Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Februarie het spanning tussen Israel en Iran vergerger toe Israelse leiers Iran blameer het vir nog twee aanvalle. Op 13 Februarie is die Israeliese Ambassade gebombardeer in verskeie state. Die ontploffings was soortgelyk aan aanvalle op Iran se kernwetenskaplikes 'n paar jaar gelede waarvoor Iran vir Israel blameer het. Kortom, Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Het Suid-Afrika dalk ook die gunstige besoek van God nie opgemerk?...
AFRIKANERS WERK SAAM
Johan Dorfling
Sonder 'n landwye organisasie is dit moeilik om 'n groot deel van die volk te bereik, maar sonder daardie ratwerk is daar genoegsame getalle volkgenote wat erns het met samewerking om die doel van onafhanklikheid binne volkverband te bereik. Slegs enkeles is hensoppers en niksdoeners om soos die spreekwoordelike muis in die melkemmer te swem. Daardie muis wat moed opgegee het en in die melk verdrink het. Sy maat het volhard met sy pogings totdat die room dik genoeg geklits was om uit te spring en vry te wees.
Dit is die plig van elke Afrikaner om nie net aan homself te dink nie, maar om ook sy nageslag en volkgenote by te staan en te beskerm. Dink aan die koopkrag wat jy het om by jou eie mense te koop en nie by vreemdes nie. Jy kan onmiddellik wen, maar indien nie onmiddellik nie, kom die wen later.
Jy kan vriendelik by winkeliers op jou taal aandring, of by 'n ander winkel gaan koop. Daar is oorgenoeg bewyse waar 'n winkel of restourant weens benadeling van hulle klante ten gronde gegaan het omdat hulle nie langer ondersteun was nie. Eenheid en doelbewustheid en wilskrag versit berge.
Mense wat in hulle harte Afrikaners is, maar wat van hulle volk vervreemd geraak het, is steeds welkom om aan die volk se beginsels te help bou. Woon Afrikanervolkfeeste by en maak kennis met leiers wat bestaan of wat besig is om te ontwikkel. Daardie ondersteuning is goud werd. Ons kan nie net op die klein eilandjie wat ons woonerf is, bly leef en nie weet wat in Suid-Afrika om ons gebeur nie. Koerante en radiostasies gee 'n skewe beeld.
Opregte leiers gee korrekte inligting aan hul mense deur omdat hulle weet dat die volk reg sal besluit oor wat die beste vir die volk is. Dan luister die opregte en eerlike leiers na die stemme van hul eie mense en gee uitvoering aan daardie besluite, want 'n goeie leier lei nie net nie, hy dien ook sy mense. Geveinsdes wat melk en heuning aanbied indien hulle ondersteun word, maar wat apartheid soos eie skole en kerke en gemeenskaplewe en kultuur en vlag en volkslied verloën, word gou aan hulle uitsprake uitgeken. Vra openlik wat hulle van apartheid of volkvreemdes se vlag en hulle volkslied dink, en die waarheid word blootgelê. As hulle rond en bont praat en stamel, het hulle nie 'n duidelike siening nie en probeer hulle net om gewildheid te verwerf.
Die blankes wat met swart mense onderhandel het om die regering oor te neem, het geen opdrag van die meerderheid van ons volk gekry om ons deel van die land weg te gee nie. Vandag betreur die sogenaamde onderhandelaars hulle optrede, soms openlik, andersins in hulle binnekamers omdat hulle te skaam is om hulle kortsigtigheid te erken.
Ons pad loop vorentoe, na die lig toe, ongeag wat doemprofete in die pad probeer rol. Van watter eievolkse politieke party ons mense ookal lid is, ons moet die ratwerk daarstel om die Afrikanerdom self op staatkundige gebied te plaas vir die bereiking van die doel van onafhanklikheid. Nadat onafhanklikheid bereik is, gaan ons voort om tussen ons te redeneer hoe die land regeer moet word. Voordat ons daar kom, het ons elkeen as Afrikaner 'n taak om te vervul.
Iedereen verwag om van ons toekomsgeskiedenis 'n sukses te maak. Jy weet dat daarvoor georganiseer moet word op 'n doeltreffender wyse as ooit tevore. Daarvoor het ons hulp nodig om vergaderings te organiseer en reklame te maak. As jy nie weet hoe nie, kom kyk en leer sodat jy ook jou deel kan doen. Een stap is om jou vriende en familie van hierdie webwerf te vertel en aan te moedig om die inhoud te lees en kommentaar te lewer. Al sou jy op plekke verskil, sal jy altyd vriendelik behandel word omdat jou kommentaar waardeer word. Ons weet jy is meer as gewillig om jou plig te doen en sal jou die geleentheid bied. Ons moet een koers hou, een beleid volg en soos een man optree. Dit sal ons regkry deur met mekaar te praat en te doen.
Sommige aanhangers van ander godsdienstige gelowe probeer ons mense beïndruk met die stelling dat hulle, soos Moslems, 'n sterk geloof het en daarvoor leef en sterf. Daarmee probeer hulle voorgee dat Christene nie so 'n sterk geloof het nie. Dit is onsin. Ons geloof is so sterk dat Christene in leeu-arenas en aan skavotte en op brandstapels vir hulle geloof gesterf het. Paulus en Petrus en ander sterk Christenleiers het ook vir hulle geloof gesterf. Vandag gehoorsaam ons die Woord van God soos ook in die Tien Gebooie vervat. Ons heilig Sondae deur daardie dag net aan godsdienstige sake te wy en nie byvoorbeeld inkopies te doen of sportwedstryde by te woon nie. Ons steel nie, pleeg nie moord nie, ensovoorts. As ons nie erns met die Bybel het nie, beteken ons geloof niks.
Moenie gebreinspoel word nie en werk saam vir onafhanklikheid. Hou vas aan jou beginsels.