NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid  het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.

GETALLE VERDRUK REGVERDIGHEID

Johan Dorfling

Daar was van die ANC se bestaan af 'n vertrouensgaping tussen hulle en Afrikaners omdat die ANC nie by die gees van samesprekings en verstandhoudings gehou het nie. Namate dit duidelik geword het dat die ANC se woordvoerders gesprekke nie ernstig opneem nie, het die belangstelling om te praat afgestomp en het die ANC die geringste politieke vertroue laat tuimel. Met hulle kwaadwillige benadering wat geweld en moord ingesluit het, is hulle heeltemal tereg volgens beskaafde standaarde onwettig verklaar. In die howe het hulle hul wandade openlik erken.

Toe die huidige volkvreemde regering, in 'n poging van versoening deur die blanke regering, die onverdiende geleentheid gebied was om beheer oor te neem, het die meerderheid met hulle getalle die grondliggende belange van 'n minderheid bloot weggestem, soos byvoorbeeld hul werk-, taal-, grond- of onderwysregte, of waar hul belasting bloot gevat word sonder dat hul belange ook daarmee gedien word. Regverdigheid sonder kulturele vryheid is betekenisloos, want dan beteken die begrip oorheersing en rassebevoordeling.

 

Weer eens, met hulle beheer as gevolg van getalle, probeer die regeringlede gereeld om die minderhede as rassehaters uit te kryt terwyl dit juis andersom is. Hulle is immers in beheer en tree verkleinerend op om hul eie onbevoegdheid te probeer verdoesel.

Regverdigheid is 'n begrip wat nie op Suid-Afrika met sy verskeidenheid volke van toepassing kan wees nie. Hier is geen volksregering nie, maar regering deur getalle. Getalle in hierdie geval is vergelykbaar met geweldadige onderdrukking, want die getalle maak die minderheidvolke magteloos om teen onregverdigheid op te tree. Selfs volksregering beteken nie noodwendig regverdigheid nie, dog dit is die naaste aan regverdige regering tot die beste belang van alle volke, om deur hul eie mense regeer te word. Regverdigheid lê nie in getalle nie, maar in wysheid.

Kyk na wat werklik in die lewe gebeur. Die inwoners van 'n woonbuurt soek en vind iemand wat 'n bokkie van 'n brandarm eienaar gesteel het, of wat 'n moord gepleeg het, of wat iemand verkrag het. Hulle wil sy hand afkap, of hom ophang, of hom stenig. Die oormag slaan en skop hom en begin uitvoer wat hulle in gedagte het. Intussen daag die polisie op en keer betyds met kalmerende woorde dat hy deur die hof gevonnis sal word. In die hof bevind die regter, of meer regters, egter dat die betrokke persoon onskuldig is. Intussen is die werklike skuldige dief aangekeer, die vermeende moordenaar was daardie betrokke week met die nodige bewyse meer as 500 kilometer van die moordtoneel af, en DNS toetse het bewys dat die beskuldigde verkragter nie skuldig was nie. Al drie die persone wat regtig skuldig was, is opgespoor en skuldig bevind.

Die oorweldigende meerderheid het geglo dat hulle reg was sonder dat hulle regverdig geoordeel het. Gelukkig het die wyse regters sonder emosionele betrokkenheid onskuldige mense gered. Getalle het nie getel of die deurslag gegee nie, maar wysheid.

Kyk nou na die regeringlede se optrede met hulle valse beskuldigings. Die regering se meerderheid in die parlement bring mee dat hulle 'n minderheidvolk oorstem sonder dat daar polisie en regters is wat met regverdigheid kan intree. Daar kan in die meeste gevalle nie na die geregshof vir beslissings gegaan word nie omdat die grondwet bepaalde regte aan die meerderheid toeken. Hoe kan 'n vertroue‒ en verstandhoudingskending bestry word?  Slegs enkele gevalle mag na 'n hof verwys word.

Buitendien is regskostes besonder duur en kan die klaers teen getalle dit dikwels nie bekostig nie. In so 'n geval moet 'n onreg maar verduur word. Wat die regskostes betref :‒  Sou 'n saak aanhangig gemaak word, moet die minderheid hul eie regskoste dra asook help bydra aan die regering se regskoste. Is dit regverdig?  Moet die verantwoordelike regeringpersoon of persone die ongerief en koste wat hy/sy veroorsaak het, vryspring?

Dit is glashelder dat getalle die deurslag gee en regverdigheid regstreeks verdruk word as 'n volkvreemde regering sy getalle gebruik om sy eensydige wil teenoor ander af te dwing. In die proses veronagsaam hy selfs die grondwet en ook ander volke se tale en kulture. Dit moet tot onluste lei.

Een volk, bestaande uit groter getalle, het namens sy volk een stem teenoor enige ander volk wat ook een stem het. Geen bespreking of onderhandeling kan plaasvind as een volk 'n houding inneem dat sy groter getalle die ander volk oorheers nie. Onderhandeling oor enige saak kan net onderneem word as regverdigheid heers. Dit is 'n vereiste vir demokrasie, vir vrye gesprekvoering.

Met sy groter getalle beheer die volkvreemde regering die radiowese, beeldradio en ander regeringinstrumente om sy eie siening te verkondig, wat reg is, maar terselfdertyd word die kleiner getalle andersdenkendes nie toegelaat om hul eie beskaafde en geloofwaardige sienings weer te gee nie. Hulle eie volkfeeste word selde selfs terloops genoem en dan in 'n swak lig gestel.

Kyk hoe word getalle weergegee om 'n saak vir politieke doeleindes te misbruik. Om voordeel te trek, word beweer dat regeringoptrede daartoe gelei het dat plaasaanvalle byvoorbeeld die afgelope jaar van 1 200 tot 500 afgeneem het. Dit is onwaar. Plaasaanvalle het vermeerder van 1 200 tot 1 700. So ook word beweer motorongelukke het byvoorbeeld van 700 tot 900 toegeneem, maar in werklikheid het dit van 700 tot 1 600 toegeneem.

Dit kan nie oorbeklemtoon word nie. Wanneer een volk 'n ander met sy getalle oorheers : ‒

GETALLE  VERDRUK  REGVERDIGHEID  REGSTREEKS

APARTHEID  BESKERM  VOLKE  TEEN  UITBUITING

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1439 gaste aanlyn