VERWOERDMAAND

JONGSTE BYBELVERTALING

Gelowige

Dit is vir my vreemd om van 'n Direkte Bybelvertaling te lees asof wat ons as 'n die betroubare Bybelvertaling beskou het, nie 'n direkte vertaling uit die ou geskrifte was nie. Dit skep verwarring omdat die 1933/53 vertaling juis vanuit die oorspronklike tekste gedoen was in goeie Afrikaans sonder om Afrikaans te verbaster.

In elk geval, ek het op die Internet nagegaan en gevind dat uit verskeie oorde geldige besware aangeteken is teen die vreemde woorde wat nou in die Afrikaanse Bybel ingesluit word. Dit beteken onder andere blykbaar dat Hebreeuse en Griekse woorde as Afrikaans beskou word. Moet ons dan ander tale se woordeskat leer om die Afrikaanse Bybel tuis te kan lees en verstaan?  'n Vriend wat 'n taalkundige is, vertel dat meeste mense se woordeskat in hulle eie tale beperk is tot ongeveer 20 000, miskien tot 30 000 vir 'n klein persentasie indien hulle beroep in daardie rigting is.

Dit bring my by die woordeboek WAT. Geen mens kan daardie honderdeduisende woorde onthou en weet wat hulle lees nie. Die Bybelvertalers kan die WAT dus geensins as 'n maatstaf gebruik nie. Selfs HAT is reeds te omvattend vir my brein. Ek sou dink dat die Bybelvertalers 'n leesbare Bybel aan ons beskikbaar sou wou stel. Die oorspronklike Bybel in die ou tale was immers in 'n maklike eenvoudige trant geskryf soos die massas wat nie kon lees of skryf nie, dit maklik kon verstaan. Jesus (en die ou profete) het byvoorbeeld eenvoudig met die vissers en sy ander volgelinge gepraat en gelykenisse gebruik waar hy dit nogtans nodig gevind het.

Moet ons matrikulante en selfs gegradueerdes op ander gebiede, nou op predikante staat maak om die deurmekaar Bybel aan ons uit te lê?  Sal hulle ons elke dag tuis besoek sodat ons dit kan verstaan wanneer ons aandgodsdiens hou?  Hoe kan ons saans of op ander tye aan ons kinders verduidelik wat in die Bybel staan as ons ouers dit self nie weet nie. Ons is trots op ons taal en wil dit nie vermink sien nie.

Vreemde Griekse range in weermagtaal plaas ons denke in verkeerde begrippe en daarmee besef ons nie hoe belangrik of onbelangrik die persoon was wat daardie range gedra het nie.

Die Bybelvertalers sal vol verskonings wees omdat hulle hulself wil regverdig, maar verskonings is sinneloos omdat dit nie die doel van die vertaling beantwoord nie. In my woordeskat sluit ek juis verskoning uit omdat dit beteken dat jy 'n fout maak of gemaak het. Daardie fout moet reggestel word, anders duur die mistasting voort.

Gelukkig blyk daar 'n ligpunt te wees omdat sommige taalkundiges en teoloë volgens praatjies met 'n eie vertaling wil begin, skynbaar gegrond op die 1933/53 vertaling en die oorspronklike tale omdat dit uiters betroubaar is.

Waarom word 'n wêreldwye besonder betroubare en erkende Bybel bederf met 'n aardse inslag. Nadat ek groot gedeeltes van die sogenaamde direkte vertaling gelees het, kry ek die gewaarwording dat die siel uit die Bybel gehaal word. Dit was ook met die 1983-vertaling die geval en met al daardie foute is dit verwerp. Met die huidige poging slaag die vertalers goed daarin om ons mense te verdeel.

Ek wonder of die Bybelvertalers dit sal oorweeg om te herbesin. Of sou hulle in hierdie laat stadium te veel aansien verloor, asook die koste wat aangegaan is?  Of hulle nou sou heroorweeg of op die pad van verskonings sou voortgaan, aansien het hulle reeds verloor.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1513 gaste aanlyn