Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesaja kla dat Juda slegter as diere is: “’n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai” (Jes.1:3,4). Wat ‘n ongelooflike verval! Soos ons volk vandag?
TRAGEDIE VAN VALSHEDE OOR APARTHEID (2)
Johan Dorfling
"Wanneer etniese vreemdelinge in die land van die verbond kom woon het, was hulle verplig om God se wet te gehoorsaam net soos die burgers. God het juis die verbondsbrekende volke uit die land uitgeroei omdat hulle die gruwelike dinge gedoen het wat die wet verbied het. God vereis ook dat verbondsdissipline uitgeoefen sal word deur burgers van die verbond wat die standaarde van burgerskap oortree".
WAAR: Onder apartheid was dit juis so toegepas.
"Die Skrif leer dus dat daar een God en een Goddelike wet is. Alle individue en groepe staan ewe aanspreeklik teenoor die een Wet van God (vgl. Rom. 2:1, 3:9-20, 23). Maar dit beteken nie dat alle onderskeid tussen groepe verkeerd is nie. Die moderne afsku aan enige vorm van diskriminasie, die idee van losse individue sonder groep of verband en van die mensdom as bestaande uit heeltemal gelyke individue met individuele regte sonder enige belangrike verskille het sy oorsprong in die Franse Revolusie eerder as in die Bybel. God onderskei en leer sy kinders om te onderskei of te diskrimineer: Ons moet die Godgeskape natuurlike en morele onderskeidings in die wêreld raaksien en en eerbiedig.
Ons moet mense verskillend behandel volgens die verskillende rolle wat God vir verskillende groepe daargestel het en volgens die verskillende strafregtelike standaarde wat God beveel het vir regte teenoor verkeerde optrede. Dit is om hierdie rede dat God Christene beveel om te diskrimineer (dws onderskeid te maak) tussen hulle wat gehoorsaam lewe en die dronkaards, diewe, afgodedienaars, sodomiete, ensovoorts wat weier om hulle te bekeer. Verder vereis God 'n versigtig gedefinieerde diskriminasie tussen die manlike en vroulike groepe. Hy gebied verskillende rolle in die familie-, kerk- en burgerlike regerings vir die mans of die vroue wat die ander nie mag verenig nie (1 Tim. 2:8-15, Ef. 5:21 e.v., Jes. 3:12). God beveel 'n onderskeid tussen die ouers en kinders as groepe, tussen jonges en oues, tussen uitverkorenes en verworpenes, tussen verbondsgehoorsame families en volke en families en volke wat vyandig lewe teenoor God se wet. Om op etniese gronde te onderskei, is nie sonder meer verkeerd nie".
WAAR: Voornoemde aanhaling is weer ondersteuning van apartheid, onderskeiding.
TEENSTRYDIGHEDE: So gaan dr Mark R Kreitzer voort om homself te weerspreek sonder om duidelike grense te trek. Die res van sy lang artikel bevat soortgelyke onwaarhede en waarhede wat 'n aanduiding is dat hy nie werklik insig in apartheid het nie. Hy praat apartheid om die beurt goed en sleg sonder om dit te besef. Dit weerspieël die oppervlakkigheid van teenstanders van apartheid.
Al word dit tot vervelens herhaal, as iemand nie grondige kennis van die lugvaart of landbou of fisika of staatsleer of staatsadministrasie of wat ookal het nie, is hy onbevoeg om selfs te probeer voorgee dat hy 'n kenner daaroor is. Wanneer dit by regeerstelsels kom, trap hy al hoe dieper in die dryfsand met sy lekekennis omdat hy geen begrip daarvan het nie. Dit is mense wat nie die onderskeid tussen demokrasie, diskriminasie, rassisme, sosialisme, kommunisme, kapitalisme en ander begrippe insien nie. As hulle onderskei, stem hulle dadelik saam met apartheid omdat apartheid se fondament juis onderskeiding is, soos in die Bybel onderskei word. Hulle moet dus óf in die Bybel en dan ook in apartheid glo, óf hulle moet die Bybelse waarheid verwerp as hulle apartheid verwerp. Dan is hulle godloënend, ongelowig.
Duideliker kan dit nie gestel word nie. Apartheid is 'n Bybelse beginsel wat van Genesis tot Openbaring deur God ingestel en bevestig is.
Einde van hierdie openbaring van valshede.