Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.
BEDRIEGLIKE BEWERINGS
Johan Dorfling
Die president van die ANC het verlede week fyn bedrieglike bewerings gemaak om blankes te probeer oortuig dat hulle nog altyd verkeerd opgetree het en dat hulle die ANC moet ondersteun. Hy het alle partye gevra om te erken dat die enigste weg om die gebrek aan ewewigtigheid van die verlede reg te stel, is om opreg te verenig en 'n nuwe Suid-Afrika te bou.
Daarmee aanvaar hy sonder meer dat daar onregverdigheid voor 1994 was sonder om dit duidelik uit te wys en vra hy dat ons dit moet erken. Volgens hom was die regverdige apartheidstelsel onregverdig. Hy verwag dat ook ons sy verkeerde siening om opreg te verenig moet aanvaar, maar verswyg redes omdat dit nie bestaan nie. Blankes het heeltemal 'n ander siening; waarom aanvaar hy nie die blankes se beginsels nie en praat nie eens daaroor nie? Dit dui mos op eensydigheid en ook dat hy nie besef wat regverdige apartheid regtig is nie.
Hy het beweer dat ons saam, dit is alle Suid-Afrikaanse volke, 'n stel grondwetlike waardes en beginsels in ons demokratiese hede het wat duidelik verskil van apartheid in die verlede. Dit is mos 'n bedrieglike bewering, want hy beweer sonder meer dat daar deesdae demokrasie in Suid-Afrika is terwyl dit nie so is nie? Weet hy dan nie wat demokrasie behels nie en verneem hy nie wat blankes se standpunt is nie. Is die ANC se standpunte heilige koeie? Onteenseglik het hy slegs lekekennis oor apartheid. Dit kom nou-nou weer ter sprake.
Weer word beweer, waarskynlik die ANC se ongegronde siening, dat die erfenis van die onregverdigheid op beide die sosiale en ekonomiese gebied nou geduld moet word omdat dit verander is. Wanneer die ANC van die wit voorregte en swart armoede praat, praat hulle glo nie alleen oor die verlede nie, maar ook oor die hede. Wie regeer die land die afgelope meer as 24 jaar? Is die ANC dus nie in staat om armoede te bekamp nie en nou gebruik hulle 'n strooipop om hulle swak regeerstelsel en onvermoë te verdoesel? Hoekom onderskei die president van die ANC tussen wit en swart? Dit is immers teen hulle beleid. So gee hulle erkenning aan apartheid.
Verder het die spreker gesê dat om DIE STEM te sing en die (ou?) vlag te vertoon, is nie simbole van die Afrikaner se identiteit nie, maar van "diskriminasie, onderdrukking en ellende". Waarom beskryf hy nie hierdie valse bewerings nie? Omdat dit uit die lug gegryp word. Dat die Kaap van die weste af tot by die Kei-rivier aan 'n swart volk behoort het, is een van die talle onware bewerings wat rassehaat aanjaag. Apartheid is glashelder 'n stelsel van opheffing en ontwikkeling. Hierdie erfenis is wederregtelik van die blankes weggeneem.
Tog opvallend dat die eerste vers van DIE STEM deur die ANC in hulle lied opgeneem is. Hulle sing dit self by sportwedstryde en ander byeenkomste. Waarom die skielike ommeswaai? Blankes het die ommeswaai egter lankal voorspel omdat dit so deursigtig skynheilig was. Hoe kan hulle president besluit wat simbole vir Afrikaners is? Dan kan hy ook beweer dat persone soos president Paul Kruger, genl De Wet, Danie Theron, genl De la Rey en talle andere nie Afrikanerhelde was nie.
Weer eens word dit as 'n feit gestel dat diskriminasie onaanvaarbaar is. Daar is al talle kere uitgewys dat diskriminasie in wese onderskeiding beteken, tog word 'n verkeerde kunsmatige betekenis moedswillig daaraan geheg. Terselfdertyd word deur dieselfde spreker tussen wit en swart onderskei. Waar is die nodige insig oor verwardheid?
Die leier van die ANC is bekommerd oor die agteruitgang van rasseverhoudings in die land. Het hy ooit daaraan gedink dat sy eie party daarvoor verantwoordelik is? Nee, die blankes is mos skuldig omdat hulle 'n ander sienswyse en beginsels het, of mag blankes nie eie beginsels hê nie? Hy beweer "The Freedom Charter is clear". Nie vir ons blankes nie. Ons stem nie daarmee saam nie. Hoekom word so 'n stelling op blankes van toepassing gemaak sonder dat hulle saamstem? Glo die ANC se leiers in die Bybel? Daarin staan uitdruklik dat 'n Christen of 'n gelowige van net die Ou Testament noodwendig 'n voorstander van apartheid moet wees anders is hy skynheilig.
"One of the ANC’s biggest weaknesses was the fact that it lost its non-racial character". Beteken dit dat die ANC intussen onderskeiding tussen rasse voorstaan? Apartheid? Dit vergestalt ook in die woorde "all racial groups should feel at home in the country" en het 'n rol te speel. Erkenning van "racial groups" is onderskeiding, apartheid. Veg die leier van die ANC nou om sy eie volk se voortbestaan as 'n aparte volk? Hy is 'n Venda en moet sy klein volk in getalle probeer verdedig teen die in getalle veel sterker Zoeloes en Kȏsas. Hy behoort aan 'n baie kleiner Vendavolk as die Afrikaners. Aldus moet hy die minderheidervaring self ondervind.
Onverstaanbaar is die bewering "anti-ANC and militates against the constitution".
Ons laat ons nie met lugkastele en bedrog breinspoel nie. Die ANC se leier het nie 'n benul van ons vaste beginsels en van apartheid nie. Nou probeer hy blanke ondersteuning werf sodat blankes hul eie moet verraai en by swart groeperings aansluit, of minstens die ondemokratiese parlementêre stelsel moet onderskryf deur te stem.
Ongelukkig bestaan daar nie 'n omvattende boek oor apartheid nie, maar binnekort sal daar een wees. Dit is egter nie 'n verskoning nie omdat daar uit verskillende oorde genoeg inligting beskikbaar is. Dit was met tussenposes in die parlement uitgespel.
Let op hoeveel vrae in hierdie geskrif gestel word. Die rede is dat die ANC se leiers vaag en doelbewus of uit onkunde vals praat sonder om die korrekte feite na te gaan. As hulle met opregte bedoelings met ons blankes praat, sal hulle groter en dieper insig kry en 'n skoon ander beleid volg. Tans is hulle onkundig en verward.