NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niemand saai koring en oes daaruit mielies nie.   As jy die ewige lewe wil oes, moet jy die saad van die Gees saai.   Wie die vlees saai, oes nie die hemel nie!

'N GEBALSEMDE MANDELA: LOGIKA, REALITEIT...

...MAAR VERAL GELOOF

DIE NASIONALE DEMOKRATIESE REVOLUSIE IS GEEN GEHEIM

Kriewelkop

Daar is tans doodse stilte in die media oor Mandela se "toestand".  Mens sou dink dat so "belangrike persoon" elke dag die nuus sal haal.  Maar interessant tog dat die hospitaal nie meer stormgeloop word deur besoekers en word-gesond-kransleggings nie.  Net so interessant dat daar soveel weerspraak in die media plaasgevind het. Een oggend sou jy oppad kerktoe Rapport se opskrifte in die strate sien : CNN het die uitsendingsregte vir Mandela se begrafnis gekoop; die volgende dag sou jy in die media hoor dat dit van alle waarheid ontbloot is. Dan is Mandela weer kritiek-siek aan 'n masjien gekoppel en kan nie daarsonder leef nie; die volgende oomblik is hy glo onder operasie en gaan dit nou weer wonderbaarlik goed met hom – asof 'n kritieke siek mens 'n operasie kan deurstaan!  So is daar daagliks leuens deur die media versprei terwyl niemand weet waar elke teenstellende berig vandaan kom nie. Dan word die vorige leuen sou gou as moontlik in die kiem gesmoor, en 'n volgende leuen uitgedink om die vorige te verdoesel. Maar bly die media se oorspronklikheid in gebreke om op so 'n groot skaal vir die wêreld te lieg dan swyg hulle weer vir lang tye – die fase waarin ons nou weer is. Intussen lê Mandela goed en ten duurste gebalsem, gereed en gemaklik vir enige tydsduur waarin nuwe leuens vir die land opgedis gaan word totdat die tyd ryp is vir die Kommuniste se voorgenome Nasionale Demokratiese Revolusie wat vir Suid-Afrika beplan word.

Intussen is daar talle intelligente mense wat vrae vra, want dinge lyk donker, en bekommerde mense is onseker oor wat hulle te wagte kan wees en wat om daaromtrent te doen. Sommige tref daadwerklik voorbereidings na die beste van hulle vermoë teen 'n waarskynlike toestand van anargie, al weet hulle nie presies wat om te verwag nie, allermins wannéér om dit te wagte te wees. Ander leef in geloof en uit gebed dat hulle vrese nie bewaarheid moet word nie. En laastens is daar die liggelowiges en die ongelowiges wat oor al hierdie dinge lag en spot.  Maar diesulkes vergeet van die Kongo, en van Rwanda, en ken moontlik nie die geskiedenis en statistiek van talle ander kommunistiese lande en die miljoene moorde in kort tye tydens bloedige revolusies daar nie.

Talle vrae van opreg-bekommerde volksgenote is oor hierdie saak aan Gelofteland gestuur. Dit het aanleiding  tot hierdie artikel gegee en is hier saamgevat.  Die tyd het uitgeloop vir waarskuwings, raad en voorspellings; daar is nog net tyd vir inligting en bemoediging onder  intelligente, bekommerde en gelowige mense. In hierdie skrywe word daar dus nie met die argeloses, verraaiers, liberales, heidene, onnoseles, ongelowiges of liggelowiges gepraat nie, en moet diesulkes tog nie hulle tyd mors om dit te probeer lees nie.

As Christen-gelowiges weet ons God is aan die werk in Suid-Afrika. Hy gaan groot dinge in hierdie land  doen, so ingrypend dat die hele wêreld daardeur beïnvloed gaan word.

Vir Suid-Afrika het Hy ‘n baie spesiale doel, en die land sal, wanneer dinge in die buiteland baie sleg verloop weens oorlog en ekonomiese ineenstortings, maar dit dan reeds hier by ons beter gaan, dié land wees waarheen baie van God se kinders van dwarsoor die wêreld sal vlug om in veiligheid, vrede en met Christelike godsdiensvryheid hier te leef. Daarom het ons hoop en moed vir 'n goeie toekoms in ons land. So waar as dit is dat daar in 2013 'n godlose swart regime oor Suid-Afrika regeer, so waar is dit dat jy met jou eie oë sal sien dat daar in daardie tyd 'n Christenregering oor Suid-Afrika regeer.

HOE WEET ONS DAT DAAR 'N AANSLAG TEEN ONS BEPLAN WORD?
Lees eerstens die Kommuniste se Freedom Charter, hul manifes met die ideaal vir 'n Swart Republiek, en lees dit met die insig van 'n wyse man; bid dat die HERE jou verstand oopsluit en kyk nie daarna soos 'n dwaas nie.  Die HERE Jesus het ons ook  in Mattheus 24 aangeraai om na die tekens van gebeure in die tye waarin ons leef te kyk, en dit is wat ons nou moet doen: kyk ons na wat besig is om rondom ons te gebeur en ken die geskiedenis van ons land; dan weet ons dat dit nie juis ‘n geheim is dat die Swartes reeds vanaf 1902 na ‘n Swart Republiek streef sonder Blanke teenwoordigheid nie  - hulle het dit uitgespel. En weet dat die ANC in 1955 hulle planne op skrif gestel het vir hulle Nasionale Demokratiese Revolusie (opsigself 'n leuen want niks aan hulle is demokraties nie) waartydens hulle in afsienbare tyd die laaste fase van hulle lankgekoesterde ideaal wil verwesenlik. Dit word nie weggesteek nie, net met leuens verbloem as verlammingsmetode sodat die geruste blanke nie die moeite sal doen om homself daarteen te verweer nie.
Maar dít sal die publiek nooit uit die mond van die gewone media hoor nie want dié werk in die hand van die owerheid om die publiek te sus. En, sê revolusionêre swart leiers, hulle wil graag onverwags op die blankes toesak, anders kan laasgenoemde glo betyds in opstand kom of weerstand bied.  Intussen verkondig hierdie moordlustige leiers hulle beplande moordtog op verskeie wyses, soos ook die sing van moordliedjies in videos op internet, maar môre in die parlement kan botter weer nie in die swart monde smelt nie.
Nog ‘n rede waarom dit nie in normale nuusmedia gehoor word nie is dat die buiteland ook nie voortydig daarvan kennis moet neem nie om verstaanbare redes. Intussen word die verraderlike uitwisplanne teen die blankes voortgesit.

Hier volg van die vrae wat aan Gelofteland gerig is:

KAN ONS SIENER SE VISOENE OOR HIERDIE SAAK GLO?
Ons kan nie slaafs aan Siener se visioene vashou nie maar dit is ‘n goeie riglyn om die huidige verloop van sake aan te meet – ons sien dinge gebeur, en ons weet ook dat baie van Siener se voorspellings reeds waargeword het. Belangrik: hy was ‘n kind van die HERE en sou nie probeer om sy volk vir wie hy baie lief was, te mislei nie. Hy het male sonder tal die lewens van Boerekommando's van onder andere genls De Wet en De la Rey in die Tweede Vryheidsoorlog deur sy visioene gered.  Hy was ook 'n uiters nederige man wat nie stories vertel het om aandag op homself te vestig nie; daarom kan ons nie sy voorspellings ignoreer nie. Nog moet ons vir onsself dinge wat tans rondom ons gebeur in 'n groter geheel uitmaak en kan ons maar net Siener se voorspellings hieraan meet.

KAN ONS WEET WANNEER HIERDIE DINGE OP ONS GAAN AFKOM?
Geelperskeseisoen, reëntyd
, ens, ja, geen mens weet presies die tyd nie maar ons moet voorberei vir dit waarin ons glo en teen gewaarsku is, veral as daarmee saam ander tekens is soos byvoorbeeld dat die meeste kommunistiese lande deur jare heen graag in Septembers - Oktobers revolusies uitgevoer het;  1917 toe Rusland se groot revolusie plaasgevind het;  Spanje in 1868, en so in talle ander lande – soms uitgerek van September tot Oktober; Kommuniste het ‘n ding daarvoor.  Mens kan wonder toe hulle Mandela gebalsem het en nou die hele wêreld se tyd het  (terwyl hulle voorgee dat hy nog leef) of hulle weer vir tyd speel tot September/Oktober -  nie onmoontlik nie.

BEHOORT EK SKULD AAN TE GAAN VIR EKSTRA NOODVOORRADE AS EK NIE SPAARGELD HET NIE?
As dit hierdie jaar gebeur is dit so naby dat daar nie aan oortrokke rekeninge gedink kan word nie – natuurlik binne verantwoordelike perke is dit dalk wys om eerder skuld aan te gaan vir ekstra voorrade aan noodsaaklike lewensmiddels indien jy nie oor genoegsame spaargeld beskik nie. Dit is immers belangriker vir nou. Sou daar nie hierdie jaar sulke anargie uitbreek nie, is jou voorrade tog steeds bruikbaar vir later wanneer jy weer geld kan spaar om jou skuld te vereffen.

KAN HIERDIE VERSKRIKKING DEUR GEBED GESTOP WORD?
Johanna Brandt het uit angs oor haar visoene van wat in hierdie tyd met ons volk sou gebeur, destyds dae lank in 'n koma verkeer. Toe sy haar kragte herwin het sy dit haar ten doel gestel om haar volk deur gebed tot inkeer te probeer bring omdat God aan haar getoon het dat die "wolke oor ons land dan nie so donker sal wees nie".  Enigiets is by God moontlik, die krag van gebed is onpeilbaar groot. Hoe meer kinders van die HERE hulle tot gebed in ootmoed keer, hoe groter mag die HEER se genade oor sy kinders in Suid-Afrika wees. Maar dat ons volk reeds so lank en so ver van die pad gedwaal het en nie meer die verskil tussen reg en verkeerd ken nie, maak die herstel al moeiliker met logies ingrypender gevolge. Dink wat dit sal verg om Suid-Afrika weer skoon te maak van Sataniese invloede, afgodery, hoerery, dobbelary, godlose regeerordes, ens, ens.  As daar een vlooi op jou troeteldier is kan jy dit sommer met die vingers vang en dooddruk, maar as jou hele troeteldier vol vlooie is sal jy 'n dodelike gif verskeie kere daarteen moet aanwend. Daar  sal ‘n verskriklike ingryping moet plaasvind om al die gemors in Suid-Afrika uit die weg te ruim sodat ons weer in ‘n veilige land met ‘n Christenregering sal woon; iets so groot en verskriklik dat niemand, nie in hierdie land en ook nie in die buiteland dit ooit sal vergeet nie – veral sodat ons nooit weer na so ‘n verdorwe toestand sal terugkeer nie.
Daarom is dit uit 'n menslike oogpunt meer waarskynlik dat God hierdie dinge oor ons gaan toelaat;  Hy sal sy volk na hom toe terugruk en dit gaan pynlik wees maar daar sal oorblyfsels wees wat weer in ootmoed getrou aan Hom sal leef. Daar gebeur nog gereeld wonderwerke. Hierdie een gaan egter baie groot wees. Hy sal sy kinders, die wat Hý wil, afskei van die groot gevaar. Soos by Bloedrivier toe Hy hulle beskerm het teen die moordende Zoeloe-massas, sal Hy weer sy kinders beskerm teen die moordende swart massas, al staan ons nie fisies in een laer soos by Bloedrivier nie. Hy ken sy kinders, Hy ken hulle harte, en Hy weet waar hulle elke oomblik van elke dag is, wat hulle doen en nié doen nie, en wat om met elkeen van húlle te doen!

MOET EK NET WAG, OF MOET EK IETS DOEN?
Natuurlik vra Hy ook dat ons ons deel moet doen. Mens doen tog sekere dinge om jouself te beskerm – die HERE het elke mens mos talente gegee wat nie weggebêre mag word nie. Mens slaap tog nie met oop deure en dan vra jy net vir God om jou te beskerm in die nag nie, dit grens aan uittarting.  'n Kind van die HERE speel nie met vuur en bid maar net dat hy nie moet brand nie.  God verwag tog redelikheid en getrouheid van jou.  Daarom moet jy veiligheids- en voorsorgmaatreëls tref. As jy jou huis ekstra veilig kan maak, ekstra voedsel-, medisyne- en noodvoorrade kan aanskaf (want in tye van groot anargie sal dit nie so maklik bekom kan word nie), het jy al baie gedoen. Maar die belangrikste is dat jy die HERE oor hierdie saak nader, dit met Hom uitklaar sodat jy sal weet wat om te doen. Sou jou huis heeltemal onveilig en/of in ‘n meer geteikende gebied wees, dan sal dit beter wees om wanneer die tekens duidelik is, liewer êrens anders waar veiliger is te skuil totdat die ergste verby is. En daardie tekens moet jy van God afbid, en waarheen jy sal moet vlug indien wel sal Hy alleen vir jou kan aandui – geen mens kan vir ‘n ander in sulke omstandighede voorskryf nie, dit sal in elkeen se hart wees wat om te doen. As jy goed bewapen is, is dit ‘n baie belangrike pluspunt, maar moet dit nie sien as die totale beveiligingsaspek nie. Gaan dus, maak erns met Hom in gebed, kry in jou hart wat jou te doen staan, en doen dit, of dit is om jou huis deeglik te beveilig, of dalk ‘n goeie wegkruipplek voor te berei, en of dit is om saam met die Suidlanders te vlug of alleen, dit kan geen mens jou voorsê nie.  Maar sorg dat jou gemoed en gees voorberei word vir alle gebeure, en doen jou fisiese voorbereiding daarvolgens - die Bybel leer ons tog WAAK/WERK EN BID, nie net om te bid nie. Moenie dat jou lampie sonder olie gevind word nie...

WIE MOET VLUG EN WIE MOET TUIS VERDEDIG OF SKUIL?
Daar is rede om te glo dat ‘n gekonsentreerde aanslag in Pretoria- en in Johannesburg-omgewings sal plaasvind. Ook waar baie lokasies gesentreerd is of dorpe omring,  sal  daar heelwaarskynlik pogings tot anargie tussen die swartes uitbreek wat spoedig  na blankes en grotendeels blanke woongebiede sal oorspoel, maar daar sal plekke wees wat nie so erg sal deurloop nie. Daarom kan almal tog nie vlug nie – waarheen moet almal vlug as almal moet vlug? Daar moet tog plekke wees wat veiliger as ander is, daarom hoef mense in daardie areas mos nie te vlug nie en moet ander dalk eerder soontoe vlug? Maar presies hoe sal ons nou die fyn besonderhede van hierdie dinge weet? Net die HERE weet dit, en Hy alleen sal jou kan lei om die regte ding te doen.

HOE WEET ONS OF DIE BEDREIGING WESENLIK IS?
Daar was openlike dreigemente deur talle swartes dat hulle die oomblik wat Mandela begrawe is, eers die swart “uitlanders” gaan vermoor en verjaag, dis nou Zimbabwiers, Mosambiekers ens, en dan op die blankes toesak met grootskaalse verkragting en moord. Hulle is vir lang jare hiervoor opgesweep; in talle myne is daar op ritmiese neuriesang terwyl hulle werk hieroor gesing.  Sommige swartes het hulle blanke werkgewers hieroor gewaarsku, en ander het dit summier uitgeblaker uit pure haat, selfs op die internet.  Dus sal daar heelwaarskynlik ‘n mate van anargie plaasvind nadat Mandela begrawe is maar eers na hy die drie beplande dae by die Uniegebou in staatsie gelê het, dan die drie beplande dae in die Coca-Cola-stadion in Johannesburg (daar word steeds groot reëlings getref vir daardie drie dae sodat soveel as moontlik swartes hulle “meegevoel” daar kan kom bewys), en daarna na Mandela se tuisdorp waar 'n opspraakwekkende en lang begrafnis gehou sal word. Omdat daar baie buitelandse “belangrike” gaste  in hierdie tydperk verwag word, is daar ook gesê dat daar vir hulle kans gegee sal word om eers huiswaarts keer voordat groot anargie uitbreek.
Maar dan is dit ook nie te sê dat Mandela se dood die enigste of die groot aanleiding tot die anargie sal wees nie – daar sal defnitief probleme wees daardie tyd, maar daar is ook ander snellers wat die anargie kan vuur, soos 'n moord op ‘n swart leier, en as dit gebeur sal daar defnitief baie vinniger en erge anargie uitbreek – wie dit ookal sal wees; dalk Vavi wie reeds met die dood gedreig is?  So 'n gebeure sal swart teen swart in die hoogste graad laat neerdaal soos in talle ander swart state in die verlede bewys is, en sal baie vinnig groot afmetings in ons land aanneem.

WAT SAL SUID-AFRIKA SE BETREKKINGE DAN MET DIE BUITELAND BEHELS?
Tans is dit ‘n baie moeilike tyd vir die blanke in Suid-Afrika, die donkerste tyd lê nog voor, maar wanneer ons deur al hierdie dinge is, sal ons nie veel met die buiteland te doen hê nie; hulle sal so besig met hulle eie probleme wees dat Suid-Afrika nie eers in hulle gedagtes sal wees nie. Die Wêreldgeldmag het geglo hy sou Suid-Afrika ten volle in sy mag kry deur middel van die chaos wat hy met ‘n swart regering hier skep. Daarom het hulle nie die voluit beplan om militêr teen ons op te tree nie; wanneer hulle bontstaan met oorlog in ander lande sal hul nie nog tyd hê vir die ‘muishond’ van die wêreld nie;  ons sal op geen gebied vir hulle ‘n bedreiging wees nie, en dit sal tot ons voordeel strek.

Wanneer die HERE self hierdie land gereinig het, sal dit nie weer besoedel word nie en wag daar ‘n opwindende tyd van opbou, harde werk maar vredevolle omstandighede. Ons het baie om na uit te sien, meer as enige ander land ter wêreld, want God se genadevolle liefde is met ons en sy vergifnis wag op ons volk – maar nie op almal nie, daar is baie wat skandelik die naam van ‘n volksgenoot dra maar nie in Jesus se spore trap nie, en hulle sal saam met die verraaiers en heidene die prys betaal.

Berei ‘n gryptassie vir elkeen van jou en jou gesinslede met noodsaaklike oorlewingsmiddele daarin – dink hipoteties wat elkeen nodig sal kry in noodomstandighede: warm klere, medisyne, blikkieskos, botteltjies water, veral watersuiweringspille (Dischem, Clicks), maar ook nie so baie bagasie dat dit onmoontlik word om werklik daarmee te kan beweeg nie. Dalk sal dit nie nooit nodig wees om te gebruik nie maar as dit skielik gebeur,  is daar nie tyd vir rassioneel dink en pak nie. Doen dit nou, en sorg dat daar bietjie ekstra brandstof in ‘n kan is indien jy met ‘n motor moet vlug, hou alles georden en op strategiese plekke, en die BELANGRIKSTE: bly met God in kontak – Hy sal ons nooit verlaat en begeef nie; Paulus het dit so reg bewoord: Ons is wel bínne hierdie wêreld (met al sy probleme en saam met die wêreldlinge) maar ons is nie ván hierdie wêreld  nie.  Ons is dus anders as die wêreldlinge, en sal wel al hierdie dinge sien en beleef, maar ons sal die krag ontvang om dit te deurleef, en ons sal genade van die HERE ontvang, anders as die wêreldlinge.

Hou moed, daar wag ‘n blink toekoms op SA!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3116 gaste aanlyn