VERWOERDMAAND

BLANKES BEWYS EERLIKHEID

Johan Dorfling

In aansluiting tot Gelofteland se strewe dat ons mense ons self moet handhaaf, het ek dit goedgedink om my standpunt te stel. Dit is soos ek dit van my ouers en ouer vriende geleer het. Die wysheid van die grysheid beïndruk my vandag nog. Daardie mense het met min geleerdheid en met selfstandige selfdoen dieper gedink en meer bereik as baie geleerdes. Eer jou vader en jou moeder is 'n wysheid wat God self in sy Woord as 'n beginsel neergelê het.

Die leiers van die Afrikaners het onder meer in 1917 onafhanklikheid bespreek. Onder andere het hulle verwys na dr Woodrow Wilson, president van Amerika en Lloyd George, eerste minister van Engeland, wat verklaar het dat alle volke die reg moet hê om oor hul eie lot te beslis en dat geen volk ooit gedwing moet word om onder 'n heerskappy te staan waaronder hy nie wil wees nie. Omdat die verklarings ooreengestem het met die beginsels van reg en geregtigheid het die Afrikanerleiers ten volle daarmee saamgestem. Die beginsels is ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak.

Voortvloeiend hieruit is geredeneer dat volkome onafhanklikheid in alle volke se belang is. Onafhanklikheid is 'n natuurlike proses wat gaandeweg tot selfverwesenliking by alle volke moet lei. Die beginsel is beklemtoon dat al die nasies van die wêreld, klein en groot, die onvervreembare reg besit om oor hulle eie lot te beslis.

Uit die aard van die saak is eerstens die wortelstryd aangeknoop dat Suid-Afrika in sy geheel onafhanklikheid van Engeland moet verkry op 'n wyse van alleen langs grondwetlike reg sonder geweld. Daarna sal dan aandag gegee word om aan die swart volkere op dieselfde vreedsame wyse tot onafhanklikheid te lei.

Onafhanklik is dan ook in 1961 vir geheel Suid-Afrika verkry en daar was onmiddellike stappe om volkome vryheid aan die onderskeie plaaslike volke toe te ken. Transkei en Bophuthatswana was vroeg in die tou.

Terwyl die pragtige vreedsame prosesse aan die gang was, het opstokers onder die invloed van buitelandse politici begin om geweld aan te moedig. Toe dit nie slaag nie omdat Afrikanerleiers rustig voortgegaan het om die korrekte weë te volg, het opstandelinge met hulle sinnelose begrippe moord beplan.

Die beskrywing van die blankes se eerlike benadering dui onteenseglik daarop dat geen blanke enige geweld of onderdrukking oorweeg het nie. Onredelike opstandiges het hulself domastrant tot onderdrukking oortuig.

Vandag vertel swart praters leuens. Die verskil tussen die swartes en die blankes lê in die onverskillige opeis van eie regte wat reeds tot hulle beskikking gestel was en die blankes se "gun aan ander wat ons vir ons self gun". Ook strewe die swartes na eie gewin terwyl die blankes strewe na wat goed is vir al die onderskeie volke.

Hedendaags probeer kafpraters met 'n verskuilde agenda om gewildheid te bekom en nie om met regverdigheid te regeer nie, terwyl die blankes openlik strewe na beginsels wat met goeie werk gevestig word.

Sport is op 'n listige wyse gebruik om Afrikaners te breinspoel deur te beweer dat ons sportmanne wêreldwyd aanvaar sal word. Vandag word Afrikanersportlui in plaaslike sportspanne verdring. Sommer binnekort sal dit 'n rariteit wees om 'n blanke in 'n Suid-Afrikaanse sportspan te sien. Dit was van die begin af die bedrieglike plan. Is dit wat ons Afrikaners wou gehad het?  Is ons as volk ooit geraadpleeg?

Mense wat kreolisering (vermenging) voorstaan, is uiters kortsigtig in hulle siening. Vrydenkers wil in alles vryheid sien, daarom kyk hulle nie na die fyner punte van 'n saak nie. Daar word kwansuis bewys hoe nie-blankes geriewe moes ontbeer. Onkundiges en ons jonger mense glo dit vandag omdat hulle daarmee gebreinspoel word. Natuurlik is dit 'n groot leuen.

Daar word soveel onwaarhede aan die wêreld en aan ons eie mense opgedis oor hoe die  "agtergeblewenes"  kastig benadeel was, dat baie dit glo. Hulle wat dit glo, gaan nie die geskiedenis na om hulle van die waarheid te vergewis nie. Hulle glo die leuens en verloën die Afrikaner op hierdie wyse. Hierdie tegnieke word so dikwels herhaal dat dit later verwarring saai en selfs as die waarheid deurgaan. Voorstanders van kreolisering probeer nie hulle saak stel nie en let ook nie op watter talle nadele aan hulle denkrigting verbonde is nie. Hulle maak ongegronde bewerings om regdenkendes op die verdediging te probeer hou deur 'n spreker nie geleentheid te gee om sy standpunt volledig te stel nie of om dit sonder meer te verwerp asof die korrekte feite belaglik is.

Deurmekaarboerdery veroorsaak sonder uitsondering botsing. Daar word ook nie vertel nie dat sogenaamde gelykmaking in een grondgebied beteken dat die minderheid die slawe van die meerderheid word. Israel was aanvanklik as vriende en die gelykes van die Egiptenare behandel, maar het hulle slawe geword.

Stelselmatig word ons Afrikaners afgekraak; sodat ons nou amper net goed genoeg is om belasting te betaal sodat die vreemde regering kan voortgaan om ons vryhede in te perk. Ons is nou in ballingskap soos wat Israel in ballingskap onder ander volke was. Die regering beweer ons het geen aanspraak op enige grondgebied nie. Ons is armsaliges. Dit kan en durf ons nie aanvaar nie omdat dit onwaar is. Blankes het die grootste deel van die huidige Suid-Afrika op wettige wyses verkry..

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1470 gaste aanlyn