Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die dood is die kleedkamer waar gelowiges vir die ewigheid aantrek; dis nie ʼn punt nie, maar eerder ʼn komma in die verhaal van ons lewe. Dank God daarvoor!
SUID-AFRIKA TYDBOM TIK
Kriewelkop
Suid-Afrika sit met 'n sogenaamde arbeidsmag van miljoene Swartes en skaars meer as twee miljoen Blankes. Die werkloosheidsyfer is enorm maar word verdoesel deur die massas wat nie meer soek na werk nie en deur misdaad aan die lewe bly. Intussen bereken die regime die werkloosheid slegs op die getal wat werklik na werk soek, op 'n skrale 24% en word daar geswyg oor miljoene wat reeds "werk" het in die vorm van diefstal.
Waarom niemand presiese getalle van die Suid-Afrikaanse bevolking kan noem nie is die gevolg daarvan dat die Swart regime tevore in 2001 laas 'n bevolkingsopname probeer doen het - die afgelope sirkus van 2011 behoort nie eers genoem te word nie - en ek sê 'probeer' want hulle het nie eers die moeite gedoen om by my woonplek in 'n area met 'n bereikbare straatadres en 'n telefoonnommer in die telefoongids, aan te klop nie - wat mens laat grynslag oor hoe hulle die miljoene plakkers bereken. Maar hulle het die arrogansie om 'n geskatte beraming in 2010 te maak, en dan wil hul sommetjies mens laat skater as jy na ander faktore in hulle 'landsbestuur' kyk. Maar kyk eers hierna:
"According to the mid-2010 estimates from Statistics South Africa, the country's population stands at 49.9-million, up from the census 2001 count of 44.8-million. South Africa is a nation of diversity, with over 49-million people and a wide variety of cultures, languages and religious beliefs. Africans are in the majority, making up 79.4% of the population, while white people make up 9.2%, the coloured population 8.8%, and the Indian/Asian population 2.6%. "Wat hulle nie sê nie is hoeveel oor die 49 miljoen daar is. Dat Swartes die meerderheid uitmaak is waar maar dit is ver meer as 79,4% sedert 1994 toe daar geen grensbeheer meer toegepas is nie en nou baie nader aan 70-80 miljoen. Natuurlik word daar ook nie aan die groot klok gehang dat nagenoeg 2 miljoen van die 4.5 miljoen Blankes van 1994 in ons land, nou in ander lande woon nie, en is die regime se syfers in 2010 steeds 4.5 miljoen, die ou syfer voordat die ANC die land ontwettig gevat het.
Ons weet hoe stroom miljoene Swartes oor ons grense van ander Afrikastate om hier aan die lewe te probeer bly. Intussen is die staat al gedagvaar vir sy wanbestuur maar kom nie sy beloftes van beveiliging na nie. Die Vrystaat Landbou (VL) het bv in Junie 2010 'n skikkingsooreenkoms met die staat in die Hooggeregshof in Bloemfontein bekragtig ná ‘n voortslepende hofsaak teen die staat weens ‘n gebrek aan veiligheid langs die Lesotho-grens wat tot plaasgeweld en gereelde veediefstal gelei het. Daar was drie voorwaardes wat die kommunistiese regime moes nakom. Natuurlik het die staat hom nie hieraan gesteur nie en word daar nog daagliks oor die grens heen beweeg, so ook gereeld groot hoeveelhede vee gesteel en oor die grens geneem - wat alles vertel van élke grens van ons land onder hierdie onbeholpe Swart regime.
Toe wil die staat glo 500 000 werkgeleenthede skep, wat, al sit jy nog drie nulle daarby, nie eers 'n druppel verligting kan bring in die omvang van die werkloosheidkrisis in ons land nie. Maar dit is ook nie moontlik om werk te skep nie want ons landsekonomie moet minstens 'n groei van 10% per jaar toon voordat daar soveel nuwe werksgeleenthede kan ontstaan; voeg daarby Eskom se beperkte kragvoorsiening dan kry mens die prentjie.
Intussen gaan alles agteruit, niks groei in hierdie land behalwe die gevaar van miljoene honger Swartes wat op mekaar (en die Blankes) gaan toesak soos swart ryp nie. Die afgelope jaar het die berekenbare getal werkloses in die land kwansuis gedaal, maar die regime bluf want die getal wat nie meer werk soek nie het met 74% gestyg, en die syfer is net een provinsie s'n terwyl die ander nie beter vertoon nie.
Dit gaan elke kwartaal en elke jaar slegter met Suid-Afrika se ekonomie, ongeag wat die Swart owerheid ons probeer wysmaak – soos geloofwaardigheid was somme-maak nog nooit hul sterkpunt nie. Die toestand is soos 'n tydbom wat reeds die ure aftik. Met Zuma se bydrae wat hierdie jaar in sy parlementsrede bevestig het dat 2013 gekenmerk sal wees aan die grondgryp sodat 87% van die land aan swartes sal behoort, weet ons dat dit 'n skaars bedekte waarskuwing is dat elke blanke van Suid-Afrika se bodem moet verdwyn.
Dat die bom gestel is toe die Swartes hierdie land oorgeneem het, kan geen intelligente mens betwis.