Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom sien mense foute as 'n teken van swakheid? Ons leer dan uit ons foute! Mens sal selfs nie veel weet van die lewe as jy nié foute maak nie. Ons sal selfs nóg meer leer as ons ophou ontken dat ons fouteer het. Die grootste fout wat ons kan maak, is om nie 'n fout reg te maak en daaruit te leer nie want as jy jou fout ontken, het jy dit twee maal begaan. Stel dit reg, vind 'n oplossing!

VERONGELUK DEBAT DOELBEWUS

Johan Dorfling

Een van die vernaamste voorvereiste vir 'n redelike debat tussen mense wat van mekaar verskil, is om mekaar se sienings uit te ruil. Maar wat gebeur wanneer een party weier om na die ander se sienings te luister?  Die een kant van die aangeleentheid, geregverdig op suiwer redenasies, word sonder meer verwerp of bespot?  Ironies genoeg, baie van die bespotting word gegrond op onkunde en tekort aan insig omdat die betrokke party eenvoudig weier om na die betekenis van die feite te kyk. Om die waarheid aan te hoor, sal hulle kleinlike denke in die wiele ry.

Elke keer wat probeer word om 'n vraag te beantwoord, word dit, voordat die vraag na behore beantwoord is, soos 'n sarsie uit 'n masjiengeweer met ander vrae opgevolg om die eerste vraag se antwoord te omseil. In werklikheid toon dit dat daar nie regtig in die antwoord belanggestel word nie, want hoe meer vrae gevra word, hoe meer kan voorgegee word dat die antwoorde nie veel werd is nie en kan al hoe verder van die wese van 'n saak afgewyk word.

As die teenparty, werklik belangstel in die antwoorde op hulle vrae, hoekom luister hulle nie na die antwoorde nie?  Dit is dan wanneer geweier moet word om die vrae te beantwoord. Verskaf liewer 'n geskikte bron waar inligting verkry kan word. Gewoonlik word dan snedig geantwoord dat hulle dit nie die moeite werd ag nie. Nou kom hulle ware taktiek na vore. Hulle verwerp en bespot die goeie redenasies sonder dat hulle weet waaroor dit gaan en dit weerspieël opsetlike onkunde en ligsinnigheid en dit is tydmors om met hulle te praat.

Moenie toelaat dat jy geboelie word nie. Weier om voort te gaan met hulle verwronge optrede, tensy hulle instem om na antwoorde te luister. Dikwels maak hulle ander onverwante stellings om die werklikheid te omseil. Wys dit uit, beklemtoon hulle onkunde en daag hulle uit om beter ingelig te word sodat 'n sinvolle gesprek gevoer kan word.

Moedswilliges verwys dikwels uit die bloute na onderskeid in velkleur as rassisties of rassehaat, terwyl dit nie ter sake is nie. As iemand oor swak werk of laatkom aangespreek word, is die eerste reaksie van 'n swarte dat hy benadeel word omdat hy nie blank is nie. Om te probeer verdedig, plaas jou as blanke in 'n moeilike posisie, want daar is niks om te verdedig nie, slegs 'n opmerking uit die lug gegryp. Hy sal in elk geval daarmee volhou asof hy in beheer is. Verwerp liewer dadelik die opmerking deur op te merk dat hy welwillend moet gesels. Om van die onderwerp af te wyk, is kwaadwillig.

Bewerings uit die lug gegryp is bloot pogings om van die waarheid weg te skram. Daardie valse begrip wat iemand of meer mense ingeprent is, is moeilik om verkeerd te bewys omdat valse begrippe mooiklinkend is en skuiling bied al is dit 'n huis op sand gebou. Die persoon wil nie dat sy denke inmekaar tuimel nie, want dan voel hy weerloos.

Voorbeelde:

Hy word onderbetaal omdat hy nie-blank is. Daar is nie plek vir 'n tekort aan kwalifikasie of ervaring in sy denke nie. Moenie daaroor redeneer nie, want hy glo vas hy is reg.

Hy besit nie eiendom nie, daarom moet die regering vir hom gee, al verdien hy dit nie. Ander besit wel eiendom, sekerlik is sy velkleur verkeerd. Dat ander hulle eiendom gekoop het, is vir hom nie belangrik nie. Dit is soos klein kinders; boetie het geld gekry wat ek nie het nie, maar boetie het die kar gewas terwyl ek gespeel het. Ek wil ook soveel geld hê. Uit en gedaan, wat jy ookal sê.

Daar is jarelank voorgegee dat die ANC feitlik alle swartes se steun geniet. Dit was 'n leuen-bewering. Die swartes was hoogs tevrede met die landbestuur. Walter Sisulu het tydens die die Rivonia-verhoor, toe die ANC kastig hoog gewild was, gesê dat die ANC se totale ledetal nooit meer as 1% van die swart bevolking was nie. Die ANC het dus nooit die mandaat gehad om namens die swartes op te tree nie. Eers nadat die swak blanke president met hierdie klein minderheid begin onderhandel het, het die swartes die kunsmatige geleentheid aangegryp. Alan Paton het na die verhoor erken dat die ANC verkeerd was om die gewone swartes om die bos te lei.

Kyk na die verloopte regering in die laaste paar jaar voor 1994 en die volkvreemde regering sedertdien. Hulle almal was sterk en eerlik gewaarsku wat die gevolge van vermenging van volke sal wees. Nou is daar byna elke dag wrywing en versteuring van verhoudings in die politiek en in die gemeenskappe. Pas het rassehaat sy kop uitgesteek tussen die rugbyklubs van Wanderers en Roodepoort as gevolg van dwang. Vir hierdie rassehaat is die regering se opdringende maatreëls verantwoordelik. Soveel hofsake hieroor vind tans plaas. Tog wil die domastrante regering nie erken dat hy verkeerd is nie en weier die besluitnemers om te luister.

Waarna die regering ook nie wil luister nie, is die goeie bedoelings van die blankes, veral die Afrikaners. Die sogenaamde beledigende K-woord en ander aanspreekvorms was en is donkiejare deel van die Afrikaanse taal met goeie bedoelings. Die regering het doelbewus daarvan skelwoorde gemaak en nou moet Afrikaanssprekendes daaronder ly. Besef die regering in hoeveel huise word hierdie woorde steeds alledaags gebruik; in minder gegoede woonbuurtes tot die mees vooraanstaande woonbuurtes? Ek wonder hoe min die uitsonderings is. Volgens die volkvreemde regering is die meerderheid reg, maar hierdie geval pas hulle nie.

Hoekom luister die regering nie na die Afrikaners nie?  Dit is mos belaglik om 'n deel van die landgenote te ignoreer, of word net na kwaadwilliges geluister in plaas daarvan om regverdige apartheid toe te pas?  Het die regering ooit sedert 1994 van sy kant af met Afrikaners probeer gesprek voer?

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1551 gaste aanlyn