maar as die Afrikaners verskil, dan neem hulle aanstoot.
Die swartes luister nie en verstaan nie hoe hul wit landgenote na die verlede en huidige werklikheid kyk nie. Veral die jonger swartes se reaksie getuig werklik daarvan dat hulle geen begrip het van hoe diep die ongeregtighede loop waarin ons ingeweef is nie. As hulle net wil luister en redelik wil wees, sal dit rus en vrede bring. Hulle moet in die belang van die toekoms die verlede probeer verstaan. Intelligente, oop gesprekke en sinvolle bydraes deur ander volke is 'n resep tot 'n suksesvolle toekoms.
Geldige kommentaar en meningsverskille is aanvaarbaar, maar nie 'n standpunt van haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Gewoonlik lewer die volkmengers kwaadwillige kommentaar wat openlik beledigend is en geen ruimte vir goeie verstandhouding laat nie.
Ryke verskeidenheid van belangrike temas lewer probeme. Skikking is 'n bron vir botsings omdat van al die volke verwag word om van hulle denkwyses prys te gee. Dit raak etnisiteit, geaardheid, multi-kulturele opvoeding en godsdienstige samewerking. Die groot kloof tussen volkere-opvattings kan nie met afdwingende vermenging oorkom word nie. Botsing is 'n doodnatuurlike gevolg.
Die botsende verskeidenhede van die samelewing in Suid-Afrika maak heerskappy deur een groep onvermydelik. Dit verg insig om te besef dat politieke mag nie 'n rustende toestand is wat van een groep na 'n ander oorgedra word nie, maar 'n aangeleentheid wat op natuurlike wyse ontwikkel en versprei en wat onvermydelik 'n twispunt word.
Die gebrek aan insig by die swart mense in Suid-Afrika dat die Afrikaners onderdrukkers was terwyl hulle duidelik 'n hand tot vriendskap en hulp uitgesteek het om die ander volke na selfstandigheid en morele status te lei, word deur opstokers misbruik. Die blankes moet geleentheid gegee word om hulle saak te stel sonder dat die hoorders of leerders hulle denke afskakel. Dit gebeur nie.
Die kastige demokrasie wat veronderstel is om vryheid te beteken, is 'n mite wat juis wrywing veroorsaak. Die huidige toestand in die land is bevestigend. Slagspreuke soos "One settler, one bullet" (terwyl die Afrikaners nie setlaars is nie) en "Kill the Boer", getuig van onwilligheid om begrip te toon en bepleit botsing in plaas daarvan om sinvol met mekaar te gesels. Integrasie is onvermydelik 'n kruitvat vir rassehaat.
Verkeer volkgenote van verskillende volke in een saal, sal die Zoeloes, Kȏsas, Tswanas, Afrikaners van nature hulle eie mense opsoek en groepe vorm omdat hulle dieselfde taal praat, mekaar makliker verstaan, grappe deel en 'n soortgelyke agtergrond het.
Die wyse waarop Afrika-state apartheid as sondebok misbruik om hulle eie miskenning van menseregte te verdoesel, is eie aan volkmengers. Die skrywers en sprekers van ander lande is uitgesproke voorstanders van 'n soort demokrasie wat vir hulle volkvermenging beteken, maar nie in hul eie land nie. Deur apartheid aan te val, is bloot 'n poging om die aandag van hulle eie onvermoë af te trek en opspraak te verwek.