NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies: uit jou midde van jou broers; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie" – Deuteronomium 17: 14-15

JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (6)

Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener

Europa en Suid-Afrika

Ten einde ’n beter begrip te kry van ons landsomstandighede, sal dit goed wees om sekere feite uit die geskiedenis van ander lande te vergelyk met dié van Suid-Afrika.

En die eerste ding wat ons met die ondersoek opval, is dat daar ’n sekere maatstaf van geregtigheid vir alle volke is, waarna hulle vroeg of laat geoordeel word. Die maatstaf is die wyse waarop hulle te werk gaan om eie belange te bevorder, die middele wat gebruik word om groot en sterk te word.

 

Wanneer ons dan tot die ontdekking kom dat daar nog nooit in die geskiedenis van die wêreld ’n volk was wat sonder geweld en die verdrukking en uitmergeling van kleiner nasies, tot ’n magtige koninkryk uitgegroei het nie, dan verstaan ons dadelik waarom die een koninkryk na die ander verval het. ’n Blywende grootheid het ons onder nasies nog nie gesien nie, omdat hulle tot dusver altyd oorlogmakers was, bloedvergieters.

     Maar wanneer ons nou in hierdie tyd (Johanna Brandt verwys hier na Holland soos dit nog was aan die begin van die 20ste eeu. die jare tussen 1900 en 1918) praat van korrupte Regerings en onregverdige meerderheid, moet ons altyd ’n uitsondering maak. En dit is — HOLLAND, want in ons tyd heers daar nog ’n toegewyde Godsregering oor daardie groot, klein nasie, en hy kan met geen ander vors vergelyk word nie.

In die komende wêreldoordeel sal dit nie anders wees nie, die vol­ke wat hulle skuldig gemaak het aan die meeste bloedvergieting om hul eie grootheid op te bou, sal dan die swaarste ly of heeltemal verdwyn.

Op bladsy 109 van my boek, Die Millennium, word daar ’n beskrywing gegee van die Europese oorlog as ’n stryd, nie tussen aardse volke nie, maar tussen die magte van Lig en Duisternis. Waar die Lig die oorhand het, sou die minste gely word; en die lande wat hier uitgewys is, was Holland, Duitsland, Switserland en die Skandinawiese lande, Noorweë, Denemarke en Swede. In ons eie wêrelddeel was dit Suid-Afrika, en dit ly geen twyfel nie: Suid-Afrika het ver bo al die ander lande uitgestaan. Inderdaad sou dit ook die laaste stryd tussen goed en kwaad wees, en alleenlik die lande wat ek hierbo aangedui het, sal triomfeer. Die Europese konflik sal oor die lengte en breedte van die aarde versprei, totdat dit ’n wêreldstryd word. Alle volke sal daarby betrek word. Die lang en bloedige stryd wat sal volg, is die reinigingsproses ter voorbereiding van die Wederkoms van Christus.

Die res van die Europa sal dan nog onder die diepste duisternis begrawe wees. Bloed en nog meer bloed sal vloei ter wille van God en internasionale vryheid. Maar wat deur die swaard gewin word, sal altyd weer deur die swaard weggeneem word. Die kerk sou as regter optree en die staat sy laksman wees.

In daardie tyd sal materialistiese lektuur versprei word waarin die Christelike geloof as ’n reusagtige fabel, ’n monster-bedrog gestel word. En hulle sal skryf daar is geen God nie, geen ewigheid, geen onsterflike siel. Die Skepping was ’n natuurverskynsel; en die verstand die hoogste gawe van die mens waardeur hy vir homself kon sorg en die beste uit die lewe kon verkry. En deur die mens se geregverdigde haat teen die verdorwenheid van die Kerk, doen hy alles in sy vermoë om die godsdiens te vernietig en die mag van die geestelikes te verbreek. Hulle glo opreg dat ’n volk sonder godsdiens veel beter af is as ’n volk wat verdruk word en ly onder die heerskappy van iets so onmenslik, so boosaardig as die Christelike Kerk.

6                       Siener het dit ook voorspel en gesê dit sal eskaleer en uiteindelik uitloop op die laaste Groot Wêreldoorlog.

7                       Verder het hy gesê dat net soos wat die strome water tussen die graspolle deurloop ná ’n sterk reënbui, net so sal die bloed in Oos-Europa loop!

En eers as mens dit insien, begryp jy waarom hierdie Bondgenote so lank en so swaar geoordeel sal word.

As elkeen van ons net sy plig wou doen in die posisie waarin God horn geplaas het, dan sou die armoede en ellende van die wêreld nooit bestaan het nie. Maar die geskiedenis leer dat die verdeeldheid in die Kerk en maatskappy ontstaan het omdat daar altyd sektes en partye was wat hulle van die oorspronklike liggaam afgesonder het. Hierin was die Kerk van Rome die skuldige party en self die oorsaak vir die stigting van die Protestantse Kerk, want Martin Luther wou hom nie van sy kerk skei nie, maar is met geweld daar uitgesit.

So sal dit ook in ons Kerk gebeur. Die mense wat die Kerke verlaat weens die doodsheid en afskuwelike huigelary wat daar te vinde is, is in die meeste gevalle die sedelike helde van ons eeu.

Honderd jaar gelede sou hulle op die pynbank, onder die guillo­tine of op die brandstapel omgekom het. Maar hulle word nou op ’n fyner manier vervolg, en as ons die marteling bedink wat hulle daagliks moet verduur — die spot, die veragting — as ons dink aan wat hulle opgeoffer het, hoe hulle noue bande van vriendskap en verwantskap verbreek is, dan moet ons erken dat hulle hoër staan as dié wat in gemak en voorspoed lewe, en van wie daar gesê word: “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie; was jy tog maar koud of warm. . .” (Openbaring 3 :15).

Oraloor sal ons sien dat groepe gestig word om hierdie kille toestand in die Kerk teen te staan; mense sal die nuut gebaande weë verlaat opsoek na die ware Boodskap. Maar hulle is aan die slaap gesus deur valse sekuriteit vanuit die Kerke, en sal nie besef dat die einde op hande is nie.

Die wantroue van die ortodokse Christen teen alles wat nuut is in die Kerk, is nie ongegrond nie, want die geestelike ontwaking wat gaan plaasvind, loop hand aan hand met die herlewing van duiwelse towery om die opregte soeker na die Waarheid af te skrik en in die war te bring.

Daarom die besoek van die Boodskapper aan my op 7 Desember, om ons juis hierteen te waarsku.

Neem bv. die Bantu-kwessie.

Wat het die Bantu van u geleer? Wat is die invloed wat hy in u huis in homself opgeneem het? Het die Bantu moraliteit van u geleer? Het u hom geleer hoe sy natuurlike hartstogte deur sterk drank aangewakker word — en dan die drifte van sy onbeteuelde natuur buite alle beheersing gekweek word? Het u ooit u verantwoordelikheid getoon deur aan hom ’n voorbeeld van ’n fatsoenlike lewe te toon?

As daar onder hulle misdadigers is wat brandstigting in die tyd beplan (soos in 1915 toe brandstigting oral in die land plaasgevind het), laat hulle eers goed daaroor nadink, want Suid-Afrika sal soos ’n magasyn wees wat net daardie vonk nodig het om hom van die een end tot die ander te laat brandslaan. Die Hollands-Afrikaanse ras (die blankes) durf egter nooit weer in hulle midde sulke misdade toelaat nie. Baie ander rampe sal in daardie tyd tot uitbarsting kom, maar van almal is hierdie een, die landswye brandstigting, die vernaamste.

Ons linies is gebroke deur bittere haat; ons range verskeur deur tweedrag; ons getalle versprei deur lank gekoesterde vyandigheid, deur misdadige verdagmakery — en oor ons hoofde pak die donker wolke van teenspoed steeds digter opmekaar. Luister, hoor u nie reeds die naderende storm nie? Voel u nie die yskoue asem van die dood nie? En merk u nie op dat die aarde onder u voete reeds wankel nie?

Waar gaan u u verberg wanneer die naderende rampe oor Suid-Afrika losbars? Moenie vergeet dat dit dan te laat gaan wees om ’n skuilplek te soeknie. Die voorbereiding daarvoor moet dan reeds afgehandel wees. As die nag van vergelding eers neergedaal het, sal iedereen die loon vir sy werke ontvang, en as u miskien aardse skatte versamel het, of ’n goeie naam opgebou het ten koste van u medemens, dan staar u ’n rampsalige einde in die gesig.

Maar weet dit: vanuit die Kerk sal daar geen hulp kom nie. Ons sal sien dat die Kerkleiers as agente vir Satan optree, want hier kan hul­le meer vir hom doen as wanneer hulle hul openlik aan sy kant skaar. Sonder hulle hulp sou hy weinig tot stand kon bring. Onder die man­tel van regverdigheid is hulle die grootste gevaar vir die Koninkryk.

8                       Siener bet ook gepraat van vure wat oor die land hardloop, met een groot vuur wat op Johannesburg afpyl — dit alles dui op onluste. geweld en bloedvergieting wat daar sal plaasvind.

Hulle is die wolwe onder ons skape, hulle kom net om te steel, te slag en te verderwe; dit is hulle wat nie by die deur van die stal ingekom het nie, maar van elders ingeklim of ingebreek het; hulle is die diewe en moordenaars wat die verderf soek van die uitverkorenes (Joh. 10:1).

Dit is aan my geopenbaar dat daar ter elfder ure nog oë sal oopgaan, sodat die wat daarvoor bestem is, beskut sal wees, en nic deur die wolwe verskeur sal word nie.

Die Boodskapper het ten slotte aan my gesê: “Die Hand van Genade word na Suid-Afrika uitgestrek, en, deur Suid-Afrika, na die ganse wêreld.”

Suid-Afrika is daarom uitverkore om die Boodskap van verlossing deur die Wederkoms van Christus, aan die wêreld te bring. Volk van Suid-Afrika, groot is die offer wat van u gevra word, groot is die verantwoordelikheid wat op u sal rus. Want ons weet met sekerheid, dat die oorlog wat in Europa sal woed, nog maar die begin van die smarte gaan wees, en die einde daarvan die begin van die laaste suiweringsproses — die laaste sewe plae, wat moontlik nog aan die gang sal wees wanneer die Wederkoms plaasvind.

9                        Siener sê ons mense sal ronddwaal soos blindes, want hy sien hulle het kolle (pêrels) op die oë; "maar dan sien ek 'n man waarvan die oë oopgaan”.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1362 gaste aanlyn