Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybelse uitdrukking "Werp jou brood op die water..." het veel dieper betekenis as wat meestal geag word. Dit het suiwer te doen met die saak dat ons sonder om iets terug te verwag goeie dade aan mekaar sal doen. Ons is ewig besig om te wonder watter voordele daarin vir mý is wanneer ek iets goeds aan my medemens doen. Die voorskrif is egter om dit te doen sonder enige verwagting. En dán sal die tweede deel van Prediker 11:1 ook vir jou waar word: "... want ná verloop van baie dae sal jy dit vind." Só sal God self jou vergoed al het ons geen aanspraak daarop nie.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (14)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
‘n Wonderwerk
’n Groot volksleier of leiers sal uit die verborgenheid verrys om in hierdie amper bowemenslike stryd, die voortou te neem, groter persoonlikhede, magtiger helde as wat ons nog ooit in die verlede gehad het.
Uit die verborgenheid, waar God hulle in die geheim vir hulle reusagtige taak voorberei het, sal hulle, op sy tyd, te voorskyn kom. Ja, die wonderwerk sal dan geskied deur die wil van God, maar menslike werktuie sal daartoe gewillig, bekwaam en gehoorsaam, gebruik word.
Leser, is u dalk een van hulle?
Vroue van Suid-Afrika, watter aandeel gaan u hê in die komende stryd? Watter wapen gaan u gebruik? Weet u dat die beslissing van u sal afhang? Besef u dat die Ryk van Vrede op aarde afhanklik sal wees van u, as die vroue nasionaliste?
“Die reine invloed van ons vroue sal die aanstaande Nasionale regering suiwer hou,” so het die Boodskapper op 7 Desember 1916 daar langs my Moeder se sterfbed aan my gesê.
Onbewus, en onder die magtige invloed van die Heilige Gees, het ek die bostaande profetiese woorde daardie nag van 7 Desember 1916, neergeskryf.
Meer as drie jaar gelede, en nou gaan hulle eers uit. Waarom sou dit wees?
Omdat ons onervare vroue eers die nodige lesse moes leer vir die vervulling van hulle toekomstige hoe roeping. Hulle moes leer om selfstandig te oordeel, sedelike moed uit te oefen en alles op te offer waar die hoogste ideale in gevaar van vernietiging staan. Hulle moes onder teleurstelling en ontgogeling die onderskeidingsvermoë ontwikkel, ’n fyner gevoel, ’n meer onfeilbare intuïsie.
Volgens Siener sou ’n man in ’n grys pak klere optree as ons geestelike leier, terwyl "n man in ‘n bruin pak klere die militêe leiding sal neem. Hy sou ook die volk by 'n koppie noord van Lichtenburg tot bedaring bring en hulle daarna toespreek.
Die Boodskapper het gesê dat hierdie tydperk van verdrukking verbygaan in ongekende smart en vele sal “vrede, vrede!” uitroep, terwyl daar geen vrede is nie. Toe het hy vervolg: “Ek ken My tyd, en voorwaar, Ek sê vir u, die afgelope eeue van verdrukking en geweld kan nie afgesluit word voordat die reinigingsproses voltooi is nie... En dan kom Ek om my Vrederyk te stig. Hoe sal Ek herken word? Elke oog sal My sien, maar alleen die geestelik geopende oog sal My ken, en alleen die harte wat in regverdigheid en liefde in My diens voorberei is, sal geopen wees om My te ontvang... ”
Maar die wêreld sal sy gang gaan, onbewus van die magtige, geestelike omwenteling wat tot stand gebring sal word en ons sal in die Millennium wees voordat die wêreld besef dat die ou dinge verbygegaan het.
“Die Dood, die laaste vyand is oorwin, en Ek moet kom om a) die Sakrament van My dood af te skaf en b) te vervang met die Sakrament van Onsterflikheid. Dan sal die mens leer om vir die geregtigheid te leef.
“Maar omdat die omverwerping van lank gevestigde instellings, nie kan geskied sonder nuwe omwentelinge nie, sal vele My leer verwerp as strydig daarmee wat Ek tweeduisend jaar gelede geleer het. Soos die Jode toe hulle die Messias verwerp het omdat Hy nie gekom het soos wat hulle dit wou hê nie...
“Voortaan sou alleen die siele in die vlees gebore word oor wie die tweede dood geen mag het nie (Openbaring 20:6); en hulle sal saam met My leef en heers vir duisend jaar lank, terwyl diegene deur wie hulle gedood is, die merkteken aan hulle voorhoof en hand ontvang het hulle word een vir een weggeneem en keer nie weer tot die wêreld terug voordat die Satan uit sy gevangenis vry gelaat word nie. Hulle het geen deel aan die eerste opstanding wat plaasvind wanneer Ek kom met die wat Myne is me, en word nie weer lewend totdat die duisend jaar geëindig het nie...” (Openbaring 20:5).
Johanna Brandt beskryf dan haar gewaarwordmge by die aanhoor van die Boodskapper se woorde:
Strome van goddelike Lig het oor my gegaan terwyl ek na hierdie woorde luister en die voile betekenis daarvan in my opneem - niks het my geskok nie, die oorgang van die openbaring na die ander, was slegs merkbaar deur die vermeerdering van die goddelike liefde waarmee ek omsluit was en deur die onuitspreeklike, onbegryplike kalmte van die ekstase wat my siel meer en meer vervul het.
“In die beheer van My koninkryk op aarde mag ledereen sy deel hê... Berei My weg in hierdie land voor. Stuur My Boodskap uit oor die lengte en breedte van Suid-Afrika. Laat die stem van waarskuwing klink oor die ganse land... Vele harte is alreeds voorberei en gelouter deur lyding, maar daar sal veel wees wat My boodskap sal verwerp met veragting en spot.
“Weet ook dat Suid-Afrika die laaste sal wees om die smeltkroes in te gaan, en die eerste om daaruit te voorskyn te kom, en sterk jou met die versekermg dat God self jou Leidsman sal wees oor die dal van doodskaduwee.”
Bewaar sy heilige belofte van verlossing in jou hart totdat die beroeringe in Suid-Afnka ook begin, en verkondig dan die deugde van die Verlosser.
In sy Naam en om sy Naams ontwil, u mede-arbeider in sy Koninkryk,
Johanna Brandt.
“Harmony,”Pretoria, 21 Januarie 1920.
Siener van Rensburg bevestig dit woordeliks: “Ons gaan heel laaste in die ding, maar ons kom ook heel eerste daaruit.”