VERWOERDMAAND

PERSOONLIKHEID ― DR VERWOERD

Johan Dorfling

Dr H F Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Om oor sy persoonlikheid en ingesteldheid te skryf, is maklik, maar terselfdertyd is dit baie moeilik. Hy was so merkwaardig dat die grense van sy denke die mensdom onbeperk vooruitgeloop het.

Dit is maklik om hom te beskryf omdat hy so 'n eerlike, opregte en openlike persoon was sodat almal geweet het waar hulle met hom staan. Aan die anderkant is dit moeilik omdat daar rakke vol boeke en geskrifte oor hom geskryf is en steeds geskryf word, ver meer as oor enige ander Suid-Afrikaanse staatsman, of menige ander groot moondhede se staatsmanne of manne wat foutiewelik as staatsmanne voorgehou is. Teenswoordig verkoop selfs tweedehandse boeke oor hom teen die duurste pryse. Uit al hierdie beskikbare inligting, asook uit die talle uitstekende toesprake wat hy self gemaak het, het sy persoonlikheid sterk op die voorgrond getree. Wat kan nog oor hom geskryf word wat nie reeds gedoen is nie?  Steeds regeer hy Suid-Afrika selfs uit die graf uit.

 

Beriggewers oor die hele spektrum het dr Verwoerd onmiddellik na sy afsterwe hoog aangeslaan en verkondig dat hy werklik 'n rotsvaste staatsman met diepe insig was. Om die een of ander duistere rede het beriggewers en nuusmanne vanuit dieselfde bronne, links en regs, later gepoog om sy peroonlikheid af te kraak, maar dit verhoog sy aansien net al hoe meer omdat sy opregtheid al hoe sterker na vore kom. Niemand kon nog een enkele mistasting teen hom opdis nie. Veral die volkvreemde regering probeer vrugteloos om hom onder verdenking te plaas, maar dit bly vas staan dat sy wysheid, redenasies en denke oor die wêreld heen hom een van die grootstes ooit maak.

Die eerste keer dat dr Verwoerd die politieke arena betree het, was in 1934 (op 33 jaar) toe hy sekretaris was op die Volkkongres in Kimberley. Hy was daardie tyd professor in sosiologie en het 'n besonder goeie indruk gemaak, soveel so dat hy homself in die politiek begin vestig het. Sy opgang was vinnig en in 1937 is hy aangewys as redakteur van Die Transvaler wat die Afrikaner in die noorde moes verenig.

Dr D F Malan het soms van dr Verwoerd verskil, nie wat beginsels of beleid betref nie, maar omdat hy gedink het dat dr Verwoerd te vinnig vorentoe wou beur, onder andere met die spoediger verkryging van 'n republiek. Toe dr Malan vir dr Verwoerd in 1950 as Minister van Naturellesake benoem het, het sy vrou verbaas gevra waarom hy so 'n "moeilike man" in sy kabinet opneem. Sy antwoord was:  "Sou ek dan oor een of ander onbenullige persoonlike rede so 'n briljante werkkrag wil ontbeer?"

Die gestalte van dr Verwoerd het te voorskyn gekom en 'n betroubare geskiedkundige waardebepaling van hom het neerslag gevind. Hy het nie aan homself gedink nie, maar as 'n dienskneg van die Afrikanervolk wat hulle geloof en standpunte aan ander volke in Suid-Afrika en aan die wêreld gestel het, standpunte wat hy namens sy volk uitgeleef het. Hy was gebore staatsleier op so 'n wyse dat meer en meer mense hom vertrou het. Na sy afsterwe is hy van oraloor geloof vir sy uitstekende advokaatskap. Hy het die siel van sy mense verteenwoordig en ook die siel van andervolkiges in ag geneem. Op geen wyse wou hy sy volk onderhorig sien nie, ook nie aan die swart volke of die swart volke aan sy volk nie.

Met sy eerbare ingesteldheid was dr Verwoerd onomkoopbaar, bewys deur sy besonder klein boedel omdat hy homself as 'n dienaar beskou het en nie as 'n belangrike persoon wat groot geld wou ontvang nie. Hy het nooit besondere voorsiening vir homself gemaak nie, het altyd 'n hand van vriendelikheid en vrede uitgesteek, terwyl hy sy volk gelei en hulle wense eerbiedig het. Dit het hy besef is waaroor hulle hom gekies het. Die beginsel van selfbehoud vir elke volk, het hy verklaar as 'n wesenlike reg vir elke volk en moet voorrang geniet.

Daar was geen rede deur volkgenote, vriende of vyande om dr Verwoerd te veroordeel nie. Sy standbeelde is nie 'n weergawe van homself nie. Sy monumente lê in die klomp voordele wat hy in en vir Suid-Afrika nagelaat het. Kyk maar om jou heen om te sien sy geestelike standbeeld is onvernietigbaar en wys wat hy op staatkundige, rasseverhoudings, die ekonomie, in wetenskap-ontwikkeling, in onderwys vir wit en swart gedoen het. Die volkvreemde regering se woordvoerders is na meer as 50 jaar na sy afsterwe steeds so bang vir hom dat hulle na leemtes in sy denke en optredes soek, dog daardeur doen hulle hom al hoe meer eer aan. Dr H F Verwoerd bly 'n merkwaardige persoonlikheid.

Tussen stormwinde en onbeheerste wêreldgebeurtenisse deur was hy die dinamiese krag wat oral rotsvas gestaan het en Suid-Afrika se beeld het wêreldgestalte aangeneem. Dr Verwoerd het soos Moses ons volk waardig met nederigheid gelei soos geen ander Afrikaner nie. Wees bly en waardeer, ondersteuners en vyandiges teenoor dr Verwoerd, vir wat hy alles namens julle bereik het. Sy roem sal tot in ewigheid aan die bopunt van staatsmanne pryk.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1539 gaste aanlyn