Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Nie alle kankers genees nie.  Miljoene mens sterf jaarliks daaraan.  Die kanker van die siel kan wel genees.   Jesus belowe aan almal wat siele-kanker het en na Hom toe kom, dat hulle genees sal word.  “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee”(Mt.11:28).

TRAGEDIE VAN VALSHEDE OOR APARTHEID (1)

Johan Dorfling

Sommige mense lewer willens en wetens misleidende kommentaar oor apartheid, terwyl ander dit doen sonder dat hulle oor genoegsame kennis of insig beskik. Veral as dit in 'n proefskrif of 'n tydskrif-artikel opgeneem is.

Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA deur dr Mark R Kreitzer is deur Antoine Theron vertaal en verwerk. Die oorspronklike artikel, getiteld:  "South African Tragedy Restored"  het in die Contra Mundum tydskrif, 1992 vol. 5, verskyn. Slegs sommige onwaarhede en waarhede word aangehaal omdat dit stil-stil ingewerk is om te poog om die kommentare 'n aanslag van wetenskaplikheid te gee.

 

"Die sogenaamde apartheidstelsel het geleidelik oor 'n tydperk van meer as 250 jaar ontstaan. Sedert 1948 is dit as 'n netwerk van wette en sosiale meganismes uitgebou waarvan die teorie grootliks deur gereformeerde denkers ontwikkel is. Dit was die strewe van sulke gereformeerdes om 'n Bybels verantwoordbare oplossing vir Suid-Afrika se ingewikkelde inter-etniese probleme uit te werk. Hierdie strewe het ongelukkig nie die vooroordele en kortsigtighede van die eie kultuur en 'n bepaalde skool van Nederlandse Calvinisme ontsnap nie - maar kan vandag se (polities korrekte) propaganda wat almal en alles wat met apartheid te doen gehad het, as sondaars en ketters en verdrukkers uitkryt, sonder gevaar gesluk word?"

ONWAAR:  Die apartheidstelsel is nie sogenaamd nie, maar 'n presiese beskrywing van 'n uiters betroubare regeerstelsel.

ONWAAR:  Apartheid het duisende jare gelede reeds in Egipte bestaan en nie slegs meer as 250 jaar gelede nie.

ONWAAR:  Netwerk van wette verwys na onnodig baie wette, maar sedert apartheid afgeskaf is, is daar 'n klomp meer wette bygevoeg.

ONWAAR:  Die Bybel is nie gebruik om Suid-Afrika se etniese probleme uit te werk nie, maar om dit te bevestig. Die swart volkere het voordat hulle met blankes in aanraking gekom het, apartheid toegepas. Die blankes het dit net so toegepas, maar sonder oorlogvoering.

ONWAAR:  Daar was nie vooroordele en kortsigtighede nie. Dr Mark R Kreitzer gryp die bewering uit die lug sonder om dit toe te lig.

ONWAAR:  Polities korrekte word sonder meer beweer, maar geen rede kon gegee word nie.

Kyk watter misleiding is in net een paragraaf van 'n onkundige vervat.

Dr Mark R Kreitzer gaan voort:  "Ongetwyfeld was daar, getoets aan die Skrif, veel in die beleid wat onregverdig, sondig en verkeerd was, maar die standaard waarmee ons meet, bepaal ons resultate; en wanneer apartheid aan Skriflig onderwerp word, lyk die beeld anders as onder die lig van die demokratiese dogma en die oppervlakkige maatstaf van humanisme. Ons kan nie tot behoorlike insig kom deur die onnadenkende herhaling van simplistiese politieke refreine nie. Selfs net die kompleksiteit van die onderwerp behoort ons van haastige beoordelinge laat terugdeins."

ONWAAR:  Veel in die beleid wat onregverdig, sondig en verkeerd was?  Soos wat?

WAAR:  ….. lyk die beeld anders as onder die lig van die demokratiese dogma en die oppervlakkige maatstaf van humanisme. Ons kan nie tot behoorlike insig kom deur die onnadenkende herhaling van simplistiese politieke refreine nie.

In hierdie vorige paragraaf verander dr Mark R Kreitzer sy deuntjie met slinksheid. Dit rym nie met sy eerste aanhaling nie. Die volgende aanhaling laat hom weer kleitrap:

"Klein apartheid omvat die menigte burokratiese reëls en regulasies wat byvoorbeeld aparte busse, toilette, ontspanningsgeriewe en sportfasiliteite vir die verskillende rasse voorgeskryf het. Dit rym moeilik met die Bybelse beginsel van - gelyke beskerming deur die reg - wat ook in die Romeins-Hollandse Reg en Engelse gemenereg gevind word. Die universele beginsels van geregtigheid wat in elk van God se wette gevind word, leer dat:  Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit:  Soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die Here wees. Een wet moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef" (Num. 15:15-16, vgl.15:29-30, Lev.24:22, Deut.1:16-17, Lev.19:15).

Deur hierdie sogenaamde vreemdelingwette verbied God die soort uitbuiting waarin Egipte homself onderskei het in sy onregverdige verslawing van die hele Israelitiese volk:  En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE jou God." (Lev. 19:33, vgl. Ex. 22:21, 23:9)".

ONWAAR:  Klein apartheid bied gelyke beskerming deur die reg, want alle fasiliteite vir die Afrikaner was net so beskikbaar vir die vreemdelinge in blanke gebied, net afsonderlik. Skole, kerke, hospitale, openbare geriewe, sportgeriewe, en alles wat die blankes vir hulself opgeëis het, was vir algemene gebruik afsonderlik beskikbaar. Die Bybelse aanhalings word verdraai asof die teendeel van toepassing was.

ONWAAR:  Niemand is verslaaf of verdruk nie en geen haat was teenoor hulle openbaar nie.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Gesonde lewensuitkyk.

Samewerking tussen volke.

Tyd en reisgeld vir pendel word bespaar.

Verseker eendrag en mag.

Bied lewensvatbaarheid.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1485 gaste aanlyn