Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Heilige Gees maak enigiets wat geestelik gebreek is reg: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28). Luister wat sê Jesus van Homself: “Die Gees van die Here is op My… Hy het my gestuur om dié wat verbryseld van hart is, te genees” (Luk.4:18). Jesus neem ’n lewe wat weens sonde gebroke is en maak dit heel.
VOLKSREGERING (53)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GEWELD ONOORDEELKUNDIG
Wat hierop volg is deur dr Percy Yutar gesê. Hy was as staatsaanklaer betrokke by die Rivonia-verhoor, 1964. Dit was 'n onpartydige en onbevooroordeelde uitlating, want dr Yutar was nie 'n Afrikaner of politikus nie en het volgens homself ook geen instruksie van enigiemand ontvang nie. Hy het selfstandig opgetree om regverdige orde te handhaaf.
"Heeltemal afgesien van wat ek gelees het in die verklarings van getuies, was ek self diep geskok en kon ek beswaarlik glo wat ek gelees het in die dokumente wat òf in die handskrif van die beskuldigdes was òf in hul besit gevind is. Hierdie dokumente het duidelik openbaar dat die skuldiges doelbewus en kwaadwilliglik die pleeg van dade van geweld en vernietiging dwarsdeur die land beraam en bewerkstellig het, dade gerig teen die huise en kantore van staats– en munisipale amptenare, asook teen alle lyne en verbindingskanale.
Die beplande doel daarmee was om chaos, wanorde en beroering in die Republiek van Suid-Afrika te ontketen, wat volgens hul planne vererger sou word deur die optrede van duisende opgeleide guerrilla-vegters, wat op verskillende gunstige plekke dwarsdeur die land versprei sou wees. Hierdie eenhede sou dan in die verskillende gebiede gesteun word deur plaaslike inwoners, asook deur uitgesoekte manne wat na sodanige gebiede gestuur is.
Die beskuldigdes het die egtheid van al hierdie dokumente erken en ook dat hul beleid die eventuele geweldadige omverwerping van die regering van Suid-Afrika ingesluit het."
Nelson Mandela was een van die voorbokke. Meer as tien dokumente in sy eie handskrif wat geweld en verminking aangemoedig het, een met 94 bladsye, is gevind. In die hof het hy beplanning van hierdie dade bevestig en as geregverdig beskou. Hy het ook 'n prominente rol gespeel in die stigting van Umkhonto We Sizwe wat terreurdade moes pleeg. Die gevolg: In hierdie dae steeds geweld en terreurdade teen hulle eie skole en vrye universiteite. Dit herinner aan die verraad van Dingaan teenoor sy eie volkgenote en teenoor die vreedsame Voortrekkers. Mandela was nie 'n politieke gevangene nie, soos onrusstokers probeer uitmaak. Hy was 'n misdadiger.
Let wel, die blanke regering het werk daarvan gemaak om die swart volke in hulle eie volwaardige grondgebiede selfregering te laat kry waar hulle hulself kon regeer en op alle gebiede uitleef. Die Transkei en Boputhatswana was die vroeë voorlopers met gesprekke met ander volke goed op pad. Daar was geen sprake van onderdrukking nie.
Waarvoor het Mandela sogenaamd ge-"struggle"? Sy eie land (Transkei) het selfregering gehad met die oog daarop om spoedig volle onafhanklikheid te kry. Sy taal en kultuur is erken en toegelaat om te ontwikkel volgens sy en sy volkgenote se eie wense. Wat wou hy bereik wat nie reeds gedoen was nie? Die ander volke in Suid-Afrika was op dieselfde pad van ontvoogding.
As iemand nou met geweld teen die volkvreemde regering in opstand kom, sal hy dadelik gearresteer en net soos in die geval van Mandela lank in die tronk moet deurbring. Daar is geen verskil nie. Waarom word 'n onderskeid gemaak wat nie bestaan nie? Die oplossing is vreedsame bespreking op die basis dat elke volk, insluitend die Afrikaner, die reg het om onafhanklik te wees soos deur die Verenigde Nasie bevestig.
Soos sake nou staan, het die Afrikaners weinig vooruitsigte op selfregering of onafhanklikheid nie en die regering vermy enige bespreking tot vrye volksregering, selfs deur ander swart volke in Suid-Afrika wat hulle graag self wil regeer. Sou Afrikaners en die ander swart volke met groter rede daaraan dink om tot geweld oor te gaan, sal die regeringsmagte dit heeltemal tereg met geweld onderdruk. Geestelike krag sal ons wel deur die drif trek.
Maar terwyl Nelson Mandela en trawante in geen opsig rede tot geweld gehad het nie, maar as gewone geweldmisdadigers skuldig bevind was, word vrugteloos probeer om hom as 'n held voor te hou. In die dokument "Operation Mayibuye" staan: "Val skaamteloos die swakkes aan en vlug skaamteloos vir die sterkes . . ." Wat meer kan gesê of gedoen word om te bevestig dat swartes saam met ander vreemdes doelbewus en sonder enige rede geweld en verraad gepleeg het om die bestaande vreedsame naasbestaan in wanorde om te skep?
Hulle kon geen beter voordeel verkry as wat die apartheid-regeerstelsel hulle gebied het nie. Is die regering bang dat die Afrikanervolk sy eie grondgebied beter sal bestuur as wat hulle kan doen? Soos dit is, word Suid-Afrika uiters swak bestuur.